Thursday, April 17, 2008

Vergete Heldjies

Beste vriende

Vir julle wat gereeld die blog lees - die week was maar bietjie stil met die plasings, maar dit is redelik besig met die voorbereiding vir die Pasga Vrydagaand. Dit is vir my sekerlik een van die hoogte punte van die jaar op ons Vader se kalendar. Waar ons weer in verwondering kan terug kyk na Sy genade wat Hy vir ons openbaar het deur aan die kruis vir ons te sterf.

Miskien besef ons nie elke dag die verskriklike hel waardeur ons Verlosser moes gaan vir ons nie. Hy wat sonder sonde was is so belaai met al wat 'n wereldse sonde is dat Hy feitlik sonde geword het vir ons. Hoe verskriklik moet dit wees vir die Rein een om so besoedel te wees met almal se sondes dat HY bereid is om daarvoor te sterf dat ons mag lewe.

Vir die van u wat reeds die verlossings geskenk aangeneem het van Yahshua ons Verlosser, mag dit 'n wonderlike dankdag wees vir u en vir die van u wat nog nie die reddende genade van ons Messias aangeneem het nie, smeek ek vandag, doen dit nou want die tyd het min geword.
Bely jou sondes voor God en nooi Hom vandag in jou lewe dat Hy Meester sal wees van jou lewe sodat jy wedergebore kan word deur Sy genade en verseel word in Sy liefde.

Hierby aangeheg is 'n gedig wat ek gekry het van 'n vriend wat graag anoniem wil bly en dit handel oor die kindertjies wat in die konsentrasie kampe gesterwe het. As mens kyk hoe swaar hul gekry het dan besef mens net weer hoe groot was die prys wat ons vrouens en kinders betaal het vir die volk - die Boervolk.
Dan is daar steeds vandag mense wat nie meer deel wil wees van die volk nie en eerder agter die wereld aan hardloop. Mag skaamte jul aangesigte oordek omdat julle ons vrouens en kinders se offer misken wat hulle gebring het vir die Boervolk.

Vergete Heldjies

O kinders van die gelofte
dink aan julle belofte.
Kyk na die grafte van die kinders
dink hier aan hulle koue winters.
Toe hulle die vêrte in staar
en wat het hulle gewaar.

`n Vierkleur wat wapper in die wind
is die laaste gebed van die kind.
Voordat hy gaan rus.
Hy het sy vryheid gemis.
O kindertjies van my God
julle het gehou by sy gebod.

Julle het vir ons gesterf
sonder om roem te verwerf.
Ek staan so en bewe
as ek dink wat het jul gegewe.
Jul het gegee jul lewe
vir ons vryheid strewe.

No comments: