Thursday, November 16, 2017

Hou Jou Wortels Sterk




Twee afgetredenes het langs mekaar ingetrek. Een van hulle was ‘n afgetrede onderwyser en die ander ‘n assuransie agent. Die afgetrede assuransie agent was vreeslik geintresseerd in tegnologie en het voortdurend gepoog om die nuutste tegnologiese inligting te gebruik in al sy projekte.

Beide van hulle het tuintjies aangelê en verskeie plante geplant in die beddings en akkers. Die afgetrede onderwyser het sy plantjies min water gegee en het nie altyd sy volle aandag net aan die plantjies toegewy nie. Die afgetrede assuransie agent daarinteen het al sy aandag aan sy plantjies gegee en het hulle dag en nag versorg. Hulle het baie water gekry en is gepamperlang met die nuutste plantvoedings en kunsmis beskikbaar.

Die afgetrede onderwyser se plante was die doodgewone plante wat in alledaagse tuine aangetref word, maar hulle was gesond en het goed gelyk. Die afgetrede assuransie agent se plante was ‘n verskeidenheid van die gewone tuin plante en ander eksotiese plante maar hul was oor die algemeen baie  voller en groener as die van die onderwyser.

Eendag was daar gedurende die nag ‘n geweldige storm met swaar reën en sterk winde. Die volgende oggend het beide bure uitgegaan om die skade te ondersoek in hul tuine. Die afgetrede assuransie agent het gesien dat sy plante omtrent almal met wortel en tak uit die grond geruk is deur die storm en totaal verwoes is. Maar die afgetrede onderwyser se plante het nog almal stewig gevestig gestaan in die grond en die skade aan die plante was minimaal.

Die assuransie agent was verbaas om te sien dat die onderwyser se plante relatief min skade opgedoen het en hy stap na hom toe en vra, “Ons altwee het soortgelyke plante saam aangeplant, ek het beslis my plante beter versorg as jy en hulle baie meer water gegee as wat jy jou plante gegee het. Steeds het my plante die slegste daarvan afgekom met die storm. Hoe is dit moontlik?”

Die afgetrede onderwyser glimlag en sê, “ Jy het jou plante baie meer aandag en water gegee, maar as gevolg daarvan het jou plante nie nodig gehad om te werk om self ekstra water in die hande te kry nie. Jy het dit maklik gemaak vir die plante, terwyl ek my plante net genoeg water gegee het om aan die lewe te bly en toegelaat dat hul wortels self soek na ekstra water. As gevolg daarvan het hul wortels sterker geword en dieper gegaan op soek na water. Dis hoekom my plante die storm oorleef het.

Die verhaal het ook sy toepassing in ons daaglikse lewe en ouerskap waar ons kinders soos die plante is. As alles net aan hulle gegee word sal hulle nooit verstaan die harde werk wat dit geverg het om al die dinge vir hulle te bekom nie. Hulle sal nie leer om self te werk vir dit wat hulle benodig in die lewe en om dit te respekteer nie. Soms is dit beter om hulle te lei as net om vir hulle te gee.
Leer hulle om te loop, maar laat hulle toe om hul eie pad te volg.

Wednesday, November 8, 2017

Skilpad en die Haas. Wie het die Resies Gewen.



Eendag het ‘n skilpad en ‘n haas ‘n argument gehad oor wie was die vinnigste. Hulle het besluit dat die enigste manier om die geskil te besleg, was ‘n resies tussen die twee. Hulle het ooreengekom op ‘n roete en het die resies begin.

Die haas spring weg met ‘n spoed en hardloop fluks vir ‘n wyle, spoedig is haas ver voor skilpad en besluit dat sy voorsprong so ver is dat hy maar so bietjie onder die koelte boom kan sit en rus voordat hy verder gaan met die resies. Terwyl haas gemaklik in die koelte van die boom sit, raak hy aan die slaap. Skilpad wat al waggelende aangestap kom het haas spoedig ingehaal en verby gegaan, die resies voltooi en bewys dat hy die onbetwiste kampioen van die resies was. Haas het wakker geskrik en besef dat hy die resies verloor het.

Die kruks van die storie is dat stadig en bestendig die resies wen. Dit is die weergawe van die storie waarmee ons almal groot geword het en mee bekend is.

Maar onlangs, het iemand my ‘n meer interessante weergawe van die storie vertel. Dit vervolg:

Die haas was baie teleurgesteld omdat hy die resies verloor het en het bietjie self ondersoek gaan doen. Hy het besef dat hy die resies verloor het omdat hy te selfversekerd was, nalatig en laks. As hy nie dinge as vanselfsprekend aanvaar het nie, was daar nie ‘n manier wat skilpad hom kon wen het nie. Haas het die skilpad weer uitgedaag vir nog ‘n resies. Skilpad het ingestem.

Hierdie keer het haas vinnig weggespring en heelpad sy vinnige pas gehandhaaf sonder om tussenin te stop om te rus. Haas het die resies met ‘n paar kilometers gewen.

Kruks van die storie? Vinnig en Volhard sal altyd Stadig en Bestendig klop.

Maar die storie eindig nie hier nie.

Die skilpad het so bietjie gaan nadink oor die resies en besef dat hy geen kans staan om die resies in die huidig formaat te wen nie. Na heelwat oorweging besluit skilpad  om haas weer uit te daag tot ‘n resies, maar met ‘n effens ander roete as die vorige twee resiese. Die haas het ingestem en hulle spring weg.

Haas besluit sommer met die wegspring om te hou by sy nuwe leuse van volhardend en vinnig. Hy hardloop so vinnig sy vier beentjie hom kan dra en spoedig kom hy by ‘n breë rivier. Die einstreep was ‘n paar kilometer aan die oorkant van die rivier. Haas het op die wal gaan sit en wonder wat om volgende te doen. Intussen kom skilpad aangewaggel, loop in die rivier, swem na die rivierbank aan die oorkant, hou aan met sy waggel stappie en eindig die resies.

Kruks van die storie? Eerstens identifeer jou sterk basiese bevoegdhede en verander die speelveld om aan te pas by jou sterkste eienskappe.

Steeds eindig die storie nie hier nie.

Haas en skilpad het teen hierdie tyd al redelike goeie vriende geword en hulle het saam besin oor al die resiese wat hulle met mekaar meegeding het. Beide het besef dat die laaste resies baie beter gehardloop kon word. Hulle besluit om die laaste resies weer te hardloop, maar die keer sal hulle dit as ‘n span hardloop.

Hulle spring weg maar die keer dra haas vir skilpad tot by die rivier se oewer. Daar het skilpad weer oorgeneem en swem oor die rivier met haas op sy rug. By die oorkanste oewer klim haas af en en dra weer vir skilpad tot by die eindstreep. Altwee is gelyk oor die wenstreep. Beide ondervind ‘n groter gevoel van bevrediging as met enige van die vorige resiese.

Kruk van die storie? Dit is goed om individueel briljant te wees en om sterk basies eienskappe te besit, maar indien jy nie in staat is om in ‘n span te werk en al die ander spanlede se sterk eienskappe te benut nie, sal jy altyd ondergemiddeld presteer. Want daar sal altyd omstandighede wees waarin jy swak vaar en iemand anders beter kan doen as jy.

Spanwerk is hoofsaak geskoei op Omstandigheids Leierskap, om die persoon met die mees relevante basies bevoegdheid toe te laat om die leierskap funksie vir die taak te vervul.

Daar is nog ‘n paar lesse te leer uit die verhaal. Onthou dat nie een van hulle, haas of skilpad, moed opgegee het nadat hulle die resies verloor het nie. Haas het besluit om harder te werk en meer moeite in te sit na sy eerste mislukking. Skilpad het sy strategie verander want hy het alreeds gewerk so hard hy kon.

In ons daaglikse oorlewing stryd, wanneer ons mislukking in die gesig staar, is dit soms nodig om harder te werk en meer moeite in te sit. Soms is dit nodig om ons strategie te verander en iets anders te probeer En soms is dit noodsaaklik om beide te doen.

Haas en skilpad het ‘n ander belangrike les geleer. Wanneer ons ophou om teen mekaar te kompeteer as teenstanders en eerder saam te kompeteer teen die situasie, vaar beide baie beter.

Friday, November 20, 2015

Wat maak ‘n Onderwyser ?








Die gaste het almal om die etenstafel gesit en die lewe in die algemeen bespreek. Een man, ‘n Uitvoerende Bestuurder, besluit om die hedendaagse probleem van onderwys te verduidelik.
Sy argument, “Wat gaan ‘n kind leer van iemand wat besluit het sy beste opsie in die lewe was om ‘n onderwyser te word?”

Om sy argument verder te benadruk sê hy aan een van die gaste aan tafel; “Jy is ‘n onderwyseres, Magda. Wees eerlik. Wat maak jy in ‘n jaar as onderwyseres?”

Onderwyseres Magda, wat ‘n reputasie gehad het vir haar eerlikheid en openhartigheid, antwoord, “Jy wil weet wat maak ek in ‘n jaar?”

(Sy huiwer vir so ‘n oomblik en begin ......)

“Wel, ek maak dat kinders harder werk as wat hulle gedink het moontlik is. Ek maak dat die ondergemiddelde outjie voel asof hy die hooste onderskeiding gekry het indien hy ‘n C+ behaal. Ek maak dat kinders ‘n hele 40 minute in ‘n klas kan sit en werk terwyl hul ouers hulle nie eens sover kan kry om vir 5 minute stil te sit sonder ‘n Ipod, skoot rekenaar of fliek nie. Wil jy regtig weet wat ek maak?”

(Sy huiwer weer vir ‘n oomblik terwyl sy kyk na al die gaste om die etenstafel)

“Ek maak dat kinders wonder.

Ek maak dat hul ondersoek.

Ek maak hulle omverskoning vra en dit bedoel.

Ek maak dat hulle respek het vir hulself en vir ander en verantwoordelikheid neem vir hul aksies en dade.

Ek leer hulle hoe om te skryf en maak hulle om dan te skryf. Om op ‘n sleutelbord te werk is nie alles nie.

Ek maak dat hulle lees en lees en lees.

Ek leer hulle hoe om somme te maak en wiskundige berekening te doen. Hul gebruik hul God gegewe verstand en nie ‘n mens gemaakte sak rekenaar nie.

Ek maak dat hulle ‘n liefde vir hulle taal ontwikkel terwyl hulle hul eie unieke kultuur identiteit bewaar en behou.

Ek maak dat my klaskamer ‘n plek is waar elke student veilig en beskermd voel.

Laastens, maak ek hulle verstaan dat indien hulle hul talente gebruik wat hulle geskenk is, hard werk en hulle hart volg, kan hulle sukses in die lewe behaal.”

(Magda huiwer nog ‘n laaste oomblik en gaan dan aan,)

“Dan, wanneer iemand my probeer oordeel op wat ek in ‘n jaar maak, kan ek my kop omhoog hou en hulle ignoreer want hulle is oningelig.

Jy wil weet wat maak ek in ‘n jaar? Ek maak ‘n verskil in almal van jul se lewens, voed jul kinder op en berei hulle voor om Uitvoerende Bestuurders te word, en dokters en ingenieurs, .....

Wat maak jy in ‘n jaar, Meneer Uitvoerende Bestuurder?”

Sy mond val oop terwyl hy sprakeloos sit. Oorbluf deur haar teen argument.