Tuesday, February 25, 2014

Onaangename Teddy




Sy het voor haar graad 5 klas gestaan, en vir die kinders vertel dat sy hulle almal ewe lief het, maar soos die meeste onderwysers het sy geweet sy vertel ‘n leuen. Want heel voor in die klas , was daar n seuntjie met die naam van Teddy Stoddard. Mev Thompson het Teddy dopgehou en agtergekom hy speel nie baie goed met die ander kinders nie. Sy klere was baie slordig, en dikwels ongestryk en dikwels kon jy sien dat hy nie naby ‘n bad was nie. Teddy kon baie onaangenaam wees, en dit het op die punt gekom wat Mev Thompson amper lekker gekry het om sy boeke met ‘n dik rooi pen te merk. ‘n Groot vet X en dan sommer ‘n "F" oor sy werk.

By die skool was dit Mev Thompson se werk om die kinders se ou verslae en rapporte na te gaan. Sy het al die kinders sin afgehandel en Teddy se verslae tot heel laaste gelos. Maar toe sy, sy ou verslae begin lees, was sy baie verbaas dat sy graad een juffrou geskryf het:
“Teddy is ‘n baie intellegente kind, en is altyd gereed om jou sy grootste glimlag te gee. Sy werk is netjies en hy het baie mooi maniere. Hy kom baie goed met sy klasmaats klaar.” 

Sy graad twee juffrou het geskryf:
“Teddy is ‘n briljante student, populêr by die ander kinders maar hy verwerk sy moeder se terminale siekte moeilik, en dit lyk asof omstandighede by die huis moeilik is.”

Sy graad drie juffrou het geskryf:
“Teddy sukkel om sy moeder se dood te verwerk, hy probeer baie hard maar sy pa wys geen belangstelling nie. Stappe sal moet geneem word anders gaan sy lewe uitmekaar val.”

Sy graad vier juffrou het geskryf:
“Teddy is totaal teruggetrokke en toon geen belangstelling in skool nie., hy het geen vriende nie en raak soms in die klas aan die slaap.”


Hier het Mev Thompson besef waar die probleem lê, en sy het haar eie kop in skaamte laat sak.. Sy het nog slegter gevoel toe haar kinders almal vir haar verjaarsdag geskenke bring toegedraai in die blinkste en mooiste papier en linte en Teddy skaam skaam sy geskenkie neersit, toegedraai in die oorblyfsels van ‘n bruin papier sak. Mev Thompson het sy geskenkie eerste oopgemaak voor al die kinders in die klas, die kinders het onder mekaar gegiggel oor die geskenkie, maar toe Mev Thompson die string krale uithaal, waarvan heelwat van die krale weg is, het sy dadelik die string stukkende krale om haar nek gehang, toe sien sy daar is nog iets in die pakkie, en haal ‘n kwart botteltjie reukwater uit. Sy spuit toe dadelik daarvan aan en sê vir Teddy baie dankie vir die mooiste geskenk ooit.

Na skool het Teddy in die klas bly rond hang tot al die kinders uit is, en toe sê hy vir haar toe hulle alleen was, “Mev Thompson, vandag het jy net soos my mammie geruik. Daardie dag het sy opghou om net die kinders somme, lees en skryf te leer, en het sy werklik belangstelling getoon in elke kind met sy unieke behoeftes. Sy het Teddy baie spesiale aandag gegee, en soos wat sy hom aandag gee, so het hy begin blom, sy werk het verbeter en aan die einde van daardie jaar was hy die slimste kind in die klas en was hy duidelik juffrou se witbroodjie.

‘n Jaar later het sy eendag ‘n briefie onder haar deur gekry wat sê: “Mev Thompson u is nog steeds die beste onderwyseres wat ek nog ooit gehad het.” Ses jaar het verby gegaan voor sy weer eendag ‘n briefie onder haar klas deur gekry het, wat sê: “Dankie Mev Thompson u is nog steeds die beste juffrou wat ek ooit gehad het. Ek is nou klaar met hoërskool en hy was derde beste van die matrieks daardie jaar.

Vier jaar later kry sy weer ‘n briefie wat sê hy was deur ‘n rowwe tyd, maar dat hy vasgebyt het en dat hy sy studies daardie jaar met ere kleure verwerf het, en dat sy nog steeds sy beste juffrou was. Nog vier jaar later het sy weer n briefie gekry, dat sy nog steeds die beste juffrou is en dat hy sy BA graad met lof geslaag het, maar dat hy nog bietjie verder gaan leer. Toe kom daar weer n briefie, sy was nog steeds sy beste juffrou, en sy studies was nou klaar en die briefie wat geteken: Theodore F Stoddard MD. maar hy wil ook sommer weet aangesien sy pappie ‘n paar jaar tevore tot sterwe gekom het, en hy ‘n baie oulike meisie ontmoet het, en hy gaan trou, of sy nie asseblief saam met hulle aan die bruidstafel sal sit nie. Die plek wat vir die bruidegom se ouers gereseveer was.

Sy het gegaan, en ja jy is reg, sy het daardie selfde string krale gedra, en die laaste bietjie van die reukwater aan haar gespuit. Hy het haar styf vasgedruk en in haar oor gefluister, “dankie Mev Thompson dat jy in my geglo het, dankie vir die liefde en die aandag, en dat u my geleer het dat een mens kan ‘n verandering in ‘n ander se lewe teweeg bring.” Met trane oor haar wange het sy vir hom gesê: “Teddy jy is so verkeerd, jy het my geleer dat dit moontlik was om ‘n verandering in iemand se lewe te maak. Ek het nooit geweet wat dit beteken om ‘n onderwyseres te wees totdat ek jou ontmoet het nie.
Vir julle wat nie weet nie Teddy Stoddard is die dokter by Iowa Methodiste Hospitaal in Des Moines en is in beheer van die kanker vleuel van die hospitaal.

Vra jouself die vraag vandag, - Het ek al in iemand se lewe ‘n verandering gemaak, deur liefde te betoon en die gesindheid van Yahshua Messiah  teenoor ander te openbaar?  Kan jy iemand wat in die modder lê, oplig. Dit was ‘n klein daad van liefde wat vir ‘n verlore seuntjie weer rigting in die lewe gegee het.
 
Jy kan ook ‘n verskil maak deur liefde te betoon.