Friday, April 25, 2008

Goue Lewens Reëls


Moenie jou waarde bepaal deur jouself met ander te vergelyk nie.
Omdat ons elkeen anders is maak dit ons elkeen spesiaal.

Moenie jou doelwitte stel volgens wat ander dink is belangrik nie.
Weet slegs wat is die beste vir jou.

Moenie dit wat die naaste aan jou hart is as vanself sprekend aanvaar nie;
klou aan dit soos wat jy aan die lewe sal klou, omdat sonder hulle is die lewe nie
die moeite werd nie.

Moenie laat jou lewe deur jou vingers glip deur
die heeltyd in die verlede te leef of slegs vir die toekoms.

Deur jou lewe EEN DAG OP ‘N SLAG te leef
sal jy al die dae van jou lewe leef.

Moenie ophou gee
terwyl jy nog iets het om te gee nie.

Niks is regtig verby nie….
tot die moment wat jy ophou probeer nie.

Moenie bang wees om te erken dat jy nie perfek is nie;
dit is jy die kenmerk wat ons aan mekaar bind.

Moenie bevrees wees om kanse te waag nie,
dit is deur kanse waag wat ons leer hoe om braaf te wees.

Moenie LIEFDE uit jou lewe sluit
deur te sê dis onmoontlik om te vind nie.

Die vinnigste manier om LIEFDE te vind is om LIEFDE te gee,
die vinnigste manier om LIEFDE te verloor is om dit te styf vas te hou
en die beste manier om LIEFDE te behou is om dit vlerke te gee.

Moenie jou drome verontagsaam nie.
Om sonder drome te wees is om sonder HOOP te wees;
Om sonder HOOP te wees is om sonder ‘n doel te wees.

Moenie so vinnig deur die lewe hardloop dat jy nie slegs vergeet
WAAR JY WAS NIE – maar ook – WAARHEEN JY OPPAD IS NIE.

Die lewe is nie ‘n resies nie, maar ….
‘N REIS - - WAARVAN ELKE TREE GENIET MOET WORD.

Wednesday, April 23, 2008

21 Dinge om te Onthou


1. Niemand kan jou dag ruïneer sonder JOU toestemming nie.

2. Meeste mense sal omtrent so gelukkig wees as wat hulle besluit om te wees.

3. Ander kan jou tydelik stop, maar slegs jy kan dit permanent maak.

4. Dit wat jy gewillig is om te verduur, is presies dit wat jy sal kry om te verduur.

5. Sukses stop wanneer jy stop.

6. Wanneer jou skip inkom … maak seker jy is gewillig om die vrag af te laai.

7. Jy sal nooit alles verstaan nie want dan hou jy op om te leer.

8. Die lewe is ‘n reis …. Nie ‘n eindbestemming nie. Geniet die reis.

9. Die grootste leuen op aarde: “Wanneer ek genoeg het sal ek gelukkig wees.”

10. Die beste manier om van jou probleem ontslae te raak is om dit op te los.

11. Om te gee verskaf baie meer vreugde as om die heeltyd te neem.

12. Die lewe se kosbare oomblikke is waardeloos mits dit gedeel word nie.

13. As jy nie begin nie is dit verseker dat jy nie sal arriveer nie.

14. Ons vrees gewoonlik dit wat ons die meeste wil hê.

15. Om te lag is die beste tonikum vir ‘n wonderlike dag.

16. Gister was die sperdatum vir alle klagtes.

17. Kyk vir geleenthede ….. nie waarborge nie.

18. Lewe is dit wat kom …. nie wat was nie.

19. Sukses is om nog een maal op te staan.

20. Nou is die mees interessante tyd van alle tye.

21. Wanneer dinge verkeerd loop … moenie net daarmee saamgaan nie.

Monday, April 21, 2008

Die Lewens Worstelinge


Een dag vind ‘n man die kokon van ‘n vlinders. Daar het sopas ‘n klein openinkie verskyn. Hy het hom gerieflik gaan tuismaak om te kyk hoe die vlinders se stryd verloop om verlos te word van die kokon. Die vlinder se stryd het ‘n paar ure geduur soos die probeer het om sy lyf deur die klein opening te kry. Toe hou dit op om enige vordering te maak en vir die man het dit gelyk of die vlinder nie verder sou kom nie.

Hy het toe besluit om die vlinder te help en kry ‘n skêr en sny die kokon verder oop. Die vlinder het toe baie maklik uitgekom. Maar die vlinder het ‘n vreeslike geswelde lyf gehad en klein op gefrommelde vlerke. Die man het aangehou om die vlinder dop te hou want hy het verwag dat die vlerke enige oomblik sou uitswel tot hul volle prag wanneer die lyf saamtrek en die vlinder dan kon wegvlieg – maar nie een van die twee het gebeur nie. Jammerlik het die vlinder na die grond geval en daar rondgekruip met ‘n geswelle lyf en op gefrommelde vlerke vir die res van sy kort bestaan. Dit was nooit in staat om te vlieg of om die pragtige vlinder te word waarvoor dit bestem was nie.

Wat die man in sy gebaar van goedhartigheid en haas nie verstaan het nie was dat die beperkte opening van die kokon en die worstelstryd wat die vlinder moes voer om deur die opening te kom God se manier was om te verseker dat vloeistof van die liggaam in die vlerke forseer word om sodoende te sorg dat hulle reg is vir vlieg sodra die vlinder behoorlik uit die kokon is.

Somtyds, soos die vlinder, is die worstelinge wat ons in ons lewens ervaar nodig, alhoewel ons baie keer nie verstaan hoekom nie. Indien God ons toelaat om deur die lewe te gaan sonder enige hindernisse kan dit ons groei belemmer. Dan kan ons nie so sterk wees soos ons behoort te wees nie – en dit kan ons inperk om die hoogtes te bereik wat Hy vir ons beplan jou en my beplan het.

Heb 12 : 11

Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

Thursday, April 17, 2008

Vergete Heldjies

Beste vriende

Vir julle wat gereeld die blog lees - die week was maar bietjie stil met die plasings, maar dit is redelik besig met die voorbereiding vir die Pasga Vrydagaand. Dit is vir my sekerlik een van die hoogte punte van die jaar op ons Vader se kalendar. Waar ons weer in verwondering kan terug kyk na Sy genade wat Hy vir ons openbaar het deur aan die kruis vir ons te sterf.

Miskien besef ons nie elke dag die verskriklike hel waardeur ons Verlosser moes gaan vir ons nie. Hy wat sonder sonde was is so belaai met al wat 'n wereldse sonde is dat Hy feitlik sonde geword het vir ons. Hoe verskriklik moet dit wees vir die Rein een om so besoedel te wees met almal se sondes dat HY bereid is om daarvoor te sterf dat ons mag lewe.

Vir die van u wat reeds die verlossings geskenk aangeneem het van Yahshua ons Verlosser, mag dit 'n wonderlike dankdag wees vir u en vir die van u wat nog nie die reddende genade van ons Messias aangeneem het nie, smeek ek vandag, doen dit nou want die tyd het min geword.
Bely jou sondes voor God en nooi Hom vandag in jou lewe dat Hy Meester sal wees van jou lewe sodat jy wedergebore kan word deur Sy genade en verseel word in Sy liefde.

Hierby aangeheg is 'n gedig wat ek gekry het van 'n vriend wat graag anoniem wil bly en dit handel oor die kindertjies wat in die konsentrasie kampe gesterwe het. As mens kyk hoe swaar hul gekry het dan besef mens net weer hoe groot was die prys wat ons vrouens en kinders betaal het vir die volk - die Boervolk.
Dan is daar steeds vandag mense wat nie meer deel wil wees van die volk nie en eerder agter die wereld aan hardloop. Mag skaamte jul aangesigte oordek omdat julle ons vrouens en kinders se offer misken wat hulle gebring het vir die Boervolk.

Vergete Heldjies

O kinders van die gelofte
dink aan julle belofte.
Kyk na die grafte van die kinders
dink hier aan hulle koue winters.
Toe hulle die vêrte in staar
en wat het hulle gewaar.

`n Vierkleur wat wapper in die wind
is die laaste gebed van die kind.
Voordat hy gaan rus.
Hy het sy vryheid gemis.
O kindertjies van my God
julle het gehou by sy gebod.

Julle het vir ons gesterf
sonder om roem te verwerf.
Ek staan so en bewe
as ek dink wat het jul gegewe.
Jul het gegee jul lewe
vir ons vryheid strewe.

Tuesday, April 15, 2008

Hondjies Te Koop


‘n Eienaar van die troeteldier winkel was net besig om ‘n nuwe teken in die venster op te sit, “Hondjies te Koop”, toe ‘n jong seun by die kennisgewing kom staan en lees. Snaaks hoe kennisgewings soos die altyd die manier het om veral die jong kinders se aan te trek.

“Vir hoeveel gaan oom die klein hondjies verkoop?” vra die seuntjie nuuskierig. So tussen R30-00 tot R50-00 ‘n hondjie” sê die eienaar. Die seuntjie steek sy hand in sy broeksak en haal ‘n klomp kleingeld uit. “Ek het R2-50,” sê hy. “Kan ek asseblief na die hondjies kyk?”

Die eienaar van die troeteldier winkel glimlag en gee ‘n fluit, uit die hondehok kom Lady, wat met die winkel gang afgedraf kom gevolg deur vyf klein haar bolletjies met pote. Die een klein hondjie was ver agter die ander vier. Die seuntjie het onmiddellik die klein hondjie opgemerk wat so ver agter die ander is en hy het gemerk dat die hondjie kruppel is. Hy vra toe, “Wat is fout met daardie klein hondjie?”

Die eienaar verduidelik toe dat hy die hondjie by die veearts gehad het om te kyk wat is fout. Die veearts het gesê dat die klein hondjie sonder ‘n heup gewig gebore is en dat hy sy hele lewe mank sal wees.

Die seuntjie raak baie opgewonde en sê, “Dit is die hondjie wat ek graag wil koop.” “Nee, jy kan nie ernstig wees om daardie mank hondjie te wil koop nie. As jy hom regtig wil hê sal ek hom vir jou verniet gee want niemand sal die hondjie in elk geval wil koop nie.”

Die seuntjie het baie verontwaardig geraak en het die eienaar stip aangekyk en gesê, “Ek wil hom nie verniet hê nie, die hondjie is net soveel werd soos enige ander hondjie in die werpsel en ek sal volprys betaal. Inteendeel hier is solank R2-50 nou en elke maand sal ek 50c kom betaal totdat ek die hondjie klaar afbetaal het.”

Diep nadenkend antwoord die eienaar, “Jy moet doodseker wees want onthou die hondjie sal nie kan hardloop, spring en speel soos ander hondjies nie.”

Na die opmerking buk die seuntjie af en trek sy broekspyp op om sy kruppel en verwronge linkerbeen wat ondersteun word deur groot staal stutte. Hy kyk op na die winkel eienaar en antwoord saggies “Wel, ekself hardloop nie so goed nie en die hondjie het iemand nodig wat sal verstaan.”

Friday, April 11, 2008

LAPPOP


Vandag se inspirasie word spesiaal opgedra in herinnering aan Dries Kriel. Sterkte en ondersteuning deur ons Almagtige Vader word vir sy gesin en familie toegebid.

Die gedig bly vir my een van die treffendste oor die hartseer van die konsentrasie kampe en beeld die pyn en verlange in 'n kleine kinderhart so pragtig uit.


LAPPOP


Sy is van Boere afkoms

Net vier kort jaartjies oud

Haar oë is soos die hemel

En vlegseltjies van goud


Op hul plaas daar in die Vrystaat

Waar hul klipsteen woning staan

Neem sy haar tuisgemaakte lappop

Oral waar sy gaan


Die diere het sy almal

By die naam geken

So weet sy altyd eerste

Waar broei die weglê hen


Maar toe kom daar ‘n oorlog

En haar pappie gaan vêr weg

Dit was so sê haar mammie

Om vir die Republiek te veg


Die oorlog duur toe langer

As wat almal eers wou wis

En die traantjies vloei gedurig

Soos sy haar pappa mis


Die uitlanders kom later

En laai hul op ‘n wa

So sit sy met haar lappop

Verwese langs haar ma.


Sy sien hoedat die Kakies

Haar diereryk vermoor

En toe hul huis in vlamme opgaan

Wis sy hul het als verloor


Haar rokkies was altyd

Vir haar alte fraai

Nou dra sy ‘n meelsak rokkie

Dit vertoon vir haar so saai


Haar lyfie raak al dunner

En haar armpies word krom

Want in die moordkamp heers daar honger

En haar mamma sit daar stom


Die mondjie wat eers kon skater

Het nou ‘n bitter trek

En hartverskeurend is die fronsie

Wat oor haar gesiggie strek


Sy sit daar in die kamptent

Haar lappop knel sy vas

Want haar mammie is reeds gister

Verlos van aardse las


So kry hul haar ook later

Daar by haar lappop lê

En laat haal ‘n ou seepkissie

Om haar en haar ou lappop

In die aarde weg te lê


Sy was van Boere afkoms

Net vier kort jaartjies oud

Haar oë was soos die hemel

En vlegseltjies van goud

Wednesday, April 9, 2008

‘n Nuwe Begin


Van: Jesus Christus
Aan: My

Watter vreugde is dit nie vir My om by jou te wees nie!
Dit is goed dat ons bymekaar is.
Ek ken daardie afgetrokke uitdrukking, wat beteken dat jy ver van My is.
En as jy dan in My oë kyk en Ek sien weer die warm vuur wat in jou brand vir My en elkeen wat Ek liefhet, dan juig Ek omdat jy weet dat niks ons kan skei nie.
Ek sing as jou oë oor die landskap heengly. En Ek glimlag as Ek sien hoe jy die taak wat Ek vir jou gegee het, afhandel.
Dit maak My bly as jy eerbied het vir die mense wat jy ken en as jy die leiding van My Gees volg in jou verhouding met elke ander mens.
Jou nederigheid voor My skepping, die respek waarmee jy opkyk na die hemel wat Ek en die Vader geskape het, die feit dat jy oral vashou aan My waarheid, jou soeke na suiwerheid en jou gehoorsaamheid aan My Woord maak jou vir My oneindig kosbaar.
As jy jouself vergeet en jouself vir My gee daar tussen die armes, die verdruktes, die wat misbruik word, die blindes en onverskilliges, die wat verlore en bitter is, dan stort Ek trane van dankbaarheid.
Dit is goed dat ons bymekaar is en Ek vind soveel vreugde in jou.

Vra jy My oor jou sondes?
Hoor Ek jou pleit oor tye van ontrouheid?
Fluister jy vir My van jou dislojaliteit en die konflikte in jou lewe?
Moenie van My af wegvlug nie.
As jy jouself in die steek laat, moenie vir My ook in die steek laat nie.
Jou bedrog en gemeentheid, jou kleinlikheid is alles vir My geleenthede.
Ek gryp elkeen gretig aan elke keer as jy die waarheid erken.
Dan weet Ek dat jy weer na My sal keer, dat ‘n nuwe begin moontlik geword het. Dan word die vertroue in My liefde vernuwe en opnuut bevestig.
En as dit dan nie gebeur nie, wag Ek met vaste hoop op die volgende geleentheid.

Besef jy nie dat daar niks is wat jy kan doen om My liefde vir jou te verander nie?
Ek sien die skaduwees en die lig.
Ek het gesien dat jy in’n wildernis van selfvernietiging beland, dat jy meer en meer in jouself gekeer geraak het,
Ek het gesien hoe jy jou skuld altyd deur ophoop – jou skuld en ook jou opstand.
Jy het gedink dat jy almal – selfs vir My – uit jou lewe verdryf het.
Weet jy dan nie dat jy My nie kan laat ophou om jou lief te hê nie?
My hart is so seer vir jou!

Sal jy nou na My luister?
Ek het saam met jou in jou wêreld van selfvernietiging ingegaan en Ek het jou nog meer lief as ooit tevore.
My liefde is standhoudend en verander nie.
Jy is altyd meer vir My as dit wat jy sê of doen of hoe jy voorkom.
Vir My is jy altyd jy.
Die self wat Ek liefhet en altyd sal liefhê behoort nie aan jou nie, daarom kan jy nie daarvan maak wat jy wil nie.
n Liefde wat ophou is beslis nie My liefde nie.
Jy behoort aan My en aan niemand anders nie en Ek sal jou nooit laat gaan nie.
Ek is in jou sodat jou vreugde volkome kan wees”.

Maak tyd vir ‘n Nuwe Begin!.

Dankie Jesus dat U vir my omgee.

Geskryf deur Dr. Joseph P. Bishop, ‘n Nuwe begin.

Monday, April 7, 2008

Daar is Niks Nuut Onder die Son nie.


So, ons dink dat ons as Boervolk se situasie hier in Suid Afrika is besonders uniek. Is dit regtig so uniek soos ons dink of is die woorde van Salomo (Pred. 1:9) Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.” ook van toepassing op ons huidige situasie.

Daar is met ons situasie as Boerevolk sovele ooreenkomste met die Israeliete terwyl hulle in gevangenskap was in Egipte dat dit eintlik skrikwekkend akkuraat is.
Kom ons kyk na die ooreenkomste:

Jakob en sy seuns het getrek na Egipte omdat hulle nie meer daar kon oorleef nie.
Ons voorouers het uit Europa gevlug omdat hulle nie meer daar kon oorleef vanweë die geloofs vervolgings wat daar plaasgevind het nie.

Josef het sy vader en broers na ‘n baie vrugbare deel van Egipte verskuif naamlik Gosen en daar het hulle vaste besittings verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder.
Ons as Boere het in Suid Afrika aangekom en moes ook eers bietjie rondtrek voordat ons ons Gosen gekry het. Daarna het ons ook besittings verwerf en sterk vermeerder.

Israel was vrugbaar en het baie geword, hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword sodat die land vol was van hulle.
Na die groot trek het die Boervolk ook vermeerder en hulle was die land vol gewees.
Ek glo dat in die tyd die Israeliete redelik welvarend was in Egipte en groot aansien geniet het want hulle was produktief en het ‘n bydrae tot die land gelewer net soos wat die Boere dié land gelei het tot voorspoed en welvaart.

Maar toe begin dinge te verander in Egipte, daar word ‘n nuwe koning in die land gekroon en hy spreek sy volksgenote toe en sê aan hulle die volgende woorde: “Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.
Kom, laat ons ‘n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie. So het die verdrukking van die Israeliete begin.
Soortgelyk het plaasgevind met die vrylating van Mandela en ontbanning van die ANC – ‘n nuwe koning is aangestel en teen die Boervolk het hulle slim planne beraadslaag om hulle te onderdruk.

Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.
Regstellende aksie is een van die eerste dinge wat nie gou genoeg ingestel kon word nie en hy wat bo was moes na onder en met dwangarbeid is die Boer verdruk om steeds hul voorrade store in stand te hou.

….die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien en hulle lewe verbitter deur swaar werk……
Alles wat ons opgebou het om ‘n beter lewe vir onsself te verseker soos goeie skole, hospitale, universiteite, ens. is in die grond in afgebreek en indien jy goeie onderwys vir jou kinders verlang of goeie mediese sorg moet jy daarvoor ten duurste betaal. Jou betalings vir krag, water en belastings word sodanig verhoog dat jy vir die ander wat nie werk nie ook moet sorg deur jou bydrae

Omdat die Egiptenare die Israeliete gevrees het en hulle gehaat het is daar deur die koning besluit om: ….as dit ‘n seun is, maak hom dood; maar is dit ‘n dogter, laat haar lewe.
Hoeveel van ons volk is al vermoor deur die wreedaards wat oor ons aangestel is, mans word die meeste van die kere vermoor en die vroue verkrag en laat lewe om met die skande saam te leef.
Deur die taktiek probeer hulle ook die mense so bevrees maak dat hulle eerder emigreer sodat die land weer net aan hulle kan behoort.

Moses het die Israeliet verlos deurdat hy die Egiptenaar doodgeslaan het maar in plaas van dankbaarheid vir die weldaad het die man die storie versprei soveel so dat Moses beangs geword het en moes vlug.
So het daar ook van ons volk voor die vyand gaan kniel en sy mede broer uitverkoop soos wat die kerke gedoen het en die mense by die Waarheids en Versoenings Kommissie.

En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.
Dit is voorwaar die tydvak waarin ons nou onsself bevind. By elke byeenkom vir verootmoediging voor God raak die getalle meer en daar is ‘n opregte geroep om hulp na die Almagtige.

God het gesê: “Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na …….‘n land wat oorloop van melk en heuning.”
Dit is ook die woorde wat die Boervolk verlang om te hoor en smag na die dag wanneer dit in hul oor sal weerklink.
Maar alvorens sodanige verlossing gedoen kan word deur God is daar ‘n paar voorwaardes wat sal geld.
Daar sal tekens en rampe oor die land kom wat die Egiptenare sal tref maar die Israeliete sal moet vashou in die geloof sodat die rampe hul verbygaan sonder om hul aan te raak.

Maar Farao antwoord: Wie is die Yahweh na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken Yahweh nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.
So ken die leiers van die land ook nie God nie want hulle het Hom uit die grondwet gehaal, hulle bespot ons Verlosser Yahshua deurdat hulle ‘n skildery in hul plek van samekoms ophang waar hul leier uitgebeeld word as die Messias – die verlosser van die Nuwe Suid Afrika.

Dit is omtrent hier waar die Boervolk homself tans bevind in die hele verhaal. Gelukkig stop die verhaal nie hier nie, maar gaan aan en dui aan die verlossing wat bewerkstellig is deur die Almagtige vir sy geliefde volk.
Omdat ons verhaal so parallel loop met die van Israel in Egipte kan ons aanvaar dat die uitkom wat die boervolk aanbetref ook soortgelyk kan verloop. Dit is vir die rede baie belangrik om te let op wat alles na dié punt gebeur het en om ag te slaan op die slaggate waarin die Israeliete getrap het sodat dit vermy kan word want die gevolge sal dieselfde wees vir enige oortredinge wat ons in die toekoms mag begaan.

“En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat Yahweh op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig.
Die pragtig hiervan is hulle het in aanbidding neergebuig, bedoelende die volk, en hulle het geglo. Ons sit vandag met soveel geloofs verskille tussen ons dat ons skaars as volk sal kan saamstem oor watter loflied om te sing.
Het dit nie tyd geword dat ons die verskille opsy skuif en mekaar die hand reik nie sodat ons dissipels van die Almagtige kan wees? Daar is slegs een vereiste daarvoor en die vind ons opgeteken in
Johannes 13 : 35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
As ek na die gedeelte kyk en ek kyk na die Boervolk sal ons moet erken dat daar maar min dissipels is onder die volk en dit is ons almal beskore om dissipels te wees.

Daar is twee fundamentele vrae wat ons mekaar moet afvra – 1) Is daar op hierdie aarde iemand wat die volle kennis van God het?– Nee – so ons elkeen weet ‘n bietjie en van die bietjie wil ons so groot ophef maak dat ek nie eens my broer wil aanhoor of sien nie.
Ons is almal vertroud met die basiese protestantse geloofs beginsels – 2) Nou is die tweede vraag wat ons mekaar moet afvra – die verskil punte wat ek met my broer het oor die geloof, maak dit enige verskil aan my of sy redding?

Ek wil graag die punt illustreer deur ‘n voorbeeld aangesien dit tog so belangrik is:

Ek glo die Saterdag is die Sabbat, jy glo Sondag is die Sabbat – maak dit ‘n verskil aan my redding deur die bloed van ons Verlosser Yahshua / Jesus.
Waar is die lankmoedigheid om te aanvaar dat ons na ‘n raaisel in die spieël kyk maar eendag sal ons van aangesig tot aangesig sien en dan sal God ons Sy volle waarheid leer.
Hoeveel mense het ons weggedryf van die liefde van God deur ons onverbiddelike siening en optrede.
As ons verskil oor ‘n saak soos die Sabbat laat elkeen dit vier op die dag soos hy gelei word sonder om daaroor te verskil – laat ons mekaar se verskille aanvaar want die volle waarheid sal ons later leer ken.
Laat ons vir ‘n slag werklike Dissipels van God wees.

Friday, April 4, 2008

DIE AFSPRAAK


Na 21 jaar van getroude lewe, versoek my vrou my om ’n ander vrou uit te neem vir ete
en ’n fliek. Sy sê sy is lief vir my maar sy weet van hierdie ander vrou wat my lief het
en baie graag tyd saam met my wil spandeer.

Die ander vrou was my moeder, weduwee van 19 jaar. Die eise van my werk en kinders
het slegs toegelaat dat ek haar per geleentheid kon besoek.

Daardie aand het ek haar gekontak en uitgenooi vir ’n ete en ’n fliek. “Wat is fout, is
als reg?” het sy gevra. Sy is die tipe vrou wat onraad vermoed met ’n laataand oproep
en ’n verrassings uitnodiging sien as ’n teken van slegte nuus. “Ek het maar net gedink
dit sal lekker wees om saam met jou tyd te spandeer, net die twee van ons.” stel ek
haar gerus. Sy het vir ’n oomblik daaroor nagedink en toe geantwoord: “Dit sal baie
lekker wees, dankie.”

Vrydag, na werk, ry ek oor om haar te gaan optel. Ek was ’n bietjie angstig. Toe ek by
haar huis stop, sien ek dat sy ook angstig voorkom. Sy wag in die voordeur met haar
jas aan. Sy het haar hare gekrul en het ’n rokkie aangehad wat sy met haar laaste
huweliksherdenking gedra het. Sy het geglimlag en op haar gesig het ’n glans geskyn
soos die van ’n engel.

“Ek het my vriendinne vertel ek gaan saam met my seun uit op ’n afspraak, en hulle was
baie beïndruk met my.” sê sy toe sy in my kar klim, “Hulle kan nie wag om alles van ons
afspraak te hoor nie.”

Ons het by die restaurant ingestap wat, alhoewel nie eksklusief nie, tog warm en
gesellig was. My moeder het by my arm ingehaak asof sy die koningin is. Nadat ons
gaan sit het moes ek die spyskaart vir haar uitlees. Groot druk. Halfpad deur die
name van die disse, kyk ek op en sien hoe sy met ’n nostalgiese glimlag na my staar.
“Ek onthou toe ek altyd vir jou die spyskaart moes lees toe jy klein was.” sê sy. “Maar
dan is dit goed dat moeder kan ontspan en ek ’n guns kan bewys” antwoord ek haar.

Gedurende ete het ons ’n aangename geselskap gevoer, niks buitengewoon nie, sommer
net opgevang met onlangse gebeure in mekaar se lewens. Ons het egter so lekker
gesels dat ons die fliek gemis het.

Toe ons tuis arriver sê sy: “Ek sal weer saam met jou uitgaan, maar slegs as jy my sal
toelaat om jou hierdie keer uit te nooi.” Ek het ingestem.

“Hoe was jou afspraak?” vra my vrou toe ek by die huis kom. “Baie lekker, meer as
wat ek dink het” antwoord ek haar.

’n Paar dae later het my moeder aan ’n massiewe hartaanval gesterf. Dit het so skielik
gebeur dat ek nie eens kans gehad het om vir haar enige iets te kon doen nie. ’n Paar
weke later, ontvang ek ’n koevert deur die pos met ’n afskrif van ’n restaurant
betalingsbewys van dieselfde plek waar ek en my moeder geëet het. Aangeheg is ’n
nota wat lees: “Ek het hierdie rekening vooruit betaal. Ek was nie seker of ek hier sou
wees nie. Nietemin, ek het vir twee persone betaal – vir jou en jou vrou. Jy sal nooit
weet hoeveel daardie aand vir my beteken het nie. Ek is lief vir jou my seun.”

Op daardie oomblik het ek die belangrikheid daarvan verstaan om te sê: “EK IS LIEF
VIR JOU”, terwyl ons nog kan.

(Onbekend)

Wednesday, April 2, 2008

Hande


'n Gholfstok in my hande beteken nie veel nie.
'n Gholfstok in Ernie Els se hande beteken 'n paar miljoen rand.
Dit hang af in wie se hande dit is ..

'n Stok in my hande kan gebruik word vir selfverdediging.
'n Stok in Moses se hande het die see geskei.
Dit hang af in wie se hande dit is ..........

Twee vissies en vyf brode in my hande beteken 'n paar vis-toebroodjies.
Twee vissies en vyf brode in God se hande beteken kos vir duisende. Dit hang af in wie se hande dit is ..

Met spykers in my hande kan ek 'n kassie bou. Spykers in Jesus se Hande beteken oorwinning en verlossing vir die hele wêreld.
Dit hang af in wie se hande dit is ..

So, sit jou bekommernisse, jou vrese, jou hoop, jou drome, jou familie, jou verhoudings –ALLES - In God se Hande.


Onthou - Dit hang af in wie se hande jy is !