Tuesday, December 13, 2011

Die ware "Gees" agter Kersfees


Hierdie is die laaste stuk wat vir die jaar geplaas sal word. Ek wil tog vra, gaan lees die stuk behoorlik deur en moenie halfpad stop omdat dit inmeng met jou tradisies of jare se gewoontes nie. Lees dit aandagtig en laat die Gees van die Almagtige jou lei om te verstaan.

Groete

Aan elke Wedergebore Kind van Elohim.

Loof en prys JAHWEH en mag Elohim jou ook vandag seën. Ons word almal geroep as ouderlinge, pastore, leraars en selfs net gelowiges om op die vaste beginsels te staan van die Koninkryk van Elohim en dit ook te verteenwoordig. Hierdie dekbrief wil ek graag rig aan alle gelowiges wat deur ons Hemelse Vader geroep is om die Seun van Elohim, ons Verlosser Yahshua Messiah te verteenwoordig. Ons leef in 'n tyd waar die skrif dit duidelik stel, van gevaarlike tye waar verskeie leringe van duiwels en verleidende geeste gelowiges afvallig sal maak van die Ware geloof soos in die Skrif aan ons voorgehou. Daar word derhalwe 'n oproep op ons as opsieners gemaak om na die kudde om te sien en hulle teen hierdie misleiding te beskerm.

Ons moet waak teen plaasvervangende standpunte, opinies, emosies en gevoelens. Ons sien duidelik hoe Paulus ons waarsku in Kol 2:8 hoe die gelowiges (afgesonderdes - Kinders van Elohim) met oorlewerings (tradisies), filosofieë of nietige godsdienstige reëls sal bederf, omdat dit van die wêreld is en nie van Messias nie. Yahshua Messiah waarsku self Sy dissipels teen die suurdeeg van die Fariseërs (tradisies, oorlewering ens.) wat die Woord van Elohim tot niks maak en Sy gesag ontneem (Mat. 15:1-9;Mat.16:1-3). Dit is dus met die grootste eerbied en vrees vir die Lewende Elohim dat ons as Kinders van Elohim altyd die waarheid sal praat en die waarheid alleenlik, en hier is slegs een Waarheid beskikbaar en dit is die onfeilbare Woord van Elohim. " Soek ek dan nou die guns van mense, of van Elohim? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Messias wees nie." (Gal 1:10 1953). Hierdie is harde en ernstige woorde.

Daar is baie gesê in die verlede al oor Kersfees. Ek versoek elkeen in die wonderlike Naam van Yahshua, om alles te lees met 'n oop gemoed. Alles is FEITLIKE WAARHEDE en GEESTELIKE WAARHEDE. Die "gees" agter Kersfees sal aangedui word as godslasterlik, wellustig en seksuele perversie. Die vraag is, wat gaan ons daarmee doen? Yahshua het is Luk 6:36 gesê :"Watter sin het dit dat julle My aanspreek met 'Here, Here!' en nie doen wat Ek sê nie?" Indien ons Yahshua waarlik liefhet sal ons doen wat Hy ons sê en nie vreemde offers of vure aan Hom bring nie.

Nou, aan alle pastore , leraars en ouderlinge as getroue herders van die Kudde van Elohim vra ek die volgende: As Wedergebore, Gees vervulde Manne van Elohim, sou jy toelaat dat iemand die Rosekrans (Roomse Bidsnoer) in jou gemeente (kerk) bid? Ek bid NEE! Ek vertrou jy sal dit vinnig regstel! Sou jy toelaat dat iemand tot Maria bid? Of dat iemand uit die vagevuur gebid word? Of dat ander beelde aanbid word? Of dat iemand die Pous as werklike verteenwoordiger van Messias op aarde vereer? Ek bid nie een van bogenoemde nie, maar dat dit vinnig reggestel sal word! Waarom dan word Kersfees gevier? Dit kom vanaf dieselfde kerk, dieselfde gees!!! Dieselfde oorsprong van die Rosekrans, Maria-aanbidding, Vagevuur, Beeldediens! Hoe kan al die ander ontoelaatbaar wees terwyl Kersfees geregverdig word?

Dink so 'n bietjie daaroor na. Gehoorsaamheid is beter as offerande. Vrees jy mense of Elohim? Verkondig die waarheid aan heiliges of vromes van Elohim en maak hulle vry. As ons geroep is om die Woord van Elohim uit te leef en te verkondig, hoe is dit dat ons dan Kersfees vier alhoewel dit glad nie in die Bybel genoem, gevier of opgeneem is nie? Van wanneer af het ons die reg om dinge te verkondig wat nie op die Rots, Yahshua Messiah.

Daar is geen eie insigte of standpunte hier nie. Die Fariseërs het elke dag op die straathoeke gestaan om mense nader te roep met die Liefde van Elohim. Hulle was ook op die ou einde diegene wat op hulle tande gekners het en Yahshua Messiah laat kruisig het! In Joh 8:40-44 beweer die Fariseërs dat Elohim in die Hemel hul vader is, maar Yahshua spreek hulle tee en sê dat hulle duiwel het as vader en hulle werke toon dit! Wie is ons Vader? Ek bid en vertrou ons weet! In Joh 6:66 (666 - is dit toeval?) het baie dissipels Yahshua verlaat vanweë Sy harde woorde - geen kompromie. In gebed smeek en vertrou ek dat hierdie nie te harde woorde vir jou mag wees nie.

Om aan die Koninkryk van Elohim in hierdie tyd te bou benodig liefdevolle, versorgende en sterk manne en vroue van Elohim. Waar is die prediking vandag wat die wêreld onderstebo keer? Wat veroorsaak dat tande gekners word of mense gestenig word! Wat predikers verdryf omdat die waarheid te diep sny! Dit is die tipe prediking waarvan ons in Handelinge lees!

Die Koninkryk van Elohim het nie Kersfees gebring nie, maar die "Christendom" het wel. Die Roomse Katolieke Kerk het beeldediens gebring. Johannes die Doper, Yahshua Messiah en die Apostels het NOOIT "Christendom" verkondig nie , maar die Koninkryk van Elohim. 'n Volgeling van Yahshua Messiah is nie 'n Christen genoem nie maar 'n Dissipel (vergelyk Hand 11). 'n Dissipel volg die voorbeeld van sy/haar leermeester. Yahshua het gesê HY is die WEG, die WAARHEID en die LEWE. Hy het ook gesê dat HY die enigste DEUR is. Die Christendom het in die VSA meer as 250 verskillende dogmas, leerstellings en denominasies, waarvan baie reeds ook in die RSA is. Saam daarmee het ons ook baie wat uniek aan die RSA is. Laat daar nie net 'n klein oorblyfsel wees wat die Koninkryk van Elohim vind nie.

Dit is my gebed dat elkeen eerlik met homself voor Elohim sal staan en homself sal ondersoek. Moet asseblief nie hierdie stuk weggooi of neersit voordat dit klaar gelees is nie. Moet asseblief nie deur tradisie en oorlewerings gebonde wees nie. Yahshua het geleer dat ons van ons Dooie Werke moet wegkeer. Mag ons altyd geseënd wees en altyd die WAARHEID verkondig.

Ek, sowel as die skrywer van hierdie stuk sal graag van jou wil hoor. Indien jy sou dink dat daar van die waarheid afgewyk is, sal ons graag wil gekorrigeer word. Dit moet egter volgens die Woord van Elohim wees (2 Tim 3:15-17). Ek hoop en vertrou dat niemand deur sommige van die seksuele perversie wat genoem word geaffronteer sal wees nie.

Die ware "gees" agter Kersfees

Prys Jahweh en mag Elohim elkeen seën wat nou hierdie feitelike en ware lering gaan lees. My gebed vir elkeen is dat jy eers sal bid en dan met 'n oop gemoed elke Skrif teks sal bestudeer sodat jy die waarheid in die Skrif kan ontdek. Onderwerp jouself asseblief aan die Woord van Elohim en met alle erns gaan in, in die Heilige vrees van Elohim. Moet asseblief nie toelaat dat die hardheid van jou hart, jou gevoel of emosies jou beheer nie. Luister na die Gees van Elohim en laat die Waarheid die Waarheid wees. Lees asseblief alles en moet nie die stuk neersit vanweë ongeloof nie.

Yahshua het in Mat4:4 en Luk 4:4 gesê: "'n Mens leef nie net van brood alleen nie maar van elke woord wat uit die mond van Elohim kom." In Joh 8:31-32:"As julle aan my woorde getrou bly , is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak. "In Joh 14:15 sê Yahshua:" as julle My liefhet, sal julle My opdragte uitvoer." En in vers 23 "As iemand my liefhet sal hy my Woorde ter harte neem;". Yahshua het ook in Joh 16:13-15 gesê: "Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie. Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. Alles wat die aan Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig." Die Gees van Afsondering sal slegs die WOORD VAN ELOHIM verhef. Hierdie is diepgaande woorde en moet die basis vorm van enige wedergebore kind van Elohim se lewe. Geen ander fondament kan gelê word nie, die fondament is reeds gelê - naamlik Messias Yahshua . In 1Pet 1:23 sê Petrus vir ons: "Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van Elohim." Ons moet onthou die Woord het vlees geword - Joh 1:14 - en die Woord se naam is Yahshua.

Ons kan dus hierdeur sien en verstaan waarom soveel klem op die Woord gelê word en waarom Yahshua gesê het dat die Waarheid aan ons deur die Gees van Afsondering geopenbaar sal word en dat ons Sy Woord moet gehoorsaam. 'n Ander baie belangrike skrifgedeelte vind ons in Mat 15:3 waar Yahshua die volgende vra: "Waarom verontagsaam julle self die gebod van Elohim ter wille van julle oorgelewerde gebruike (tradisies)?" In vers 6 sê Yahshua dat die oorgelewerde gebruike (tradisies) Elohim se Woord Sy gesag ontneem!! Kan jy jou dit voorstel dat ons tradisies Elohim se Woord sy krag en gesag ontneem? Wat Yahshua in werklikheid sê is dat wanneer ons as mense hier op aarde 'n tradisie neem, 'n geestelike baadjie daarvoor aantrek om dit Geestelik te maak, sal dit die uitwerking hê dat ons die Woord van Elohim Sy krag en gesag ontneem en sal dit 'n vreemde vuur voor ons Hemelse Vader wees. Indien ons iets aan Elohim wil bring moet ons seker maak dat dit skriftuurlik opgeteken is en daarvolgens die nodige riglyne kry.

Elohim het deeglike instruksies gegee aan Sy volk hoe om enige Afgesonderde Dae of Afgesonderde Feeste te vier. In Engels sien ons duidelik hoe 'n "Holy Day" 'n "Holiday" geword het. Dit moes eerder "set-apart" gewees het. Die Woord van Elohim is nie aan die mens gegee om daarmee te maak soos hy wil nie. Dit is gegee om geleer te word en daarvolgens te lewe en in dankbaarheid aan Elohim gehoorsaam te wees aan die Een wat ons verlos het van 'n lewe van sonde en duisternis. In die begin was ELOHIM! - nie die mens nie!!

Ons het so byna die goddelike waarheid van Elohim verswelg deur die onderhouding van menslike tradisies, oorlewerings en wat ons dink Hom welgevallig mag wees, pleks dat ons Sy waarhede gehoorsaam en doen wat Hy sê Hom welgevallig is. Het jy al ooit gewonder waarom daar geen aanduiding is van Messias Yahshua se geboorte datum nie? Het jy al ooit daaraan gedink waarom daar geen aanduiding van Krismis of Kersfees in die Bybel is nie? Het jy al ooit gedink hoekom die vroeë kerk en geestelike leiers nie die geboorte van Yahshua gevier het nie maar wel Sy opstanding?

Ons staan op die drumpel van 'n reis deur 'n gebied wat vir baie ongelooflik sal wees, andere mag weer sê ons het dit nog altyd so gedoen, ons gaan net so aan. Andere sal uiter: "O, Elohim! Wat het ons gedoen? Waarom is ons nog nooit die waarheid geleer nie?" Slegs feite en waarheid gaan verder ook nog volg. Mag jou gees geseënd wees!

'n FONDASIE OM DIE WAARHEID OP TE BOU

As wedergebore gelowiges word ons deur Elohim beveel om volgens Sy statute, wette en ordinansies te leef. Ons word beveel om nie deur allerlei onwaarhede mislei te word nie, en alhoewel ons vroeër in die duisternis gewandel het, is ons nou in die lig (die Woord) en moet ons so leef en moet ons die vrugtelose praktyke van die duisternis aan die kaak stel.

Nou is dit belangrik om te onthou dat Yahshua in Mat 7:15-20 sê dat 'n goeie boom nie slegte vrugte kan dra nie, en 'n slegte boom geen goeie vrugte nie. Dink jy dat Yahshua dit werklik so bedoel het? Natuurlik het Hy! Hy sê ook dan in vers 15 dat daar valse profete sal kom soos wolwe in skaapsklere.

As jy hierdie deeglik sal lees en daaroor nadink sal jy moontlik alreeds agterkom dat Kersfees so is. Uiterlik wil dit baie goed voorkom, maar wat binne lê is die wortel en hierdie wortel is boos dit sal voorts getoon word. Ek wil jou weereens versoek, geagte leser, om asseblief slegs die Woord van Elohim in hierdie saak te ken. Nie jou emosies nie! Nie jou gevoelens nie! Beslis nie wat jy dink nie! Onthou die heilige, onfeilbare Woord van Elohim!!

Ons moet ons nie laat MISLEI deur allerlei onwaarhede nie of soos die 1933/53 vertaling dit stel: "Laat niemand julle met ydel woorde VERLEI nie". My vriend, dit is beter om te luister na die Woord van Elohim en dit te gehoorsaam as om offerandes te bring (1Sam 15:22). Daar sal baie sogenaamde mense van Elohim, Pastore en Leraars kom om hierdie leerstuk te verwerp, maar tog sal hulle slegs die Woord van Elohim weerspreek deur dit te doen. Kom ons neem die feite van Elohim se Woord in ag. Wie gee om wat mense sê? Ek volg veel eerder die Messias Yahshua, as 'n magdom van mense elkeen met sy eie insigte en opinies.

Die 'Christendom' sê "Ons kan dit doen op ons eie manier" maar die Koninkryk van Elohim sê " Ons sal dit volgens Sy wil doen". 'n Boom word aan sy vrugte geken, het Yahshua gesê. 'n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie. 'n Boom word ook aan sy wortels geken. Slegte wortels, slegte boom; goeie wortels, goeie boom. Ons is volgens die Bybel bome van geregtigheid as ons wortels in die Woord van Elohim is en dan sal ons vrugte vanselfsprekend goeie vrugte wees.

Johannes die Doper sê in Matteus 3:10 :"Die byl lê klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi." Hierdie woord rig Johannes aan die godsdienstige leiers - Fariseërs en Sadduseërs - daar teenwoordig (vers 7), teen wie se leringe Yahshua ons - Sy dissipels - waarsku in Mattheus 16:1-13. Hierdie is dieselfde mense wat gesê het Elohim in die Hemel is hulle Vader , waarop Yahshua gesê het hulle is van die duiwel (Joh 8:40-44).

Die punt wat ek graag hier wil maak is dit: Moet asseblief nie oorgehaal of oortuig word dat iets die waarheid is omdat die massas dit glo nie, of wat gepreek of geleer word deur mense nie, maar word oortuig van die waarheid omdat die fondasie daarvan gebou is op die Woord van Elohim. Baie van ons doen dinge vandag totaal vanweë onkunde. Wanneer ons egter weet wat die waarheid is word ons opgeroep om dit uit te voer. Die Woord van Elohim is die BYL. Aangesien ons deur die Bybel gewaarsku word om nie mislei te word nie, is die logiese weg om te volg dat ons alles aan die Woord van Elohim sal toets. Sodoende sal ons beskermd wees t.o.v. wat van Elohim is al dan nie. Die wortel is die oorsprong van alle dinge, insluitend ware of valse leerstellinge.

Ons word ook aangesê om die geeste te toets in 1 Johannes 4:1-5. Dus, kom ons begin om Kersfees te toets. Indien Kersfees nie in die Bybel voorkom nie - die waarheid wat alles omvou - waar kom dit dan vandaan? Waar is die oorsprong? Is Kersfees werklik die herdenking van Yahshua se geboorte? Het die oorspronklike Apostels - ons geestelike vaders en diegene wat Yahshua werklik geken het - ooit geleer dat ons Yahshua se geboorte moet herdenk? Was Yahshua op 25 Desember gebore? Indien Kersfees die grootste 'Christelike' vakansiedag (heilige dag) is, waarom is daar dan so 'n menigte heidene wat Yahshua daagliks verwerp en Sy Naam en die Vader se Naam ydellik gebruik, wat dit vier?

Meeste mense veronderstel dat meeste dinge van Kersfees waar is, tog doen min die moeite om dit na te vors en die wortels te vind. Kom, laat ons nou die waarheid leer. Mag elkeen geseënd wees met 'n oop hart en gees. Ons hemelse Vader, ons Meester Messias Yahshua en die Gees van Afsondering het absoluut niks te doen met Kersfees nie! Die vraag is dus: MOET ONS??

DIE OORSPRONG EN FUNDAMENTELE WORTELS

Indien Kersfees nêrens in die Bybel gevind word nie, nooit in die Bybel gevier word nie en nooit in die Bybel erken word nie, waar kom dit dan vandaan? Onthou dat as iets nie in Elohim se Woord is nie, kan dit nie van Elohim af kom nie.

In Rome , meer as 300 jaar na die opstanding van ons Messias Yahshua, was daar 'n jaarlikse fees deur die Romeine wat die god Saturnus aanbid het. Hierdie feesviering het altyd vanaf 17 - 24 Desember geval om saam te val met einde van die winter en die sonkeerpunt, 'n tyd vir seisoenale heidense aanbidding.

Die Heidense Jaar: Hierdie is altyd 'n tydperk van dae, maande en tye wat wentel om seisoenale veranderinge van die aarde en is gewoonlik in die winter, lente, somer en herfs. Die winter sonkeerpunt is 'n dag of aantal dae in die winter wanneer die dae die kortste en nagte die langste is. Hierdie is gewoonlik 'n tyd van feesvieringe, dronkenskap, fuiwery en perversie en vandag in ons eie wêreld is dit nie juis anders nie.

Die heidense Romeine het hierdie fees die Saturnus fees genoem, ter ere van hul god Saturnus. Hierdie fees is gevier vanaf 17 tot 24 Desember en gedurende die laaste 2 dae is geskenke uitgeruil van huis tot huis. Op die 25 Desember is die nuwe fees begin, naamlik die "Geboorte van die onoorwinlike Son", aangesien die dae nou weer langer word en die son weer begin domineer.

Gedurende hierdie tyd het die ou heidene geglo dat die son sou doodgaan gedurende die winder sonkeerpunt en dan weer uit die dood sou opstaan wanneer hierdie winter sonkeerpunt verby is. Klink dit nie nogal soos die "Seun" wat sterf en opstaan nie? Dus sou hierdie mense elke jaar hul feesvierings hou ter ere van hul gode, soos ons as gelowiges ook nou weet, en ons weet ook dat Satan agter alle afgode sit.

Toe die Roomse Katolieke Kerk dan nou in Rome tot stand gekom het (gebore is?), het hulle gou agter gekom daar was geen kerklike (Christelike) fees vir hulle Elohim of geloof oor hierdie tydperk nie. Aangesien 25 Desember die dag was waarop geskenke hoofsaaklik uitgedeel is vir die feesviering van die opstanding van die son-god het die Roomse kerk besluit om die dag te kies as die dag om die Seun van Elohim te verheerlik. Aangesien die heidene die 25ste Desember as die son-god geboortedag herdenk het, het die Roomse Katolieke Kerk 25 Desember gekies as hulle Seun-van-Elohim geboortedag. Die kerk het gesien dat hulle glad nie 'n fees soos die heidene gehad het vir hul eie geloof nie.

Pleks van 'n teregwysing, regstelling en standpunt inneem t.o.v. heiligheid en geregtigheid, het hulle hierdie onheilige heidense gebruike en ideologieë by hulle Christelike beginsels geïnkorporeer. Al wat Satan gedoen het is om 'n kerk te vermom in die naam van Ons Majesteit Elohim en die sluise van die heidendom en afgods aanbidding oop te maak om die waarheid te besoedel en te verdraai. Hoe treurig! Sou Petrus so 'n kompromie aangegaan het? Beslis nie!! Ons moet egter onthou waar die Roomse Katolieke Kerk vandaan kom. Selfs Yahshua sê in Openbaring 2:13 daar is 'n kerk by die troon van Satan, tog sal die gemeente getrou bly - selfs gedurende martelings.

Bestudeer maar die geskiedenis van die inkwisisie om te sien hoeveel miljoene gedood is onder die hande van die Pouse en katolisisme as ketters wat standpunt ingeneem het en op die Woord van Elohim gestaan het. Nou, aan alle pastore , leraars en ouderlinge as getroue herders van die Kudde van Elohim vra ek die volgende:

As Wedergebore, Gees vervulde Kinders van Elohim, sou jy toelaat dat iemand die Rosekrans (Roomse Bidsnoer) in jou gemeente (kerk) bid? Ek bid NEE! Ek vertrou jy sal dit vinnig regstel!

Sou jy toelaat dat iemand tot Maria bid? Ek bid NEE! Ek vertrou jy sal dit vinnig regstel!

Of iemand uit die vagevuur gebid word? Ek bid NEE! Ek vertrou jy sal dit vinnig regstel!

Of dat ander beelde aanbid word? Ek bid NEE! Ek vertrou jy sal dit vinnig regstel!

Of dat iemand die Pous as werklike verteenwoordiger van Messias op aarde vereer? Ek bid nie een van bogenoemde nie, maar dat dit vinnig reggestel sal word!


Waarom dan laat jy toe dat Kersfees gevier word? Dit kom vanaf dieselfde kerk, dieselfde gees!!! Dieselfde oorsprong van die Rosekrans, Maria-aanbidding, Vagevuur, Beeldediens! Hoe kan al die ander ontoelaatbaar wees terwyl Kersfees geregverdig word? Dink ernstig daaroor. Gehoorsaamheid is beter as offerande en om te luister (na Elohim) beter as die vet van ramme. Vrees jy die mens of Elohim? Kom ons praat die waarheid teenoor alle gelowiges in of onder ons sorg en maak hulle vry (van heidense gebruike). Daar is nie nou nodig om verder iets oor katolisisme te sê nie. Indien jy werklik die waarheid van daardie godsdiens weet, sal jy kan sien waar kersfees vandaan kom en waarom dit nie in die Bybel gevind word nie. Laat ons voort gaan.

Die Roomse Katolieke Kerk het nou in kompetisie met die heidense fees en bygelowe begin om 'n MIS vir Christus te hê (CHRIST MASS -> Christmas vandag). Vir enige iemand wat as Katoliek grootgeword het en daarna wedergebore is, is dit duidelik dat daar 'n groot verskil in lewenswyses is. Die Mis word nie meer geëer of aanbid nie, Maria word nie meer aanbid nie, die bidsnoer word nie meer gebruik nie, so 'n persoon glo ook nie meer in die vagevuur of loskoop van sondes nie of gebede to heiliges nie. So 'n persoon is vrygemaak.

Die vraag is egter nou: Aangesien Kersfees 'n Katolieke oorsprong het, saam met all die heidense gebruike en rituele daarby, waarom sal ons dit wil vier? Onthou die wortels van die bome! Slegte wortels, slegte bome. Hier het ons 'n baie slegte boom, dink so 'n bietjie. Wat het byna elke huis tydens Kersfees? 'n BOOM! Slaan na in die Encyclopedia Britannica, Encyclopedia American of World Book Encyclopedia en jy sal sien dat elkeen die historiese begin van Kersfees weergee. Hier is 'n vertaalde deel uit World Book Encyclopedia die god Saturnus, Saturnalia (Saturnus fees), en die geskiedenis van die oorsprong van Kersfees.

SATURNUS was die jongste seun van Uranus (hemel) en Gaea (aarde) in Romeinse mitologie. Die naam kom klaarblyklik van die Latynse werkwoord "serere" wat "om te saai" beteken. Die Grieke het hom Kronos (waar tyd - kronologie - vandaan kom) genoem en vir die Romeine was Saturnus die god van die OES. Die fees Saturnalia (Saturnus fees) was in Rome gevier vanaf 17 tot 23 Desember to sy eer. Gedurende Saturnalia is die Goue era veronderstel om terug te keer na die aarde. Die Griekse woord kronos beteken tyd. Kronos of Saturnus word gewoonlik as 'n ou gebuigde man met 'n sens (lang sekel) in die een hand uitgebeeld. In die ander hand hou hy 'n slang vas wat sy eie stert byt. Die storie van Saturnus wat sy eie kinders insluk is ‘n wyse om aan te dui dat tyd skep en dan sy eie skepsels te vernietig. - World Book Encyclopedia

Hierdie is nogal kragdadig, nie waar nie? Kyk daarna uit 'n geestelike oogpunt van waarheid. Hierdie god, het aan hulle verteenwoordig 'n god van tyd en oes. Die Bybel sê egter niemand sal die TYD van die OES weet nie! Sê die Bybel nie ook dat Elohim die oesters (maaiers - engele) sal stuur met 'n sekel om die oes te kom haal nie? (Mark 4:29). Let op die sekel in die een hand en die slang in die ander - Satan glo werklik dat hy die wêreld sal kan oes, in sy tyd en dit is wat die mense elke jaar gevier het - die god Saturnus. Daar is ook gesê dat Saturnus sy eie kinders sal verorber. Net so sal diegene van die wêreld in die hel verorber word. Satan is 'n meester van misleiding en Satan is die gees van Kersfees.

Dink jy eerlikwaar ons kan Yahshua se naam aan hierdie heidense boosheid koppel en verwag ons hemelse Vader moet gelukkig daarmee wees? En ons sê, Yahshua is die rede vir die seisoen! Wat 'n infame leuen! Satan is die rede! Maar ek en my huis, ons sal Yahweh dien en hierdie boosheid ver verwyder.

SATURNALIA was die naam van 'n antieke Romeinse fees ter ere van Saturnus, die Romeinse god van die oes. Die fees het begin op 17 Desember en geduur vir sewe dae. Op die eerste dag is publieke godsdienstige seremonies ter ere van Saturnus gehou. Op die tweede dag het baie families offerande in die vorm van jong varkies gebring. Die Saturnalia fees was 'n vrolike en uitspattige gebeurtenis. Skole is gesluit asook alle publieke besigheid en sake. Geregshowe was toe en geen kriminele kon gestraf word nie. Families het groot bankette gehou en selfs slawe was vry om die fees by te woon .Die laaste dae van die fees is deurgebring deur besoeke van huis tot huis en die uitruil van geskenke. Van die geskenke was klein beeldjies van klei genaamd sigillaria wat klein beeldjie beteken. - World Book Encyclopedia

Na hierdie beskrywings behoort jy nou te kan sien dat alles wat hierdie heidene gedoen het tydens hulle heidense fees is presies wat vandag tydens Kersfees plaasvind - en waarom dan nie?? Dit is waar dit vandaan kom - Satan! Ek bid dat jy hier kan sien hoe uiters lasterlik hierdie teen die Koninkryk van Elohim is!

Die Geskiedenis van Kersfees

Navorsers ken nie die presiese datum van Messias se geboorte nie. Vir meer as 300 jaar het mense Sy geboorte op verskillende datums herdenk. In die jaar 354 nC het biskop Liberius van Rome beveel dat die mense 25 Desember moet vier. Hy het klaarblyklik hierdie datum gekies aangesien die mense van Rome dit alreeds gevier het as die geboorte van die son. Christene het Messias geëer, pleks van Saturnus, as die lig van die Wêreld.

Vir baie jare is Kersfees slegs as godsdienstige fees gevier. Hulle het geleidelik meer en meer gebruike oorgeneem sonder enige verband met die kerk. Gedurende die middel eeue in Engeland het Kersfees die vrolikste dag van die jaar geword. Feesvieringe het uiteindelik so wanordelik geword dat die Puriteine in Engeland, Kersfees met die wet afgeskaf het (1643). Koloniste in Nieu Engeland het hierdie wette oorgeneem (bekend as die Blou Wette). Ander immigrante het egter Kersfees gebruike saamgebring van baie ander lande.

Kersfees het vandag 'n groot invloed op meeste industrieë aangesien miljoene mense verskeie produkte koop as geskenke. Vervaardigers begin gewoonlik die volgende kersfees voorraad beplan sodra die vakansie tydperk verby is.

In meeste afdelingswinkels of sentrums kan kinders vir Kersvader of Sinter Klaas sê wat hulle vir kersfees wil hê. Hulle staan in lang rye en wag om op sy skoot te sit op die skitterende troon. Dis alles omgetower in 'n feetjie land, met groot uitstallings van die nuutste speelgoed. Meeste handelaars verkoop gewoonlik meer van alles oor Kerstyd as in al die maande vooraf die jaar.
- World Book Encyclopedia

Hoe ernstig en jammerlik is dit dat mense met wêreldse kennis meer weet van hierdie DAG as diegene wat bely dat hulle Kinders van Elohim is. Hoe jammerlik, want ons is die mense wat standpunt moet inneem op grond van die heilige Skrif. Ons word egter net so verblind deur die god en owerste van hierdie wêreld. Kom ons kyk weereens na 'n paar dinge uit 'n geestelike oogpunt. Ons sal later meer na Kersvader kyk.

Eerstens weet ons nou waarom Kersfees nêrens in die Bybel genoem word nie. Dit het geen wortel in die Heiligheid van die Koninkryk van Elohim nie. Dit mag 'n strydvraag wees in die Christendom, maar self dít is 'n magdom van verskillende organisasies, denominasies, en doktrines van mense. Die Koninkryk van Elohim is ordelik, perfek en het slegs EEN DEUR, EEN WEG, EEN WAARHEID en EEN LEWE. Ons weet egter nou ten minste waar die wortels van hierdie heidense ritueel lê. Onthou net asseblief: Hoe kan ons as wedergebore Kinders van Elohim iets van die Satan gaan neem en dit aan ons Koning Messias Yahshua gaan opdra?!?!! Dit is 'n vreemde vuur! Hierdie is nie my insigte of opinies nie. Ek staan slegs op wat Elohim se Woord ons leer. Die wortels en oorsprong van Kersfees kom reguit van die wêreld stelsel van Babilon!! Let op die volgende!

"Hoe vreeslik, hoe vreeslik! Die groot stad, Babilon, die sterk stad! In een oomblik het die oordeel oor jou gekom! Die sakemanne van die aarde huil en kerm oor haar, omdat daar niemand meer is om hulle goed te koop nie:" Openbaring 18:10-11

Sal jy aanhou om by die handelaars van Babilon te koop? Sal jy aanhou om te sê, dis glad nie so erg nie, Elohim is genadig? Die vroeë settelaars van Amerika, die Puriteine wat van die Roomse Katolieke Doktrines gevlug het, het hierdie vieringe verban! Ek glo jy kan duidelik sien waarom.

Dit is slegs oor die laaste 100 jaar dat Kersfees weer gevier word in Amerika. Ons het tot nou nog net gedeeltelik die fondasie van hierdie heidense fees ontbloot. Wanneer ons al die dinge wat met Kersfees geassosieer word gesien het, glo ek sal jy net so ontstel wees soos ek was toe die Gees van Afsondering die waarheid aan my ontbloot het. Indien Kersfees, wat eintlik 'n Christus Mis of 'n Mis vir Christus is, net vandaar af kom, behoort ons alreeds ernstig ontstel te wees want die Roomse Katolieke Mis is een van die mees demoniese rituele en werklik godslasterlik en beledig die Bloed gestort aan die Martelpaal van Golgota. Kan jy werklik sê dat jy iets wil vier waarvan die fondasie, oorsprong en wortels kom vanaf die ergste lastering van die Bloed van Messias Yahshua.

Vandag se Tradisies

Toe Yahshua in Joh 14:6 gesê het: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe!", is dit ook presies wat Hy bedoel het. Daar is geen WAARHEID buite die Woord van Elohim nie, en dit is waarom ons vermaan word deur ons hemelse Vader om ALLE DINGE te TOETS - 1Tes 5:21. Op hierdie wyse kan ons onsself verseker van die feite, waarheid en beskerming teen misleiding.

Selfs in Hand 17:11 (1933/53) is mense van Berea edelmoediger genoem as die van Thessalonika, omdat hulle die Woord met groot belangstelling ontvang het soos deur Paulus en Silas verkondig. Wat het hulle nou eintlik gedoen om hierdie naam te ontvang? Hulle het die Skrifte elke dag ondersoek om te sien of alles so was en daarna geglo. Behoort ons as dissipels van Messias Yahshua nie dieselfde te doen nie?

Elohim verwag van ons om alles - gesproke woord, getuienis leringe, prediking, ens. - te toets aan die EEN ware toets: IS DIT IN OOREENSTEMMING MET DIE WOORD VAN ELOHIM? Nie ons emosies nie! Nie ons gevoelens nie! Nie wat ons dink nie! NIE WAT MENSE SÊ NIE! Nie wat die massas glo of doen nie! Maar wat sê die Woord?! Ons weet reeds dat Jahweh nie belang het by tradisies wat ons probeer vergeestelik nie. Yahshua het in Matteus 15 gesê dat tradisies afwyking van die Woord van Elohim teweeg bring. Verstaan jy dit ook in die gees? Hoe jammerlik dat ons, as Wedergebore Kinders van Elohim, die Woord van Elohim tot niks maak nie, die Woord sy krag ontneem. Hoe is dit moontlik? Deur nie op die Woord van Elohim te let en alle dinge te toets nie!

Die seuns van Aäron - Nadab en Abihu - is deur Elohim doodgeslaan omdat hulle 'n vreemde of ongeoorloofde VUUR voor Hom neergesit het (Num 3:4 Num 26:61). 'n Vreemde vuur is om iets aan Elohim te offer wat Hy nie gevra of goedgekeur het nie en word effektief DOOIE WERKE!

Dit is dus nie vreemd nie, die eerste leerstelling van Messias is die Bekering van Dooie Werke! Leer die verordeninge van Elohim en jy sal geestelik volwasse word volgens die Woord. (Heb 5:8 -6:2).

Kom ons kyk nou na tradisionele denkwyses. Daar word gesê dat dit die geboortedag van Messias is.

Leuen #1, aangesien die Woord van Elohim duidelik glad nie so iets aandui nie. Desember is koud en reënerig en WINTER. Die herders hou nie hulle skape in die koue winternagte buite nie (Luk 2:8). Die gebruik was dat die herders gedurende Oktober hul skape uit die veld geneem het tot en met lente. Die gebeurtenis soos in Lukas 2 is dus beslis nie gedurende Desember nie! FEIT - Geen mens weet wanneer Messias Yahshua gebore is nie!

Leuen #2, daar is GEEN AANTEKENING in die Bybel dat Yahshua aanbid is a.g.v. Sy geboorte nie, of dat die viering van Sy geboorte geleer, gepreek of opgeteken is nie. Luister mooi! Dalk vra jy, het die engele en herders nie kind Yahshua gaan aanbid nie? Nee!! In Lukas 2:13-20 staan duidelik dat die engele die geboorte aangekondig het en Elohim in die hoogste hemele geprys het. Die herders het gaan kyk en alles so gevind soos vertel en het teruggegaan en Elohim geloof en geprys. Yahshua het Homself nooit op aarde verheerlik nie en selfs toe die ryk jong man Hom Goeie Meester noem en gevra het wat hy moet doen om gered te word, het Hy gesê niemand is goed behalwe Elohim alleen(Mar 10:17-18).

Leuen #3, het die drie wyse manne dan nie Yahshua in die krip (stal) kom aanbid nie? En het hierdie drie wyse manne nie ook geskenke aan Hom gebring met Sy geboorte nie? FEIT - Daar is geen aantekening dat daar net drie wyse manne was nie. Matteus 2:1 sê daar het wyse manne of sterrekykers uit die Ooste gekom. Vers 3 sê Herodes en die hele Jerusalem was ontsteld. Drie manne op kamele is beslis nie genoeg om die hele Jerusalem te ontstel nie! Wyse manne het gewoonlik in karavane van 40 of meer gereis en dit sou sekerlik onrustigheid kon veroorsaak. Die feit is hulle het drie geskenke gebring - goud, wierook en mirre (Goud vir Sy Godheid, Wierook vir Sy gebrokenheid en offer en Mirre vir die bitterheid van Sy dood). Is hierdie geskenke in die krip na Hom gebring? Nee! 'n Menigte uitbeeldings en prentjies dui dit so aan, maar dit is weereens 'n verdraaiing van die Bybel. Ons weet nie presies waar nie. Wat ons wel weet is dat die Bybel sê hulle het die ster gevolg (moontlik in totaal vir 2 jaar?) en die ster het gaan staan oor die plek waar die Kindjie was en hulle het in die HUIS gegaan en die Kindjie gevind. Na aanleiding van die kindermoord kan ons aanneem dat Yahshua reeds byna 2 jaar oud was toe hulle Hom gekry het.

Leuen #4, Die wyse manne het gekom om die Kind hulde te bring. FEIT - die wyse manne het gekom om aan die Koning van die Jode hulde te bring (Mat 2:2). Dit is Herodes wat in vers 8 sê dat hy aan die Kind wou hulde bring (natuurlik ook 'n leuen hy wou Hom vermoor). Dit is ook waarom Satan die mens so mislei. Satan wil ons oë op 'n baba hê, maar Elohim wil ons oë op die verrese Messias hê, 'n Koning met MAG en GESAG! Vanaf Handelinge 2, Pinkster, toe die Gees van Afsondering uitgestort is en Elohim Sy kinders vervul het, tot aan die einde van die Bybel is daar geen aantekening in die sendbriewe of ander briewe van die verering, herdenking of viering van Yahshua se geboortedag of Kersfees nie. Dit is NOOIT so opgeteken nie! Slegs om Hom te ken as verrese Heiland en Koning van die konings met 'n Koninkryk! Waarom vier ons dit? Eerstens omdat so min mense werklik 'n studie van hul Bybels maak. Baie min mense doen werklik deeglike studie van die Bybel om die waarheid te bepaal. Hulle aanvaar blindelings wat hulle geleer word en leer so leuens en valse leerstellings. Hulle kom dan om iemand wat die waarheid uitlig te kruisig. Die Fariseërs het gesê Elohim in die hemel is hulle Vader en hulle het Yahshua gekruisig in die naam van Elohim. Alles omdat hulle mislei was. Ons moet ons oë oop maak. Mense glo die een leuen na die ander. Tweedens, wil Satan graag ons emosies op 'n klein onskuldige kind vestig, en nie op die verrese Lam met Krag en Majesteit nie - die Koning van die konings.

Leuen #5, (Oordink hierdie asseblief goed) Aangesien daar geen plek in die herberg was nie, moes hulle in 'n stal gaan bly saam met die diere, en Yahshua in die strooi en hooi in 'n krip neerlê. FEIT - Dit word glad nie in die Bybel genoem nie. Eerstens, was dit Josef se tuisdorp. Glo jy werklik daar was geen familie of bloedverwante van hom wat daar gebly het nie? Tweedens, stel Lukas 2:6-20 dit duidelik dat terwyl hulle daar (Betlehem) was het haar tyd gekom dat sy haar eersteling moes baar. Josef en Maria het geweet dat sy binnekort geboorte sou skenk. Hulle sou beslis nie net daar opdaag, by die herberg hoor daar is geen plek nie en toe in 'n vuil en onrein stal gaan bly en geboorte skenk nie. Die Bybel stel dit duidelik dat hulle 'n tydjie daar was voordat sy geboorte gegee het. Toe het sy Hom toegedraai in doeke en Hom neergelê in 'n krip omdat daar geen plek IN die herberg was nie. Nie BY die herberg nie maar IN die herberg. Dus het sy Hom in 'n krip neergelê.

In die tyd van Yahshua se geboorte veral, was dit gebruik dat die krip deel gevorm het van 'n arm familie se huis, en dit was ook die laer of onderste gedeelte wat dan ook op die nederigheid van Yahshua se geboorte sou dui. Hierdie krip is dan ook gewoonlik langsaan die woonkwartiere en is ook waar die huisdiere gehou is. So 'n krip is dan ook uit klip gekap. - ( Bakers Encyclopedia of the Bible - Vol2 p1392)

Daar word elke jaar verskeie opvoerings gehou wat die geboorte van Yahshua uitbeeld, in kerke wat veronderstel is om heilige plekke van Elohim te wees. Die lug word gevul met leuens, misleiding en emosies wat gebaseer is op iets wat geen waarheid hou nie. Ons het hierdie vaste idee in ons koppe gekry oor wat dit beteken dat daar "geen plek in die herberg was nie." As ons na die Griekse teks gaan kyk sien ons 'n ander scenario. Die Bybel is tog ons enigste bron van Waarheid en nie die leringe van mense, doktrines of dogmas nie!

Die woord "herberg" in Lukas 2:7 (kataluma - kataluma), word weer deur Lukas in hoofstuk 22:11 gebruik. In Lukas 22:11 sê Yahshua van Sy dissipels aan om na die huiseienaar te gaan en te vra waar die KAMER is wat hulle kan gebruik vir die paasfees. Hierdie woord word ook vertaal met GASTEKAMER. In Lukas 22:12 word dan verder verduidelik wat hierdie kamer eintlik is. "En hy sal julle 'n groot bo-vertrek wys wat klaar daarvoor ingerig is." Die gebruik was dat die boonste vertrek vir gaste gehou is. Gedurende die tyd dat Yahshua gebore moes word was hierdie kamer klaarblyklik vol ander gaste (moontlik ander familie vir die sensus in Betlehem). Met geen plek in die bo-vertrek moes Maria dus na onder gaan en is dit dan ook waar Yahshua in 'n krip neergelê is nadat Hy is doeke toegedraai is.

'n Krip soos gewoonlik uit klip gekap, sal ook skriftuurlik wees, aangesien ons Messias Yahshua die ROTS van ons verlossing is en ons veronderstel om op hierdie ROTS (Messias Yahshua) te bou. Mag Elohim ons met Sy wysheid seën.

Josef het geweet hy gaan na sy tuisdorp vir die sensus (Lukas 2:1-2), hy moes dus onder die indruk gewees het dat hy by familie sou tuisgaan. Dit was ook die gebruik om reisendes so in te neem, meer nog jou familie. Aangesien daar seker heelwat familie van ander dorpe was, was hierdie bo-kamer of gastekamer (kataluma - kataluma), reeds vol. Maria en Josef moes toe dus veel eerder op die grondvloer bly (waarskynlik saam met die huismense) en die krip was ook in hierdie vertrek. Hierdie vertrek was gewoonlik warm en skoon ten spyte daarvan dat huisdiere ook hier gehou is. Dit sou dus geskik wees vir 'n geboorte.

Ons hemelse Vader is 'n ordelike en ordentlike Vader. Aangesien Maria moes wag tot na haar reiniging om Yahshua as baba aan die priesters te toon by die tempel [(en dus ook aan Elohim) Lukas 2:22], wat kan ons dan laat dink dat Elohim sal toelaat dat Sy Seun gebore word in 'n onrein, vuil, vieslike stal? Ons Vader verbreek nie Sy orde nie! Hierdie voorstelling soos wat ons dit deesdae sien - met diere, hooi, 3 wyse manne, Josef, Maria, herders en 'n ster oor die stal - kom van st Francis van Assisi, 'n Roomse Katolieke monnik. Weereens kan ons die Roomse Katolieke Kerk bedank vir hierdie leuen wat ons by die kerk laat inkom het!

Moontlik was die "geen plek in die herberg" nie werklik 'n verwerping van Messias Yahshua nie, maar eerder die beste omstandighede wat die familie kon voorsien. Dit is ook interessant volgens Lukas, dat alhoewel daar nie vir Hom (Messias Yahshua) plek was in die bo-kamer (kataluma - kataluma) op Sy eerste nag op aarde nie, is dit presies waar Hy die laaste aand van Sy lewe op aarde saam met Sy dissipels deurgebring het, voordat Hy na Getsemane is en daarna na Golgota om vir ons sondes aan die kruis te sterf en Sy kosbare bloed vir ons te stort. Alles sodat ons sondes weg gewas kan word. Hy het aarde toe gekom baie laag en nederig en het Sy werk volbring hoog en verhewe. Halleluja!!

Die geboorte van 'n baba het altyd plaasgevind in die skoonste omstandighede moontlik en om 'n pasgebore baba - selfs in doeke toegedraai - op hooi of strooi neer te lê is baie gevaarlik. Gesnyde hooi en strooi kan maklik in die gesig, oë of selfs liggaam steek aangesien dit baie skerp is. Vandag se uitbeelding dus van: 'n stal, hooi, strooi, diere, 3 wyse manne met geskenke vooroor gebuig, Maria, Josef en 'n hangende ster oor die stal! Enige waarheid daarin? Allermins! Kan jy glo dat ons al hierdie so maklik geglo het net omdat dit deur mense aan ons opgedis is?

Is dit nie Yahshua wat Sy dissipels waarsku teen die leringe van mense en die Fariseërs in Matteus 16 nie? Kan jy nou sien waarom ons ALLE dinge moet toets? Glo my, ek sal sorg dat ons die skoonste omstandighede het as my kind gebore moet word. Wel, noudat Yahshua gebore is, weet ons nie op watter datum nie en ons weet ook dat die gebeure rondom die stal-uitbeelding onwaar is. Is jou gronde vir Kersfees nie nou al so 'n bietjie deurmekaar nie? Is dit omdat die waarheid jou vrymaak en op die reguit pad plaas? Soms wil ons siele nie gespeen word van die doktrines van mense nie, veral wanneer ons dit vir so 'n lang tyd geglo het.

Die vraag nou, is dit: Wat gaan jy as Wedergebore Kind van Elohim daarmee en daaromtrent doen? Steeds voortgaan om hierdie leuens te verkondig? Ten minste is die waarheid nou reeds uit en kan ons daarin jubel en juig. Wanneer ons nou verder gaan moet u asseblief nie aanstoot neem nie, want dit is slegs die WAARHEID wat geskryf word. Onthou weereens die wortels. Dit lê in afgodsdiens en feeste. Ons gaan nou kyk na wat die heidene aanbid het en waarom. Ons sal ook sien deur hierdie rituele in die kerk toe te laat, het die afskuwelike en bose geeste saamgekom. Ons sal sien tot watter mate ons mislei is omdat ons nie die waarheid ken nie, maar prys Jahweh ons is besig om te leer! Ek bid dat jy tot die besef sal kom dat Yahshua nie die rede is vir die Kersfees seisoen nie, maar Satan self! Dit is die WAARHEID!!

Die Kersfeesboom

Het jy al ooit gesit en wonder wat 'n boom, opgemaak en in jou huis staan gemaak, te doen het met Yahshua, Sy geboorte of Sy lewe? Waarom sal ons 'n boom versier met allerlei liggies, balletjies en ornamente en dit in ons huis sit vir Yahshua? Waarom buig ons voor hierdie boom om geskenke neer te sit? Kom ons kyk so 'n bietjie van nader waar hierdie "tradisie" vandaan kom.

Sedert die vroegste tye is bome, veral immergroen bome, deur heidene aanbid. Vir hulle het dit lewe en varsheid verteenwoordig. Aangesien dit immergroen is het dit altyd lewe. Die bome is aanbid as simbole van lewe, vrugbaarheid, seksuele vermoëns en voortplanting.

Hierdie heidense rituele van aanbidding is in die huise geneem as afgode, en daar is geglo dat dit aan die mans 'n verhoogde vermoë van seksuele voortplantings krag sal gee om nuwe lewe te kan skep vir hulle god van die oes in die nuwe jaar. Die immergroen boom is 'n "FALLIESE" simbool (manlike geslagsorgaan vir voortplanting) in 'n regop posisie. Al ooit gewonder waarom daar ronde balletjies aan die bome gehang word? Moet asseblief nie aanstoot neem nie. Hierdie heidense gebruik, om die minste te sê, was voor Elohim totaal gruwelik en goddeloos!

Daar is menige plekke in die Skrif waar Elohim ons waarsku om niks met afgode of dinge van die heidene te doen te hê nie. Ons word gewaarsku om dit nie na te boots nie of self te doen nie. Ons is deur Elohim aangesê om nie die afskuwelike dinge van die wêreld in ons huise te bring nie. Dit is werklik ongelooflik tot hoe 'n mate "Christelikheid" die afskuwelike dinge van hierdie wêreld ingeneem het. Dit is waarom dit tyd geword het dat die Koninkryk van Elohim weereens verkondig moet word in heiligheid en gehoorsaamheid. Lees asseblief die volgende skrifgedeelte en weet dat Elohim reeds in die tyd van Jeremia van die gebruike van die heidene geweet het. Selfs toe was Satan die god van hierdie wêreld. Luister wat die Skrif sê as ons in Jeremia 10:1-5 gewaarsku word:

Hoor die woord wat Jahweh oor julle gespreek het, o huis van Israel! So sê Jahweh: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie. Want die insettinge van die volke is nietigheid; want 'n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van 'n ambagsman met die byl. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. Soos 'n voëlverskrikker in 'n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.

Dink mooi hieroor na: Moenie die gewoontes van die heidene aanleer nie, wat 'n boom in die bos afkap en dit met spykers vasslaan om regop te staan nie. Wat word met Kersfeesbome vandag gedoen? Dit is beslis meer as 'n blote toevalligheid. In die VSA word hierdie bome dan nog teen houtkruise vas geslaan om regop te staan vir verkoping. Hierdie bome van Jeremia 10 is dan in die huise geneem en met goud en silver versier. Dit is soos klatergoud en silver sowel as ander blink ornamente. So, is die Kersfeesboom werklik vir Yahshua? Dit het dan honderde jare voor die geboorte van Yahshua gebeur. Moenie die gewoontes van die heidene aanleer nie.

Alles, en ek bedoel ALLES, van Kersfees het na ons gekom deur die gewoontes van die heidene te leer. Dit klink vir my asof miljoene sogenaamde Christene presies dit gedoen het! Sommige predikers sê dat die bome van Jeremia 10 absoluut niks met Kersfeesbome te doen het nie. Ek sou reken hulle het genesing nodig aangesien hulle so blind is! Dit is geestelik blind. Maar nou-ja, Yahshua het gesê die blinde sal die blinde lei en saam sal hulle in die sloot val!

Wat 'n gruwel is dit voor Jahweh? Selfs in die dae van Jeremia het die heidene dit gedoen. Satan weet presies wat hy doen en dit is jammer om te sê, baie min Christene het enige idee. Nadat die bome in die huise geneem is en regop maak staan is, is geskenke voor die boom neergesit. En wat moet 'n mens doen om geskenke voor die boom op die vloer neer te sit? 'n Mens moet NEERBUIG voor die BOOM! Hoe jammerlik en oningelig was ons nie al die jare nie. Dank aan Elohim dat ons oë nou geopen word. Ek bid dat hierdie die vrees vir Elohim in jou na vore bring en in skuld erkentenis en verootmoediging vra ons Elohim om ons te vergewe vir ons onkunde en dan Loof en Prys ons Hom omdat Hy ons die Waarheid wys!

Daar is diegene wat sal sê: " Maar Broer, jy verstaan glad nie. Jy probeer nou net wetties wees. Ons aanbid die boom glad nie. Ons weet tog van beter, as Kinders van Elohim!"

"Jy moet hulle afgodsbeelde verbrand. Moenie die silwer en goud wat aan die beelde is, begeer en vir jou vat nie. Jy kan daardeur in 'n valstrik trap: die afgodsbeelde is afskuwelike goed in die oë van Jahweh jou Elohim. Moenie so iets afskuweliks in jou huis inbring nie, want dan is jy gedoem om vernietig te word. Jy moet dit verafsku en as afskuwelik beskou; dit moet vernietig word." - Deut. 7:25-26

Ons word in Deuteronomium 12 gewaarsku om nie in 'n strik gevang te word deur agter heidense gebruike aan te gaan en navraag te doen oor hoe die gode aanbid is nie, want dit is 'n gruwel in die oë van Elohim. Nog minder moet ons, ons Elohim op dieselfde wyse aanbid soos die heidene hulle gode aanbid!

"...julle moet sorg dat julle nie, selfs nadat hulle deur julle verslaan is, deur hulle in 'n valstrik gelei word wanneer julle na hulle gode sou begin uitvra nie. Moenie sê: 'Hoe vereer hierdie nasies hulle gode? Ek sou dit ook so wou doen' nie. Julle mag nie Jahweh julle Elohim dien op die manier waarop hull,e hulle gode dien nie, want wat hierdie nasies doen, is afskuwelik vir Jahweh: hulle verbrand selfs hulle seuns en dogters vir hulle gode. Jahweh haat dit alles." - Deut. 12:30-31

Kan jy enigsins dink wat 'n Kersfeesboom met al sy versierings en simboliek te doen het met Messias Yahshua wat aarde toe gekom het om ons van ons sondes te verlos? Ons weet nou waar dit vandaan kom en ek bid dat jy ook weet waarheen dit gaan!

Die Joel blok

Die Engelse Yuletide word na Afrikaans vertaal as Kerstyd. Dit en die Joel blok (Yule Log) kom egter van die Skandinawiese lande, waar die heidense seksuele en vrugbaarheids god se naam Jul (Yule of Joel en moenie dit verwar met die profeet Joël nie) is. Hierdie god is vir 'n tydperk van 12 dae vereer met 'n fees gedurende Desember. My vriend, moet asseblief nie onkundig wees of mislei word t.o.v. geestelike sake nie (vergelyk 1Kor 12:1). Satan verafsku alles van Elohim, ons hemelse Vader, Sy Seun Messias Yahshua, en Sy Koninkryk. Hy sal enige iets doen om die werk van Messias Yahshua te verdraai of te laster. Dit is tog hoekom soveel dinge in die wêreld gebeur; want Satan is die god van die wêreld. Yahshua het gesê Sy Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie (Joh 18:36) en dus kan ons dan tog nie Kersfees vier nie - dit is van hierdie wêreld. Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie." 1Joh 2:15

Met die begin van die seisoen is die Joel blok (stomp) aangesteek en in die vuurherd (die hel?) geplaas en dieselfde stomp is gebruik om die vuur aan die brand te hou vir die volle 12 dae. Aangesien Jul die god van seksualiteit en vrugbaarheid is, neem dit nie baie verbeelding om die simboliese voorstelling hiervan te sien nie! Weereens 'n falliese simbool. En wanneer dit aangesteek was, 'n voorteken van verhoogde seksualiteit vir die komende jaar. Dit was die skaduwee en tipe van die brandende lus en begeerte van 'n man ter aanvuring van seksuele vermoëns en voortplanting.

Dit is uiters siek, godslasterlik en pervers. Waar kom Messias Yahshua dan by Kersfees in? Waar is die heiligheid? Daar is nie 'n manier waarop ons Hemelse Vader of Messias Yahshua geprys kan word deur die onderhouding van sulke perversiteit nie! Jy kan dit weg redeneer. Dit is jou keuse. Yahshua is Jahweh en die Waarheid!

Mistel

Vang 'n meisie onder 'n mistel takkie (mistletoe) en sy moet jou soen. Wat het dit met Messias Yahshua en Sy heiligheid te doen? Mistel takkies, joel blokke en kersfees bome is alles deel van die Kersseisoen! Mistel was vir die Druïde priesters heilig gewees en deur hulle aanbid om towerspreuke te spreek. Wanneer dit oor die kop van 'n vrou gehou is was sy magteloos om haar teë te sit en kon enige een met haar maak wat hulle wou op seksuele vlak. Dit is dan ook waar die gebruik vandaan kom om dit bokant 'n deur te hang om niksvermoedende meisies so te vang.

Indien die mistel nog bessies ook op het maak dit die takkie soveel sterker. Die bessies verteenwoordig dan ook die maagdelikheid van die meisie of vrou wat weggeneem en verbreek kan word. Mistel is in werklikheid 'n parasiet (voëlent) wat in die gasheerboom vasgroei om self aan die lewe te bly. Lus en begeerte is ook 'n parasiet wat in ons as bome van geregtigheid vasgroei as ons nie daagliks die vlees kruisig nie. Mistel olie is ook gebruik vir die inseëning van Druïde priesters.

Sovêr het ons gesien dat alles wat met Kersfees verband hou vanuit die bakke van die wêreld kom. Dit is seksueel gerig, pervers, heidens en wellustig en ons wil nog steeds sê Yahshua is die rede vir die Kersseisoen? Hoe uiters jammerlik!!

Holly & Ivy

Die "HOLLY" (Huls?) en "IVY" (Klim-op) word maar so genoem weens die gebrek aan goeie Afrikaanse woorde. Wat het beide egter met Messias of Sy geboorte te doen? Die gebruik om "holly en "ivy" te hang was om hulde te bring aan die geeste wat lewe en vrugbaarheid in die huis gebring het. Die rooi bessies op die "holly" was vir die man se seksualiteit en die "ivy" die vrou by hom. Die groen blare het ook die man se seksuele vermoëns voorgestel en die bessies lewe. Tesame met die vroulike "ivy" het dit nuwe lewe en vrugbaarheid vir die hele huis vir die nuwe jaar belowe.

Wat nou gaan volg is beslis nie toeval nie. As jou oë nog nie oop is nie bid ek dat dit hier sal gebeur en dat jy werklik die ware gees van Kersfees sal raaksien.

Sinter Klaas - Kersvader

Sinter Klaas (oftewel Santa Claus) is tog sekerlik die vrolikste, onskuldigste mannetjie van die Kersseisoen. Daar is hy aangetrek in sy rooi pak met wit kraag, sy wit baard en baie Ho, Ho, Ho. Ek glo dat die Gees van Afsondering eerder sal Wee, Wee, Wee sê.

Hy word uitgebeeld met superkragte, hy kan regoor die wêreld beweeg in een nag, word deur klein elwe bedien, kom in jou huis om geskenke vir die goeie mense te bring en bly in die Noord pool. Hy word uitgebeeld as alwetend en alomteenwoordig. Hy is veronderstel om alles te weet en alles dop te hou. Is dit onskuldig genoeg?

Kom ons ontbloot hierdie mees godslasterlike kreatuur, want agter hierdie masker is Satan self. Die diepte van hierdie karakter alleen is ongelooflik, tog sal ons nou die ware gees agter kersfees sien. Twee persone is gebruik om hierdie karakter te skep genaamd Kersvader of Sinter Klaas.

Eerstens het ons Sint Nicolas, 'n biskop van die Roomse Katolieke Kerk van die vierde eeu, die beskermheilige van matrose, pandjies handelaars en kinders. Tweedens het ons die Kersfees gees van 'n moedswillige, Middeleeuse karakter wat vrolikheid, dronkenskap en brassery aangemoedig het. Kom ons kyk nog dieper. Wat jy nou gaan sien is nie toeval of geluk nie. Dit pas te goed. Dit is te goed beplan, bedink en verdoesel vir die normale oog. Kom ons kyk na die naam SANTA CLAUS, dit word nie net in die VSA gebruik nie maar is wêreldbekend.

SANTA - deur net een letter te skuif word dit SATAN! Dis reg, die duiwel self. Is dit nie ongelooflik nie? Toeval? Nie nadat ons reeds al die ander dinge van Kersfees gesien het nie! Hoe kom hy in die huis? Af, deur die swart skoorsteen tot in die VUUR!!

CLAUS - hier kruip die naam LUCAS weg. Lucas is die grondwoord vir die naam LUCIFER! Weereens die duiwel self. Kyk net! SANTA CLAUS is SATAN LUCIFER. Wil jy DIT werklik probeer weg redeneer?

Satan is die teenstander van die Koninkryk van Elohim, en Lucifer se naam beteken "Ligdraer". Paulus waarsku ons om nie mislei te word nie want Satan kan homself verander in 'n engel van lig. In Jesaja 14:12-17 het ons die geskrewe verslag van Satan se val in die hemel. In sy rebellie teen die gesag van Elohim het hy ook gerebelleer teen die Woord van Elohim. Dink jy enigsins dit is nie ook nou sy doel nie? Hy weet dat rebellie teen die Woord van Elohim ewige verdoemenis inhou en dit is hoekom Kersfees so goed vermom is.

Julle kan nie van die beker van Yahweh drink en van die beker van duiwels nie - 1Kor 10:21. Die beker van die duiwels is Saturnalia - Kersfees, die beker van Jahweh is Sy Woord! In Jesaja sien ons Lucifer wil sy troon bokant die van Elohim plaas. Waar sit Kersvader gewoonlik? Op 'n troon!! Lucifer sê op die berg van gode in die noorde! Kersvader se blyplek is die Noordpool!

In die Skandinawiese lande is die naam vir Kersvader, Kris Kringle en deur interpretasie beteken dit SEUN VAN GOD. Kom tog Kinder van Elohim!! Hoe uiters godslasterlik kan dit nog word? Gaan jy nog steeds hierdie gewelddadige aanslag van belastering teen die heilige Naam en karakter van Messias Yahshua aanvaar deur dit eenvoudig te probeer ignoreer of nog erger, te verdedig?

Elke jaar kry Satan dit reg om as "Seun van Elohim" geëer te word in die geestelike wêreld. Ons behoort hierdie dag Kersfees ten sterkste af te keur en te verdoem. Mag Elohim ons in ons onkunde help en bystaan, en meer nog vir diegene wat kies om dit nog steeds te eer en erken. Vir die wêreldling is dit niks. Vir 'n Kind van Elohim behoort dit 'n gruwel te wees. Kom ons ontwaak tot die geregtigheid van Elohim. Waar ons nou na die einde kom, kan ons duidelik sien hoe geslepe en subtiel Satan is. Genesis 3:1 sê die slang was listiger as al die diere in veld. In 2Kor 11:3 sê Paulus: "Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Messias, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang."

Alles wat Satan doen is direk teen die gesag van Elohim en alles wat hy doen is godslasterlik teen die heilige Woord van Elohim. Satan se hele doel is om die Bloed van die Lam, Messias Yahshua, onder sy voete te vertrap. 'n Laaste saak van Kersvader - die kleure! Moenie dink jy kan sê ons glo nie aan hom nie en daarom is dit goed genoeg om dit te gebruik nie! Jy mis die hele punt as dit jou gedagtegang is.

Die kleure: Rooi en Wit. Jesaja 1:18-20: "Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê Jahweh: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet, maar as julle weier en opstandig bly, sal die swaard julle eet, want dit is Jahweh wat dit gesê het."

Wat sal dit tog neem om mense te laat verstaan van die geweldige misleiding en godslastering wat agter alles is? Wat gaan dit neem om Leraars van Elohim sovêr te kry om die Waarheid te leer aan die kudde van Elohim? Onthou, ons praat van die gees agter Kersfees. Hierdie is die ware gees agter Kersfees en daar is net GEEN manier waarop ons die wortels van hierdie demoniese, onheilige, ongoddelike, perverse, vuil instelling kan neem en verander in iets skoon, suiwer en heilig nie!

Daar is net geen manier waarop ons die boosheid kan verduidelik of weg redeneer nie en dit is 'n groot jammerte dat ons Messias Yahshua se naam daaraan koppel. Ons word opgeroep om die vrugtelose werke van die duisternis te ontbloot en nie daaraan deel te neem nie - (Efe 5:1-11) en slegs as Wedergebore Kinders van Elohim begin om standpunt in te neem en gehoorsaam te wees sal die wêreld aandag gee. Hou op om dit te bedek en te verdedig. Hou op om mense wat die Waarheid van Elohim verkondig uit te skel as Fariseërs en wetties. Van wanneer af is gehoorsaamheid aan heiligheid, wetties? Elohim sê in Levitikus 19:2 "Wees heilig, want Ek Jahweh julle Elohim is heilig". Verduidelik Asseblief, ek is oop vir kommentaar.

Jy en ander wat hierdie stuk lees moet nou tot 'n besluit kom. Is jy geestelik gebou op die verordeninge van mense - Mat 16:1-13 of gaan jy jou geestelike lewe bou weg van die Waarheid? Of gaan jy op die Rots, Messias Yahshua, die Waarheid bou?

Hoe jammer dat daar weer hierdie jaar kerke sal wees wat kersbome, krip uitbeeldings en ander valse leringe hul gemeentes sal instuur. As al die groot kerke in die VSA en die RSA sê dit is goed en daar is niks verkeerd om hierdie dag te onderhou nie want ons weet wie ons aanbid, wie is ek om jou te keer! Al wat ek hierop kan antwoord is dit:

"Die profete gee voor dat hulle in My Naam optree, maar Ek het hulle nie gestuur of beveel nie, Ek het nie eens met hulle gepraat nie. Dit is gesigte wat nie bestaan nie, nuttelose waarsêery, dit is bedrog wat hulle versin wat hulle vir julle aanbied as woorde van profete. - Jeremia 14:14

Kersfees is 'n valse gesig en vol waarsêery. Kersvader -Santa Claus - Satan / Lucifer!! Die rebellie na die noorde (Jes 14) en hy kom van die Noordpool. Die kleure ROOI en WIT wat godslasterlik teen die Woord van Elohim en die verlossingswerk van Messias Yahshua is. Kyk net weer na die volgende:

Die mens wat nie die Gees van Elohim het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van Elohim nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word." - 1 Korintiërs 2:14


Daar is slegs een waarheid in Kersfees: dit het absoluut NIKS met Messias Yahshua te doen nie! Niks met die Vader, die Seun of die Gees van Afsondering nie! Ongeag wat jy ookal sê, jy kan dit nie verander nie! Dit is 'n vreemde vuur voor Elohim! Moenie dat mense jou intimideer nie. Baie sê dinge uit onkunde. Dit is waarom die waarheid nou gepraat word. Dit is my gebed dat alle manne en vroue van Elohim wat sê hulle is deur Elohim geroep om te leer, die waarheid aan hulle gemeentes, deur Elohim aan hulle toevertrou, sal leer. Ek bid dat alle leraars en ouderlinge sal opstaan in die gemeente en sê:

"My liewe broers en susters, ek het die waarheid gehoor en wat my en my huis en my gesin betref, ons sal Jahweh dien en nie aan hierdie heidense, misleidende fees weer deelneem nie!"

Slotwoord

Mag elkeen so 'n ruskansie vat en weer later alles lees. Mag ons oor alles wat ons gehoor het gaan nadink. Mag ons dit doen gedagtig aan die heilige, onfeilbare Woord van Elohim. My vriende, ek is nie vreemd, eienaardig, verdraai, wetties of 'n Fariseër van die wet nie. Ek is 'n man van geloof gevul deur die Gees van Afsondering van Elohim, wat die Messias Yahshua en my Hemelse Vader liefhet met elke asemteug van elke dag. Ek sal voortgaan om die werke van die duisternis te ontbloot en sal poog om die lig te bring waar dit nie is nie. Ek verkondig nie Christendom nie maar veel eerder die Koninkryk van Elohim.

Dit is onmoontlik om al die skrifgedeeltes en ander inligting te lees en dit ligtelik op te neem of af te maak. Ja, daar is wel die wat sal sê: "Moenie dat enige iemand jou wonderlike Kersfees tradisies, wat jy vir soveel jare al het, bederf nie. Moenie dat enige iemand jou beroof van jou jaarlikse feestelikhede wat jy saam met jou familie van kindsbeen al vier nie. Ons aanbid nie die duiwel nie, of bome of enige iets anders nie!"

My broers en susters, met ons wedergeboorte het ons Elohim se Koninkryk ingegaan wat nie van hierdie wêreld is nie. Jahweh gee nie om of jy al die jare dit gevier het nie. Hy vra jou net om te verander. Net soos Israel in Egipte 'n groot volk geword het, het Elohim hulle uitgelei na die wildernis om hulle te verander. Ons is vandag in die wildernis. Al wat ek kan sê is dat ek jou so lief het dat ek die waarheid wou praat. Ek het nie 'n reputasie om te beskerm nie, daarom gee ek nie om, om aanhangers te verloor deur die waarheid te praat nie. Jahweh sal Sy eie Huis bou, nie ek nie. Ek buig nie die waarheid om mense te behou of te sorg dat tiendes inkom nie. Ek sal vasstaan op die Woord van Elohim as fondament en is nie hier om mense tevrede te stel nie. As ek dit sou doen sal ek nie 'n dienaar van Messias Yahshua wees nie - Gal 1:10. Wat ek hier met jou gedeel het, het ek geleer van die Gees van Afsondering en intense navorsing.

'n Slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie - Yahshua se woorde, nie myne nie. Nêrens in die Heilige Skrif van Elohim sal jy enige verwysing na Kersfees kry nie. Wat jy wel in die Heilige Skrif sal vind is waarskuwing op waarskuwing op waarskuwing om nie deel te neem aan die sondige praktyke wat ons in Kersfees vind nie.

Ek weet dat dit glad nie maklik is nie, maar Elohim is geduldig en genadig en Hy sal jou vertroos en bemoedig en ook help. Al wat Hy van jou vra is gehoorsaamheid. Neem die eerste tree, en jy sal vind elke jaar is jy verder en sal jou oë meer en meer geopen word om die blindheid raak te sien waarin jy was. Hierdie viering het in totaliteit van die Roomse Katolieke Kerk en sy MIS, wat die Bloed van die Lam ontheilig, gekom. Dit bring onskuldige kinders in die gees van gierigheid, hebsug en behoefte. Die druk bring mense tot eensaamheid, wanhoop, alkohol, reuse skuld en die kers seisoen is ook die tyd van die jaar met die hoogste selfmoord syfer. Die uitruil van geskenke is glad nie skriftuurlik nie, behalwe vir die Geestelike Gawes wat ons met mekaar moet deel. Die beeldjies wat die heidene aan mekaar gegee het is die oorsprong van kers geskenke.

As dit werklik om Yahshua se geboortedag gaan, kan iemand dalk verklaar waarom ons aan mekaar geskenke gee? As dit werklik Yahshua se verjaardag is, moet ons dan nie eerder al die geld vat en vir Evangelisasie gebruik nie? Die geskenke het niks met die manne uit die Ooste te doen nie want Yahshua was alreeds 2 jaar oud. Yahshua sê in Matteus 15:13 dat elke plant wat nie deur Sy Vader geplant is nie, uitgetrek sal word.

'n Appel kan geverf word om soos 'n lemoen te lyk, maar as jy dit byt proe dit nog soos 'n appel! Dit kan lyk soos 'n lemoen aan die buitekant maar die binnekant is iets anders. Jy kan 'n heidense fees neem, gewortel in seksuele perversie en afgodsdiens, die buitekant verander en dit 'n Mis vir Messias noem, dus Kersfees, maar as jy in die grond gaan grawe is dit dieselfde vrot wortels en is hierdie fees nog net so boos, verleidelik, gruwelik en misleidend. Saturnalia is die appel en Kersfees die lemoen.

Sê wat jy wil, die waarheid is uit. Daar was nog nooit en sal nooit 'n Kersfees in die Koninkryk van Elohim wees nie. Elke fees, heilige dag of seremonie tot eer en verheerliking van Elohim, was altyd opgeteken in die Woord van Elohim vir behoorlike orde en ons Hemelse Vader het nog altyd Sy mense die regte pad gewys. Ons kan vir al die feestelikhede en vieringe hierin genoem, vergewe word vanweë ons onkunde. Maar wanneer ons die waarheid weet en dit nie doen nie, sondig ons. Ek versoek jou ernstig om oor hierdie saak ernstig tot Elohim te bid, en Elohim se Woord te bestudeer. Deursoek jou hart met Geestelike onderskeiding. Onthou, reg en verkeerd is nie gegrond op hoeveel mense dit doen nie, of hoeveel predikers of kerke sê dat dit reg is nie. Dit is gegrond op die Woord van Elohim alleen.

Ek stap eerder saam met 'n klein groepie wat Yahshua se Woorde van die Lewe volg as om saam met 'n menigte die weg van mense te volg. Indien wedergebore gelowiges eensgesind was in woord en oordeel dan sou ons 'n groot trefkrag hê. Jy sal nooit een waarheid aangaande Kersfees in die Bybel vind nie. Nie een nie. Aangesien daar dan nie eers een waarheid in die Bybel is nie, waarom nog belaglike fantasieë optower om dit te onderhou? Miskien is daar tog een waarheid! Messias Yahshua is glad nie, was nog nooit en sal nooit in Kersfees wees nie!!! As ons aan ons kinders vertel dat dit Sy verjaardag is, dan lieg ons. As ons sê dat 3 wyse manne vir Hom geskenke in die stal gebring het, lieg ons. As ons sou sê dat Kersfees tot eer van die Seun van Elohim is, lieg ons!

Kom ons wy onsself as wedergebore gelowiges toe aan die bestudering van die Woord van Elohim en ook gehoorsaam daaraan, ten spyte van ons emosies, gevoelens en kompromieë. Dit sal grootsheid en waagmoed neem om die waarheid met ander te deel. Vertel aan hulle dat jy nie hierdie dag, Kersfees, kan vier nie aangesien dit niks met die Seun van die Lewende Elohim te make het nie en ook nie met Sy Koninkryk nie. Moenie in die leuen val dat Kerstyd die beste tyd is om van Yahshua te getuig nie. Om vir Hom te werk en te getuig is nie seisoen gebonde nie. Dit is 'n aaklige tyd, mense sal moor om by sekere plekke te kom of om 'n speelding in die hande te kry. 'n Tyd van frustrasie, 'n gevloek en geskel.

Mense wat ons Elohim daagliks verdoem en Sy Naam ydellik gebruik sal hierdie fees vier. Hoekom? Want dit is hulle ongoddelike dag, nie Syne nie. Wat sê die Woord? Toets alle dinge! Deur julle gebruike en tradisies ontneem julle Elohim se Woord Sy krag en gesag! Mag Elohim jou seën en jou bewaar. Aan die wat 'n ouderling of leraar is in die geloof, julle het 'n verantwoordelikheid om die Waarheid te leer. Nie ons emosies en gevoelens nie. Geen man van Elohim in die Bybel, nie een nie, het ooit hierdie fees gevier nie. Hoekom vier jy dit? Dink hieroor.

Hoe kan ons aan die kinders van Elohim sê, leef uit die Woord, glo die Bybel en gehoorsaam dit? Tog onderhou ons so 'n gruwelike ding! Hoe kan dit wees? As jy kan sê dat daar nie werklik fout met Kersfees is nie en ons dit maar kan vier, dan is dit ook nie nodig vir Katolieke om weergebore te word nie. Want dan wil jy sê is hulle reeds verlos. Kersfees kom van die Roomse Katolieke gees en nie die Gees van Afsondering nie. 'n Slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie.

Hoe jammer om te moet sê dat Jeremia 44:16-17 hierdeur vervul is.
"Ons gaan nie luister na wat jy sê in die Naam van Jahweh nie. Ons sal bly doen wat ons beloof het: ons sal vir die hemelkoningin wierookoffers bring en drankoffers uitgiet net soos ons, ons voorvaders, ons konings,... gedoen het."

Hoe kan ons nou, nadat ons die waarheid van Kersfees leer ken het, hierdie gruwel nog steeds wil onderhou? Ek vra, hoe hard is ons harte dan werklik? As ons nie gewillig is om hier te buig nie, hoeveel ander donker hoekies is daar waar ons gewillig is om tot vergelyk te kom?

Mag jou hart aangemoedig word, en daarmee wil ek afsluit. Vir jou wat gewillig is om van Kersfees af weg te draai net dit: jou grootste teëstander en grootste vyand sal wees diegene wat voorgee om Messias Yahshua te ken. Die wat sê dat hulle Hom liefhet is dieselfdes wat jou sal veroordeel, tensy hulle ook vrygemaak word. Hou vas en wees manmoedig. Staan sterk soos Yahshua. Jahweh sal jou seën.

Geseënd is die wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is julle wanneer die mense julle terwille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg." - Mat 5:10-12

Met dank

http://www.ltradio.org/articles/
Die Ware Gees Agter Kersfees

Monday, December 5, 2011

Gebed vir my Boerevolk


Ek wil graag net eers so bietjie agtergrond gee oor die gebed. Die vorige Sabbat tydens my stiltetyd het daar ’n geweldige behoefte in my hart ontstaan om spesiaal vir ons Boerevolk te bid. Die nood van ons volk is so groot en ek dink dat ons seker baie naby aan die laagste punt is wat die volk ooit in sy geskiedenis was. Die volk is verslaan deur sy eie hebsug en boosheid.

Tydens my gebed vir die volk het ek die krag van die Heilige Gees in my hart ervaar om die gebed te rig en die woorde te spreek tot die troon van die Almagtige, Lewende, Elohim. Ja, ek het miskien die woorde uitgespreek maar dit is aan my gegee deur die krag van die Gees van YHWH. Die woorde was vir my aangrypend en ek het dit neergeskryf sodat ek dit nie sou vergeet en kon deel met ’n paar mede volksgenote. Ek is so dankbaar dat te midde van die donker nag waarin ons as volk verkeer kan ons tog ons aangesig wend tot die Almagtige en Hy sal luister na die smekinge van ons hart, maar dan sal ons moet kom en die saak uitmaak met Hom. Ons sal ons moet bekeer van ons verkeerde weë, slegs dan sal Hy ons paaie weer gelykmaak.
Ons is ’n afgesonder volk vir Hom en ons sal so moet begin leef as ons wil oorleef.


Gebed

Dierbare Vader YHWH, Majesteit van alle Heerlikheid en Genade. Wil U vandag U oor neig tot die smeekgebede van U dienskneg. Vader, ek wat maar ’n nietige stoffie van U skepping is, maar wat U opgehef het deur U grote genade om voor U Almag te mag verskyn.

Vader, waarmee sal ek U vereer? Watter offers sal ek aan U bring. Goud en silwer, die het ek nie, maar wat sal dit baat, want U het die skatkamers van die aarde daarmee gevul asof dit stof is. Diere offers die verlang U nie. Die woorde van my mond is nie in staat om U grote Almag en Heerlikheid te besing nie.

Al wat ek kan offer YHWH is ’n sondige en gebroke hart. Wil U dit neem en dit nuut maak. Gee my ’n hart van vlees en neem die hart van klip van U dienskneg weg sodat ek U in opregtheid en met ’n volkome hart U kan liefhê en dien.

Abba Vader wil U vanoggend genade betoon met U dienskneg en U Boerevolk wat U uitverkies het. YHWH, U het ons voorvaders gegryp uit Europa toe die vervolging teen U volk in felheid toegeneem het. U het die kosbare loot van U wingerd kom plant aan die Suidpunt van Afrika. U het ons versorg sodat ons kon groei tot ’n pragtige wingerd in U boord.
Ja, Vader, U moes soms die wingerd snoei en van die wilde lote uitsny sodat ons kon vrug dra vir ons Meester.

Maar vandag Dierbare Koning, verkeer ons in groot benoudheid, want die wilde wese van die veld het die muur om die wingerd afgebreek en kap al die lote af. Die jong lote word vertrap onder die voete van die barbaar. Die jong vruggies word geplunder en op die grond gewerp. Daar is geen respek vir die lewe van oud of jonk. Die ou man en vrou word met geweld neergewerp. Die jonge dogter van U volk word verneder en verkrag deur die boosheid wat in die nag wandel. Die jongman word sy krag ontneem en word neergevel in ongekende wreedheid.

Majesteit! Genadige Ewige Alleenwyse Elohim, sien ons aan in genade. Red ons Vader, want U kinders is besig om te vergaan. U volk roep met ’n luide stem na hul Verlosser.

Die slaapplekkie van die Dogter van Sion in die koel komkommer tuin word ’n woesterny gemaak, die heining van U tuin word platgemaak en die wilde wese van die veld baljaar met geweld op U volk.

O, Majesteit, ja verseker verdien ons die straf wat oor ons gebied is, want U volk het ’n trotse en verwaande volk geraak wat vêr weggedwaal het van hul Herder. Ons het dit wat suiwer was voor die varke en die honde gewerp. U volk het ooreenkomste gesluit met dié wie dit uitdruklik verbied is.
Die volk het begin om die gode van ’n bose volk aan te hang en hul te dien.
Ons eersgebore reg het ons verruil vir die afgode van ’n bose wêreld.

Majesteit YHWH, vind genade in U hart vir U geliefde, ons was ontrou aan U maar verwerp ons nie vanweë ons oortredinge nie. Wil U dat ons die verbond sal vernuwe. Dat ons sal terugkeer na U met ’n opregte hart. Vergewe ons, ons menigvuldige oortredinge, ons ongehoorsaamheid aan U Torah.
Vader ons is so jammer vir die hartseer en pyn wat ons U aangedoen het. Vanweë ons eie keuse het ons onsself gedompel in ’n put van diepe droefheid en donkerte, ons het die besoedeling aangegryp en die afgode van ’n bose wêreld gedien. Die leuen predikers het van hul verhewe preekstoele vir die volk gelieg en hul mislei. Hul het hulle gelei soos slagvee na die slagplaas.

Ons smeek U om genade en barmhartigheid vir U dienskneg en U diensmaagd. Laat ons kom en die saak regmaak met U Koning van alle Heerlikheid. Vergewe ons, ons oortredinge want dit het soos ’n berg skeiding gemaak tussen ons en U. Wil U in U groot genade hierdie berg van oortredinge wegvee, wil U daar nie meer aan dink nie.
Laat U volk hulself voor U aangesig verootmoedig Vader.

Dink nie meer aan ons oortredinge en neem hier plaag wat U wingerd vernietig en U komkommer tuin verwoes weg van U volk. Laat ons weer vir U ’n gehoorsame volk wees sodat ons genade en barmhartigheid uit U hand kan ontvang.

Vader YHWH help ons om vandag vir ons mede volksgenoot lief te wees, dat ons mekaar se laste sal dra en die hand van ondersteuning sal uitstrek na hul wat om hulp roep. Help ons om U vandag te dien soos die bruid haar Bruidegom dien en liefhet sodat ons in gehoorsaamheid sal luister na U stem van lering en vermaning.

Gryp vandag U Boerevolk aan Vader en betoon barmhartigheid en genade aan ons te midde van die stryd wat ons voer om oorlewing. Maak ons standvastig in ons geloof in U, sodat ons nie sal wankel in die donker van die nag wat oor U volk gekom het nie.

Maak ons rein van hart en hande en gee ons die krag om standvastig te bly al moet ons lei terwille van ons geloof en liefde vir U.

Luister vanoggend na die smeekgebed van U dienskneg YHWH en wil U, U liefde, genade en barmhartigheid oor my en my Boerevolk gebied.

Amein

Monday, November 28, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (10) (Einde)


Hoofstuk 51 Simeon, die hoëpriester.

1 GROOT onder sy broers en die sieraad van sy volk was Simeon, die seun van JeHôWanan, die priester; in wie se tyd die Tempel besoek is, en in wie se dae die Tempel versterk is;
2 in wie se dae die muur gebou is met hoektorings vir beskerming, soos die paleis van ‘n koning;
3 in wie se tyd ‘n opgaardam gegrawe is, ‘n waterbak, soos die see in sy gedruis [van water].
4 Hy was bekommerd oor sy volk vanweë die berowing en het sy Stad versterk teen die vyand.
5 Hoe glansryk was hy wanneer hy uit die Tent uitkyk en wanneer hy uit die Apartheid te voorskyn kom!
6 Soos ‘n ligtende Ster tussen die wolke uit, en soos die maan in sy volheid;
7 en soos die son wat opgaan oor die paleis van die koning, en soos die reënboog wat in die Wolkkolom gesien word;
8 soos ‘n bloeisel in die takke gedurende die feesdae, en soos ‘n lelie op waterstrome; soos die uitspruitsel van die Libanon in die dae van die somer [vrugte],
9 en soos vuur van wierook by die spysbydrae; soos ‘n goue voorwerp in die huis van ‘n edelman wat uitgelê is met kosbare stene;
10 soos ‘n groen Olyfboom vol bessies, en soos ‘n wilde-olyfboom oortrek met takke.
11 [So is hy] wanneer hy pragtige klere aantrek en hy beklee word met sierlike klere; wanneer hy opgaan na die altaar van majesteit en die voorhof van die Plek van Apartheid glansryk maak;
12 wanneer hy die stukke vleis uit die hand van sy broers aanneem en hom plaas by die gerangskikte hout, met rondom hom ‘n krans van seuns, soos sedersteggies op die Libanon; en hulle hom omring soos wilgers van die vywer,
13 al die seuns van Aäron in hulle glorie, en die vuurbereidings van JaHWeH in hulle hand voor die hele vergadering van JisraEl.
14 Totdat hy die bediening van die altaar voltooi en die gerangskikte hout van die Hoogste El in gereedheid gebring het,
15 en sy hand uitgestrek het na die Beker en die bloed van die druif uitgegiet het, ja, hom uitgestort het by die voet van die altaar om ‘n welriekende reukwerk te wees vir El, die Hoogste El.
16 Dan het die kinders van Aäron, die priesters, geblaas op die trompette van dryfwerk; ja, hulle het geblaas en ‘n kragtige stem laat hoor om te dien as gedagtenis voor die Hoogste El.
17 Dan het alle vlees tesame gehaas, en hulle het op hulle aangesigte na die Aarde toe geval om te aanbid voor die Hoogste El, voor die Aparte Een van JisraEl.
18 En die geluid van ‘n lied is gehoor, en oor die menigte het hulle Sy lamp aangesteek,
19 en die hele volk van die Aarde het uitgeroep in gebed voor die Barmhartige, totdat hy die bediening van die altaar voltooi het en die dinge wat Hom toekom na Hom toe nader gebring het.
20 Dan het hy afgedaal en sy hande opgehef oor die hele vergadering van JisraEl, en die seën van JaHWeH was op sy lippe, en met die Naam van JaHWeH het hy Hom geprys.
21 En hulle het vir die tweede keer neergeval [die hele volk voor sy aangesig],
22 Loof tog nou JaHWeH, die Elohey van JisraEl, Hy wat wonderbaarlik handel op die Aarde, wat ‘n adamiet van die moederskoot af laat grootword en met Ons handel volgens Sy welbehae.
23 Mag Hy aan julle Wysheid van hart gee, en mag daar Vrede onder julle wees.
24 Mag Sy Guns met Simeon bevestig word, en mag Hy vir Hom die Verbond van Pínehas oprig; mag niemand van hom uitgeroei word nie, en wat sy saadlyn betref, mag hulle ewigdurend wees.

Drie haatlike volke.
25 AAN twee nasies het My Siel ‘n afsku, ja, aan ‘n derde, wat geen volk is nie;
26 die bewoners van Seïr en Filistea, en die dwase volk wat in Sigem woon.

Epiloog.
27 WYSE onderrig en ‘n kunstige spreuk vir Simon die seun van Jehshua, die seun van El-Azar, die seun van Sirah wat hy gespreek het in die uitlegging van sy hart en wat hy met verstandigheid geleer het.
28 Geseënd is die man wat hierdie dinge bepeins, en hy wat die ter harte neem, sal wys word.
29 Want as hy dit doen, sal hy sterk wees vir alle dinge; want die Vrees van JaHWeH is lewe!

Hoofstuk 52 Aanhangsel: ’n gebed van JeHôWshua ben Sirah.

1 EK wil U dank, O JaHWeH en Koning, en Ek wil U loof, O El, My Verlosser. Ek wil U Naam loof,
2 want U het My Siel van die Dood gered, U het My vlees van vernietiging teruggehou, en uit die mag van die Doderyk/Sheol het U My Siel verlos; U het My verlos van die skinderpraatjies van ‘n volk, van die gesel van ‘n tong wat laster en van ‘n lip wat hom wend tot leuens; in die aangesig van hulle wat teen My opstaan, was U aan My kant, U het My gehelp
3 ooreenkomstig die grootheid van U Barmhartigheid uit die strik van hulle wat wag hou oor My struikeling en uit die mag van hulle wat My Siel soek; uit menigvuldige benoudhede het U My verlos
4 en uit die verdrukkinge van die vlam rondom en uit die gloed van die vuur wat [Ek] nie aangeblaas het nie,
5 uit die diepte van die moederskoot van die Doderyk/Sheol, uit bedriegike lippe en die wat met leuens pleister,
6 en [van] die pyle van ‘n bedrieglike tong. En My Siel het geraak aan die Dood, en My lewe tot aan die onderste van die Doderyk/Sheol.
7 En Ek het My na alle kante gewend, maar daar was geen helper vir My nie, en Ek het uitgekyk na een wat ondersteun, en daar was nie.
8 Toe het Ek gedink aan die Ontferming van JaHWeH en aan Sy gunsbewyse wat van ewigheid af is, Hy wat dié red wat op Hom vertrou en wat hulle verlos uit elke verdrukking.
9 En Ek het My Stem van die Aarde af verhef en uit die poorte van die Doderyk/Sheol het Ek om hulp geroep.
10 Toe het Ek na JaHWeH geroep, die Vader, My Meester: My Vader is U, moenie My verlaat in die dag van beproewing, in die dag van woesteny en van verlatenheid nie.
11 Ek wil U Naam voortdurend loof en Ek wil aan U dink in die gebed. Toe het JaHWeH My Stem gehoor en Hy het die Oor geneig tot My smekinge
12 en Hy het My verlos uit elke verdrukking en Hy het My gered uit die dag van beproewing. Daarom wil Ek dank en loof en wil Ek die Naam van JaHWeH prys.

Lof op die verkryging van Wysheid.
13 EK was ‘n Jongeling en Ek het Wysheid openlik gesoek in My gebede en ‘n welbehae in Haar gehad.
15 In Haar Waarheid het My voet getree, reeds van My jeug af het Ek Wysheid geleer. En Ek het ‘n gebed gebid in My jeug,
16 en Ek het baie Kennis gevind.
17 Haar juk was vir My tot eer, en aan My Leermeester sal Ek dank betuig.
18 Ek het gedink om goed te doen en Ek het nie verander nie, want Ek het Haar gevind.
19 My Siel het Haar aangekleef, en My Aangesig sal Ek van Haar nie afkeer nie.
20 My Siel het Ek gegee om Haar te volg, en vir Ewig tot in Ewigheid sal Ek nie van Haar af wegdraai nie. My hand het Haar Poorte geopen en vir Haar het Ek ingesluit en na Haar het Ek gekyk; en in Haar suiwerheid het Ek Hom gevind, en [My] Hart het Ek vir Hom gereed gemaak van die begin af, daarom sal Ek Haar nie verlaat nie.
21 My ingewande is in beroering soos ‘n oond om Hom te sien, daarom het Ek Haar as ‘n suiwer besitting verkry.
22 JaHWeH het aan My die loon van My Lippe gegee, en met My Tong sal Ek Hom dank.
23 Wend julle na My, o dwase, en oornag in My skool.
24 Hoe lank sal julle aan hierdie dinge gebrek hê, en sal julle siel baie dorstig wees?
25 My mond het Ek oopgemaak en Ek het oor Haar gespreek; verkry vir julle Wysheid sonder silwer.
26 En bring julle nekke onder Haar juk in, en laat julle siel Haar las dra. Sy is naby die wat Haar soek, en hy wat sy siel gee, sal Haar vind.
27 Kyk met julle oë dat Ek klein was en dat Ek My met Haar bemoei het en Haar gevind het.
28 Menigtes, luister na My lering in My jeug, en silwer en goud sal julle by My vind.
29 Mag My Siel hom verbly in My [Jeshiba], en julle sal nie beskaamd staan oor die lied van My nie.
30 Verrig julle werk in Geregtigheid, en Hy sal julle jul loon gee op Sy tyd.


So het ons aan die einde gekom van die Boek Ekklesiastikus. Ek hoop van harte dat julle dit saam geniet het om te lees aan die wysheid wat daar vir ons uitgegiet is deur die boek.

Friday, November 25, 2011

10 Goue Reëls


1) 'n Gebed is nie soos 'n "spaarwiel" wat 'n mens slegs gebruik
wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "stuurwiel" wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.

2) Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en
slegs so klein truspieël? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So kyk vorentoe en beweeg aan.

3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n
boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.

4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan
geniet dit, dit sal nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan moenie bekommer nie want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.

5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy
'n diamant kry moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om te set.

6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor dink jy dit is die einde,
YaHWeH glimlag dan daar bo en sê, "Kalmeer, my geliefde, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"

7) Wanneer YaHWeH jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame
vermoë; wanneer YaHWeH nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou

8) 'n Blinde vra op 'n dag "Is daar iets erger as om
jou sig te verloor?" Die antwoord "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."

9) Wanneer jy vir ander bid, YaHWeH luister na jou en seën hulle en
soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.

10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit
neem die vrede van vandag weg.

Tuesday, November 22, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (9)


Hoofstuk 46

1 GELIEF deur Elohim en adamiet was Moshè - salige nagedagtenis!
2 En Hy het hom verhoog en apartgestel, en Hy het hom sterk gemaak in verhewe dinge.
3 Deur sy woorde het hy wondertekens verhaas, en Hy het hom sterk gemaak in teenwoordigheid van die koning. En Hy het hom bevel gegee aangaande Sy volk en Hom Sy Glansrykheid laat sien.
4 Op grond van sy betroubaarheid en nederigheid het Hy hom uit alle vlees verkies.
5 En Hy het hom Sy stem laat hoor en hom laat nader kom na die donker Wolkkolom. En Hy het die Gebod in sy hand geplaas, die Wet van die Lewe en van Kennis; om in Jakob Sy Verbonde te leer, en Sy Regsprake aan JisraEl.

Aäron en Pínehas.
6 EN die het Aäron, die aparte, van die stam van Levi, verhef
7 en met hom ‘n ewige Verbond gesluit, en priesterskap op hom geplaas; en hy het Hom gedien in Sy Glansrykheid, en Hy het hom omgord soos die horings van ‘n wilde os; en Hy het hom beklee met klokkies,
8 en Hy het hom beklee met suiwere skoonheid, en Hy het hom versier met Glansrykheid en Sterkte: met broeke, onderkleed en oorkleed;
9 en Hy het hom omring met belletjies en ‘n menigte granate rondom om ‘n lieflike klank te gee in sy voetstappe, om in die Apartheidsplek sy geluid te laat hoor, as ‘n herinnering vir die kinders van sy volk:
10 met die kledingstukke van Apartheid, van goud en koningsblou en purper, ‘n werk van die ontwerper; met die borslap van gerig, die efod en gordel,
11 en met karmosyn draad, ‘n werk van die wewer; met kosbare stene op die borslap, seël-ingraveringe in hulle monture, elke kosbare steen is ter herinnering in gegraveerde skrif, volgens die getal van die stamme van JisraEl.
12 Met ‘n kroon van suiwer goud bo-op die tulband, en die inskripsie van Apartheid, met seël-ingraveringe - pragtige sieraad, magtige roemteken, die begeerte van die oog en volkome skoonheid!
13 Voor hom was dit nie so nie, en tot in ewigheid sal ‘n verbasterde hom nie so klee nie; so is dit alleen vir hom en sy seuns, en so vir hulle geslagte.
14 Sy bydraes is volkome verteer, twee keer elke dag, voortdurend.
15 Moshè het hom in die amp gestel, en hy het hom met olie van Apartheid gesalf; en sy was vir hom ‘n ewige Verbond en vir sy saadlyn volgens die dae van die Hemele om [Hom] te dien en vir Hom die priesterlike amp te vervul en om Sy volk in Sy Naam te seën.
16 En Hy het hom verkies uit al wat lewe om aan JaHWeH die brandoffer en vetstukke nader te bring en om ‘n lieflike reuk te berei as ‘n gedagtenis en om versoening te doen oor die kinders van JisraEl.
17 En Hy het aan hom Sy Gebooie gegee, en Hy het aan hom gesag gegee oor Insettinge en Reg, dat hy Sy volk die Insettinge mag leer, en die Reg aan die kinders van JisraEl.
18 Maar vreemdes was vertoorn op hom en hulle was naywerig teen hom in die wildernis; die manne van Datan en Abíram, en die vergadering van Korag in die krag van hulle toorn.
19 Maar JaHWeH het dit gesien en vertoornd geword en hulle vernietig in die gloed van Sy Toorn: en Hy het hulle tot Teken gestel en hulle verteer met die vlam van Sy Vuur.
20 En Hy het vir Aäron Sy Glansrykheid vermeerder en hom sy Erfdeel gegee: die gewyde gawes het Hy vir hom as voedsel gegee;
21 die vuurbereidings van JaHWeH kon hulle eet; die toonbrode was sy deel, en die spysbydraes vir hom en sy saadlyn.
22 Maar in die Aarde van die volk mag hy nie erwe nie, en onder hulle mag hy die erfenis nie deel nie; die vuurbereiding van JaHWeH is sy deel en sy erfenis te midde van die kinders van JisraEl.
23 En ook Pínehas, die seun van El-Azar het deur manmoedigheid die derde plek geërwe op grond van sy ywer vir Elohim in alles, en dat hy gestaan het in die bres van sy volk, en sy hart hom daartoe genoop het, en hy versoening gedoen het oor die kinders van JisraEl. [Númeri 25]
24 Daarom het Hy ook vir hom ‘n Insetting vasgestel, ‘n Vredesverbond om die Apartheid te onderhou: dat vir hom en sy saadlyn sal wees die hoëpriesterskap tot in ewigheid. [Númeri 25]
25 En Sy Verbond was ook met Dawid, die seun van Isai uit die stam van JeHûWdah; die erfenis van die koning is vir sy seun alleen, terwyl die erfenis van Aäron vir sy hele saadlyn is. En nou, loof tog JaHWeH, die Suiwere, wat julle kroon met Glansrykheid;
26 mag Hy vir julle gee Wysheid van hart om Sy volk te rig in Geregtigheid; dat julle voorspoed nie vergeet mag word nie, en [ook nie] julle heldhaftigheid vir ewige geslagte nie.


Hoofstuk 47 JeHôWshua, Kaleb en die Rigters.

1 ‘N MAGTIGE dappere was JeHôWshua, die seun van Nun, ‘n dienaar van Moshè in die profetiese amp, wat geformeer was om in sy dae te wees ‘n groot Verlossing vir sy uitverkorenes, om wraak te neem op [die wraakneminge van] die vyand, en om JisraEl in hul erfenis te plaas.
2 Hoe glansryk was hy toe hy sy hand uitgestrek het en toe hy die Swaard teen die stede geswaai het!
3 Wie is hy wat voor haar stand kon hou, want JaHWeH self het SY vyande na hom gebring.
4 Het die son nie deur sy toedoen gestaan, [sodat] een dag soos twee geword het nie?
5 Want hy het tot El, die Hoogste El, geroep toe hy in nood was met vyande rondom [hom]; en El, Hoogste El het hom geantwoord met haelstene en stukke ys;
6 en Hy het dit gewerp op die vyandige volk, en in die neerdaling het Hy die wat opgestaan het, vernietig, sodat elke volk wat vir die banvloek bestem is, mag weet dat JaHWeH op hulle oorloë let; en ook omdat hy volkome agter die Almagtige gevolg het,
7 en in die dae van Moshè vroom gehandel het, hy en Kaleb, die seun van Jefúnne, om vas te staan toe die vergadering losgebreek het, om die toorngloed van die vergadering af te wend en om die besoedelde gerug te laat ophou;
8 daarom is ook hulle twee behou uit die seshonderdduisend voetgangers om hulle na hulle Erfdeel te bring, ‘n Aarde wat vloei van melk en heuning.
9 Ook het Hy aan Kaleb Sterkte gegee, en tot die grysheid het dit by hom gebly, om hom te laat tree op die hoë plekke van die Aarde, en ook het sy saadlyn ‘n Erfdeel beërwe,
10 sodat die hele saadlyn van Jakob kan weet dat dit goed is om volkome agter JaHWeH aan te gaan.
11 Ook die Rigters, elkeen met name, elkeen wie se hart nie mislei is nie en wat nie weggedraai het van agter JaHWeH vandaan nie; mag hulle nagedagtenis tot ‘n seën wees.
12 Mag hulle gebeente uitspruit uit hulle plek, en hulle naam hom vernuwe vir hulle kinders.

ShemuEl.
13 BEMINDE van sy volk en een wat welgevallig was vir sy Maker was hy wat gevra was van die skoot van sy moeder af; ‘n Separatis van JaHWeH in die profetiese amp: ShemuEl, wat opgetree het as rigter en as diensdoende priester. Deur die Woord van JaHWeH het hy die koningskap opgerig en het hy vorste oor die volk gesalf.
14 Deur middel van die Wet van JaHWeH het hy aan die vergadering bevel gegee en het hy die Elohey van Jakob gesoek.
15 Deur sy betroubaarheid is die siener gesoek, en ook in sy woord is die siener getrou bevind.
16 Ook het hy tot Elohim geroep toe hy in nood was vanweë sy vyande van rondom, terwyl hy ‘n lammetjie wat nog drink, aangebied het.
17 En JaHWeH het vanuit die Hemele laat donder, in ‘n geweldige gekraak is SY Stem gehoor,
18 en Hy het die garnisoen van Tirus onderwerp en al die vorste van die Filistyne vernietig.
19 En die tyd toe hy op sy bed gelê het, het hy JaHWeH en Sy Gesalfde tot Getuie geroep: ‘n losprys en ‘n borg - van wie het Ek [dit] geneem? En niemand het hom geantwoord nie. En ook tot die tyd van sy einde is hy wys bevind in die Oë van JaHWeH en in die oë van al wat lewe.
20 En selfs na sy dood is hy gesoek en het hy aan die koning sy weë bekend gemaak; en hy het uit die Aarde sy stem verhef in ‘n profesie om die besoedeling van die volk te laat ophou.


Hoofstuk 48 Dawid.

1 EN dan na hom het Natan opgestaan om homself voor Dawid te stel.
2 Want soos die vet wat weggeneem is van die slagdier, so was Dawid [weggeneem uit die kinders] van JisraEl.
3 Met jong leeus het hy gespeel soos met ‘n bokkie, en met bere soos met die kalfies van Basan.
4 In sy jeug het hy die reus verslaan en het hy die ewige belediging weggeneem toe hy sy hand met die slinger geswaai het en die trots van Goliat verbreek het.
5 Want hy het JaHWeH, die Hoogste El, aangeroep en Hy het Krag van Sy Regterhand gegee om die man wat vertroud was met oorloë, neer te vel, en om die horing van sy volk te verhoog.
6 Daarom het die dogters vir hom toegesing en hom ‘n erenaam gegee onder tienduisend. Toe hy die kroon opgesit het, het hy geveg
7 en van rondom die vyand onderwerp, en hy het die Filistyne kaal geplunder, en tot op hierdie dag het hy hulle horing verbreek.
8 In al sy werke het hy dank betuig aan El, die Hoogste El, in eerbare woorde; met sy hele hart het hy sy Maker liefgehad, en elke dag het hy Hom aanhoudend geloof.
9 Musiek van snaarinstrumente vir die altaar, en die sing van psalms met harp [-begeleiding] het hy ingestel.
10 Aan die Feeste het hy aantrek-likheid gegee, en hy het die feestye deur die jaar heen vasgestel, wanneer hy die Naam van Sy Apartheid loof, en die regspraak voor die môre weerklink.
11 Ook het JaHWeH sy oortreding vergewe en sy horing vir ewig verhef. En Hy het aan hom die insetting van die koningskap gegee, en sy troon oor Jerusalem vasgestel.

Salomo.
12 TER wille van hom het ná hom opgestaan ‘n wyse seun wat veilig gewoon het.
13 Salomo was koning in sorgelose dae, en Elohim het hom rus gegee van rondom, hy wat ‘n Huis vir Sy Naam opgerig het en vir altyd ‘n Plek van Apartheid daargestel het.
14 Hoe wys was u in u jeug, en [hoe] het u oorgevloei van onderrig soos die Nyl!
15 Die Aarde het u bedek met u insig, en met ‘n verhewe lied het u geloof.
17 Deur liedere, spreuke, raaisels en gelykenisse het u volke verbaas.
16 Tot verafgeleë eilande het u naam gereik, en hulle het gekom om u te hoor.
18 Deur die Naam JaHWeH, die eerbare Naam wat oor JisraEl uitgeroep is. U het goud opgehoop soos yster, en soos lood het u silwer vermeerder.
19 Maar u het u lendene aan vroue gegee en u het hulle laat heers oor u liggaam.
20 En u het u eer bevlek en u het u saad besoedel en toorn oor u saadlyn gebring oor die gekheid in u bed;
21 So is [die volk verdeel] tussen twee septers, en uit Efraim het ‘n koninkryk van rebelsheid [ontstaan].
22 Nogtans het JaHWeH [sy] Guns nie ingetrek nie en Hy het geeneen van Sy Woorde op die Aarde laat val nie. Hy sal die saad en afstammelinge van Sy uitverkorenes nie uitroei nie, en hulle wat Hom liefhet, sal Hy nie vernietig nie; en aan Jakob sal Hy ‘n oorblyfsel gee, en vir Dawid ‘n wortel uit hom.
23 En Salomo het in Jerusalem ontslaap en het na hom die onnoselste saad nagelaat. Ruim in Dwaasheid en met gebrek aan Insig het Rehábeam deur sy raad die volk laat rebelleer. Toe het opgestaan - Jeróbeam, die seun van Nebat, wat oortree het en wat JisraEl die Wet laat oortree het en vir Efraim op pad na besoedeling gelei het,
24 sodat hulle weggedryf het van hulle grond; en hulle oortreding het baie groot geword,
25 en aan alle [vorme van] kwaad het hulle hulself oorgegee, totdat wraak hul oorkom het.

Hoofstuk 49 EliJaHûW en EliShua

1 TOTDAT daar opgestaan het, EliJaHûW, ‘n profeet soos vuur, en sy woorde het gebrand soos ‘n oond.
2 En hy het vir hulle die staf van brood gebreek, en deur sy ywer het hy hulle min gemaak.
3 Deur die Woord van JaHWeH het hy die Hemele gesluit, en drie maal het hy vuur laat neerdaal.
4 Hoe ontsagwekkend was jy, EliJaHûW! Wie soos jy is, sal verglans word,
5 wat ‘n liggaam uit die Dood laat opstaan, en uit die Doderyk/Sheol, volgens die welbehae van JaHWeH;
6 wat konings laat neerdaal het na die kuil, en hulle wat geëerd was, uit hulle [siek-] beddens;
7 wat op Sinai berispinge van JaHWeH gehoor het en op Horeb oordele van wraak.
8 Wat konings vir die vergelding gesalf het en ‘n profeet om plaasvervanger in jou plek te wees;
9 Wat opwaarts geneem is in ‘n warrelwind en deur vurige perde na die hoogte.
10 Wie, soos geskryf is, gereed gehou is vir die tyd om die Grimmigheid voor die Toorngloed te stil, om die hart van die vaders na die kinders te laat terugkeer en om die stamme van JisraEl te herstel. [Maleági 4:6]
11 [Geseënd] is hy wat jou gesien en gesterwe het, [want inderdaad sal hy bly lewe].
12 EliJaHûW is verberg in die warrelwind, en EliShua is vervul met sy gees. In dubbele maat het hy tekens vermenigvuldig, en wonderbaar was alles wat uit sy mond voortgekom het. In sy dae het hy vir niemand uit die pad gegaan nie, en geen sterfling het oor sy gees geheers nie;
13 niks was vir hom te wonderbaar nie, en uit sy graf het sy vlees geprofeteer.
14 Gedurende sy lewe het hy wonderbare dinge gedoen, en in sy dood verbasende werke.
15 Ten spyte van al hierdie dinge het die volk hulle nie bekeer nie en nie opgehou met hulle oortredinge nie; totdat hulle geruk is uit hulle grond en verstrooi is oor die hele Aarde. En vir JeHûWdah is daar min oorgelaat, en net nog ‘n prins vir die huis van Dawid.
16 Sommige van hulle het gedoen wat Reg is, en sommige van hulle het vreeslike oortreding bedryf.

JegizkiJaHûW en JeshaJaHûW.
17 JEGIZKIJAHÛW het sy Stad versterk deurdat hy water in die midde van haar gebring het; en hy het rotse soos koper deurgekap en die poel met berge opgedam.
18 In sy dae het Sanherib opgetrek en die Rábsake gestuur en sy hand teen Sion uitgestrek, en hy het in sy trotsheid gelaster.
19 Toe is hulle geskud in die trotsheid van hulle hart, en hulle het gebewe soos een wat baar.
20 Toe het hulle tot JaHWeH geroep en die hande na Hom uitgebrei. En die Aparte Een het die stem van hulle gebed gehoor en hulle verlos deur die hand van JeshaJaHûW.
21 En Hy het die leër van Assirië geslaan en hulle verstrooi deur ‘n plaag.
22 Want JegizkiJaHûW het gedoen wat goed was, en hy was sterk in die Weë van Dawid, soos JeshaJaHûW, die profeet, hom beveel het, wat groot en betroubaar was in sy gesigte.
23 In sy dae het die son gestaan, en hy het tot die lewe van die koning toegevoeg.
24 In die Krag van die Gees het hy die toekoms gesien en die treurendes van Sion getroos.
25 Tot die ewigheid toe het hy bekend gemaak wat sou wees, en die verborge dinge voor dit gebeur.

Hoofstuk 50 Van JoshiJaHûW tot NegemJaH.

1 DIE naam van JoshiJaHûW is soos welriekende reukwerk wat goed gemeng is, die werk van ‘n salfmenger. Sy nagedagtenis is soet vir die verhemelte soos heuning en soos ‘n psalm op ‘n wynfees.
2 Want hy was bedroef oor Ons afkerigheid en het die ydele gruwels laat ophou;
3 en hy het sy hart volkome aan JaHWeH gegee, en in dae van geweld het hy vroom gehandel.
4 Behalwe Dawid, JegizkiJaHûW en JoshiJaHûW, het hulle almal verderflik gehandel en die Wet van die Hoogste El verlaat: die konings van JeHûWdah, tot hulle einde toe.
5 En Hy het hulle mag aan ander gegee en hulle glorie aan ‘n vermengde [en] dwase volk;
6 en hulle het die Stad van Apartheid aan die brand gesteek en haar paaie verwoes deur die hand van JirmeJaHûW;
7 omdat hulle hom verdruk het, terwyl hy van die moederskoot geformeer is as profeet om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes en om so te bou en te plant en te versterk.
8 JeségiEl het ‘n visioen gesien en die Gérubs van die strydwa bekend gemaak;
9 en ook het hy herinner aan Job wat elke woord in Geregtigheid gehoorsaam het.
10 En ook wat die Twaalf Profete betref - mag hulle bene uitspruit uit hulle plek, hulle wat Jakob genees het en wat hom gered het deur bestendige hoop.
11 Hoe sal Ons Serúbbabel kan grootmaak, hy wat soos ‘n seëlring aan die regterhand was,
12 en ook Jehshua die seun van JôWtsadak, wat in hulle dae die Tempel gebou het en die Tempel van Apartheid verhef het, wat bestem was vir ewige Glansrykheid.
13 NegemJaH, eerbaar is sy nagedagtenis! Hy wat Ons puinhope weer opgerig het en Ons puinhope herstel het, en poorte en grendels daargestel het.

Glansrykheid van Adam.
14 MIN is op die Aarde geformeer soos Henog, en ook hy is van die aangesig weggeneem.
15 Was ooit iemand soos JôWsef gebore? En ook sy liggaam is versoek.
16 Ook Sem en Set en Enos was hoog geëer, maar meer as enige lewende skepsel.