Friday, December 14, 2012

Oorlede 2012



Ja, ek so is nog ‘n jaar verby en ons almal het ‘n paar gryshare by gekry, sommige van ons ‘n plooi of wat ekstra, van die kilogramme sal ons maar liewers glad nie praat.

Ek wil vir die gereelde lesers van die blog dankie sê vir die ondersteuning deur die jaar en die geduld dat ek die laaste maand of wat so bietjie afgeskeep het. Die eksamens en finale “assignments” het my so bietjie ingehaal maar gelukkig is dit nou ook eers agter die rug.
Kan darem rapporteer dat die harde werk vrugte afgewerp het en ek, my broer en vriend is deur.

Die grade plegtigheid volgende jaar kan nogal komies wees, my moeder wat diep in die sewentig is, is vas van plan om my en my broer se grade plegtigheid volgende jaar by te woon. Ma van in die 70 woon grade plegtigheid by van 2 seuns heelwat in die 50’s.

Moet erken die 2 jaar het sy komiese oomblikke ook gehad – die lektore spreek jou aan soos ‘n kollega want ek is net so oud of ouer as hulle en die mede studente spreek jou aan as oom. Die beste – kan oom ons so bietjie help met die vraag – hehehe.

In elk geval, hierdie is die laaste vir die jaar en ek wil almal van julle ‘n heerlike rus tydjie toewens en vir die wat reis, reis veilig en dink maar vir die ander een ook, want sommige van hulle dink glad nie.

Groete
GB

Tuesday, December 4, 2012

Twelve Spiritual Wisdom Rules




1.         God wants spiritual fruit, not religious nuts.
2.         There is no key to happiness. The door is always open.
3.         Silence is often misinterpreted, but never misquoted.
4.         Dear God, I have a problem, it’s me.
5.         Laugh every day, it’s like inner jogging.
6.         Blessed are the flexible for they shall not be bent out of shape.
7.         The most important things in your home are the people..
8.         As a child of God, prayer is kind of like calling home everyday.
9.         He who dies with the most toys is still dead.
10.       It’s all right to sit on your pity pot every now and again. Just be sure to flush when you are done.
11.       Surviving and living your life successfully requires courage. The goals and dreams you’re seeking requirecourage and risk taking. Learn from the turtle, it only makes progress when it sticks out it’s neck.
12.       Be more concerned with your character than your reputation, because your character is what you really are, while your reputation is merely what others think you are.

Skrywer: Onbekend


Jammer vir die afskeep die laaste paar weke maar dit het maar redelik rof gegaan met die kursusse en eksamens en en die tyd van die jaar wil almal mos alles al gister gehad het. 
Hopelik sal die nuwe jaar rustiger verloop.
Groete

Thursday, November 8, 2012

Forgive Me Please

Ek het hierdie gediggie raakgeloop en dit was vir my baie treffend want soms vra ons omverskoning nie omdat ons dit regtig bedoel nie maar meer uit gewoonte.
Die omverskoning vra in die gedig spreuk tot dit wat ons elke dag doen aan ons vriende of ons gesinne sonder om dit altyd agter te kom.





Forgive Me Please

Forgive me please when I act out,
for the pity parties stirred from a lot of self-doubt

Forgive me please for my silent voice,
for being bothered too much by another's noise

Forgive me please when I shout and fuss,
when I talk too much or in great anger cuss

Forgive me please for calling you names,
for gossiping and groaning because we're not the same

Forgive me please when I won't forgive,
God's told me it's wrong so I can rightly live

Forgive me please when I brag and boast;
it's inferior feelings, just so you I'll know

Forgive me please for picking you apart;
the words steal your joy and later tear out my heart

Forgive me please when I worry and fret,
for I'm human like you so don't be upset

Forgive me please when I act better than thou,
for indeed it's an act and you know this now

Forgive me please when I hate what I'm not,
just pray for me for that would mean a lot

Forgive me please when I bring in my past,
and make you pay for what another did last

Forgive me please as I beg your pardon;
for you'll need it too else your heart grow hardened

But most of all, I need God's forgiving touch,
and I know that I am, His Son meant that much…

By Brian G. Jett

Thursday, October 25, 2012

Hou my ‘n bietjie vas.




O’ Vader, hou my troostend net so ‘n bietjie vas,
terwyl die ongekende vrees vanuit die wêreld duisternis my bewende
hart betas,
en sal U my siel in U bloed rein kom was,
want  kyk, so versmorend hou soveel swakhede my nog vas.

O’ Vader, hou in U Goddelike Genade, my styf teen U boesem vas,
en verlos ons van ons sware wêreldlas,
sodat ook ons in U grote legkaart net soos die verlore seun in ons tuiskoms in sal pas,
daar waar ons in ‘n ewige rus ons sal neervly op U groene hemelgras.

O’ Vader, hou my asseblief in U reine Waarheid stewig vas,
ja, tydens my verblyf in hierdie wêreld wat rondomtalie draai
op ‘n illusieleuen-as,
daar waar soveel geloofstrukture voed op elke leuen wat satan ontlas terwyl oneindig baie siele hulle weg na saligheid so na die ewige lewe verpas.

O’ Vader, ek is net ‘n kind wat in onsekerheid om my rondtas,
so, hou my asseblief teen U kosbare Vaderhart altyd styf vas,
terwyl U my teen alles wat so bang maak op sal pas,
en verlos my van my juk,  ja van my sware wêreldlas,
sodat ek as U kind reeds op hierdie aarde as ‘n weergeborene in my veilige hemelplekkie in sal pas.

Woensdag 24 Oktober 2012 07:05  
Judith de Beer

Wednesday, October 17, 2012

Een Pond Botter




Daar was ‘n boer wat daagliks aan die bakker een pond botter gelewer het, wat hy gebruik vir sy brode wat hy bak. Op ‘n dag besluit die bakker om die botter te weeg om seker te maak dat die boer wel een pond botter aan hom voorsien. Hy het gevind dat die botter minder as een pond geweeg het. Hy was briesend omdat die boer hom ingeloop het met die gewig van die botter en het hom voor die hof gedaag.

Die regter vra die boer of hy ‘n skaal het wat hy gebruik. Die boer antwoord, “Agbare regter, ek boer baie primitief en het nie ‘n skaal wat die gewig van die produk aandui soos die nuwerwetse skale soos wat die bakker gebruik nie, maar ek het ‘n ou weegskaal waar jy die produk aan die een kant in die bak sit en aan die anderkant plaas jy ‘n spesifieke gewig en kyk dat die twee balanseer.”

Die regter vra, nou hoe presies bepaal jy die gewig van die botter wat jy verkoop, wat is jou teen gewig wat jy gebruik?”

Die boer antwoord, “Agbare regter, lank voordat die bakker botter by my begin koop het, het ek gereeld ‘n een pond brood by hom gekoop. Toe die bakker by my begin  botter koop het ek sy een pond brood aan die een kant van die skaal geplaas en dieselfde gewig aan die anderkant afgeweeg vir hom. Ek het aanvaar dat sy gewig van die brood korrek sal wees en het nie doelbewus die gewig van die botter minder gemaak nie. Die persoon wat hier te blameer is, is die bakker.”

Ons word gemeet met die maatstok waarmee ons ander meet.

Sal dit nie wonderlik wees as ons kan sê, ....... ek hoop om te ontvang soos ek gegee het?

Friday, October 12, 2012

Halwe Waarhede



In die tyd waarin ons vandag leef is halwe waarhede of ‘n wanvoorstelling van die waarheid aan die orde van die dag. Wanneer jy na die nuus kyk word feite sodanig verdraai dat dit ‘n ander prentjie skep van wat werklik besig is om te gebeur of om die persepsie van die kyker of luisteraar sodanig te beïnvloed dat hy ‘n ander prentjie vorm van die aanvanklike waarheid.

Hierdie metode word deesdae met groot sukses ook deur predikers in die kerke gebruik om verwarring en vertwyfeling by die lidmate te saai en dan word sekere waarhede bevraagteken soos die maagdelike geboorte van Yahshua Messiah, die wonderwerke wat Yahweh aan Israel gedoen het in die woestyn, Jona wat deur die vis ingesluk is en nog vele meer.

Deur hierdie metode van halwe waarhede of wanvoorstelling van die waarheid word die gelowige se geloofs basis stadig maar seker deur sommige van die predikers (wat eintlik niks anders as wolwe in skaaps klere is nie) weggekalwe. Die jong gelowige wat nog besig is om te groei en volwasse te word in die geloof word hierdeur mislei en die leuen word later sy geloofs basis .

Om hierdie halwe waarheid of wanvoorstelling van die waarheid te illustreer dien die volgende verhaal as ‘n uitstekende voorbeeld.

Daar was ‘n matroos wat reeds drie jaar op dieselfde skip gewerk het. Een aand het dit baie gesellig gegaan met die etery en het die matroos dronk geword. Dit was die eerste keer dat dit ooit met die matroos gebeur het.

Die kaptein het dit in die skeeps dagboek aangeteken,
“Die matroos was dronk vanaand.”

Die matroos het die inskrywing gelees en besef dat die inskrywing sy hele loopbaan in die toekoms sal affekteer. Hy is na die kaptein en vra plegtig om verskoning vir sy swakheid die aand en pleit by die kaptein om by die inskrywing in die dagboek by te voeg, “....maar dit is die eerste keer dat dit gebeur in die drie jaar wat die matroos op die skip werk.” wat die waarheid was.

Die kaptein het geweier om die inskrywing te verander en sê, “Wat ek in die dagboek geskryf het, is die absolute waarheid.”

Die volgende dag was die matroos op wag in die stuur kajuit en dit was sy verantwoordelikheid om die skeeps dagboek in te vul.

Hy skryf toe in die skeeps dagboek, “Die kaptein was sober vanaand.”

Die kaptein lees die inskrywing en vra die matroos om die inskrywing te verander of daarby by te voeg want die inskrywing laat dit voorkom asof die kaptein al die ander aande dronk is.

Die matroos antwoord die kaptein dat dit wat hy geskryf het in die skeeps dagboek is die waarheid.

Beide inskrywings in die skeeps dagboek was waar maar hulle het ‘n verkeerde boodskap oorgedra – ‘n wanvoorstelling van die waarheid.

Wednesday, October 10, 2012

Groot Wonderwerk vir ‘n Klein Boetie



Tessa gaan na haar kamer en agter in haar kas, in ‘n donker klein wegsteek hoekie, haal sy haar glas bottel met al haar spaar geldjies uit. Versigtig gooi sy die kleingeld op haar bed uit en begin die geld te tel. Sy tel die geld drie keer oor, om seker te maak dat die totaal korrek is. Sy gooi die munte terug in die glas bottel en draai die skroefdeksel terug. Versigtig plaas sy die glas bottel in haar rugsak en glip ongesiens by die agterdeur uit. Sy stap ses blokke vêr om by die groot apteek in die stad uit te kom.

Geduldig wag sy dat die apteker haar help, maar hy was te besig om haar raak te sien. Tessa skuifel haar voete op die teelvloer om ‘n skuur geluid te maak, geen reaksie van die apteker nie. Sy maak op die onaardigste wyse keel skoon, maar steeds geen reaksie. Uiteindelik neem sy een van die munte uit haar bottel en tik daarmee op die glas toonbank. Die keer werk dit!

“En wat wil jy hê?” vra die apteker ongeduldig terwyl hy die gesprek met sy broer onderbreek wat kom kuier het. “Ek is besig om met my broer te gesels, wat ek jare laas gesien het,” sê die apteker, sonder om op ‘n antwoord te wag op sy vraag aan Tessa.

“Wel, ek wil met jou gesels oor my broer!,” antwoord Tessa in dieselfde geirriteerde stemtoon as die apteker. “Hy is regtig egtig baie siek ...... ek wil ‘n wonderwerk koop vir hom.”

“Verskoon tog, wat sê jy daar kind?” vra die apteker. “Sy naam is Andries, en hy het iets slegs wat in sy kop groei en my pappa sê slegs ‘n wonderwerk sal hom nou kan red. So, hoeveel kos ‘n wonderwerk hier by julle?”

“Ons verkoop nie wonderwerke hier nie, meisie, ek is jammer ek kan jou nie help nie,” antwoord die apteker in ‘n baie sagter stemtoon.

“Oom, ek het geld om daarvoor te betaal. As dit nie genoeg is nie, sal ek die res in die hande kry. Vertel my tog net ..... hoeveel kos so ‘n wonderwerk?”

Die apteker se broer, ‘n welgeklee middeljarige man, was ontroerd deur die klein meisie se pleidooi. Hy stap om die toonbank, gaan buk by die meisie en vra, “Watse soort wonderwerk het jou boetie nodig?”

“Ek weet nie,” antwoord Tessa terwyl die trane opwel in haar klein dogtertjie oë.”Ek weet net hy is regtig baie siek en mamma sê dat hy ‘n operasie sal nodig hê. Maar my pappa kan nie vir die operasie betaal nie, so ek wil my geld gebruik om vir my boetie ‘n wonderwerk te koop.”

“Hoeveel geld het jy by jou?” vra die apteker se broer.

“Tien rand en vyf en vyftig sent,” antwoord sy in ‘n stemmetjie wat skaars hoorbaar is. “En dit is al die geld wat ek het, maar ek kan nog meer in die hande kry wanneer ek my sakgeld kry die einde van die maand.”

“Wel, wat ‘n toevalligheid is dit nou nie!” glimlag die man. “Tien rand en vyf en vyftig sent – die presiese prys van ‘n wonderwerk vir klein boeties.”

Hy neem Tessa se geld in die een hand en neem haar klein handjie in sy ander hand en sê, “Neem my na waar julle bly. Ek wil jou klein boetie sien en jou ouers ontmoet. Laat ons kan sien of ek die soort wonderwerk het wat jy benodig.”

Die welgeklee man was ‘n sjirurg wat gespesialiseer het in neuro-sjirurgie. Die operasie is gedoen sonder enige kostes en dit was nie lank daarna nie, toe is klein Andries terug by die huis en blakend gesond.

Ma en Pa het vol vreugde gesels oor hoe wonderlik alles uitgewerk het vir klein Andries. “Daardie operasie,” het Ma gefluister, “was ‘n werklike wonderwerk. Ek wonder wat so ‘n operasie sou gekos het?”

Tessa glimlag. Sy weet presies hoeveel ‘n wonderwerk kos .......... tien rand en vyf en vyftig sent ........... plus die geloof van ‘n klein kindjie.


‘n Wonderwerk is nie die opheffing van ‘n natuurlike wet nie maar die werking van ‘n hoër wet.

Friday, September 28, 2012

In My Hart...



Elke dag gaan ek my gaan.
Van moeilikhede raak ek gedaan.
Ek soek na blydskap diep binne my.
‘n Plek waar ek ‘n bietjie liefde kry
Maar ek weet U kyk deur my oë.
Sodat ek my pad
kan vind.
Na die Vader daar bo.
U is my lewensraam.

U laat my mooi lyk daar waar ek staan.
Daar gaan ek voort met my hart vol vreugde
Met my lewensverhaal.
Waarvan U is- die grootste gedeelte.

Ek raak weereens stil met my hart vol pyn.
En wanneer ek U vra, maak U my weer rein.
Ek gee my bietjie liefde aan U, liewe Heer.
U vergewe my net weer en weer.
So dankbaar is ek.
As my trane aflek.
Dat ek die smaak van sout-
as soet onthou.

Ek is baie klein.
Maar ook baie groot.
As ek dink aan die liefde vir U my
Pa.
Gee dit my ‘n hupstoot.
Ek is so lief vir U.
En U is so lief vir my.
Mag U vir ewig en altyd
In my hart bly.

Deur J. v Z.

Wednesday, September 19, 2012

Die kerkbasaar



 In ‘n oorvol parkeerruimte staan ‘n hoopvolle bedelaar en hy wonder of een of
 meer kerklidmaat sy behoefte sal gewaar. Ja, eenmaal 'n jaar kom ‘n gemeente
 kleurvol bymekaar en fyngebak en vleis produkte staan georden maar ook
 deurmekaar en in die ritme van die hoer se hoofslagaar daar klink in dreunsang
 satans’ stem as die afslaer terwyl hy ook as beskermheer gierig die kerk se beurs
 bewaar.

 En terwyl die gemeentelede so uitspattig op hul kerk se bierfees baljaar- roep
 daar krom ou weduwees: kyk die pannekoek is nou gaar en so staan ook die
 kerrie en rys kant en klaar- met die nagereg vanjaar werklikwaar so ongeëwenaar.
 En terwyl die hoof ouderling se maag van al die bier in die kleedkamer nie wil
 bedaar met die predikant wat broederlik troostend verklaar- "byt net vas ou broer
 en begin bedaar want vanaand kom ons weer vir die een of ander sangpaar
 bymekaar en as die seremoniemeester moet jy die erns van die fondsinsameling
 uitklaar".

 En terwyl die bedelaar met tanende hoop na die oorvol kostafels staar- luister hy
 na die gemeente se kinders wat luidrugtig en onbeheers op die springkasteel
 baljaar en hy wonder of het die duiwel ook nou in hulle ingevaar. So sien hy ook
 ‘n vrou met `n onnatuurlike- uitspattige haarkleur wat in haar onsamehangende
 woordespel teenoor haar vriendinne net nie wil of kan bedaar en eenkant staan
 haar man fronsend daar en hy bereken; teen ‘n bees ‘n jaar raak die kerkbasaar
 vir hom nou ‘n bietjie swaar. Maar ‘n gemeentelid-broer staan nader en dié is ‘n
 groot vrymesselaar en of dit nou die gholfbaan of kerkbasaar is, hy bly nou
 eenmaal ‘n makelaar en in sy winsbejag- daar wil hy nou eenmaal net nie bedaar
 en dit kos die boer op die einde van die dag meer as net ‘n bees ‘n jaar.

 En so staan daar in die oorvol parkeerruimte die eensame bedelaar en hy voel
 oor dit wat hy sien skielik onverklaarbaar naar en hy wens daar kom ‘n Man met
 `n sweep en Hy slaan die hele kerkbasaar heeltemal uitmekaar- sodat die duiwel
 tog net ‘n bietjie kan bedaar en ‘n engel kom wat die kosbare gebed van die
 rondloper na die hemel toe dra- met woorde wat lui: ek dank U O' God, ek is nie
 ‘n gesiene kerklidmaat maar net ‘n eenvoudige, ja, ‘n honger bedelaar.

Openbaring 1749
 Woensdag 5 September 2012 06:00
 
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer

Friday, September 14, 2012

Paar Konstantes



Te midde van vandag se lewe van tegnologiese vooruitgang en fenominale ontdekkings, is daar ‘n paar dinge wat hier was van die begin van tyd en sal bly voortbestaan tot aan die einde toe.

Vrede: Jy sal nie vrede vind in enige self-help boek of enige van die new age tydskrifte nie. Ons moet daarna streef met ons hele wese, dissipline aan die dag lê om te weet wat is ons beperkinge voordat die vrede in ons hart versteur word en die moed hê om te voorkom dat ander ons verby die perk dryf.

Liefde: Liefde is nie die gevoel of emosies waarmee so baie van ons assosieer nie. Liefde is die voortdurende toegewydheid wat ons beloof aan die sake of verhoudinge wat ons die meeste voor omgee, selfs wanneer dit nie meer so goed gaan met die sake of verhoudinge nie.

Deernis: Deernis is nie om jammer te voel vir iemand of een of ander saak waarvoor jy een maal ‘n maand vrywilliglik van jou tyd afstaan nie. Ware deernis skyn deur wanneer ons kwaad, ongelukkig of bly genoeg is om te baklei vir verandering van dinge wat ons weet nie so hoort nie.

Wednesday, August 29, 2012

Die Waarheid oor Mislukking


Om te misluk beteken nie dat jy ’n mislukking is nie ...
dit beteken wel dat jy nog nie sukses behaal het nie.

Om te misluk beteken nie dat jy niks bereik het nie ...
dit beteken wel dat jy iets geleer het.

Om te misluk beteken nie dat jy dom is nie ...
dit beteken wel dat jy baie geloof het.

Om te misluk beteken nie dat jy verneder is nie ...
dit beteken wel dat jy bereid was om te probeer.

Om te misluk beteken nie dat jy dit nie in jou het nie ...
dit beteken wel dat jy dit op ’n ander manier moet benader.

 Om te misluk beteken nie dat jy onbevoeg is nie ...
dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.

Om te misluk beteken nie dat jy jou hele lewe vermors het nie ...
dit beteken wel dat jy ’n rede het om weer ’n nuwe begin te maak.

Om te misluk beteken nie dat jy moet moed opgee nie ...
dit beteken wel dat jy harder moet probeer.

Om te misluk beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie ...
dit beteken wel dat dit bietjie langer kan neem.

Wednesday, August 22, 2012

’n Leuse Vir Die Wat Swaarkry


Ek het YaHWeH gevra vir krag, sodat ek in die lewe kon bereik...
Ek het swakheid verkry, sodat ek kon leer om nederig te gehoorsaam...
                    
Ek het gevra vir gesondheid, sodat ek groot dinge kon doen.
Ek is kranklik gemaak, sodat ek beter dinge kon doen.

Ek het gevra vir rykdom, sodat ek gelukkig kan wees.
Ek is armoede gegee, sodat ek wys mag wees.

Ek het gevra vir mag, sodat ek deur mense geëer kan word.
Ek het nederigheid gekry, sodat ek YaHWeH nodig het.

Ek het gevra vir alle dinge, sodat ek die lewe kon geniet.
Ek het lewe gekry, sodat ek alle dinge kan geniet.

Ek het niks gekry waarvoor ek gevra het nie, maar alles wat ek voor gehoop het.

Tuesday, August 14, 2012

Toe Jy Dink Ek Kyk Nie.


Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy my eerste teken prentjie teen die yskas vassit en ek wou onmiddellik nog ’n ander een teken.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ’n rondloper katjie kos gee, en ek het geleer dat dit goed is om lief te wees vir diere.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak my gunsteling koek vir my, en ek het geleer dat die klein dingetjies kan die spesiale dingetjie wees in die lewe.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gehoor hoe jy bid en ek het geweet daar is ’n God met wie ek altyd kan praat en ek het geleer om YaHWeH te vertrou.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak ’n maaltyd en neem dit vir ’n siek vriendin en ek het geleer dat ons moet help omsien na ons medemens.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou tyd en geld gee aan die wat glad nie het nie en ek het geleer die wat iets het om te gee dit moet gee aan die medemens wat nie het nie.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ons huis versorg en almal in die huis en ek het geleer dat ons moet omsien daarna wat aan ons gegee is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou verantwoordelikhede hanteer, selfs wanneer jy nie goed gevoel het nie en ek het geleer dat ek verantwoordelik sal moet vir alles wat ek doen wanneer ek groot is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jou trane vloei oor jou wange en ek het geleer dat dinge soms seermaak, maar dis in orde om te huil.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien dat jy vir my omgee en wil hê dat ek alles moet wees waartoe ek in staat is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek die meeste lewens lesse geleer wat ek nodig het om ’n goeie en produktiewe persoon te wees wanneer ek groot is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek na jou gekyk en wou vir jou sê. “Dankie, vir al die dinge wat ek gesien het terwyl jy gedink het ek kyk nie.”

Monday, August 6, 2012

Om te Gou Moed op te Gee


Die jong man ontmoet die wyse ou man wat langs die pad sit. Die jongman vra die wyse ou man, “Watter rigting is die pad na sukses?”

Die wyse ou man met die groot grys baard praat nie ’n woord nie, maar beduie net met sy vinger na ’n plek wat ’n ent daarvandaan is.

Die jongman, baie opgewonde oor die moontlikheid van vinnige en maklike sukses, trek op ’n draf stappie daar weg in die rigting wat die wyse ou man beduie het. Skielik, is daar net ’n luide “KADOEF” hoorbaar. Uiteindelik, kom die jongman kruppel, vol skrape en effens bedwelmd by die wyse ou man aan. Hy neem aan dat hy dalk die wyse ou man se boodskap verkeerd verstaan het. Hy herhaal sy vraag aan die wyse ou man, wat weereens in stilte in die dieselfde rigting beduie.

Gehoorsaam stap die jongman weereens in die aangewese rigting. Hierdie keer is die KADOEF oorverdowend soos die jongman homself disnis val. Toe die jongman terug kruip is hy bebloed, sy klere geskeur, vol blou en pers kolle en baie geïrriteerd. “Ek het jou gevra watter rigting is die pad na sukses!” skreeu hy op die wyse ou man “ek  het die rigting gevolg soos jy beduie het en al wat ek daarvoor gekry het, was KADOEF soos ek val! Niks meer van hierdie beduiery nie! Praat!”

Slegs toe begin die wyse ou man te spreek en sê die volgende aan die jongman, “Sukses IS in die rigting wat ek jou beduie het. Dis net ’n klein entjie anderkant KADOEF. Jy moes net opstaan en aangehou het na die val.”

Wednesday, August 1, 2012

Wie is Ek ?


Jou beste vriend of  grootste vyand, ek is jou grootste metgesel. Ek is jou grootste helper of jou swaarste las. Ek sal jou op die pad vorentoe deurdra of jou aftrek tot op die bodem van mislukking. Ek is geheel en al onder jou bevel.

Helfte van die dinge wat jy doen, kan jy net sowel aan my oordra en ek sal dit vinnig en effektief afhandel. Ek word baie maklik bestuur, maar jy moet streng wees met my. Wys my presies hoe jy ’n ding gedoen wil hê en na ’n paar lesse sal ek dit outomaties verrig. Ek is die dienskneg van alle vername manne, maar helaas, van die grootste mislukkings ook.

Die wat vernaam is, ek het hulle vernaam gemaak. Die wat mislukkings is, ek het hulle mislukkings gemaak. Ek werk met die presisie van ’n wetenskaplike en met die passie van ’n patriot. Jy kan my gebruik vir profyt of vir mislukking, dit maak glad nie aan my saak nie.
Neem my, leer my, wees streng met my en ek sal die wêreld aan jou voete plaas. Maar wees ongeërg met my en ek sal jou vernietig.

Wie is ek?

Ek is gewoonte !

Wednesday, July 18, 2012

Hoe Hanteer JY Teenspoed?


’n Jong dogter kla teenoor haar pa oor haar lewe en hoe moeilik dit vir haar was. Sy het nie geweet hoe sy dit gaan maak nie en wil net moed opgee oor al die teenspoed wat sy ervaar. Sy was moeg om te sukkel en te veg vir alles. Net sodra die een probleem opgelos is dan duik die volgende op.

Haar pa, ’n kok, neem haar na sy kombuis en plaas drie kastrolle met water in op die stoof.
Spoedig kook die water in die kastrolle.

In die een kastrol plaas haar pa wortels, in die ander eiers en in die laaste gemaalde koffiebone. Hy laat die kastrolle met bestanddele verder kook sonder om ’n woord te sê.

Die dogter byt haar onderlip en wonder ongeduldig wat haar pa besig was om te maak. Sy het probleme en hy is besig om een of ander vreemde konkoksie aan mekaar te slaan. Na ongeveer ’n halfuur stap hy na die stoof en haal die drie kastrolle van die stoof af. Hy haal die wortels uit die kastrol en plaas dit in ’n opskep bak. Hy haal die eiers uit die kastrol en plaas hulle in ’n ander opskep bak. Hy neem ’n opskep lepel en versigtig skep hy van die koffie af in ’n kommetjie.

Hy draai na sy dogter en vra. “Skattebol, wat sien jy?”

Selfvoldaan antwoord sy. “Wortels, eiers en koffie.”

Hy neem haar hand nader aan die opskep bak en vra haar om aan die wortel te vat en te voel hoe hulle voel. Jy maak so en merk op dat hulle sag is. Hy vra haar toe om een van die eiers te neem en dit te dop. Nadat al die doppe af, bevoel sy die hard gekookte eier. Laastens vra hy haar om ’n slukkie van die koffie te neem. Sy trek haar gesig op ’n plooi nadat sy die vreeslike sterk koffie proe.

Verwonderd vra sy. “Wat beteken dit nou alles, Pa?”

 Hy begin verduidelik. “Elkeen van die drie het dieselfde teenspoed ervaar, 98 grade Celsius kokende water. Maar ten spyte daarvan het elkeen van hulle anders reageer.”

“Die wortel in ingegaan sterk, hard en onbuigsaam. Maar nadat dit deur die kookwater is, het dit sag en swak geword.”

“Die eiers was breekbaar en broos. ’n Dun buite laag bedek die vloeibare inhoud. Maar na die kokende water het die inhoud hard geword.”

“Maar die koffiebone daarenteen is uitsonderlik. Na die kookwater behandeling het dit sterker en ryker geword.”

“Watter een is jy?” vra hy sy dogter.

Wanneer teenspoed klop aan jou deur, hoe reageer jy?
 
Is jy ’n wortel, ’n eier of ’n koffieboon?

Is jy die wortel wat sterk lyk, maar met die geringste teken van pyn en teenspoed verwelk jy en word sag sonder krag?

Of is jy die eier, wat begin het met ’n sagte hart en vervulde gees? Maar na ’n dood, ’n egskeiding, ’n verbrokkelde verhouding, ’n aflegging by die werk word jy hard. Jou buitekant lyk dieselfde maar binne is jy so verbitterd en hard met ’n ongevoelige gees.
 
Of is jy soos die koffieboon? Die koffieboon bereik nie sy optimale smaak en aroma totdat dit aan 98 grade Celsius blootgestel is nie. Wanneer die water warmer word, verbeter die smaak. Wanneer dinge op erger word, word jy beter. Wanneer mense jou die meeste benadeel, verhoog jou lofprysing. Wanneer jou uur die donkerste is verhoog jou aanbidding van ons Almagtige Koning YaHWeH tot ’n nuwe heerlike vlak.

Hoe hanteer jy vandag teenspoed?

Is jy die wortel, eiers of koffieboon?

Tuesday, July 10, 2012

’n Voorsmakie van Wysheid


Die bejaarde leermeester het begin moeg word vir sy jong leerling se alewige gekla en een oggend vroeg stuur hy hom uit om sout te gaan haal.

Toe die leerling terugkom met die sout gee die bejaarde leermeester die omgekrapte leerling opdrag om ’n hand vol sout in ’n glas water te gooi en dit dan te drink.

“Hoe smaak dit?” vra die ou leermeester.

“Bitter,” antwoord die jong leerling terwyl hy die mond vol soutwater uitspuug.

Die ou leermeester glimlag en vra vir die jong leerling om weer ’n hand vol sout te neem en dit in die meer te gooi. Nadat hy die sout in die meer gegooi het sê die ou leermeester, “Drink nou van die meer se water.”

Terwyl die water van die jong leerling se ken afdrup vra die ou leermeester hom, “Hoe smaak dit?”

“Vars en verfrissend,” antwoord die leerling.

“Kon jy die sout proe in die water?” vra die ou leermeester.

“Nee,” antwoord die jong leerling.

Die ou leermeester gaan sit langs die jong leerling en neem die jongman se hande in syne en sê, “Kom dat ek jou vandag leer oor die sout:”

“Die pyn in die lewe is suiwer sout; niks meer en niks minder nie. Die hoeveelheid pyn in die lewe bly presies dieselfde. Maar, die hoeveelheid bitterheid wat ons proe hang af van die houer waarin ons dit plaas. Dus, wanneer jy in pyn verkeer, is die enigste uitweg om verder heen om jou te kyk, vergroot jou gevoel van alles om jou....
Hou op om ’n glas te wees. Word ’n meer.”

Soms raak ons so vasgevang in ons eie pyn dat ons dink dit is al wat bestaan, maar wanneer ons die pyn rondom ons sien dan besef ons dat die soutwater wat ons nou drink glad nie so bitter is nie.

Thursday, June 21, 2012

Lewens Waarhede


Indien jy vêr verwyder van YaHWeH voel, raai wie het getrek?

Vrees het geklop. Geloof het geantwoord – “Die een na wie jy soek is nie hier nie.”

Wat jy is, is YaHWeH se geskenk aan jou. Wat jy word, is jou geskenk aan YaHWeH.

Ek is YaHWeH se Melodie van die Lewe en Hy sing Sy lied deur my.

Ons kan nêrens heen gaan waar YaHWeH nie is nie, en waar Hy is, daar is alles volgens Sy orde.

Maak nie saak wat ookal in jou lewe gebeur nie, weet dat YaHWeH altyd vir jou Wag met ope Arms.

YaHWeH beloof ’n veilige landing, nie ’n kalm vlug nie.

Doen jou beste en slaap in vrede. YaHWeH is Wakker.

YaHWeH het ’n doel en ’n plan met my, wat niemand anders kan vervul nie.

Die Wil van YaHWeH sal jou nooit neem na waar die Genade van YaHWeH jou nie sal beskerm nie.

Ons is verantwoordelik vir die inspanning, nie die uitslag nie.

Ons hys die seile, YaHWeH maak die wind.

Begin om te brei en YaHWeH sal jou die wol gee.

Wanneer YaHWeH “Nee,” sê, is dit omdat Hy iets heelwat beter ingedagte het vir jou.

Die Taak voor ons, is nooit so groot soos die Krag agter ons nie.

Gebed: Moenie vir YaHWeH instruksies gee nie, meld net aan vir diens.

Dit is my besigheid om YaHWeH se Besigheid te doen en dis Sy Besigheid om na my besigheid om te sien.

Gemoedsrus is nie om van die storm te ontsnap nie, maar kalmte te midde van die storm.

Hoekom is almal altyd besig om rond te hardloop opsoek na YaHWeH, Hy is nie weg nie.

YaHWeH het my op aarde geplaas om ’n paar goed te doen, tans is ek so vêr agter dat ek vir ewig sal lewe.

Hy wat nie wil doen terwyl hy kan, kan nie, wanneer hy wil.

Saturday, June 16, 2012

Gereedskap vir die Lewe


Jou deursettings vermoë en geloof in jouself sal gedurende jou leeftyd male sonder tal getoets word. Hoe jy hierop gaan reageer is vir jou om te besluit. Glo jy in jouself ? Was jy al voorheen in staat om die aanslae die hoof te bied ? Het jy die regte gereedskap om jou deur hierdie moeilike tyd te help ?

Indien jou antwoord ja is, dan het jy dit in jouself om dit keer op keer te doen – wanneer jy platgeslaan word. Die meeste van ons was al platgeslaan, meer as een keer, meer as twee keer. Met die regte gereedskap, het ons nie toegelaat dat dit ons lewens ruïneer of ons selfbeeld nie. Ons het by onsself gedink, “OK, daar is nog ’n paar lesse wat ek nodig het om te leer in die lewe.” en ons gaan aan met ons lewens.

Ons was die gelukkiges gewees. Ons het daardie geloof in onsself dat ons tot enigiets in staat is; ons kan enigiets doen; ons kan enigiets wees; ons kan enige plek gaan waar ons wil wees en ons het die gereedskap beskikbaar wanneer ons dit nodig het. Ons was nie bevrees vir die onbekende nie – ons weet dat ons soms sal struikel maar weet dat dit is hoe ons geleer het.

Vir die wat nie in staat is of was om hulself weer op te tel nie – daar is hoop. Jy kan dit ook doen – dit sal tyd verg, toegewydheid, deursettings vermoë en daadwerklike optrede. Jy sal jouself moet toerus met gereedskap wat jou in staat sal stel om deur die grense te breek. Net soos ’n werktuigkundige, het ons gereedskap nodig om ons te help om ons vermoëns te verfyn om teleurstellings, seer, woede en hartseer te hanteer.

Gereedskap kom in verskeie vorme – geskrewe materiaal, video’s, ’n gesprek met ’n vriend of vriendin, gebed en ander mense wat reeds beskik oor die gereedskap. Jy sal gewoonlik verskeie gereedskap stukke moet probeer voordat jy die regte kombinasie vind. Maar wanneer jy doen, BOOOOF! dis soos ’n lig wat aangaan en jy dink, “Ek het dit, ek verstaan nou wat ek moet doen om vorentoe te beweeg.”

Die geheim lê daarin om te besef dat YaHWeH inspirasie, krag en die nodige gereedskap op verskeie maniere oor mens se pad stuur om ons te help.

Doen vandag iets lekkers vir jouself – neem ’n tydjie en dink waarheen jy op pad is en waarheen wil jy regtig gaan en begin dan te soek vir die regte gereedskap wat jou kan help om hierdie plan te verwesentlik.

Thursday, June 7, 2012

DIE GROEN GEDOENTE


Die jong kassiere agter die kasregister stel aan die ouer dame voordat sy haar eie inkopie sakke moet saambring want die plastiek sakke is nie goed vir die omgewing nie.
Die dame vra verskoning en verduidelik, “Ons het nie hierdie groen gedoente gehad in my jonger dae nie.”
Die jong kassiere antwoord, “Dit is ons generasie se probleem vandag. U generasie het nie genoegsaam omgegee vir die bewaring van die omgewing vir toekomstige generasies nie.”

Sy was reg – ons generasie het nie die groen gedoente gehad in ons jonger dae nie.

In daardie dae, het ons die melk bottels, koeldrank bottels en bier bottels teruggeneem na die handelaar. Die handelaar het dit terug gestuur aan die fabriek om gewas, gesteriliseer en weer hervul te word sodat ons dieselfde bottel weer en weer kon gebruik.
Hul was werklik herwin en hergebruik.
Maar ons het nie die groen gedoente gehad in ons dae nie.

Die kruidenier winkel het ons kruideniersware in bruin papier sakke verpak wat ons vir verskeie take hergebruik het. Behalwe die gebruik as vullissak was die belangrikste gebruik die as boekoortreksel vir ons skoolboeke. Dit was om te verseker dat publieke eiendom (die boeke was voorsien deur die skool vir ons gebruik) beskerm is deur ons onnodige gekrap. Dit het ons in staat gestel om ons boeke te versier deur allerhande prentjies en sierskrif sonder om die boek te beskadig.
Maar dit is jammer ons het nie daardie tyd die groen gedoente gedoen nie.

Ons het trappe geklim omdat ons nie hysbakke gehad het in elke winkel en kantoor nie. Ons het na die kruidenierswinkel gestap en het nie in ’n 300 perdekrag masjien gespring elke keer wat ons twee straatblokke vêr moes gaan nie.
Maar sy was reg. Ons het nie die groen gedoente gehad in ons dae nie.

In daardie dae het ons die babadoeke gewas want daar was nie iets soos weggooi doeke nie. Ons het ons klere op die wasgoeddraad gedroog en nie in ’n energie honger 220 volt monster nie. Son en windkrag het die enigste rol gespeel om ons klere droog te kry in daardie dae. Kinders het “aangee” klere van hul broers, susters, nefies en niggies gedra, nie altyd splinter nuwe klere nie.
Maar die jong kassiere was reg. Ons het nie die groen gedoente gehad in ons jonger dae nie.

In daardie dae het ons net een TV of radio in die huis gehad – nie een in elke vertrek van die huis nie en die TV het ’n klein skermpie gehad, skaars groeter as ’n mans sakdoek, nie ’n skerm so groot soos Gauteng nie.
In die kombuis het ons geklits en gemeng met die hand want daar was nie elektriese masjiene wat die werk vir ons kon doen nie.
Wanneer ons breekbare items verpak het om dit per pos te versend het ons gefrommelde ou koerant papier gebruik om dit te beskerm nie polystyrene of bubble plastiek rolle nie.
In daardie dae het ons nie ’n masjien gestart en petrol gemors net om gras te sny nie. Ons het ’n stoot grassnyer gebruik wat net aangewese was op mens-krag. Ons het geoefen deur te werk, dus het ons nie nodig gehad om na gymnasiums te gaan en op ’n draf masjien te hardloop wat steeds elektrisiteit verbruik nie.

Ons het uit ’n waterfontein gedrink wanneer ons dors was in plaas van ’n  plastiek glasie of plastiek waterbottel elke keer wat ons water drink nie. Ons het ons penne hervul met ink in plaas van om elke keer ’n nuwe pen te koop en ons het die lemmetjies in ons skeermesse vervang in plaas daarvan om die hele skeermes weg te gooi net omdat die lemmetjie stomp is.

In daardie dae het mense met die bus en kinders het met hul fietse skool toe gery of geloop in plaas daarvan om hul ma’s te verander in 24-uur taxi dienste.
Ons het een elektriese sok per vertrek gehad, nie ’n elektries bank van sokke om dosyne toebehore aan te dryf nie. Ons het nie ’n gerekenariseerde speelding nodig gehad wat ’n sein van ’n satelliet, 30 000km in die buitenste ruimte, opvang om vir ons te vertel waar is die naaste hamburger plek is nie.

Maar is dit nie jammerlik hoe die huidige generasie ons so verwyt oor die vermorsing van ons ouer generasie net omdat ons nie die groen gedoente gehad het in ons dae nie?

Monday, June 4, 2012

Einde Mei

O’ My Abba Vader- U, die Goeie Pottebakker en ek, U nederige klei- U vorm
en maak my uit die vrugbare modder van hierdie aardse vlei- om aan die
einde van nog ʼn maand, die maand van Mei- in nog ʼn tydgleuf waar ek my
oor U Waarheid kan verbly, ja, daar op U smalle weg met U lieflike Wysheid
uitplavei, O’ laat my daarom, Goeie Vader, my ewig in U Alwetendheid verbly-
sodat ek die duister donker aanbiedinge van die bose kan bestry.

O’ My Abba Vader, U, die goeie Pottebakker, ek, U buigbare swakke klei- met
die lewe wat my met stampe en stote vir U Koninkryk voorberei- terwyl U my
so besorgd na U ewige groen weivelde lei en aan die einde van nog ʼn maand,
die maand van Mei, waar U kinders nou so hoopvol vra: wanneer is die eindtyd
met al sy swaar verby- sodat hulle jubelend kan bely; kyk, satan is gebind en
U volk staan vry.

O’ Abba Vader, U, die Alwetende Pottebakker, daar waar U as Beeldhouer
gebukkend staan oor my- U vormingsklei en aan die einde van nog ʼn
maand, ja, die maand van Mei- daar roep ek so hoopvol en vra: is ons
volmaakte weergeboorte al naby- want op die vlerke van U Goddelike
Wysheid wil ons deur ons bevryde sfere gly en van U Grote Liefde-
daarvan wil ons in  onbeperkte oormaat kry.

O’ Abba Vader, U, die ewige Goeie Pottebakker en ons, U nederige klei-
hoeveel maal is ons nie deur ons vrye wil en eie foute in U loutering nie
kasty- want U vorm en maak ons om as U volmaakte kinders te kan bly-
daar dig teenaan U Goddelike sy en daarom vra ons aan die einde van
hierdie maand, ja, die maand van hierdie Mei aan U, O’ Goeie Abba Vader,
om vir ewig in ons harte te kom bly want U het eens self as swakke klei,
ja, as mens vir ons op Golgota kom ly.



Judith de Beer

Thursday, May 17, 2012

Soen Iemand Voordat Jy Gaan.


Die voorstedelike trein wieg heen en weer, die yster wiele wat voortdurend skreeu teen die staal met die ritmiese klikke-klakke oor die spoor lasse. Buitekant die venster is die bittere winter koue op die landskap duidelik te bespeur terwyl die trein daardeur spoed soos ‘n onwelkome indringer. Die passasiers trein is vol verkluimde, verveelde passasiers wat elk vasgevang is in sy eie gedagte wêreldjie. Stroef staar elkeen voor hom uit sonder om die mede passasier oorkant of langs hom op te merk.

Skielik is daar ‘n klein seuntjie wat sy weg baan deur onwillige grootmens bene om by die opening op die bankie langs die venster uit te kom. Sy vader staan by die deur en hou ‘n wakende ogies dat die knapie nie wegraak tussen die baie passasiers nie. Die seuntjie is omring deur onvriendelike, half aan die slaap volwassenes. Wat ‘n brawe mannetjie het ek by myself gedink.

Toe die trein begin om die tonnel binne te gaan, gebeur daar iets heel onverwags en uit die bloute. Die klein seuntjie gly van sy sitplek af en plaas sy handjie op my knie. Vir ‘n oomblik het ek gedink dat hy by my wil verby gaan, terug na sy pa toe, dus skuif ek so effens uit die pad om plek te maak. Maar in plaas daarvan om verby te skuur, leun die seuntjie vooroor en rek sy koppie na my. Hy wil my seker iets vertel dink ek by myself. Kinders ! Ek buig effens vooroor om te luister na wat die mannetjie my wil vertel. Weereens verkeerd! Hy soen my liggies op die wang.

Hy keer terug na sy sitplek en met vol genoegdoening kyk hy by die venster uit. Maar, ek is geskok. Wat het gebeur? ‘n Klein seuntjie wat onbekende volwassenes op die trein soen? Tot my verbasing, die seuntjie gaan voort om al my mede passasiers op die wang te soen. Senuweeagtig en half geskok kyk almal vraend na sy vader, “Hy is baie bly dat hy lewe,” antwoord sy vader. “Hy was baie siek en het by die dood omgedraai.”

Die trein stop en pa en seun klim van die trein af en verdwyn tussen die malende menigte. Die deure maak toe. Op my wang kan ek steeds die seuntjie se soen voel – ‘n soen wat my dwing om ernstige self ondersoek te doen.

Hoeveel grootmense is daar wat rondgaan en mekaar soen uit pure blydskap dat hul lewe? Hoeveel dink enigsins daaraan hoe bevoorreg hul is om te leef? Wat sal gebeur as ons almal net begin om onsself te wees en hierdie aangeplakte fasade af te pluk?

Die klein seuntjie het ons ‘n soete maar ernstige klap in die gesig gegee.

Moet nie toelaat dat jy doodgaan, lank voordat jou hart gaan staan het nie!

Thursday, May 3, 2012

Die Odes van Salomo (10) Laaste

Ode 40

[Ode vir die Moeder en Haar kinders]

1 SOOS heuning van die bye se heuningkoek drup, en melk vloei van die Vrou wat Haar Kinders liefhet,
2 Net so is My hoop op U, o My Elohey. Soos U Fontein Haar waters voortbring, so bring My Hart lof van JaHWeH te voorskyn, en My Lippe uiter lofprysinge tot Hom.
3 My tong is soet in Sy lofsange, en My ledemate dy uit in Sy psalms;
4 En My Aangesig verbly hom in Sy jubeling, en My Gees roem in Sy liefde, en My Siel skyn in Hom.
5 Hy wat vreesagtig is, sal op Hom vertrou en Verlossing sal in Hom tot stand gebring word;
6 Sy wins is ‘n onsterflike lewe, en hulle wat Hom ontvang, is onverderfbaar.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 41

[Ode deur die Moeder]

1 AL SY kinders sal JaHWeH loof, en hulle sal die Waarheid van SY Geloof ontvang;
2 SY seuns sal aan HOM bekend wees: Laat Ons daarom sing in SY liefde.
3 Ons lewe in JaHWeH deur SY Barmhartigheid, en Ons ontvang lewe deur SY Verlosser.
4 Want ‘n groot dag het op Ons geskyn, en wonderbaarlik is HY wat vir Ons van SY lofprysinge gegee het.
5 Laat Ons dus almal saam verenig in die Naam van JaHWeH, en laat Ons HOM in SY Suiwerheid Eer betoon;
6 Laat Ons aangesigte in SY Lig skyn, laat Ons harte peins in SY liefde, dag en nag:
7 Laat Ons jubel oor die jubeling van JaHWeH.
8 Almal wat My sien, sal hulle verwonder, want Ek is van ‘n ander ras;
9 Want die VADER van Waarheid het My onthou - HY wat My van die begin af besit het;
10 Want SY rykdom het aan My geboorte geskenk en die gedagte van SY hart.
11 En SY Woord is met Ons al langs die Weg. Die Verlosser wat aan Ons nuwe lewe skenk, verwerp nie Ons siele nie
12 Die Man wat verneder was en opgehef is in SY Geregtigheid.
13 Die Seun van die Hoogste El het verskyn in die Suiwerheid van Sy VADER;
14 En die Lig het van die Woord af uitgegaan, wat vantevore reeds in Hom was.
15 Die Gesalfde is Een in Waarheid, en was bekend van voor die grond-legging van die Aarde af,
16 Sodat Hy vir ewig nuwe lewe kan gee aan siele in die Waarheid van Sy Naam. Laat daar ‘n nuwe loflied aan JaHWeH wees, van diegene wat HOM liefhet.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 42

[Die Seun verlos uit die Doderyk/Sheol]

1 EK het My hande uitgebrei, en genader tot My Elohim, want die uitstrek van My hande is SY Teken,
2 en My uitgebreide hande is die eenvoudige hout wat opgerig is op die Weg van die Opregte Een.
3 En Ek het nutteloos geword vir hulle wat My geken het, sodat Ek verskuil sou wees van hulle wat My nie vasgegryp het nie.
4 Ek sal met hulle wees wat My liefhet.
5 Al My vervolgers het gesterf; en hulle wat op My vertrou het, het My gesoek, want Ek lewe;
6 Ek het opgestaan en is met hulle, en Ek sal deur hulle monde spreek.
7 Want hulle het diegene verwerp wat hulle vervolg het, en het op hulle die juk van My liefde gelê.
8 Soos die arm van die Bruidegom op die Bruid, so is My juk op hulle wat My ken;
9 Soos die bed wat berei is in die Bruidskamer, so is My liefde oor hulle wat in My glo.
10 Ek was nie verwerp nie, selfs al was dit so aanvaar, en Ek het nie vergaan nie, selfs al het hulle dit van My geglo.
11 Doderyk/Sheol het My gesien en sy was bedroef, en Dood het My teruggegee en baie saam met My:
12 Ek was asyn en bitterheid vir hom, en Ek het saam met hom afgedaal, so ver as wat diepte strek;
13 en hy het voete en hoof los laat hang, omdat hulle nie My Aangesig kon verduur nie.
14 Ek het lewende adamiete byeen laat kom tussen sy dooies, en Ek het tot hulle gespreek met lewende lippe, sodat My Woord nie sonder trefkrag sou wees nie.
15 En hulle wat gesterf het, het na My gehardloop, en het uitgeroep en gesê: Wees ons barmhartig, Seun van die Elohim!
16 Handel met ons volgens U Medelye, bring ons uit die bande van Duisternis,
17 en open vir ons die Poort sodat ons saam met U daardeur kan uitkom, want ons sien dat ons dood U nie aanraak nie.
18 Mag ons ook saam met U verlos word? Want U is ons Verlosser. [2 Nikodémus 5]
19 Ek het hulle stem gehoor, en hulle Geloof in My Hart geplaas,
20 en Ek het My Naam op hul hoofde gedruk, want hulle is vrye adamiete en is Myne. [Openbaring 14:1-3]
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!