Wednesday, August 1, 2012

Wie is Ek ?


Jou beste vriend of  grootste vyand, ek is jou grootste metgesel. Ek is jou grootste helper of jou swaarste las. Ek sal jou op die pad vorentoe deurdra of jou aftrek tot op die bodem van mislukking. Ek is geheel en al onder jou bevel.

Helfte van die dinge wat jy doen, kan jy net sowel aan my oordra en ek sal dit vinnig en effektief afhandel. Ek word baie maklik bestuur, maar jy moet streng wees met my. Wys my presies hoe jy ’n ding gedoen wil hê en na ’n paar lesse sal ek dit outomaties verrig. Ek is die dienskneg van alle vername manne, maar helaas, van die grootste mislukkings ook.

Die wat vernaam is, ek het hulle vernaam gemaak. Die wat mislukkings is, ek het hulle mislukkings gemaak. Ek werk met die presisie van ’n wetenskaplike en met die passie van ’n patriot. Jy kan my gebruik vir profyt of vir mislukking, dit maak glad nie aan my saak nie.
Neem my, leer my, wees streng met my en ek sal die wêreld aan jou voete plaas. Maar wees ongeërg met my en ek sal jou vernietig.

Wie is ek?

Ek is gewoonte !

No comments: