Tuesday, August 14, 2012

Toe Jy Dink Ek Kyk Nie.


Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy my eerste teken prentjie teen die yskas vassit en ek wou onmiddellik nog ’n ander een teken.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ’n rondloper katjie kos gee, en ek het geleer dat dit goed is om lief te wees vir diere.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak my gunsteling koek vir my, en ek het geleer dat die klein dingetjies kan die spesiale dingetjie wees in die lewe.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gehoor hoe jy bid en ek het geweet daar is ’n God met wie ek altyd kan praat en ek het geleer om YaHWeH te vertrou.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak ’n maaltyd en neem dit vir ’n siek vriendin en ek het geleer dat ons moet help omsien na ons medemens.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou tyd en geld gee aan die wat glad nie het nie en ek het geleer die wat iets het om te gee dit moet gee aan die medemens wat nie het nie.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ons huis versorg en almal in die huis en ek het geleer dat ons moet omsien daarna wat aan ons gegee is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou verantwoordelikhede hanteer, selfs wanneer jy nie goed gevoel het nie en ek het geleer dat ek verantwoordelik sal moet vir alles wat ek doen wanneer ek groot is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jou trane vloei oor jou wange en ek het geleer dat dinge soms seermaak, maar dis in orde om te huil.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien dat jy vir my omgee en wil hê dat ek alles moet wees waartoe ek in staat is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek die meeste lewens lesse geleer wat ek nodig het om ’n goeie en produktiewe persoon te wees wanneer ek groot is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek na jou gekyk en wou vir jou sê. “Dankie, vir al die dinge wat ek gesien het terwyl jy gedink het ek kyk nie.”

No comments: