Tuesday, April 15, 2008

Hondjies Te Koop


‘n Eienaar van die troeteldier winkel was net besig om ‘n nuwe teken in die venster op te sit, “Hondjies te Koop”, toe ‘n jong seun by die kennisgewing kom staan en lees. Snaaks hoe kennisgewings soos die altyd die manier het om veral die jong kinders se aan te trek.

“Vir hoeveel gaan oom die klein hondjies verkoop?” vra die seuntjie nuuskierig. So tussen R30-00 tot R50-00 ‘n hondjie” sê die eienaar. Die seuntjie steek sy hand in sy broeksak en haal ‘n klomp kleingeld uit. “Ek het R2-50,” sê hy. “Kan ek asseblief na die hondjies kyk?”

Die eienaar van die troeteldier winkel glimlag en gee ‘n fluit, uit die hondehok kom Lady, wat met die winkel gang afgedraf kom gevolg deur vyf klein haar bolletjies met pote. Die een klein hondjie was ver agter die ander vier. Die seuntjie het onmiddellik die klein hondjie opgemerk wat so ver agter die ander is en hy het gemerk dat die hondjie kruppel is. Hy vra toe, “Wat is fout met daardie klein hondjie?”

Die eienaar verduidelik toe dat hy die hondjie by die veearts gehad het om te kyk wat is fout. Die veearts het gesê dat die klein hondjie sonder ‘n heup gewig gebore is en dat hy sy hele lewe mank sal wees.

Die seuntjie raak baie opgewonde en sê, “Dit is die hondjie wat ek graag wil koop.” “Nee, jy kan nie ernstig wees om daardie mank hondjie te wil koop nie. As jy hom regtig wil hê sal ek hom vir jou verniet gee want niemand sal die hondjie in elk geval wil koop nie.”

Die seuntjie het baie verontwaardig geraak en het die eienaar stip aangekyk en gesê, “Ek wil hom nie verniet hê nie, die hondjie is net soveel werd soos enige ander hondjie in die werpsel en ek sal volprys betaal. Inteendeel hier is solank R2-50 nou en elke maand sal ek 50c kom betaal totdat ek die hondjie klaar afbetaal het.”

Diep nadenkend antwoord die eienaar, “Jy moet doodseker wees want onthou die hondjie sal nie kan hardloop, spring en speel soos ander hondjies nie.”

Na die opmerking buk die seuntjie af en trek sy broekspyp op om sy kruppel en verwronge linkerbeen wat ondersteun word deur groot staal stutte. Hy kyk op na die winkel eienaar en antwoord saggies “Wel, ekself hardloop nie so goed nie en die hondjie het iemand nodig wat sal verstaan.”

No comments: