Monday, August 30, 2010

HALLELUYAH 286


To Jean

I could not find any translation for you but worked on this. I don't know if this translation will do justice to the Afrikaans version. Keeping note and rhythm is not my strong point.

In my musikale gestremdheid lyk dit tog of die woorde sal kan inpas by die melodie.

Enigeen wat beter voorstelle het, help tog asb so bietjie.


HALLELUYAH 286

Do only Thy will, Yah, your will with me
You, the Potter, with me the clay.
Mold me and make me, just as You wish.
Upon You I wait, Yah, humble and meek.

Do only Thy will, Yah, your will with me.
Test and search me, although I might suffer.
Whiter than snow, Yah, wash me today.
Close to thy feet, Yah, I want to stay.

Do only Thy will, Yah, your will with me
Weary and lonely, please stand by me
Touch and heal me, Saviour, I pray
You can, Almighty, rule over me

Do only Thy will, Yah, your will with me
til’ my whole life, is devoted, to You
make my heart, oh Saviour, Thy throne
for all to see, Yahshua, dwelling in me.

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

Do only Thy will, Lord, your will with me.
You, the Potter, with me the clay.
Mold me and make me, just as You wish.
Upon You I wait, Lord, humble and meek.

Do only Thy will, Lord, your will with me.
Test and search me, although, I might suffer.
Whiter than snow, Lord, wash me today.
Close to thy feet, Lord, I want to stay.

Do only Thy will, Lord, your will with me.
Weary and lonely, please, stand by me.
Touch and heal me, Saviour, I pray.
You can, Almighty, rule over me.

Do only Thy will, Lord, your will with me.
til’ my whole life, is devoted, to You.
make my heart, oh Saviour, Thy throne.
for all to see, Christ, dwelling in me.

Friday, August 27, 2010

To Jean: Pottebakker


So bietjie agtergrond. Jean het ’n briefie aan my geskryf en gevra of daar ’n Engelse weergawe bestaan van die Hallelujah lied: Doen slegs U wil.

To Jean – I searched high and low but it seems that no English version for this beautiful song exist. In any case, none that I am aware of.
In the old Hallelujah Book it use to be song number 286.

Here are the word of all the verses of this song of praise.

HALLELUJAH 286

1. DOEN SLEGS U WIL, HEER, U WIL MET MY,
U, POTTEBAKKER, MET MY, DIE KLEI;
VORM MY EN MAAK MY NET SOOS U WIL;
OP U SLEGS WAG EK, NEEDRIG EN STIL.

2. DOEN SLEGS U WIL, HEER, U WIL MET MY,
TOETS EN DEURSOEK MY, AL MOET EK LY!
WITTER AS SNEEU, HEER, WAS MY VANDAG;
LAAG AAN U VOETE WIL EK STEEDS WAG.

3. DOEN SLEGS U WIL, HEER, U WIL MET MY,
MOEG EN VERLATE, O STAAN MY BY!
RAAK EN GENEES MY, HEILAND EN HEER;
U KAN ALMAGTIG OOR MY REGEER!

4. DOEN SLEGS U WIL, HEER, U WIL MET MY,
TOT HEEL MY LEWE U IS GEWY.
MAAK VAN MY HART, O HEILAND, U TROON,
TOT ELKEEN CHRISTUS IN MY SIEN WOON.

vir die wat Vader se Hebreeuse name gebruik is die woorde as volg.

HALLELUJAH 286

1. DOEN SLEGS U WIL, YAH, U WIL MET MY,
U, POTTEBAKKER, MET MY, DIE KLEI;
VORM MY EN MAAK MY NET SOOS U WIL;
OP U SLEGS WAG EK, NEEDRIG EN STIL.

2. DOEN SLEGS U WIL, YAH, U WIL MET MY,
TOETS EN DEURSOEK MY, AL MOET EK LY!
WITTER AS SNEEU, YAH, WAS MY VANDAG;
LAAG AAN U VOETE WIL EK STEEDS WAG.

3. DOEN SLEGS U WIL, YAH, U WIL MET MY,
MOEG EN VERLATE, O STAAN MY BY!
RAAK EN GENEES MY, HEILAND EK BID;
U KAN ALMAGTIG OOR MY REGEER!

4. DOEN SLEGS U WIL, YAH, U WIL MET MY,
TOT HEEL MY LEWE U IS GEWY.
MAAK VAN MY HART, O HEILAND, U TROON,
TOT ELKEEN YAHSHUA IN MY SIEN WOON.

As daar enige van die lesers bewus is van ‘n Engelse weergawe van die lied sal ek dit waardeer indien julle dit vir my kan aanstuur sodat ons dit hier kan plaas vir Jean.

Jean – if need be, we can translate the words for you but it would probable not fit in with the chorus of this song. I am not sure if you are just looking for a translation or a translated song that fit in with the chorus.

Please let me know.

Thursday, August 26, 2010

Geniet Jou Lewe Elke Oomblik


Eendag lank gelede was daar ’n visserman wat rustig ’n middagslapie onder die boom langs die strand geniet het. Skielik is daar ’n ryk sakeman wat daar verby gaan en hy stap na die visserman en vra aan hom hoekom werk hy nie. Die arm visserman antwoord dat hy genoeg vis vir die dag gevang het om te voorsien in sy en sy gesin se behoeftes.

By die aanhoor van die argument raak die ryk sakeman briesend en vra: “Hoekom vang jy nie meer visse nie in plaas daarvan om hier in die skaduwee te lê en jou tyd te mors?”

Die visserman vra: “Wat sal ek doen as ek meer visse vang?”

Sakeman: “Die visse wat jy meer vang, kan jy verkoop en meer geld verdien. Die geld kan jy gebruik om ’n groter boot te koop.”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan dan in dieper waters gaan visvang, nog meer visse vang en sodoende nog baie meer geld verdien.”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan meer bote koop en ’n klomp mense in diens neem wat vir jou werk en nog meer geld verdien?”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan ’n ryk sakeman word soos ek.”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan dan jou lewe in rus en vrede geniet.”

Visserman: “Wat dink jy is ek besig om nou te doen?”

Les: Jy hoef nie vir môre te wag om gelukkig te wees en jou lewe te geniet nie. Jy hoef inteendeel nie ryker of mooier of slimmer te wees om jou lewe te geniet nie.

’n Vername man het eens gesê: “My rykdom bestaan nie uit die omvang van my besittings nie maar uit die geringheid van my behoeftes.”

Monday, August 23, 2010

Rose vir Mamma


Die middeljarige man stop by die bloemiste, hy wil gou ’n bestelling plaas vir blomme wat deur Interflora aan sy moeder gestuur moet word. Dit is môre haar sewentigste verjaarsdag maar hy sal nie môre kans kry om die twee honderd kilometer af te lê om die blomme vir haar te neem nie.

Terwyl hy uit sy motor klim merk hy die meisie op wat op die sypaadjie sit en huil.
Hy vra haar wat is fout en sy antwoord, “Ek wil graag ’n rooi roos vir my moeder koop, maar ek het net een rand en die rose kos vyf rand ’n roos.”

Die man glimlag en sê, “Kom saam met, ek sal vir jou ’n mooi rooi roos koop.” Hy koop toe vir haar die roos wat sy graag wil hê en plaas die bestelling vir sy ma se blomme. Terwyl hulle uit die winkel stap bied hy aan om haar by die huis te gaan aflaai.

Sy antwoord, “Ja, asseblief! Maar sal u my na my moeder toe neem.”

Sy beduie vir die man die pad en weldra arriveer hulle by die begraafplaas. Sy klim uit en stap na een van die nuut opgemaakte grafte en plaas die roos op die vars hopie grond wat oor die graf is.

Die man het teruggegaan na die bloemiste, die Interflora bestelling gekanselleer, die grootste bos blomme in die blomme winkel uitgesoek en die twee honderd kilometer gery na sy ma se huis.

Ons moet aan hulle vir wie ons lief is blomme gee terwyl hulle lewe, wanneer hulle dood is, kan hulle dit nie waardeer nie.

Thursday, August 19, 2010

’n Glimlag


’n Glimlag kos niks nie, maar gee so baie.

Dit verryk die een wat dit ontvang, sonder om die een wat dit gee armer te maak.

Dit neem slegs ’n oomblik, maar die herinnering daarvan kan soms ’n leeftyd hou.

Niemand is so ryk of vernaam dat hy daarsonder kan klaarkom nie en niemand so arm sal dit hom nie sal opbeur nie.

’n Glimlag skep blydskap in die huis en is ’n bevestigings teken van vriendskap.

Dit hef die mismoedige op, is soos sonskyn vir die hartseer en is die natuur se beste teenmiddel vir probleme.

Maar tog kan dit nie gekoop, gebedel, geleen of gesteel word nie omdat dit iets is wat geen waarde het vir enigeen totdat dit weggegee word nie.

Sommige mense is te moeg om te glimlag.

Gee hulle vandag een van joune want niemand het ’n glimlag so nodig as hy wat nie meer het om te gee nie.

Friday, August 13, 2010

Die Pop en die Wit Roos


Ek was besig om inkopies te doen in die supermark toe ek sien hoe een van die kassiere aan ’n klein seuntjie sy geld teruggee. Die seun kon nie meer as vyf of ses jaar oud wees nie.
Die kassier het gesê, “Ek is jammer seun, maar jy het nie genoeg geld om die pop te koop nie.”
Toe draai die seun na die ou dame wat langs hom staan en vra, “Ouma, is jy seker ek het nie genoeg geld om vir die pop te betaal nie?”
Die ou dame antwoord, “Jy weet jy het nie genoeg geld om die pop te koop nie, my skat.”
Sy vra die seun om daar vir haar te wag vir ’n wyle want daar is nog ’n paar goedjies wat sy moes kry. Sy is haastig daar weg terwyl sy met haar hand oor haar wang vee.

Die jong seun het steeds die pop in sy hande vasgehou. Ek kon myself nie keer nie en stap na hom en vra vir wie wil hy so graag die pop gee. “Dis die pop wat my suster die meeste begeer het en sy wou dit graag vir haar verjaarsdag gehad het. Sy was seker sy sou dit die jaar met haar verjaarsdag kry.” Ek antwoord toe dat miskien sal mamma en pappa dit dalk nog vir haar gee die jaar met haar verjaarsdag.
Maar hy antwoord my met ’n groot hartseer in sy stem, ”Nee, pappa sal nie die pop vir haar kan gee daar waar sy nou is nie. Ek moet die pop vir my mamma gee sodat sy dit vir my sussie kan gee wanneer sy soontoe gaan.”

Sy ogies skiet vol trane terwyl hy my vertel. “My sussie is weg om saam met Yahshua te wees. Pappa sê dat mamma ook binnekort na Yahshua sal gaan, so ek het gedink dat sy die pop saam kan neem om vir my sussie te gee. Pappa kan my nie kom help met die pop nie, want hy is die hele tyd langs mamma se bed.” My hart het ineen gekrimp en amper gaan staan.
Die klein seuntjie kyk op na my en sê, “Ek het vir pappa gesê dat hy vir mamma moet sê dat sy nie nou dadelik moet gaan nie. Sy moet so bietjie wag totdat ek terugkom van die supermark af.”

Hy wys my toe ’n baie mooi foto van homself waar hy uitbundig lag. Hy vertel my toe, “Ek wil hê mamma moet die foto van my saamneem sodat sy my nooit sal vergeet nie.” “Ek is lief vir my mamma en ek wens dat dit nie nodig was dat sy moet gaan en my agterlaat nie, maar pappa sê dat sy moet gaan om saam met sussie te wees.” Hy kyk weer af na die pop in sy hande met hartseer oë vol trane.

Ek haal vinnig my beursie uit en sê vir die seun, “Kom ons kyk weer na jou geldjies, net ingeval jy dalk genoeg het vir die pop?” “OK” sê hy, “Ek hoop ek het genoeg.” Ek het van my geld bygelas sonder dat hy dit opmerk en ons begin te tel. Daar was genoeg vir die pop en ook nog bietjie kleingeld. Die klein seuntjie sê, “Dankie, YaHWeH dat U aan my genoeg geld gegee het!” Hy kyk toe na my en voeg by, “Ek het laas nag voordat ek gaan slaap vir Yahshua gevra om seker te maak dat ek genoeg geld sal hê om die pop te koop sodat mamma dit vir my sussie kan saamneem. Hy het na my geluister!” “Ek wou ook nog ’n ekstra geldjie gehad het om vir mamma ’n wit roos te koop maar ek het nie gewaag om te veel van YaHWeH te vra nie. Maar Hy het my genoeg gegee om die pop te koop en ’n wit roos vir mamma.” “My mamma is baie lief vir wit rose.”

’n Paar minute later het die ou dame terug gekeer en ek is daar weg met my inkopie mandjie. Ek het my inkopies klaargemaak in ’n heeltemal ander gemoedstoestand as dit waarmee ek begin het. Ek kon nie die jong seun uit my gedagtes kry nie. Toe onthou ek van die artikel in die plaaslike koerant, so twee dae gelede, wat melding gemaak het van die dronk bestuurder in sy vragmotor wat die motor getref het waarin ’n jong vrou en haar dogter was. Die klein dogtertjie is opslag dood en die moeder was in ’n kritieke toestand in die hospitaal. Sy was gekoppel aan ’n hart- long masjien en was in ’n koma. Daar was nie veel hoop vir haar gewees nie.

Was dit dalk die familie van die jong seun?

Twee dae na my ontmoeting met die seun in die supermark, lees ek in die koerant dat die jong vroutjie oorlede is.
Ek kon myself nie keer toe ek ’n groot bos wit rose koop en na die kapel neem waar die roudiens vir die jong vroutjie sou plaasvind nie.
Sy het so vreedsaam gelyk terwyl sy die mooiste wit roos in haar hand het met die foto van die jong seun en die pop wat op haar bors geplaas is.

Ek is daar weg met trane wat kort-kort opwel en ’n gevoel dat my lewe vir ewig verander het. Die liefde wat die jong seun vir sy moeder en sussie gehad het, is tot vandag toe, ingeëts in my geheue.

Die waarde van ’n man of vrou is geleë in wat hy of sy gee en nie wat hul in staat is om te ontvang nie....

Onbekend

Wednesday, August 11, 2010

Om Soos ’n Kind te Verstaan


Verlede week bel ’n vriend van my en begin my te vertel van die groepie mense wat hy ontmoet het. Die persone vier die Sabbat op verskillende dae. Klaarblyklik word die dae uitgewerk volgens seisoene en die maan kalender.

Dit beteken dat die Sabbat nie elke Saterdag is nie maar dat dit volgens die betrokke kalender of op ’n Maandag, of ’n Woensdag of enige ander dag van die week kan wees. Dit het ’n geleerde drie jaar geneem om die kalender uit te werk.

My vriend was bietjie ongemaklik met die manier van Sabbat viering en die groep mense het hom gereeld aangevat oor hoe ons die Sabbat onderhou naamlik van Vrydae sononder tot Saterdae sononder. Hulle voel dat hulle ingewikkelde kalender die korrekte een is.

Hy wou toe by my weet wat hy die mense kon antwoord. Miskien moet ek dalk eers verduidelik hoekom hy my gevra het. Ek het in 2007 ’n boekie vertaal en bygewerk wat handel oor die Bybels Feesdae. Dit sou seker baie maklik gewees het om vir hom die verse in die Bybel aan te haal wat alles handel oor die Sabbat en die Sabbat onderhouding.

Maar..

Vader het die keer ’n ander antwoord in my mond geplaas, wat myself eintlik verbaas het.
Die antwoord was. “Vrae vir een van die jong kinders van die groep, van so ongeveer twaalf jaar, wanneer die Sabbatte vir die volgende paar maande is en of hy dit self kan uitwerk.
Indien dit ’n geleerde drie jaar geneem het om dit uit te werk is dit redelik seker dat die jongman dit nie sal kan uitwerk nie.
Die Woord is bedoel dat self ’n jong kind dit kan verstaan. Vader vereis nie dat ’n persoon ’n graad of diploma moet hê om Sy Woord te verstaan nie. Sy Woord is bedoel vir Sy hele volk. Inteendeel, gebeur dit dat hoe slimmer die mense is hoe minder verstaan hulle Yahweh se Woord.”

Soos kinders – soos babas – begin ons in ons opvoeding aan die voete van ons Meester Yahshua. So leer Hy ons om die Almagtige te ken. Stukkie vir stukkie sodat ons nie verstik in die lering nie. Op die manier begin die letterlike Woord ook elke keer vir ons ’n al hoe dieper betekenis te kry.

Ons geloofslewe is ook baie soos ons aardse bestaan – ons word gebore, ons word gevoed, met sagte fyn kossies sodat ons nie verstik nie, sodat ons mooi groot en sterk kan word. In die begin lê ons soos babas wat net eet en slaap en later begin ons te kruip, te loop en te hardloop. Ons dieet verander ook na vaste spyse om ons groei en lewe in stand te hou.

Die probleem is dat baie van ons het gebly in die baba stadium met die fyn kossies en die slaap. Hoeveel verloor ons nie omdat ons nie wil opstaan en hardloop in die geloof nie?

Laat ons glo soos kinders en hardloop soos die jeug.

MATT 11:25 : IN daardie tyd het JaHWèshua gespreek en gesê: Ek loof U, VADER, JaHWeH van die Hemele en die Aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en geleerdes en dit aan kindertjies geopenbaar het.

MATT 18:3 : en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die Koninkryk van die Hemele ingaan nie!

Thursday, August 5, 2010

Drie Woorde en Hulle Spesiale Effek



+ LAAT MY HELP – Goeie mense en vriende doen dit wanneer hulle ’n naaste sien wat seer het, hulle spring in en help.

+ EK VERSTAAN JOU – ’n kragtige hulpmiddel om enige verhouding te genees en nader aan mekaar te kom.

+ EK RESPEKTEER JOU – ’n ander manier om liefde te betoon in alle interpersoonlike verhoudings.

+ EK MIS JOU – hierdie kragtige bevestiging vertel aan die ander persoon dat hulle belangrik is, dat jy hul nodig het en dit lekker is om saam met hulle te wees.

+ JY IS REG – die beste om enige argument te ontlont.

+ VERGEWE MY ASB. – heel en herstel gebroke verhoudings.

+ EK DANK JOU – dankbaarheid is ’n uitsonderlike vorm van beleefdheid.

+ REKEN OP MY – lojaliteit is ’n belangrike bestanddeel in enige verhouding.

+ EK IS DAAR – ’n groot geskenk om te gee vir ’n verhouding waarvan liefde en vriendskap hernuwe moet word.

+ GAAN VIR DIT – die beste manier om die ander persoon te ondersteun en motiveer om hulle drome en ideale te bereik.

EN DIE BONUS

+ EK LIEF JOU – die mees belangrikste drie woordjies wat al die bogenoemde omsluit.