Monday, November 28, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (10) (Einde)


Hoofstuk 51 Simeon, die hoëpriester.

1 GROOT onder sy broers en die sieraad van sy volk was Simeon, die seun van JeHôWanan, die priester; in wie se tyd die Tempel besoek is, en in wie se dae die Tempel versterk is;
2 in wie se dae die muur gebou is met hoektorings vir beskerming, soos die paleis van ‘n koning;
3 in wie se tyd ‘n opgaardam gegrawe is, ‘n waterbak, soos die see in sy gedruis [van water].
4 Hy was bekommerd oor sy volk vanweë die berowing en het sy Stad versterk teen die vyand.
5 Hoe glansryk was hy wanneer hy uit die Tent uitkyk en wanneer hy uit die Apartheid te voorskyn kom!
6 Soos ‘n ligtende Ster tussen die wolke uit, en soos die maan in sy volheid;
7 en soos die son wat opgaan oor die paleis van die koning, en soos die reënboog wat in die Wolkkolom gesien word;
8 soos ‘n bloeisel in die takke gedurende die feesdae, en soos ‘n lelie op waterstrome; soos die uitspruitsel van die Libanon in die dae van die somer [vrugte],
9 en soos vuur van wierook by die spysbydrae; soos ‘n goue voorwerp in die huis van ‘n edelman wat uitgelê is met kosbare stene;
10 soos ‘n groen Olyfboom vol bessies, en soos ‘n wilde-olyfboom oortrek met takke.
11 [So is hy] wanneer hy pragtige klere aantrek en hy beklee word met sierlike klere; wanneer hy opgaan na die altaar van majesteit en die voorhof van die Plek van Apartheid glansryk maak;
12 wanneer hy die stukke vleis uit die hand van sy broers aanneem en hom plaas by die gerangskikte hout, met rondom hom ‘n krans van seuns, soos sedersteggies op die Libanon; en hulle hom omring soos wilgers van die vywer,
13 al die seuns van Aäron in hulle glorie, en die vuurbereidings van JaHWeH in hulle hand voor die hele vergadering van JisraEl.
14 Totdat hy die bediening van die altaar voltooi en die gerangskikte hout van die Hoogste El in gereedheid gebring het,
15 en sy hand uitgestrek het na die Beker en die bloed van die druif uitgegiet het, ja, hom uitgestort het by die voet van die altaar om ‘n welriekende reukwerk te wees vir El, die Hoogste El.
16 Dan het die kinders van Aäron, die priesters, geblaas op die trompette van dryfwerk; ja, hulle het geblaas en ‘n kragtige stem laat hoor om te dien as gedagtenis voor die Hoogste El.
17 Dan het alle vlees tesame gehaas, en hulle het op hulle aangesigte na die Aarde toe geval om te aanbid voor die Hoogste El, voor die Aparte Een van JisraEl.
18 En die geluid van ‘n lied is gehoor, en oor die menigte het hulle Sy lamp aangesteek,
19 en die hele volk van die Aarde het uitgeroep in gebed voor die Barmhartige, totdat hy die bediening van die altaar voltooi het en die dinge wat Hom toekom na Hom toe nader gebring het.
20 Dan het hy afgedaal en sy hande opgehef oor die hele vergadering van JisraEl, en die seën van JaHWeH was op sy lippe, en met die Naam van JaHWeH het hy Hom geprys.
21 En hulle het vir die tweede keer neergeval [die hele volk voor sy aangesig],
22 Loof tog nou JaHWeH, die Elohey van JisraEl, Hy wat wonderbaarlik handel op die Aarde, wat ‘n adamiet van die moederskoot af laat grootword en met Ons handel volgens Sy welbehae.
23 Mag Hy aan julle Wysheid van hart gee, en mag daar Vrede onder julle wees.
24 Mag Sy Guns met Simeon bevestig word, en mag Hy vir Hom die Verbond van Pínehas oprig; mag niemand van hom uitgeroei word nie, en wat sy saadlyn betref, mag hulle ewigdurend wees.

Drie haatlike volke.
25 AAN twee nasies het My Siel ‘n afsku, ja, aan ‘n derde, wat geen volk is nie;
26 die bewoners van Seïr en Filistea, en die dwase volk wat in Sigem woon.

Epiloog.
27 WYSE onderrig en ‘n kunstige spreuk vir Simon die seun van Jehshua, die seun van El-Azar, die seun van Sirah wat hy gespreek het in die uitlegging van sy hart en wat hy met verstandigheid geleer het.
28 Geseënd is die man wat hierdie dinge bepeins, en hy wat die ter harte neem, sal wys word.
29 Want as hy dit doen, sal hy sterk wees vir alle dinge; want die Vrees van JaHWeH is lewe!

Hoofstuk 52 Aanhangsel: ’n gebed van JeHôWshua ben Sirah.

1 EK wil U dank, O JaHWeH en Koning, en Ek wil U loof, O El, My Verlosser. Ek wil U Naam loof,
2 want U het My Siel van die Dood gered, U het My vlees van vernietiging teruggehou, en uit die mag van die Doderyk/Sheol het U My Siel verlos; U het My verlos van die skinderpraatjies van ‘n volk, van die gesel van ‘n tong wat laster en van ‘n lip wat hom wend tot leuens; in die aangesig van hulle wat teen My opstaan, was U aan My kant, U het My gehelp
3 ooreenkomstig die grootheid van U Barmhartigheid uit die strik van hulle wat wag hou oor My struikeling en uit die mag van hulle wat My Siel soek; uit menigvuldige benoudhede het U My verlos
4 en uit die verdrukkinge van die vlam rondom en uit die gloed van die vuur wat [Ek] nie aangeblaas het nie,
5 uit die diepte van die moederskoot van die Doderyk/Sheol, uit bedriegike lippe en die wat met leuens pleister,
6 en [van] die pyle van ‘n bedrieglike tong. En My Siel het geraak aan die Dood, en My lewe tot aan die onderste van die Doderyk/Sheol.
7 En Ek het My na alle kante gewend, maar daar was geen helper vir My nie, en Ek het uitgekyk na een wat ondersteun, en daar was nie.
8 Toe het Ek gedink aan die Ontferming van JaHWeH en aan Sy gunsbewyse wat van ewigheid af is, Hy wat dié red wat op Hom vertrou en wat hulle verlos uit elke verdrukking.
9 En Ek het My Stem van die Aarde af verhef en uit die poorte van die Doderyk/Sheol het Ek om hulp geroep.
10 Toe het Ek na JaHWeH geroep, die Vader, My Meester: My Vader is U, moenie My verlaat in die dag van beproewing, in die dag van woesteny en van verlatenheid nie.
11 Ek wil U Naam voortdurend loof en Ek wil aan U dink in die gebed. Toe het JaHWeH My Stem gehoor en Hy het die Oor geneig tot My smekinge
12 en Hy het My verlos uit elke verdrukking en Hy het My gered uit die dag van beproewing. Daarom wil Ek dank en loof en wil Ek die Naam van JaHWeH prys.

Lof op die verkryging van Wysheid.
13 EK was ‘n Jongeling en Ek het Wysheid openlik gesoek in My gebede en ‘n welbehae in Haar gehad.
15 In Haar Waarheid het My voet getree, reeds van My jeug af het Ek Wysheid geleer. En Ek het ‘n gebed gebid in My jeug,
16 en Ek het baie Kennis gevind.
17 Haar juk was vir My tot eer, en aan My Leermeester sal Ek dank betuig.
18 Ek het gedink om goed te doen en Ek het nie verander nie, want Ek het Haar gevind.
19 My Siel het Haar aangekleef, en My Aangesig sal Ek van Haar nie afkeer nie.
20 My Siel het Ek gegee om Haar te volg, en vir Ewig tot in Ewigheid sal Ek nie van Haar af wegdraai nie. My hand het Haar Poorte geopen en vir Haar het Ek ingesluit en na Haar het Ek gekyk; en in Haar suiwerheid het Ek Hom gevind, en [My] Hart het Ek vir Hom gereed gemaak van die begin af, daarom sal Ek Haar nie verlaat nie.
21 My ingewande is in beroering soos ‘n oond om Hom te sien, daarom het Ek Haar as ‘n suiwer besitting verkry.
22 JaHWeH het aan My die loon van My Lippe gegee, en met My Tong sal Ek Hom dank.
23 Wend julle na My, o dwase, en oornag in My skool.
24 Hoe lank sal julle aan hierdie dinge gebrek hê, en sal julle siel baie dorstig wees?
25 My mond het Ek oopgemaak en Ek het oor Haar gespreek; verkry vir julle Wysheid sonder silwer.
26 En bring julle nekke onder Haar juk in, en laat julle siel Haar las dra. Sy is naby die wat Haar soek, en hy wat sy siel gee, sal Haar vind.
27 Kyk met julle oë dat Ek klein was en dat Ek My met Haar bemoei het en Haar gevind het.
28 Menigtes, luister na My lering in My jeug, en silwer en goud sal julle by My vind.
29 Mag My Siel hom verbly in My [Jeshiba], en julle sal nie beskaamd staan oor die lied van My nie.
30 Verrig julle werk in Geregtigheid, en Hy sal julle jul loon gee op Sy tyd.


So het ons aan die einde gekom van die Boek Ekklesiastikus. Ek hoop van harte dat julle dit saam geniet het om te lees aan die wysheid wat daar vir ons uitgegiet is deur die boek.

Friday, November 25, 2011

10 Goue Reëls


1) 'n Gebed is nie soos 'n "spaarwiel" wat 'n mens slegs gebruik
wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "stuurwiel" wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.

2) Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en
slegs so klein truspieël? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So kyk vorentoe en beweeg aan.

3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n
boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.

4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan
geniet dit, dit sal nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan moenie bekommer nie want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.

5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy
'n diamant kry moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om te set.

6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor dink jy dit is die einde,
YaHWeH glimlag dan daar bo en sê, "Kalmeer, my geliefde, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"

7) Wanneer YaHWeH jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame
vermoë; wanneer YaHWeH nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou

8) 'n Blinde vra op 'n dag "Is daar iets erger as om
jou sig te verloor?" Die antwoord "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."

9) Wanneer jy vir ander bid, YaHWeH luister na jou en seën hulle en
soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.

10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit
neem die vrede van vandag weg.

Tuesday, November 22, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (9)


Hoofstuk 46

1 GELIEF deur Elohim en adamiet was Moshè - salige nagedagtenis!
2 En Hy het hom verhoog en apartgestel, en Hy het hom sterk gemaak in verhewe dinge.
3 Deur sy woorde het hy wondertekens verhaas, en Hy het hom sterk gemaak in teenwoordigheid van die koning. En Hy het hom bevel gegee aangaande Sy volk en Hom Sy Glansrykheid laat sien.
4 Op grond van sy betroubaarheid en nederigheid het Hy hom uit alle vlees verkies.
5 En Hy het hom Sy stem laat hoor en hom laat nader kom na die donker Wolkkolom. En Hy het die Gebod in sy hand geplaas, die Wet van die Lewe en van Kennis; om in Jakob Sy Verbonde te leer, en Sy Regsprake aan JisraEl.

Aäron en Pínehas.
6 EN die het Aäron, die aparte, van die stam van Levi, verhef
7 en met hom ‘n ewige Verbond gesluit, en priesterskap op hom geplaas; en hy het Hom gedien in Sy Glansrykheid, en Hy het hom omgord soos die horings van ‘n wilde os; en Hy het hom beklee met klokkies,
8 en Hy het hom beklee met suiwere skoonheid, en Hy het hom versier met Glansrykheid en Sterkte: met broeke, onderkleed en oorkleed;
9 en Hy het hom omring met belletjies en ‘n menigte granate rondom om ‘n lieflike klank te gee in sy voetstappe, om in die Apartheidsplek sy geluid te laat hoor, as ‘n herinnering vir die kinders van sy volk:
10 met die kledingstukke van Apartheid, van goud en koningsblou en purper, ‘n werk van die ontwerper; met die borslap van gerig, die efod en gordel,
11 en met karmosyn draad, ‘n werk van die wewer; met kosbare stene op die borslap, seël-ingraveringe in hulle monture, elke kosbare steen is ter herinnering in gegraveerde skrif, volgens die getal van die stamme van JisraEl.
12 Met ‘n kroon van suiwer goud bo-op die tulband, en die inskripsie van Apartheid, met seël-ingraveringe - pragtige sieraad, magtige roemteken, die begeerte van die oog en volkome skoonheid!
13 Voor hom was dit nie so nie, en tot in ewigheid sal ‘n verbasterde hom nie so klee nie; so is dit alleen vir hom en sy seuns, en so vir hulle geslagte.
14 Sy bydraes is volkome verteer, twee keer elke dag, voortdurend.
15 Moshè het hom in die amp gestel, en hy het hom met olie van Apartheid gesalf; en sy was vir hom ‘n ewige Verbond en vir sy saadlyn volgens die dae van die Hemele om [Hom] te dien en vir Hom die priesterlike amp te vervul en om Sy volk in Sy Naam te seën.
16 En Hy het hom verkies uit al wat lewe om aan JaHWeH die brandoffer en vetstukke nader te bring en om ‘n lieflike reuk te berei as ‘n gedagtenis en om versoening te doen oor die kinders van JisraEl.
17 En Hy het aan hom Sy Gebooie gegee, en Hy het aan hom gesag gegee oor Insettinge en Reg, dat hy Sy volk die Insettinge mag leer, en die Reg aan die kinders van JisraEl.
18 Maar vreemdes was vertoorn op hom en hulle was naywerig teen hom in die wildernis; die manne van Datan en Abíram, en die vergadering van Korag in die krag van hulle toorn.
19 Maar JaHWeH het dit gesien en vertoornd geword en hulle vernietig in die gloed van Sy Toorn: en Hy het hulle tot Teken gestel en hulle verteer met die vlam van Sy Vuur.
20 En Hy het vir Aäron Sy Glansrykheid vermeerder en hom sy Erfdeel gegee: die gewyde gawes het Hy vir hom as voedsel gegee;
21 die vuurbereidings van JaHWeH kon hulle eet; die toonbrode was sy deel, en die spysbydraes vir hom en sy saadlyn.
22 Maar in die Aarde van die volk mag hy nie erwe nie, en onder hulle mag hy die erfenis nie deel nie; die vuurbereiding van JaHWeH is sy deel en sy erfenis te midde van die kinders van JisraEl.
23 En ook Pínehas, die seun van El-Azar het deur manmoedigheid die derde plek geërwe op grond van sy ywer vir Elohim in alles, en dat hy gestaan het in die bres van sy volk, en sy hart hom daartoe genoop het, en hy versoening gedoen het oor die kinders van JisraEl. [Númeri 25]
24 Daarom het Hy ook vir hom ‘n Insetting vasgestel, ‘n Vredesverbond om die Apartheid te onderhou: dat vir hom en sy saadlyn sal wees die hoëpriesterskap tot in ewigheid. [Númeri 25]
25 En Sy Verbond was ook met Dawid, die seun van Isai uit die stam van JeHûWdah; die erfenis van die koning is vir sy seun alleen, terwyl die erfenis van Aäron vir sy hele saadlyn is. En nou, loof tog JaHWeH, die Suiwere, wat julle kroon met Glansrykheid;
26 mag Hy vir julle gee Wysheid van hart om Sy volk te rig in Geregtigheid; dat julle voorspoed nie vergeet mag word nie, en [ook nie] julle heldhaftigheid vir ewige geslagte nie.


Hoofstuk 47 JeHôWshua, Kaleb en die Rigters.

1 ‘N MAGTIGE dappere was JeHôWshua, die seun van Nun, ‘n dienaar van Moshè in die profetiese amp, wat geformeer was om in sy dae te wees ‘n groot Verlossing vir sy uitverkorenes, om wraak te neem op [die wraakneminge van] die vyand, en om JisraEl in hul erfenis te plaas.
2 Hoe glansryk was hy toe hy sy hand uitgestrek het en toe hy die Swaard teen die stede geswaai het!
3 Wie is hy wat voor haar stand kon hou, want JaHWeH self het SY vyande na hom gebring.
4 Het die son nie deur sy toedoen gestaan, [sodat] een dag soos twee geword het nie?
5 Want hy het tot El, die Hoogste El, geroep toe hy in nood was met vyande rondom [hom]; en El, Hoogste El het hom geantwoord met haelstene en stukke ys;
6 en Hy het dit gewerp op die vyandige volk, en in die neerdaling het Hy die wat opgestaan het, vernietig, sodat elke volk wat vir die banvloek bestem is, mag weet dat JaHWeH op hulle oorloë let; en ook omdat hy volkome agter die Almagtige gevolg het,
7 en in die dae van Moshè vroom gehandel het, hy en Kaleb, die seun van Jefúnne, om vas te staan toe die vergadering losgebreek het, om die toorngloed van die vergadering af te wend en om die besoedelde gerug te laat ophou;
8 daarom is ook hulle twee behou uit die seshonderdduisend voetgangers om hulle na hulle Erfdeel te bring, ‘n Aarde wat vloei van melk en heuning.
9 Ook het Hy aan Kaleb Sterkte gegee, en tot die grysheid het dit by hom gebly, om hom te laat tree op die hoë plekke van die Aarde, en ook het sy saadlyn ‘n Erfdeel beërwe,
10 sodat die hele saadlyn van Jakob kan weet dat dit goed is om volkome agter JaHWeH aan te gaan.
11 Ook die Rigters, elkeen met name, elkeen wie se hart nie mislei is nie en wat nie weggedraai het van agter JaHWeH vandaan nie; mag hulle nagedagtenis tot ‘n seën wees.
12 Mag hulle gebeente uitspruit uit hulle plek, en hulle naam hom vernuwe vir hulle kinders.

ShemuEl.
13 BEMINDE van sy volk en een wat welgevallig was vir sy Maker was hy wat gevra was van die skoot van sy moeder af; ‘n Separatis van JaHWeH in die profetiese amp: ShemuEl, wat opgetree het as rigter en as diensdoende priester. Deur die Woord van JaHWeH het hy die koningskap opgerig en het hy vorste oor die volk gesalf.
14 Deur middel van die Wet van JaHWeH het hy aan die vergadering bevel gegee en het hy die Elohey van Jakob gesoek.
15 Deur sy betroubaarheid is die siener gesoek, en ook in sy woord is die siener getrou bevind.
16 Ook het hy tot Elohim geroep toe hy in nood was vanweë sy vyande van rondom, terwyl hy ‘n lammetjie wat nog drink, aangebied het.
17 En JaHWeH het vanuit die Hemele laat donder, in ‘n geweldige gekraak is SY Stem gehoor,
18 en Hy het die garnisoen van Tirus onderwerp en al die vorste van die Filistyne vernietig.
19 En die tyd toe hy op sy bed gelê het, het hy JaHWeH en Sy Gesalfde tot Getuie geroep: ‘n losprys en ‘n borg - van wie het Ek [dit] geneem? En niemand het hom geantwoord nie. En ook tot die tyd van sy einde is hy wys bevind in die Oë van JaHWeH en in die oë van al wat lewe.
20 En selfs na sy dood is hy gesoek en het hy aan die koning sy weë bekend gemaak; en hy het uit die Aarde sy stem verhef in ‘n profesie om die besoedeling van die volk te laat ophou.


Hoofstuk 48 Dawid.

1 EN dan na hom het Natan opgestaan om homself voor Dawid te stel.
2 Want soos die vet wat weggeneem is van die slagdier, so was Dawid [weggeneem uit die kinders] van JisraEl.
3 Met jong leeus het hy gespeel soos met ‘n bokkie, en met bere soos met die kalfies van Basan.
4 In sy jeug het hy die reus verslaan en het hy die ewige belediging weggeneem toe hy sy hand met die slinger geswaai het en die trots van Goliat verbreek het.
5 Want hy het JaHWeH, die Hoogste El, aangeroep en Hy het Krag van Sy Regterhand gegee om die man wat vertroud was met oorloë, neer te vel, en om die horing van sy volk te verhoog.
6 Daarom het die dogters vir hom toegesing en hom ‘n erenaam gegee onder tienduisend. Toe hy die kroon opgesit het, het hy geveg
7 en van rondom die vyand onderwerp, en hy het die Filistyne kaal geplunder, en tot op hierdie dag het hy hulle horing verbreek.
8 In al sy werke het hy dank betuig aan El, die Hoogste El, in eerbare woorde; met sy hele hart het hy sy Maker liefgehad, en elke dag het hy Hom aanhoudend geloof.
9 Musiek van snaarinstrumente vir die altaar, en die sing van psalms met harp [-begeleiding] het hy ingestel.
10 Aan die Feeste het hy aantrek-likheid gegee, en hy het die feestye deur die jaar heen vasgestel, wanneer hy die Naam van Sy Apartheid loof, en die regspraak voor die môre weerklink.
11 Ook het JaHWeH sy oortreding vergewe en sy horing vir ewig verhef. En Hy het aan hom die insetting van die koningskap gegee, en sy troon oor Jerusalem vasgestel.

Salomo.
12 TER wille van hom het ná hom opgestaan ‘n wyse seun wat veilig gewoon het.
13 Salomo was koning in sorgelose dae, en Elohim het hom rus gegee van rondom, hy wat ‘n Huis vir Sy Naam opgerig het en vir altyd ‘n Plek van Apartheid daargestel het.
14 Hoe wys was u in u jeug, en [hoe] het u oorgevloei van onderrig soos die Nyl!
15 Die Aarde het u bedek met u insig, en met ‘n verhewe lied het u geloof.
17 Deur liedere, spreuke, raaisels en gelykenisse het u volke verbaas.
16 Tot verafgeleë eilande het u naam gereik, en hulle het gekom om u te hoor.
18 Deur die Naam JaHWeH, die eerbare Naam wat oor JisraEl uitgeroep is. U het goud opgehoop soos yster, en soos lood het u silwer vermeerder.
19 Maar u het u lendene aan vroue gegee en u het hulle laat heers oor u liggaam.
20 En u het u eer bevlek en u het u saad besoedel en toorn oor u saadlyn gebring oor die gekheid in u bed;
21 So is [die volk verdeel] tussen twee septers, en uit Efraim het ‘n koninkryk van rebelsheid [ontstaan].
22 Nogtans het JaHWeH [sy] Guns nie ingetrek nie en Hy het geeneen van Sy Woorde op die Aarde laat val nie. Hy sal die saad en afstammelinge van Sy uitverkorenes nie uitroei nie, en hulle wat Hom liefhet, sal Hy nie vernietig nie; en aan Jakob sal Hy ‘n oorblyfsel gee, en vir Dawid ‘n wortel uit hom.
23 En Salomo het in Jerusalem ontslaap en het na hom die onnoselste saad nagelaat. Ruim in Dwaasheid en met gebrek aan Insig het Rehábeam deur sy raad die volk laat rebelleer. Toe het opgestaan - Jeróbeam, die seun van Nebat, wat oortree het en wat JisraEl die Wet laat oortree het en vir Efraim op pad na besoedeling gelei het,
24 sodat hulle weggedryf het van hulle grond; en hulle oortreding het baie groot geword,
25 en aan alle [vorme van] kwaad het hulle hulself oorgegee, totdat wraak hul oorkom het.

Hoofstuk 49 EliJaHûW en EliShua

1 TOTDAT daar opgestaan het, EliJaHûW, ‘n profeet soos vuur, en sy woorde het gebrand soos ‘n oond.
2 En hy het vir hulle die staf van brood gebreek, en deur sy ywer het hy hulle min gemaak.
3 Deur die Woord van JaHWeH het hy die Hemele gesluit, en drie maal het hy vuur laat neerdaal.
4 Hoe ontsagwekkend was jy, EliJaHûW! Wie soos jy is, sal verglans word,
5 wat ‘n liggaam uit die Dood laat opstaan, en uit die Doderyk/Sheol, volgens die welbehae van JaHWeH;
6 wat konings laat neerdaal het na die kuil, en hulle wat geëerd was, uit hulle [siek-] beddens;
7 wat op Sinai berispinge van JaHWeH gehoor het en op Horeb oordele van wraak.
8 Wat konings vir die vergelding gesalf het en ‘n profeet om plaasvervanger in jou plek te wees;
9 Wat opwaarts geneem is in ‘n warrelwind en deur vurige perde na die hoogte.
10 Wie, soos geskryf is, gereed gehou is vir die tyd om die Grimmigheid voor die Toorngloed te stil, om die hart van die vaders na die kinders te laat terugkeer en om die stamme van JisraEl te herstel. [Maleági 4:6]
11 [Geseënd] is hy wat jou gesien en gesterwe het, [want inderdaad sal hy bly lewe].
12 EliJaHûW is verberg in die warrelwind, en EliShua is vervul met sy gees. In dubbele maat het hy tekens vermenigvuldig, en wonderbaar was alles wat uit sy mond voortgekom het. In sy dae het hy vir niemand uit die pad gegaan nie, en geen sterfling het oor sy gees geheers nie;
13 niks was vir hom te wonderbaar nie, en uit sy graf het sy vlees geprofeteer.
14 Gedurende sy lewe het hy wonderbare dinge gedoen, en in sy dood verbasende werke.
15 Ten spyte van al hierdie dinge het die volk hulle nie bekeer nie en nie opgehou met hulle oortredinge nie; totdat hulle geruk is uit hulle grond en verstrooi is oor die hele Aarde. En vir JeHûWdah is daar min oorgelaat, en net nog ‘n prins vir die huis van Dawid.
16 Sommige van hulle het gedoen wat Reg is, en sommige van hulle het vreeslike oortreding bedryf.

JegizkiJaHûW en JeshaJaHûW.
17 JEGIZKIJAHÛW het sy Stad versterk deurdat hy water in die midde van haar gebring het; en hy het rotse soos koper deurgekap en die poel met berge opgedam.
18 In sy dae het Sanherib opgetrek en die Rábsake gestuur en sy hand teen Sion uitgestrek, en hy het in sy trotsheid gelaster.
19 Toe is hulle geskud in die trotsheid van hulle hart, en hulle het gebewe soos een wat baar.
20 Toe het hulle tot JaHWeH geroep en die hande na Hom uitgebrei. En die Aparte Een het die stem van hulle gebed gehoor en hulle verlos deur die hand van JeshaJaHûW.
21 En Hy het die leër van Assirië geslaan en hulle verstrooi deur ‘n plaag.
22 Want JegizkiJaHûW het gedoen wat goed was, en hy was sterk in die Weë van Dawid, soos JeshaJaHûW, die profeet, hom beveel het, wat groot en betroubaar was in sy gesigte.
23 In sy dae het die son gestaan, en hy het tot die lewe van die koning toegevoeg.
24 In die Krag van die Gees het hy die toekoms gesien en die treurendes van Sion getroos.
25 Tot die ewigheid toe het hy bekend gemaak wat sou wees, en die verborge dinge voor dit gebeur.

Hoofstuk 50 Van JoshiJaHûW tot NegemJaH.

1 DIE naam van JoshiJaHûW is soos welriekende reukwerk wat goed gemeng is, die werk van ‘n salfmenger. Sy nagedagtenis is soet vir die verhemelte soos heuning en soos ‘n psalm op ‘n wynfees.
2 Want hy was bedroef oor Ons afkerigheid en het die ydele gruwels laat ophou;
3 en hy het sy hart volkome aan JaHWeH gegee, en in dae van geweld het hy vroom gehandel.
4 Behalwe Dawid, JegizkiJaHûW en JoshiJaHûW, het hulle almal verderflik gehandel en die Wet van die Hoogste El verlaat: die konings van JeHûWdah, tot hulle einde toe.
5 En Hy het hulle mag aan ander gegee en hulle glorie aan ‘n vermengde [en] dwase volk;
6 en hulle het die Stad van Apartheid aan die brand gesteek en haar paaie verwoes deur die hand van JirmeJaHûW;
7 omdat hulle hom verdruk het, terwyl hy van die moederskoot geformeer is as profeet om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes en om so te bou en te plant en te versterk.
8 JeségiEl het ‘n visioen gesien en die Gérubs van die strydwa bekend gemaak;
9 en ook het hy herinner aan Job wat elke woord in Geregtigheid gehoorsaam het.
10 En ook wat die Twaalf Profete betref - mag hulle bene uitspruit uit hulle plek, hulle wat Jakob genees het en wat hom gered het deur bestendige hoop.
11 Hoe sal Ons Serúbbabel kan grootmaak, hy wat soos ‘n seëlring aan die regterhand was,
12 en ook Jehshua die seun van JôWtsadak, wat in hulle dae die Tempel gebou het en die Tempel van Apartheid verhef het, wat bestem was vir ewige Glansrykheid.
13 NegemJaH, eerbaar is sy nagedagtenis! Hy wat Ons puinhope weer opgerig het en Ons puinhope herstel het, en poorte en grendels daargestel het.

Glansrykheid van Adam.
14 MIN is op die Aarde geformeer soos Henog, en ook hy is van die aangesig weggeneem.
15 Was ooit iemand soos JôWsef gebore? En ook sy liggaam is versoek.
16 Ook Sem en Set en Enos was hoog geëer, maar meer as enige lewende skepsel.

Sunday, November 13, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (8)


Hoofstuk 41 Oor die moeite van die Lewe.

1 GROOT moeite is toebedeel en ‘n swaar juk op die seun van die Adam, vanaf die dag dat hy uit die skoot van sy moeder voortgekom het, tot die dag wanneer hy terugkeer tot die Moeder van al die lewende:
2 Sy gedagtes en angstige hart, hoopvolle verwagting tot die dag van [sy] dood.
3 Van diegene af wat op ‘n verhewe troon sit, tot die een wat geklee is in stof en as;
4 van hom af wat ‘n tulband en voorhoofversiersel dra, tot die een wat ‘n kleed van vel aanhet:
5 [Dit is alles] slegs naywer, angs en skrik, verskrikking van die dood, rusie en getwis! En die tyd wanneer hy op sy bed rus, verander die slaap van die nag sy kennis.
6 ‘n Rukkie, baie gou, ‘n oomblik is hy stil, en dan word hy soos die see tussen die angste uitgewerp. Mislei deur sy eie gesig is hy soos ‘n vlugteling wat vlug vanweë die agtervolger -
7 nou, opgewek, ontwaak hy van sy slaap, en sy vrees is weg.
8 [Daar is] by alle vlees, sowel adamiet as wilde wese, ja, oor die besoedelde sewevoudig van hierdie dinge:
9 pes en bloed, koors en droogte, verwoesting en verbreking, verdruk-king en dood.
10 Vir die besoedeldes is hierdie dinge geskape, en ter wille van hulle het die vloed gekom.
11 Alle dinge van die Aarde sal na die Aarde terugkeer, en wat van bo is na boontoe.
12 Alles, omkopery en onreg, word vernietig, maar ware onderhandeling bly tot in ewigheid.
13 Die rykdom van die onregverdige sal opdroog soos ‘n rivier, en sal verdwyn met ‘n geraas, soos groot onweer in ‘n donderstorm:
14 met sy aanstorming word rotse weggerol - so kom die buit plotseling tot ‘n einde.
15 Die nageslag van die besoedelde sal nie veel takke voortbring nie, maar is besoedelde wortels op die harde rots.
16 Die onkruid aan die oewer van ‘n stroom sal uitgetrek word voor die gras.
17 Maar Suiwerheid sal tot in ewigheid nie beweeg word nie, en Geregtigheid sal vir altyd vas staan.

Oor die vreugde van die lewe.
18 ‘N LEWE van wyn en sterk drank is soet, maar hy wat ‘n skat vind, is beter as albei.
19 ‘n Seun en ‘n stad hou ’n man se naam in herinnering, maar beter as albei is ‘n onberispelike vrou.
20 Wyn en sterk drank verbly die hart, maar die liefde vir Wysheid is beter as albei.
21 Fluit en harp maak die lied soet, maar beter as albei is ‘n suiwere tong.
22 Skoonheid en prag bekoor die oog, maar beter as albei is aalmoese wat red.
23 ‘n Vriend en ‘n metgesel sal hulle by geleentheid gedra, maar beter as albei is ‘n verstandige vrou.
24 ‘n Broer en ‘n helper in ‘n tyd van nood - maar beter as albei is aalmoese wat red.
25 Goud en silwer laat die voet vas staan, maar beter as albei is suiwer raad.
26 Vermoë en krag laat die hart juig, maar beter as albei is die Vrees van JaHWeH. In die Vrees van JaHWeH is daar geen gebrek nie, en daarmee is daar geen behoefte om steun te soek nie.
27 Die Vrees van JaHWeH is soos ‘n Tuin met vrugte en bedek Hom bo alle glorie.

Oor Dood.
28 MY seun, ‘n bedelaarslewe moet jy nie leef nie, dit is beter om te sterwe as om te bedel.
29 ‘n Man wat na die tafel van ‘n verbasterde kyk, sy lewe kan nie gereken word as ‘n lewe nie. ‘n Besoedeling van die siel is sy lekkernye; ‘n wyse, welopgevoede man sal daarop bedag wees.
30 Vir ‘n man met ‘n sterk begeerte is dit soet om te bedel, maar in sy binneste brand dit soos vuur.

Hoofstuk 42

1 A! DOOD, hoe bitter is die herinnering aan jou vir iemand wat vreedsaam [woon] met sy besittings; vir iemand wat geen bekommernisse het nie, en wat in alles voorspoedig is, en wat nog sy voedsel kan geniet.
2 Welkom! Dood, hoe welkom is jou oordeel vir ‘n man van nood en vir een wat geen krag het nie, wat struikel en in alles verstrik raak, wat gebreek is en hoop verloor het.
3 Moenie Dood se vonnis vrees nie, [dit is] jou bestemming, onthou dat die wat voor jou was en die wat na jou kom.
4 Sy is die vonnis van alle vlees vanweë JaHWeH, en hoe kan jy die Wet van die Hoogste El verwerp? [Of jy] vir ‘n duisend jaar, ‘n honderd jaar of tien jaar [lewe], verwyte sal daar in die Doderyk/Sheol nie wees nie.
5 Die saad van oortreders is verwerplik, en ‘n dwase nakomeling is in die woning van die besoedelde.
6 Van die seun van ‘n onregverdige sal die erfdeel weggeneem word en armoede sal voortdurend met sy saadlyn wees.
7 Die kind sal sy besoedelde vader vervloek, want as gevolg van hom word hy [die kind] verwyt.
8 Wee julle, wettelose manne, wat die Wet van die Hoogste El verlaat het.
9 As julle vermeerder, sal dit tot smart wees en as julle kinders voortbring, sal dit wees tot gesug; en as julle sterwe, sal dit wees tot ‘n vervloeking.
10 Alles wat uit die Aarde is, keer tot die Aarde terug; so gaan die besoedelde van vervloeking tot vernietiging.
11 Treur maar oor ‘n adamiet se liggaam, maar die naam van die oortreder sal uitgeroei word.
12 Gee ag op jou naam, want dit vergesel jou meer as duisende skatte van goud.
13 Die suiwer lewe duur ‘n geringe getal dae, maar ‘n suiwer naam duur vir ewig.
14 Luister, o kinders, na die onderrig aangaande skaamte; Verborge wysheid en ‘n begrawe skat, watter nut het hulle albei?
15 Beter is iemand wat sy dwaasheid verberg as iemand wat sy wysheid verberg.
16 Wees dus skaam volgens hierdie woorde. Want nie elke skaamte is gepas om te bewaar nie, en nie elke vorm van skaamte is verkieslik nie.
17 Skaam jou oor ‘n vader en moeder wat vermeng, oor ‘n valse vors en regeerder;
18 oor ‘n leuenagtige regter en regeerder, oor onregverdigheid voor vergadering en volk; oor ‘n onregverdige handeling teenoor metgesel en vriend,
19 en oor diefstal in die plek waar jy vertoef. [Skaam jou] om die Waarheid van Elohim of Sy Verbond te vergeet, en om te leun met elmboë op die tafel; om ‘n geskenk wat gegee is, nie te bedank nie,
20 om stil te wees teenoor hom wat groet; om ‘n hoer aan te staar,
21 om die gesig van jou vriend weg te draai; om ‘n geskenk of porsie van iemand weg te neem, om by ‘n getroude vrou aan te lê en om jouself besig te hou met haar slavin; en om haar bed te nader,
22 om ‘n vriend onvleiende woorde [toe te spreek], en om ‘n geskenk op te volg met ‘n belediging.
23. Dan sal jy weet wat ware skaamte is, en jy sal Guns vind in die oë van die adamiete.

Hoofstuk 43

1 MAAR oor hierdie dinge moet jy nie skaam wees nie en moet nie oortree deur bang te wees wat ander daarvan sal dink nie.
2 oor die Wet van die Hoogste El en die Verbond, en oor regverdigheid om regverdig te handel teenoor die wetsverbreker,
3 om jou rekening te vereffen teenoor ‘n metgesel en mede-reisiger, en oor die verdeling van ‘n erfenis en ‘n besitting;
4 en oor die akkuraatheid van ‘n weegskaal en gewigte, oor groot of klein winste,
5 oor wins uit transaksies, oor die veelvuldige tugtiging van kinders, en oor die slae op die heupe van ‘n slegte dienskneg dat hy bloei.
6 Om ‘n slegte vrou stil te maak, en vir ‘n plek waar baie hande is, ‘n sleutel te hê.
7 Lewer alles af in nommer en gewig, en laat uitgifte en ontvangste almal op skrif wees.
8 [Moenie skaam wees] om ‘n onnosele en ‘n dwaas en die afgeleefde grysaard wat flikvlooi met jonges tereg te wys nie: so sal jy in die Waarheid ingelig wees, en sal die goedkeuring ontvang van die adamiet.

Oor ‘n dogter.
9 ‘N DOGTER is vir ‘n vader ‘n onsekere skat, ‘n angs wat die loomheid verdryf: in haar jeug, dat sy nie hoerery bedryf nie, en in haar maagdelikheid, dat sy nie gehaat word nie;
10 in haar maagdelikheid, dat sy nie verlei word nie, en in die huis van haar eggenoot, dat sy nie ontrou word nie; in die huis van haar vader, dat sy nie vermeng nie; en in die huis van haar man, dat sy nie onvrugbaar is nie.
11 My seun, rig ‘n wag op oor jou jonge dogter, dat sy vir jou nie ‘n naam maak wat stinkend is nie; ‘n spreekwoord van die stad en ‘n vloek deur die volk, en jou tot skande maak onder die vergadering in die poort nie. In die plek waar sy bly, moet jy geen tralievenster laat wees, of ‘n plek wat uitkyk oor die ingang rondom nie.
12 Aan enige man moet sy nie haar skoonheid wys nie, en in die huis van vroue moet sy nie gesels nie.
13 Want uit die kleed kom die mot voort en uit ‘n vrou die besoedeling van ‘n vrou.
14 Die lompheid van ‘n man is beter as die hoflikheid van ‘n vrou wat skande berei.

Die grootheid van Elohim en Sy wonderdade in die skepping.
15 EK wil tog in herinnering bring die werke van JaHWeH, en dit wat Ek gesien het, wil Ek vertel. Deur die Woord van JaHWeH is SY werke geformeer, en hy wat SY welbehae doen, het HY aangeneem.
16 Die son straal uit oor al wat geopenbaar is, en die Glansrykheid van JaHWeH oor al SY werke.
17 Die apartes van JaHWeH is nie in staat om die wonderbare werke van JaHWeH te vertel nie; [alhoewel] JaHWeH, die Almagtige, Sy leërskare versterk om vas te staan voor Sy Glansrykheid.
18 Die diepte en die hart ondersoek Hy, en Hy deurskou al hulle geheimenisse: want JaHWeH besit alle Kennis en Hy sien die tekens [wat kom] tot in ewigheid.
19 Hy verklaar vergange dinge, toekomstige dinge en openbaar die diepste verborgenhede.
20 Geen insig ontbreek Hom nie, en niks ontgaan Hom nie.
21 Die mag van Sy Wysheid is gevestig, Hy is dieselfde van ewigheid af: niks is toegevoeg en niks is weggeneem nie, en Hy het niemand nodig om [Hom] in te lig nie.
22 Al Sy werke is begeerlik en is soos vonke om te aanskou.
23 Die werke lewe en bly vir altyd, en alles is gehoorsaam.
24 Hulle almal is verskillend, die een van die ander, en Hy het nie een van hulle verniet gemaak nie.
25 Die een deel aan die ander Sy suiwer dinge mee, en wie kan versadig word om die skoonheid te aanskou?

Hoofstuk 44

1 DIE skoonheid van die Hemele is die helder uitspansel, die Hemele self straal Sy Glansrykheid uit.
2 Die son straal hitte uit terwyl hy te voorskyn kom - hoe ontsagwekkend is die werke van JaHWeH!
3 Wanneer hy die middaguur bereik, laat hy die wêreld kook. Voor sy skroeiende hitte, wie kan homself handhaaf?
4 Soos ‘n brandende oond wat die gietsel warm hou, so steek die straal van die son berge aan die brand: ‘n tong van Vuur beëindig die bewoonde [wêreld], en deur Sy Vuur word die oog verbrand.
5 Want groot is JaHWeH wat hom gemaak het, en SY Woord bestier hom.
6 En ook, die maan om te dien in die seisoene as verklaring van tye en as Teken vir die wêreld:
7 deur hulle [word] die Feeste en die vasgestelde tye [bepaal], en die welbehae van die Maker gedurende sy kringloop.
8 Die maand se naam word afgelei van die maan, hoe wonderbaar is sy gedurende haar verandering! ‘n Instrument van die skeppingsleërmagte en ‘n voorwerp van die Hemele wat die uitspansel in vlamme stel vanweë haar glans.
9 Die skoonheid van die Hemele is die glansrykheid van die Sterre en hul lig wat glans tot in die hoogtes van JaHWeH.
10 Volgens die Woord van JaHWeH neem hulle hul verordende plek in, en buig nie neer [in die slaap] gedurende hul nagwake nie.
11 Kyk na die reënboog en loof haar Maker, want sy is buitengewoon skoon in glansrykheid:
12 ‘n kring omring haar in Glansrykheid, en die Hand van Elohim het haar in trotsheid uitgesprei.
13 Sy mat merk [die baan van] die weerlig en bestier die sneeu van sy oordeel.
14 Daarom het Hy ‘n skathuis geskape en laat Hy die wolke vlieg soos ‘n voël.
15 Deur Sy groot Krag maak Hy die wolk sterk, en word die haelstene gebreek.
17 Die geluid van Sy donder laat Sy Aarde in barensnood verkeer,
16 en deur Sy Krag skud Hy die berge. Die vrees vir Hom jaag die suidewind op, die stormwind van die Noorde, die orkaan; en die storm; soos voëls strooi Hy Sy sneeu uit, en soos sprinkane wat sit, is die val daarvan.
18 Die blanke skoonheid [daarvan] verblind die oë, en vanweë sy reën verbaas die hart [hom].
19 En ook die ryp giet Hy uit soos sout, en Hy laat die blomme blom soos saffier.
20 Die koue wind/Gees van die Noorde laat Hy waai, en soos ‘n velsak laat Hy Sy Fontein bevries. Oor elke poel water laat Hy ‘n yskors vorm, en soos ‘n pantser beklee Hy die dam.
21 Die opbrengs van die berge laat Hy brand soos ‘n droogte, en die uitspruitende veld soos ‘n vlam.
22 ‘n Genesing vir alles is die gedrup van die Dou, van die wolke wat neerdaal om verkwikking te bring na die hitte.
23 Deur Sy oorleg het Hy die groot Afgrond laat wegsink, en in die see het Hy eilande geplant.
24 Hulle wat seil op die see, vertel van sy grense, en wanneer Ons ore dit hoor, is Ons verbaas.
25 In hom is wonderlike dinge, die wonders van Sy werk, alle soorte lewende wesens en die groot magte.
26 Vanweë HOM gaan die werk vooruit, en deur SY Woord bestaan alles.
27 Meer as hierdie dinge sal Ons nie toevoeg nie, en die einde van die saak is: HY is alles.
28 Ons sal [Hom] verder groot maak, want Ons kan nie deurgrond nie, want HY is groter as al SY werke.
29 Uitermate ontsagwekkend is JaHWeH, en wonderbaar is SY Krag.
30 Julle wat JaHWeH groot maak, hef op die stem soveel as julle kan, want daar is nog meer! Julle wat [Hom] verhef, vernuwe die krag en moenie moeg word nie, want julle kan HOM nooit deurgrond nie.
31 Wie het Hom gesien dat hy [dit] kan vertel? En wie kan Hom groot gemaak het ooreenkomstig wat Hy is?
32 Die getal van die verborge dinge is groter as hierdie, Ek het maar min van Sy werke gesien.
33 Alle dinge het JaHWeH gemaak en aan die regverdiges het Hy Wysheid gegee.

Hoofstuk 45 Die lof van die vaders van ouds.

1 LAAT Ek nou die lof van roemryke manne verkondig, van Ons vaders in hulle geslagte.
2 Groot Eer het die Hoogste El [aan hulle] toebedeel, en hulle was groot van die dae van ouds af:
3 heersers van die Aarde in hulle koninkryke, en manne van naam in hulle krag; raadgewers in hulle verstandigheid, en mense wat alles gesien het in hulle profesie;
4 vorste van nasies in hulle beleid, en leiers op grond van hulle navorsing; vaardige betogers in hulle geskrifte, en spreukdigters in hulle bewaring van die tradisie:
5 digters van psalms volgens die voorskrif, en die outeurs van spreuke in geskrif;
6 manne van mag en onwankelbaar in sterkte wat rustig woon in hulle plek:
7 al hierdie [manne] het in hulle geslag en in hulle dae hulle eer [ontvang].
8 Sommige van hulle het ‘n naam nagelaat om rond te vertel in hulle erfdeel;
9 maar vir sommige van hulle was daar geen gedagtenis nie, en hulle het opgehou om te wees toe hulle opgehou het; hulle was asof hulle nie was nie, en hulle kinders na hulle.
10 Nogtans was hierdie manne van vroomheid, en hulle verwagting sal nie ophou nie;
11 by hulle saadlyn sal hulle voorspoed bestendig wees, en hulle erfdeel vir hulle kleinkinders.
12 In die Verbond sal hulle saadlyn vas staan, en hulle kinders ter wille van hulle;
13 vir ewig sal hulle gedagtenis voortbestaan, en hulle geregtigheid sal nie uitgewis word nie;
14 hulle liggame word in Vrede versamel, maar hulle naam leef voort van geslag tot geslag.
15 Hulle wysheid word deur die gemeente verhaal, en hulle lof word deur die vergadering vertel.

Henog en Noag.
16 HENOG het met JaHWeH gewandel en is geneem as Teken van Kennis van geslag tot geslag.
17 Noag, die regverdige, is raseg bevind, vir die tyd van vernietiging was hy ‘n plaasvervanger; ter wille van hom was daar ‘n oorblyfsel, en vanweë die Verbond met hom het die vloed opgehou. [Génesis 6:9]
18 As ewige Teken is sy aan hom opgerig om alle vlees [nie weer] te vernietig nie.

Die aartsvaders.
19 ABRAHAM, die vader van ‘n menigte nasies, het op sy eer nie ‘n klad geplaas nie;
20 [hy] het die Gebod van die Hoogste El gehou en ‘n Verbond [besnydenisverbond] met Hom aangegaan: In sy vlees het Hy ‘n Insetting vir hom gemaak, en in beproewing is hy getrou bevind.
21 Daarom het HY aan hom met ‘n eed [die Belofte] bevestig om nasies in sy saadlyn te seën; om sy saad te vermeerder soos die sand van die see, en om hom uitermate te verhoog oor al die nasies; om hulle [sy saadlyn] te laat erwe van see tot see en van die Rivier tot aan die eindes van die Aarde.
22 En ook vir Isak het Hy net so bestendig ter wille van Abraham sy vader; die Verbond van al die voorgangers het Hy hom gegee,
23 en die seën het op die hoof van JisraEl [Jakob] gerus; en Hy het hom bevestig in die seën en sy erfdeel aan hom gegee; en Hy het hom gestel tot stamme [naamlik] om te verdeel in twaalf.

Moshè.
EN Hy het uit hom iemand laat voortkom wat guns in die oë van al wat lewe gevind het.

Monday, November 7, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (7)


Hoofstuk 36

1 HY wat die Wet hou, vermenigvuldig die aanbiedinge,
2 hy wat die Gebod bewaar bring ‘n Vrede-aanbieding.
3 Hy wat goedheid vergoed, is een wat fynmeel aanbied,
4 en hy wat wetsgehoorsaam is, is een wat dank aanbied.
5 Dit is JaHWeH welgevallig as iemand afwyk van die kwaad, en [Hy skenk] vergiffenis as iemand onreg vermy.
6 Moenie voor die Aangesig van JaHWeH met leë hande verskyn nie,
7 want al hierdie dinge is deur die Gebod.
8 ‘n Aanbieding van Geregtigheid maak die altaar vet, en sy aangename reuk is voor die Aangesig van JaHWeH.
9 Die spysbydrae van ‘n regverdige man is welgevallig, en sy gedagtenis sal nie vergeet word nie.
10 Loof en prys JaHWeH met ‘n suiwer oog en moenie die aanbieding van jou hand verminder nie.
11 Laat die gesig in al jou werke straal en wy die tiende met Vreugde.
12 Gee aan Hom soos Sy geskenk is vir jou, met ‘n suiwer oog en volgens wat jou hand verwerf het.
13 Want JaHWeH vergoed en sewevoudig gee Hy aan jou terug.
14 Moenie [probeer] omkoop nie, want Hy sal dit nie aanneem nie,
15 en moenie vertrou op ‘n slagdier van verdrukking nie, want JaHWeH is Regter, en daar is by Hom geen partydigheid nie.
16 Hy betoon geen partydigheid teenoor die arme nie, en die smeekbedes van die verdrukte hoor Hy.
17 Hy verontagsaam nie die geroep van die wese of van die weduwee wanneer sy die klag vermenigvuldig nie.
18 Kruip ‘n traan nie oor die wang,
19 en ‘n gesug teen hom wat haar verneder nie?
20 ‘n Bittere begeerte is sodanige gesug, en sodanige geroep buig die wolke.
21 Die noodgeroep van die arme trek deur die Wolkkolom en rus nie totdat dit [die doel] bereik het nie. Dit sal nie verdwyn totdat Elohim besoeking gedoen het
22 en totdat die regverdige Regter Reg gedoen het nie. Ja, Elohim sal nie vertoef nie, en soos ‘n dappere sal Hy Homself nie bedwing totdat hy die lendene van die wreedaard verpletter,
23 en aan die nasies wraak vergeld het nie; totdat Hy die septer van trotsheid verwyder en die staf van ongeregtigheid volkome afgesny het nie;
24 totdat Hy aan die mens sy daad vergeld en die mens ooreenkomstig Sy oogmerk vergeld het nie;
25 totdat Hy die twissaak van Sy volk gevoer, en hulle blydskap in Sy Verlossing is nie.
26 Goed is Sy Guns in ‘n tyd van verdrukking, soos ‘n reënwolk in ‘n tyd van droogte.

Hoofstuk 37 Gebed vir die Verlossing van JisraEl

1 WEES barmhartig op Ons, O JaHWeH, Ons Elohey en aanskou Ons,
2 en stel U skrik op al die nasies;
3 swaai [U hand] oor die vermengde volk dat hulle U Sterkte mag sien;
4 soos U Uself voor hulle oë onder Ons verhoog het, verglans Uself so voor Ons oë onder Ons,
5 dat hulle mag weet, soos Ons weet, dat daar geen Elohim is behalwe U nie.
6 Vernuwe die tekens en herhaal die wonders, verglans die Hand en versterk die Arm en die Regterhand.
7 Wek die Toorn op, giet uit U Woede, en verneder die verdrukker en werp die vyand uit.
8 Verhaas die einde en bepaal die tyd, want wie sal aan U sê: Wat maak U?
9 Mag die wat ontsnap, in vuurgloed verteer word, en mag hulle wat U volk kwel, ondergang vind.
10 Vernietig die hoof: die slape van Moab, van hom wat sê: Daar is niemand behalwe ek nie!
11 Vergader al die stamme van Jakob dat hulle hul Erfdeel mag ontvang soos in die dae van ouds.
12 O JaHWeH, ontferm U oor die volk wat met U Naam genoem word, oor JisraEl, hulle wat U as eersgeborene genoem het. [JeHôWganan 3:18]
13 Ontferm U oor U Stad van Apartheid, Jerusalem, die plek van U verblyf.
14 Vervul Sion met Majesteit en U Tempel met U Glansrykheid.
15 Gee getuienis aangaande die eerste van U werke en bevestig die gesig wat in U Naam gespreek is.
16 Gee beloning aan hulle wat op U hoop dat U Profete hulleself trou mag betoon.
17 O JaHWeH, U sal die gebed van U knegte hoor, ooreenkomstig U welgevalle oor U volk: dat al die eindes van die Aarde mag weet dat U JaHWeH, die ewige El is. [Génesis 21:33]
Onderskeiding tussen goed en kwaad.
18 ALLE voedsel eet die keel, tog is daar voedsel wat lekkerder is as ander voedsel.
19 Die verhemelte proe die lekkernye wat gegee word, en die verstandige hart die lekkernye van valsheid.
20 ‘n Arglistige hart veroorsaak smart, maar ‘n man van ondervinding weer dit van hom af.
21 ‘n Vrou sal elke man ontvang, tog is die een vrou aanvalliger as die ander.
22 Die skoonheid van ‘n vrou verhelder die aangesig en dit oortref elke begeerlike ding wat die oog sien.
23 En as sy ook nog ‘n strelende tong het, is haar man nie meer geseënd as ander seuns van die Adam nie?
24 Verkry ‘n vrou as die voortreflikste besitting, ‘n hulp en ‘n vesting en ‘n steunpilaar!
25 Sonder ‘n heining word die Wingerd deur brand verwoes, en sonder ‘n vrou [is ‘n man] ‘n swerwer en ‘n doellose.
26 Wie vertrou op ‘n gewapende bende wat van die een stad na die ander snel? So is die man wat geen nes het nie, wat rus net waar dit aand word.

Hoofstuk 38

1 ELKE vriend sê: “Ek het lief” maar daar is ‘n vriend wat slegs ‘n vriend in naam is.
2 Is daar nie ‘n droefheid wat naby aan Dood kom nie? - ‘n boesemvriend wat in ‘n vyand verander het.
3 Wee die slegte man wat sê: “Waarom is ek so geformeer?” om die aangesig van die wêreld met bedrog te vervul.
4 Besoedel is die vriend wat [iemand se] tafel aanskou, [maar] in die tyd van nood opsy staan.
5 ‘n Suiwer vriend stry met die vyand, en teen die teëstanders hou hy die skild.
6 Moenie ‘n metgesel in die stryd vergeet nie en moet hom nie verlaat as jy buit maak nie,
7 Elke raadgewer wuif die hand, tog is daar ‘n raadgewer [wat] die weg na spot [aanwys].
8 Bewaar jouself van ‘n raadgewer en weet vooraf wat sy behoefte is; want ook hy sal homself raadpleeg: Waarom sal dit na hom toe val?
9 En hy sal vir jou sê: Hoe goed is jou saak! Dan sal hy opsy staan om jou armoede te aanskou.
10 Moenie raad inwin by hulle wat teenoor jou staan nie, en verberg jou raad van hom wat naywerig is.
11 Met ‘n vrou oor haar mededingster, en van ‘n stryder oor sy oorlog, met ‘n handelaar oor besigheid, en met ‘n koper oor verkoop; met ‘n slegte man oor liefdadigheid, en ‘n wreedaard oor die welvaart van die skepsel; [met] die swak werker oor sy werk, die onbetroubare wagter oor die uitlewering van die kwade; met die lui dienskneg oor baie werk - moenie op hierdie mense vir enige raad vertrou nie;
12 maar eerder op dié van iemand wat voortdurend vrees, van wie jy weet dat hy die Gebod hou; wie se hart soos jou hart is, wat as jy struikel, hom na jou toe uitstrek.
13 En neem ook kennis van die raad van [jou eie] hart, want jy het niemand wat trouer aan jouself is as sy nie.
14 Die verstand van ‘n adamiet wil aan hom meer bekend maak as sewe wagters op die wagpos.
15 Maar met al hierdie dinge, bid tot JaHWeH dat Hy jou voetstap in die Waarheid mag vasmaak.

Ware en valse wysheid.
16 BEREDENEER die begin van elke daad, en hou raad voor elke aksie.
17 Selfbeheersing verander die planne van die hart en
18 vier takke spruit uit: goed en kwaad en lewe en dood; maar die tong heers volkome oor hulle.
19 Daar is ‘n wyse man wat vir baie wys is, maar vir homself is hy ‘n dwaas.
20 En daar is ‘n wyse wat vanweë sy woord verwerp word en wat van alle genietinge afgesny word.
21 Om guns te wen is nie deur JaHWeH aan hom gegee nie, en hy ontneem homself alle eer.
22 En daar is ‘n wyse wat vir homself wys is, die vrug van sy kennis is in sy mond.
23 En daar is ‘n wyse wat wys is vir sy volk, die vrug van sy kennis is in hulle mond.
25 Die lewe van ‘n man is ‘n getal dae, maar die lewe van Jesurun [JisraEl] is ontelbare dae.
24 Hy wat wys is vir homself, sal hom met genietinge versadig, en almal wat hom sien, sal hom geseënd ag.
26 Hy wat wys is vir sy volk, verkry eer, en sy naam bly tot in die Ewige Lewe.

Oor siekte en die geneesheer.
27 MY seun, in jou lewe beproef jou gestel, en sien toe dat jy wat vir hom sleg is, nie vir hom gee nie.
28 Want nie alles is vir almal goed nie, nie elke gestel maak ‘n keuse van elke voedsel nie.
29 Moenie jouself aan elke plesier gee nie, en moenie jouself stort op alle lekkernye nie;
30 want in die veelheid van plesier skuil siekte, en die buitensporigheid lei tot walging.
31 Deur gebrek aan bestraffing het baie gesterf en bedwelmd geraak, maar hy wat homself oppas, verleng die lewe.

Hoofstuk 39 Oor die geneesheer.

1 BEHANDEL die geneesheer vriendskaplik ter wille van die behoefte aan hom, ook hom het JaHWeH verorden.
2 Van Elohim verkry die geneesheer Wysheid, en van die koning ontvang hy geskenke.
3 Die kennis van die geneesheer verhef sy hoof, en voor edeles stel hy homself.
4 JaHWeH het uit die Aarde medisyne laat voortkom, en laat ‘n man met onderskeidingsvermoë hulle nie verwerp nie.
5 Is die water nie deur hout soet gemaak nie, sodat Hy Sy Almag aan die adamiet kon bekend maak?
6 En Hy het aan die adamiet Insig gegee om hom te verlustig in Sy Almag.
7 Daardeur laat die geneesheer die pyn bedaar,
8 en so berei die apteker ‘n mengsel voor: dat sy werk nie mag ophou nie, en ook nie sy oorvloed onder die seuns van die Adam nie.
9 My seun, in [die tyd van] siekte moet jy nie nalatig wees nie, bid tot JaHWeH, want Hy kan genees.
10 Vlug van die oortreding en was jou hande; en was jou hart van alle ongeregtigheid.
11 Bring ‘n welriekende geur en berei ‘n vetbereiding volgens die uiterste van jou vermoë.
12 En gee ook aan die geneesheer ‘n plek en verwyder hom nie, want ook aan hom is behoefte.
13 Want daar is ‘n tyd wanneer suksesvolle hulp in sy hand is,
14 want ook hy bid tot JaHWeH dat Hy sy diagnose suksesvol sal maak, en die behandeling ter wille van die lewensbehoud.
15 Hy wat die Wet oortree voor sy Maker, laat hy kom onder die hand van die geneesheer.

Oor die rou.
16 MY seun, laat trane vloei oor die dode, betoon jou droefheid en kerm ‘n klaaglied uit. Ooreenkomstig sy Reg, begrawe sy liggaam, en moenie jouself verberg by sy afsterwe nie.
17 Wees bitter [bedroef], My seun, en laat die geklaag volkome wees, en bedryf rou oor hom soos dit hom pas: ‘n dag of twee ter wille van skinderpraatjies, en troos jouself ter wille van jou smart.
18 Uit smart kom ‘n ramp voort, so bou ‘n bedroefde hart die smart.
19 Wanneer dit verbygaan, gaan die smart ook verby, en ‘n ongelukkige lewe is die vervloeking van ‘n hart.
20 Moenie die hart weer tot hom laat terugkeer nie, verwyder die gedagtenis aan hom en dink aan die einde.
22 Dink aan Sy Verordening, want sy is jou Verordening, vir hom gister, maar vir jou vandag.
21 Moenie hom onthou nie, want daar is vir hom geen hoop nie, hoe sal jy hom bevoordeel, terwyl jy jouself benadeel?
23 As die dode rus, dan rus sy nagedagtenis, en troos jouself by die uitgaan van sy siel.

Die waarde van die Skrifgeleerde bo dié van die handwerker.
24 DIE wysheid van die skrywer vermeerder wysheid, en hy wat min besigheid het, kan homself wys maak.
25 Hoe kan hy wys word wat die ossestok hou en hom verlustig in die hantering van die spies, wat beeste lei en osse laat terugkeer, en wie se verkeer met osse is?
26 En sy sorg is om die stal te voltooi, en hy is gretig om die vore te oes.
27 Ook die maker van gravering en van ontwerpe, wat die nag soos die dag deurbring; wat seëlgraverings ingraveer, en wie se kuns dit is om ‘n verskeidenheid ontwerpe te maak; hy is gretig om die gelykenis getrou uit te voer, en sy sorg is om die werk te voltooi.
28 Ook die smid wat by die smeltoond sit en wat die ystervaatwerk waarneem: die vlam van die vuur laat sy vleis bars, en in die hitte van die oond brand hy; na die geluid van die hamer neig hy sy oor en op die vorm van die vaatwerk rig hy sy oë. Hy is gretig om sy werk te voltooi, en sy sorg is om dit presies af te meet.
29 Ook die pottebakker wat by sy werk sit en wat die wiel laat omgaan met sy voete, wat voortdurend in angs is oor sy werk, en volgens getal is alles wat hy doen;
30 hy het pyn in sy arm vanweë die klei, en voor sy voete buig sy krag; hy is gretig om die glasuur te voltooi, en sy sorg is oor die hitte van die smeltoond.
31 Al hierdie [mense] is vaardig met hulle hande, en elkeen is wys met sy handewerk.
32 Sonder hulle kan ‘n stad nie bewoon word nie, en waar hulle ook as vreemdelinge vertoef, sal hulle nie honger kry nie.
33 Maar vir openbare advies sal hulle nie gesoek word nie, en in die vergadering sal hulle geen besondere posisie beklee nie. Op die stoel van die regter sal hulle nie sit nie, en insetting en Reg sal hulle nie onderskei nie. Hulle verklaar nie die onderrig van die Wysheid en verstaan nie die spreuke van die wyses nie.
34 Maar die werk van die wêreld verstaan hulle, en hul aandag is by die praktyk van hul ambag.

Hoofstuk 40

1 HIERTEENOOR staan hy wat homself gee aan die Vrees van JaHWeH en wat die Wet van die Hoogste El onderskei; wat die wysheid van al die vroeëres ondersoek en die profesieë oorpeins; [1 ShemuEl 12:14]
2 wat ag gee op die betoog van beroemde manne en die diepere sin van gesegdes insien;
3 wat die verborge betekenis van spreuke ondersoek en wat hom besig hou met die raaiselagtighede van ‘n gelykenis;
4 wat onder vorste dien en voor edeles verskyn; wat deur die Aarde van volke trek, goed en kwaad onder die mense toets;
5 wat ag gee om sy Maker vroeg te soek en voor die Hoogste El om Barmhartigheid smeek; en hy maak sy mond oop in gebed, en oor sy wetsverbreking bid hy.
6 As dit die Grote JaHWeH behaag, sal hy vervul word met ‘n Gees van Onderskeiding; hy sal woorde van Wysheid verklaar en sal aan JaHWeH dank betuig in die gebed.
7 Hy sal Raad en Kennis bevestig en Haar geheimenisse onderskei.
8 Hy verklaar wyse onderrig, en in die Wet van JaHWeH verlustig hy hom.
9 Baie sal sy verstandigheid loof, en tot in ewigheid sal sy naam nie uitgeroei word nie: sy gedagtenis sal nie ophou nie, en sy naam sal lewe van geslag tot geslag.
10 Sy wysheid sal die gemeente herhaal, en sy lof sal die vergadering vertel.
11 As hy lank in die lewe bly, sal sy naam glorieryker geag word as duisend, en as hy te sterwe kom, is dit vir hom genoeg.

‘n Psalm oor die werke van JaHWeH.
12 WEER sal Ek My gedagtes bepaal en [My leer] bekend maak, soos die volmaan op sy volste.
13 Luister volkome na My, en julle sal uitspruit soos die seder wat geplant is by waterstrome. [Sirah 24:13]
14 En soos die wierook sal julle ‘n geur gee, en soos die lelie sal julle bloeisels bloei. [Sirah 24:15]
15 Verhef die stem en loof met ‘n lied en prys JaHWeH oor al SY werke, Maak groot SY Naam en prys HOM met ‘n loflied, met liedere van die harp en snaarinstrumente, en só moet jy sê met ‘n uitroep [van blydskap]:
16 Die werke van JaHWeH is almal goed en op SY tyd voorsien HY in elke behoefte.
17 Deur SY Woord takseer HY die hoop water, en deur die uitspraak van SY Mond SY skat.
18 In Sy plek word Sy welbehae volbring, en daar is geen belemmering vir Sy Verlossing nie.
19 Die werke van alle vlees is voor Hom, en niks daarvan is verborge voor Sy Oë nie.
20 Van ewigheid tot ewigheid bemerk Hy, en is daar ‘n getal vir Sy Verlossing? Daar is niks klein of gering by Hom nie, en daar is niks te wonderbaar of te sterk vir Hom nie.
21 Niemand mag sê nie: “Waarom is dit?”, want alle dinge is volgens Sy behoefte verkies. Niemand mag sê nie: “Hierdie is slegter as daardie”, want alle dinge het Hy op Sy tyd vasgestel.
22 Sy seëninge vloei oor soos die Nyl, en soos die rivier versadig dit die wêreld.
23 So onteien Sy Toorn die nasies, en Hy verander ‘n waterryke gebied in sout.
24 [Sy] Paaie is reguit vir die volkome, so egter weerstaan hulle die vermeteles.
25 Suiwer dinge het Hy van die begin af aan die suiweres toebedeel, so egter aan die slegtes goed en kwaad!
26 Die vernaamste van alle behoeftes vir die lewe van die mens is water en vuur en yster en sout, die niervet van koring, melk en heuning, druiwebloed, olie en kleding.
27 Al hierdie dinge is goed vir die suiweres, maar vir die slegtes word dit verander tot die kwade.
28 Daar is geeste wat vir die oordeel geformeer word, en in hulle Woede beweeg hulle berge; en in die tyd van verwoesting giet hulle hul krag uit en bring hulle die Gees van hulle Maker tot rus.
29 Vuur en hael, hongersnood en pes - ook hierdie dinge word vir die oordeel geformeer.
30 Roofdiere, skerpioene en kobras en die wrekende swaard om die slegtes uit te wis - al hierdie dinge is vir hulle gebruik geskape, en hulle is in die skathuis [gereed] om by geleentheid opgeëis te word
31 Wanneer Hy hulle bevel gee, juig hulle, en volgens hulle Insettinge is hulle Sy Bevel nie ongehoorsaam nie.
32 Daarom was Ek van die begin af versekerd en Ek het by Myself oorlê en dit op skrif gestel:
33 Die Werke van JaHWeH is almal goed, en op Sy tyd voorsien Hy in elke behoefte.
34 Niemand mag sê nie: “Dit is slegter as dat”, want elke ding bevestig Hy op Sy tyd.
35 Juig dan nou met die hele hart en prys die Naam van Sy Apartheid!

Tuesday, November 1, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (6)


Hoofstuk 31 Oor die opvoeding van kinders.

1 HY wat sy seun liefhet, sal voortgaan met sy slae dat hy hom mag verheug oor sy einde.
2 Hy wat sy seun tugtig, sal ‘n plesier in hom hê, en tussen die bekendes sal hy ‘n welgevalle in hom hê.
3 Hy wat sy seun leer, maak die vyand jaloers en voor die oë van ‘n vriend sal hy oor hom juig.
4 As sy vader sterwe, sterf hy nie geheel en al nie, want hy het iemand soos hyself agtergelaat.
5 In sy lewe het hy gesien en hom verbly, en in sy dood is daar vir hom geen verlange nie.
6 Vir die vyande het hy ‘n wreker nagelaat en vir die vriende iemand wat guns vergoed.
7 Hy wat sy seun vertroetel, sal sy wonde verbind, en by elke geskreeu sal sy binneste bewe.
8 ‘n Perd wat nie geleer is nie, word koppig, en ‘n seun wat aan homself oorgelaat is, word opstandig.
9 Bederf jou seun, en hy sal jou verskrik, gee toe aan hom, en hy sal jou smart aandoen.
10 Wees nie ligsinnig met hom dat hy jou nie verkleineer en maak dat jy aan die einde op jou tande kners nie.
11 Laat hom nie heerskappy hê in sy jeug en moenie sy stoutighede oorsien nie.
12 Verpletter sy lendene terwyl hy nog jonk is; buig sy hoof in sy jeug en slaan sy lendene terwyl hy nog klein is, anders sal hy koppig en ongehoorsaam word en jou hart verbitter.
13 Tugtig jou seun en maak sy juk swaar dat hy hom nie in sy dwaasheid teen jou verhef nie.

Oor gesondheid.
14 Beter is iemand wat arm maar gesond in sy gebeente is, as iemand wat ryk is, maar in sy vlees aangetas.
15 Gesondheid en sterkte het Ek begeer meer as fyn goud, en ‘n opgewekte gees meer as pêrels.
16 Daar is geen rykdom bo die rykdom van ‘n gesonde liggaam nie, en daar is geen goed wat beter is as ‘n suiwer gesindheid nie.
17 Dit is beter om te sterwe as om ‘n ydele lewe te hê, en ewige rus as ‘n voortdurende pyn. Dit is beter om te sterwe as om ‘n slegte lewe te lei, en om na die Doderyk/Sheol af te daal as ‘n blywende pyn.
18 Lekkernye wat uitgegiet word op ‘n toe mond, is soos stukke vleis wat op ‘n graf neergelê word.
19 Hoe kan die vleis die idole van die nasies baat, terwyl hulle nie kan eet en kan ruik nie? So is hy vir wie daar rykdom is, en hy is nie in staat om van sy vermoë te geniet nie.
20 Soos ‘n ontmande ‘n maagd omhels en sug, so is hy wat noodgedwonge die Reg doen.
21 Moenie jouself aan besorgdheid oorgee nie en moenie struikel in jou wetsoortreding nie.
22 Vreugde van die hart is die lewe van ‘n man, en die blydskap van ‘n adamiet verleng sy dae.
23 Oorreed jouself en streel jou hart en laat toorn ver van jou af wees; want besorgdheid het baie verslaan, en daar is geen wins in toorn nie.
24 Naywer en besorgdheid verkort die dae, en onrus maak ontydig oud.
25 Die slaap van die geruste hart is soos lekkernye, en sy voedsel akkordeer met hom.

Hoofstuk 32 Oor armoede en rykdom.

1 WAAKSAME sorg oor rykdom laat jou gewig verloor, en besorgd-heid oor die lewensonderhoud verdryf die slaap.
2 Besorgdheid oor die lewensonderhoud verhoed die slaap, net soos wat ernstige siekte die slaap verdryf. [Belediging jaag ‘n getroue vriend op die vlug, maar hy wat ‘n geheim verberg, is een wat hom soos sy siel liefhet.]
3 Die moeite van ‘n ryke is om besittings te versamel, en as hy rus, is dit om deel te neem aan plesier.
4 Die arme swoeg ter wille van die behoefte van sy huis, en as hy rus, word hy behoeftig.
5 Hy wat goud najaag, sal nie ongestraf bly nie, en hy wat omkopery liefhet, sal genoeg daarvan kry.
6 Baie is daar wat hulle aan goud verbind het en hulle vertroue op korale gestel het. En hulle het nie gevind hoe om van die kwaad verlos te word en ook om in die dag van Grimmigheid gered te word nie.
7 Want ‘n struikelblok is hy vir die dwaas, en elkeen wat dwaas handel, word in hom verstrik.
8 Geseënd is die man wat volkome gevind word, en hy wat nie agter Mammon aan verdwaal raak nie.
9 Wie is hy? dat Ons hom geseënd mag ag, want hy het wonderbaarlik gehandel onder sy volk.
10 Wie is hy wat verkleef is daaraan en wat tog volkome gebly het - dit sal vir hom ‘n sieraad wees. Want as die Vrede van sy lewe vermeerder, sal Ek vir jou ‘n versiering wees. Wie het dit geseën en sy lewe volkome gemaak? Dit is vir jou tot sieraad. Wie is in staat om te verdwyn en verdwyn nie; en om kwaad te doen en doen dit nie?
11 Daarom sal sy voorspoed bestendig wees, en die vergadering sal sy lof verkondig.

Onderrig aangaande brood en wyn tesame.
12 MY seun, as jy aan die tafel van ‘n groot man sit, moenie jou keel daaroor heen oopmaak nie, moenie sê nie: Daarop is oorvloed!
13 Onthou dat ‘n besoedelde oog ‘n slegte ding is; Elohim haat die man met ‘n besoedelde oog en het niks slegter as dit geskape nie. Want oor elke ding traan die oog, en van die gesig maak dit trane. Daar is niks meer besoedel as die oog toebedeel nie, daarom neem sy lewenskrag weens al die dinge af.
14 Moenie die hand uitsteek na die plek waarheen hy [die gasheer] kyk nie en moenie teen hom stamp in die mandjie nie.
15 Wees bedagsaam teenoor jou naaste soos teenoor jouself, en wees verstandig ten opsigte van alles waarvan jy nie hou nie.
16 Sit aan soos ‘n man wat uitgekies is en moenie [gulsig op die ete] afpyl, dat jy nie verwerplik word nie. Weet dat jou naaste soos jyself is en eet soos ‘n man dit wat voor jou geplaas is; en moenie gulsig wees dat jy nie verwerp word nie.
17 Hou die eerste op ter wille van goeie maniere en moenie gulsig sluk dat jy nie verwerp word nie.
18 En ook as jy tussen baie sit, moenie jou hand voor ‘n naaste [verby]steek nie.
19 Is ‘n weinig nie genoeg vir ‘n verstandige man nie, en op sy bed hoef hy nie te kreun nie. Pyn en slapeloosheid en kwelling en innerlike ongesteldheid en afskeiding van die liggaam is die deel van ‘n dwase man.
20 Gesonde slaap is die gevolg van beskeie eetgewoontes, en wanneer jy in die môre opstaan, is jou gees opgewek.
21 En selfs as jy beswaard voel weens die lekkernye, hou aan met hoop en jy sal rus hê. Wees in alles wat jy doen versigtig, en geen rampe sal jou tref nie.
22 Luister, My seun, en moenie My verag nie, want aan die einde sal jy My woord verstaan. Luister, My seun, en neem My Tug aan en moet My nie bespot nie, want aan die einde sal jy My woorde vind.
23 Hy wat goedhartig is oor brood sal die lip seën, die getuienis van sy goedheid is blywend.
24 Hy wat sleg is oor brood, sal gesteur word in die poort, die kennis aangaande sy slegtigheid is [ook] blywend.
25 En ook in verband met wyn, moenie jouself onverskrokke betoon nie, want wyn het baie laat struikel.
26 Soos die oond die werk van die smid beproef, so is die wyn vir die getwis van die spotters. Die verstandige toets werk deur werk, so is sterk drank vir die twisgeding van die spotters.
27 Wyn is lewe vir ‘n adamiet as hy dit volgens sy maat drink. Watter lewe het iemand wat gebrek het aan wyn, terwyl die van die begin af ter wille van die Vreugde gemaak is?
28 Blydskap van hart en vreugde en genot is wyn as dit gedrink word op sy tyd en binne sy maat.
29 Hoofpyn, bespotting en skande is wyn wat gedrink word in rusie en kwelling.
30 Dronkenskap is vir die dwaas ‘n strik, dit verminder die krag en vermeerder die wonde.
31 Op ‘n wynfees, moenie ‘n vriend bestraf nie en moenie hom beskaamd maak in sy vreugde nie: ‘n beledigende woord moet jy hom nie toevoeg en hom voor [ander] manne seermaak nie.

Hoofstuk 33 Oor die gedrag by ‘n eetmaal.

1 AS jy aangestel is as seremonie-meester, moenie jouself verhef nie en moenie aan die hoof van die rykes sit nie. Wees vir hulle soos een van hulle; sorg vir hulle en neem daarna jou plek in.
2 Voorsien in hulle behoefte en vly jou dan neer; dat jy jouself mag verheug in hulle eer en dat jy oor die hulpvaardigheid waardering mag ontvang.
3 Vertel, o grysaard, want dit is jou voorreg, maar wees taktvol met verstandigheid en moenie [deur jou gepraat] sang verhinder nie.
4 In die plek van wyn moet jy nie geselskap uitgiet nie, en moenie geselskap uitgiet in die plek van ‘n psalm nie, en moenie ontydig jouself wys betoon nie.
5 Soos ‘n robyn-borsplaat op ‘n goue versiersel, is ‘n sangkonsert op ‘n wynfees. Soos ‘n goue halsketting met ‘n turkoois en saffier daarin, so is aangename en uitstekende woorde op ‘n wynfees.
6 Vullings van fyn goud en ‘n Seël van karbonkel is die melodie van ‘n psalm by genotvolle wyn.
7 Spreek, jongman, as dit vir jou nodig is, as hulle jou twee of drie keer gevra het.
8 Voltooi wat jy wil sê en sê baie in enkele woorde en wees soos een wat weet en wat terselfdertyd hom stil hou.
9 Moenie jouself tussen die oues verhef nie, en jy moet jou nie daarop toelê om vorste weg te stoot nie.
10 Voor die hael flits die weerlig, en voor die berou lig die barmhartigheid.
11 Moenie op die aangewese tyd te laat wees nie, vertrek na jou huis en maak die welgevalle volkome. Moenie aan die tafel woorde vermenigvuldig nie, maar as iets in jou hart opkom, spreek [dan].
12 Vertrek na jou huis en volbring [jou] wil in die Vrees van JaHWeH en nie in dwaasheid nie.
13 En oor al hierdie dinge loof jou Maker wat jou versadig met Sy Suiwerheid.

Die wyse en die spotter.
14 HY wat JaHWeH soek, neem Tug aan, en hy wat Hom naarstig soek, sal ‘n antwoord verkry. Hy wat die dinge soek wat aan JaHWeH welgevallig is, neem Onderrig aan, en Hy sal hom antwoord op sy gebed.
15 Hy wat die Wet soek, sal haar bekom, maar die tweegesig word in haar verstrik.
16 Hy wat JaHWeH vrees, onderskei die Reg en bring die Reg in die Lig. [Hulle wat JaHWeH vrees, onderskei sy Reg en laat baie wyshede uit hulle hart uit voortkom.]
17 ‘n Dwase man wys Tugtiging af, en verdraai die Wet volgens sy behoefte.
18 ‘n Wyse man sal nie teregwysing negeer nie, maar ‘n trotse en parmantige man laat hom deur niemand lei nie. ‘n Wyse man neem nie ‘n omkoopgeskenk aan nie, die vermetele en die spotter [egter] hou nie die Wet nie.
19 Sonder advies moet jy niks onderneem nie, en ná jou werke moet jy nie berou hê nie.
20 Op ‘n pad van strikke moet jy nie gaan nie en moenie oor ‘n struikelblok struikel nie.
21 Moenie vertrou op ‘n weg van rowery nie,
22 en in jou einde, bewaar jouself. Moenie vertrou op die weg van die besoedeldes nie, en op jou paaie, wees op jou hoede. Bewaar jouself in al jou weë, want elkeen wat hierdie dinge doen, hou die Gebod.
23 Bewaar jouself in al jou werke, want hy wat dit doen, hou die Gebod.
24 Hy wat in JaHWeH glo, sal die Gebooie onderhou, en hy wat op HOM vertrou, sal nie beskaamd staan nie.

Hoofstuk 34

1 HY wat JaHWeH vrees, besoedeling sal hom nie tref nie, selfs in versoeking, sal hy weer verlos word.
2 Hy wat die Wet haat, is nie wys nie en word rondgeslinger soos [‘n skip in die storm].
3 ‘n Verstandige man onderskei die Woord, en Sy Wet is betroubaar vir hom soos die Urim.
4 Oordink jou woorde en daarna kan jy praat, bind Onderrig saam en antwoord dan.
5 Soos ‘n wiel van ‘n kar is die hart van ‘n dwaas, en sy gedagtes soos ‘n wielvelling.
6 Soos ‘n bronstige hings is iemand wat ‘n vyand liefhet, onder elke ruiter sal hy runnik.

Regverdiging van die bestiering van Elohim.
7 WAAROM is die een dag onderskeie van die ander, wanneer die hele lig van die jaar van die son is?
8 Deur die Wysheid van JaHWeH is hulle so verorden, en daar is uit hulle seisoene en feestye.
9 Sommige het HY geseën en dit apart gestel, en ander het HY gestel tot gewone dae.
10 En ook die adamiet is ‘n vaatwerk van klei, en uit stof is Adam geformeer.
11 Deur Kennis onderskei JaHWeH hulle, en HY verdeel hulle en HY wend hulle weë.
12 Sommige seën en verhoog HY, en ander stel HY apart en laat HY tot HOM nader kom; sommige vervloek HY en bring hulle tot ‘n val en HY dryf hulle weg van hul arbeid.
13 Soos klei in die hand van die pottebakker om dit te vorm volgens [sy] welgevalle, so is die adamiet in die Hand van sy MAKER om hom te stel ooreenkomstig sy Verordening.
14 Teenoor die besoedeling staan die suiwere, en teenoor die lewe staan die dood, teenoor die regverdige man staan die onregverdige, [en teenoor die Lig staan Duisternis].
15 Aanskou al die werke van die Almagtige, hulle almal is verskillend, die een is die teenoorgestelde van die ander.
16 Ook Ek het agterna wakker geword, en soos een wat bymekaarmaak agter die druiweversamelaars aan. Deur die seën van JaHWeH het ook Ek vooruit gegaan, en soos die druiweversamelaar het Ek die wynpers volgemaak.
17 Bemerk dat Ek nie vir My alleen gearbei het nie, maar vir almal wat die onderrig soek.
18 Luister na My, vorste van ‘n groot volk, en owerstes van die vergadering, neig julle ore.

Wees meester in jou huis!
19 ‘N SEUN of vrou, ‘n geliefde of vriend moet jy nie laat heers tydens jou lewe nie.
20 Solank as wat jy lewe en asem in jou het, moet jy geen skepsel mag oor jou gee nie. Moenie wat aan jou behoort, aan ‘n ander gee nie, anders sal jy moet terugkeer om weer van hom te bedel.
21 Want dit is beter dat jou kinders van jou sal vra, as dat jy moet kyk na die hande van jou kinders.
22 In al jou werke, bly bobaas en moenie ‘n smet op jou eer laat kom nie.
23 Wanneer die getal van jou dae min geword het, op die dag van dood, verdeel die erfenis.
24 Voer en ‘n stok en ‘n vrag vir die esel, brood en arbeid vir die dienskneg?
25 Laat jou dienskneg werk en laat hom nie rus soek nie, want as hy sy hoof optel, sal hy jou bedrieg,
27 Laat jou dienskneg werk dat hy nie opstandig word nie, want werkloosheid vermeerder die kwaad.
26 Die juk en die stroppe hou hom in bedwang, vir ‘n slegte dienskneg [is daar] stokke en slae.
28 Wys hom ‘n taak aan wat geskik is vir hom, en as hy nie luister nie, vermeerder sy bande.
29 Maar moenie te hoë eise aan enige mens stel nie, en sonder Reg moet jy niks doen nie.
30 Het jy slegs een dienskneg, laat hom soos jouself wees, want jy is persoonlik van hom afhanklik.
31 Het jy een dienskneg, reken hom soos ‘n broer en moenie jaloers wees oor jou lewensbloed nie.
32 Want as jy hom verneder, en hy gaan weg en raak verlore, langs watter weg sal jy hom soek?

Hoofstuk 35 Oor die ydelheid van drome en voorgevoelens.

1 AS jy ydelheid soek, sal jou verwagting vals wees, en drome bring dwase voort.
2 Soos een wat na ‘n skaduwee gryp en wind najaag, so is hy wat op drome vertrou.
3 Die een is soos die ander, spieël en droom, voor ‘n gesig is die gelykenis van ‘n gesig.
4 Van die besoedelde, wat kan skoon wees, en van die valse, wat kan waar wees?
5 Voorgevoelens en voorseggings en drome, ydelheid is hulle, want soos jy hoop, so sien jou hart.
6 As dit nie deur die Hoogste El gestuur is nie, moet jy nie jou hart op die dinge stel nie.
7 Want drome het baie laat dwaal, en hulle wat hulle vertroue daarop gestel het, het gestruikel.
8 Sonder geveinsdheid moet jy die Wet volbring, en Wysheid is volkome vir die betroubare mond.
9 ‘n Gestudeerde man weet baie, en ‘n geletterde man bring verstandigheid voort.
10 Hy wat onervare is, weet min,
11 maar hy wat ondervinding opgedoen het, is baie skrander.
12 Ek het baie gesien op My reise, en baie dinge het Ek teëgekom.
13 Baie keer was Ek tot die dood toe aan gevaar blootgestel, maar Ek is gered deur hierdie dinge.
14 Die gees van hulle wat JaHWeH vrees, bly omsigtig,
15 want hulle hoop is op Hom wat hulle verlos.
16 Hy wat JaHWeH vrees, is nie bevrees nie en hy staan nie beskaam nie, want Hy is sy hoop.
17 Geseënd is die siel van hom wat JaHWeH vrees,
18 op wie sal hy vertrou en wie is sy steun?
19 Die Oë van JaHWeH is op hulle wat Hom liefhet, ‘n sterk Skild en ‘n kragtige steun, ‘n skuilplek teen die versengende oostewind en ‘n skuiling teen die middaghitte, ‘n wagpos teen struikeling en ‘n hulp vir hom wat val,
20 een wat die siel verhef en die oë verlig, wat gesondheid en lewe en seën gee!

Oor aanbiedinge.
21 DIE aanbieding van ‘n verdrukker is ‘n aanbieding van onreg,
22 so is die aanbieding van die wettelose nie welgevallig nie.
23 JaHWeH het geen behae in die aanbiedinge van die wetsverbrekers nie, en deur die menigte van die aanbiedinge word ongeregtigheid nie versoen nie.
24 Soos een wat die seun voor sy vader doodmaak, so is hy wat van die besittings van die arme as ‘n aanbieding bring.
25 Broodsgebrek is die lewe van die arme, hy wat hom verdruk, is iemand wat bloed vergiet.
26 Hy wat die lewensonderhoud neem, bring die naaste om die lewe,
27 en ‘n bloedvergieter is hy wat die huurling van sy loon beroof.
28 Een bou, en ‘n ander breek af, wat baat dit hulle behalwe moeite?
29 Een seën, en ‘n ander vloek, na watter stem sal JaHWeH luister?
30 Hy wat hom was [na aanraking] met ‘n dooie en dit weer aanraak, wat het sy bad hom gebaat?
31 So is ‘n man wat vas oor sy oortredinge en hy gaan weer en doen dieselfde dinge - wie sal na sy gebed luister? En wat het sy verootmoediging hom gebaat?