Wednesday, August 29, 2012

Die Waarheid oor Mislukking


Om te misluk beteken nie dat jy ’n mislukking is nie ...
dit beteken wel dat jy nog nie sukses behaal het nie.

Om te misluk beteken nie dat jy niks bereik het nie ...
dit beteken wel dat jy iets geleer het.

Om te misluk beteken nie dat jy dom is nie ...
dit beteken wel dat jy baie geloof het.

Om te misluk beteken nie dat jy verneder is nie ...
dit beteken wel dat jy bereid was om te probeer.

Om te misluk beteken nie dat jy dit nie in jou het nie ...
dit beteken wel dat jy dit op ’n ander manier moet benader.

 Om te misluk beteken nie dat jy onbevoeg is nie ...
dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.

Om te misluk beteken nie dat jy jou hele lewe vermors het nie ...
dit beteken wel dat jy ’n rede het om weer ’n nuwe begin te maak.

Om te misluk beteken nie dat jy moet moed opgee nie ...
dit beteken wel dat jy harder moet probeer.

Om te misluk beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie ...
dit beteken wel dat dit bietjie langer kan neem.

Wednesday, August 22, 2012

’n Leuse Vir Die Wat Swaarkry


Ek het YaHWeH gevra vir krag, sodat ek in die lewe kon bereik...
Ek het swakheid verkry, sodat ek kon leer om nederig te gehoorsaam...
                    
Ek het gevra vir gesondheid, sodat ek groot dinge kon doen.
Ek is kranklik gemaak, sodat ek beter dinge kon doen.

Ek het gevra vir rykdom, sodat ek gelukkig kan wees.
Ek is armoede gegee, sodat ek wys mag wees.

Ek het gevra vir mag, sodat ek deur mense geëer kan word.
Ek het nederigheid gekry, sodat ek YaHWeH nodig het.

Ek het gevra vir alle dinge, sodat ek die lewe kon geniet.
Ek het lewe gekry, sodat ek alle dinge kan geniet.

Ek het niks gekry waarvoor ek gevra het nie, maar alles wat ek voor gehoop het.

Tuesday, August 14, 2012

Toe Jy Dink Ek Kyk Nie.


Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy my eerste teken prentjie teen die yskas vassit en ek wou onmiddellik nog ’n ander een teken.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ’n rondloper katjie kos gee, en ek het geleer dat dit goed is om lief te wees vir diere.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak my gunsteling koek vir my, en ek het geleer dat die klein dingetjies kan die spesiale dingetjie wees in die lewe.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gehoor hoe jy bid en ek het geweet daar is ’n God met wie ek altyd kan praat en ek het geleer om YaHWeH te vertrou.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak ’n maaltyd en neem dit vir ’n siek vriendin en ek het geleer dat ons moet help omsien na ons medemens.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou tyd en geld gee aan die wat glad nie het nie en ek het geleer die wat iets het om te gee dit moet gee aan die medemens wat nie het nie.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ons huis versorg en almal in die huis en ek het geleer dat ons moet omsien daarna wat aan ons gegee is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou verantwoordelikhede hanteer, selfs wanneer jy nie goed gevoel het nie en ek het geleer dat ek verantwoordelik sal moet vir alles wat ek doen wanneer ek groot is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jou trane vloei oor jou wange en ek het geleer dat dinge soms seermaak, maar dis in orde om te huil.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien dat jy vir my omgee en wil hê dat ek alles moet wees waartoe ek in staat is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek die meeste lewens lesse geleer wat ek nodig het om ’n goeie en produktiewe persoon te wees wanneer ek groot is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek na jou gekyk en wou vir jou sê. “Dankie, vir al die dinge wat ek gesien het terwyl jy gedink het ek kyk nie.”

Monday, August 6, 2012

Om te Gou Moed op te Gee


Die jong man ontmoet die wyse ou man wat langs die pad sit. Die jongman vra die wyse ou man, “Watter rigting is die pad na sukses?”

Die wyse ou man met die groot grys baard praat nie ’n woord nie, maar beduie net met sy vinger na ’n plek wat ’n ent daarvandaan is.

Die jongman, baie opgewonde oor die moontlikheid van vinnige en maklike sukses, trek op ’n draf stappie daar weg in die rigting wat die wyse ou man beduie het. Skielik, is daar net ’n luide “KADOEF” hoorbaar. Uiteindelik, kom die jongman kruppel, vol skrape en effens bedwelmd by die wyse ou man aan. Hy neem aan dat hy dalk die wyse ou man se boodskap verkeerd verstaan het. Hy herhaal sy vraag aan die wyse ou man, wat weereens in stilte in die dieselfde rigting beduie.

Gehoorsaam stap die jongman weereens in die aangewese rigting. Hierdie keer is die KADOEF oorverdowend soos die jongman homself disnis val. Toe die jongman terug kruip is hy bebloed, sy klere geskeur, vol blou en pers kolle en baie geïrriteerd. “Ek het jou gevra watter rigting is die pad na sukses!” skreeu hy op die wyse ou man “ek  het die rigting gevolg soos jy beduie het en al wat ek daarvoor gekry het, was KADOEF soos ek val! Niks meer van hierdie beduiery nie! Praat!”

Slegs toe begin die wyse ou man te spreek en sê die volgende aan die jongman, “Sukses IS in die rigting wat ek jou beduie het. Dis net ’n klein entjie anderkant KADOEF. Jy moes net opstaan en aangehou het na die val.”

Wednesday, August 1, 2012

Wie is Ek ?


Jou beste vriend of  grootste vyand, ek is jou grootste metgesel. Ek is jou grootste helper of jou swaarste las. Ek sal jou op die pad vorentoe deurdra of jou aftrek tot op die bodem van mislukking. Ek is geheel en al onder jou bevel.

Helfte van die dinge wat jy doen, kan jy net sowel aan my oordra en ek sal dit vinnig en effektief afhandel. Ek word baie maklik bestuur, maar jy moet streng wees met my. Wys my presies hoe jy ’n ding gedoen wil hê en na ’n paar lesse sal ek dit outomaties verrig. Ek is die dienskneg van alle vername manne, maar helaas, van die grootste mislukkings ook.

Die wat vernaam is, ek het hulle vernaam gemaak. Die wat mislukkings is, ek het hulle mislukkings gemaak. Ek werk met die presisie van ’n wetenskaplike en met die passie van ’n patriot. Jy kan my gebruik vir profyt of vir mislukking, dit maak glad nie aan my saak nie.
Neem my, leer my, wees streng met my en ek sal die wêreld aan jou voete plaas. Maar wees ongeërg met my en ek sal jou vernietig.

Wie is ek?

Ek is gewoonte !