Monday, April 7, 2008

Daar is Niks Nuut Onder die Son nie.


So, ons dink dat ons as Boervolk se situasie hier in Suid Afrika is besonders uniek. Is dit regtig so uniek soos ons dink of is die woorde van Salomo (Pred. 1:9) Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.” ook van toepassing op ons huidige situasie.

Daar is met ons situasie as Boerevolk sovele ooreenkomste met die Israeliete terwyl hulle in gevangenskap was in Egipte dat dit eintlik skrikwekkend akkuraat is.
Kom ons kyk na die ooreenkomste:

Jakob en sy seuns het getrek na Egipte omdat hulle nie meer daar kon oorleef nie.
Ons voorouers het uit Europa gevlug omdat hulle nie meer daar kon oorleef vanweë die geloofs vervolgings wat daar plaasgevind het nie.

Josef het sy vader en broers na ‘n baie vrugbare deel van Egipte verskuif naamlik Gosen en daar het hulle vaste besittings verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder.
Ons as Boere het in Suid Afrika aangekom en moes ook eers bietjie rondtrek voordat ons ons Gosen gekry het. Daarna het ons ook besittings verwerf en sterk vermeerder.

Israel was vrugbaar en het baie geword, hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword sodat die land vol was van hulle.
Na die groot trek het die Boervolk ook vermeerder en hulle was die land vol gewees.
Ek glo dat in die tyd die Israeliete redelik welvarend was in Egipte en groot aansien geniet het want hulle was produktief en het ‘n bydrae tot die land gelewer net soos wat die Boere dié land gelei het tot voorspoed en welvaart.

Maar toe begin dinge te verander in Egipte, daar word ‘n nuwe koning in die land gekroon en hy spreek sy volksgenote toe en sê aan hulle die volgende woorde: “Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.
Kom, laat ons ‘n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie. So het die verdrukking van die Israeliete begin.
Soortgelyk het plaasgevind met die vrylating van Mandela en ontbanning van die ANC – ‘n nuwe koning is aangestel en teen die Boervolk het hulle slim planne beraadslaag om hulle te onderdruk.

Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.
Regstellende aksie is een van die eerste dinge wat nie gou genoeg ingestel kon word nie en hy wat bo was moes na onder en met dwangarbeid is die Boer verdruk om steeds hul voorrade store in stand te hou.

….die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien en hulle lewe verbitter deur swaar werk……
Alles wat ons opgebou het om ‘n beter lewe vir onsself te verseker soos goeie skole, hospitale, universiteite, ens. is in die grond in afgebreek en indien jy goeie onderwys vir jou kinders verlang of goeie mediese sorg moet jy daarvoor ten duurste betaal. Jou betalings vir krag, water en belastings word sodanig verhoog dat jy vir die ander wat nie werk nie ook moet sorg deur jou bydrae

Omdat die Egiptenare die Israeliete gevrees het en hulle gehaat het is daar deur die koning besluit om: ….as dit ‘n seun is, maak hom dood; maar is dit ‘n dogter, laat haar lewe.
Hoeveel van ons volk is al vermoor deur die wreedaards wat oor ons aangestel is, mans word die meeste van die kere vermoor en die vroue verkrag en laat lewe om met die skande saam te leef.
Deur die taktiek probeer hulle ook die mense so bevrees maak dat hulle eerder emigreer sodat die land weer net aan hulle kan behoort.

Moses het die Israeliet verlos deurdat hy die Egiptenaar doodgeslaan het maar in plaas van dankbaarheid vir die weldaad het die man die storie versprei soveel so dat Moses beangs geword het en moes vlug.
So het daar ook van ons volk voor die vyand gaan kniel en sy mede broer uitverkoop soos wat die kerke gedoen het en die mense by die Waarheids en Versoenings Kommissie.

En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.
Dit is voorwaar die tydvak waarin ons nou onsself bevind. By elke byeenkom vir verootmoediging voor God raak die getalle meer en daar is ‘n opregte geroep om hulp na die Almagtige.

God het gesê: “Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na …….‘n land wat oorloop van melk en heuning.”
Dit is ook die woorde wat die Boervolk verlang om te hoor en smag na die dag wanneer dit in hul oor sal weerklink.
Maar alvorens sodanige verlossing gedoen kan word deur God is daar ‘n paar voorwaardes wat sal geld.
Daar sal tekens en rampe oor die land kom wat die Egiptenare sal tref maar die Israeliete sal moet vashou in die geloof sodat die rampe hul verbygaan sonder om hul aan te raak.

Maar Farao antwoord: Wie is die Yahweh na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken Yahweh nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.
So ken die leiers van die land ook nie God nie want hulle het Hom uit die grondwet gehaal, hulle bespot ons Verlosser Yahshua deurdat hulle ‘n skildery in hul plek van samekoms ophang waar hul leier uitgebeeld word as die Messias – die verlosser van die Nuwe Suid Afrika.

Dit is omtrent hier waar die Boervolk homself tans bevind in die hele verhaal. Gelukkig stop die verhaal nie hier nie, maar gaan aan en dui aan die verlossing wat bewerkstellig is deur die Almagtige vir sy geliefde volk.
Omdat ons verhaal so parallel loop met die van Israel in Egipte kan ons aanvaar dat die uitkom wat die boervolk aanbetref ook soortgelyk kan verloop. Dit is vir die rede baie belangrik om te let op wat alles na dié punt gebeur het en om ag te slaan op die slaggate waarin die Israeliete getrap het sodat dit vermy kan word want die gevolge sal dieselfde wees vir enige oortredinge wat ons in die toekoms mag begaan.

“En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat Yahweh op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig.
Die pragtig hiervan is hulle het in aanbidding neergebuig, bedoelende die volk, en hulle het geglo. Ons sit vandag met soveel geloofs verskille tussen ons dat ons skaars as volk sal kan saamstem oor watter loflied om te sing.
Het dit nie tyd geword dat ons die verskille opsy skuif en mekaar die hand reik nie sodat ons dissipels van die Almagtige kan wees? Daar is slegs een vereiste daarvoor en die vind ons opgeteken in
Johannes 13 : 35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
As ek na die gedeelte kyk en ek kyk na die Boervolk sal ons moet erken dat daar maar min dissipels is onder die volk en dit is ons almal beskore om dissipels te wees.

Daar is twee fundamentele vrae wat ons mekaar moet afvra – 1) Is daar op hierdie aarde iemand wat die volle kennis van God het?– Nee – so ons elkeen weet ‘n bietjie en van die bietjie wil ons so groot ophef maak dat ek nie eens my broer wil aanhoor of sien nie.
Ons is almal vertroud met die basiese protestantse geloofs beginsels – 2) Nou is die tweede vraag wat ons mekaar moet afvra – die verskil punte wat ek met my broer het oor die geloof, maak dit enige verskil aan my of sy redding?

Ek wil graag die punt illustreer deur ‘n voorbeeld aangesien dit tog so belangrik is:

Ek glo die Saterdag is die Sabbat, jy glo Sondag is die Sabbat – maak dit ‘n verskil aan my redding deur die bloed van ons Verlosser Yahshua / Jesus.
Waar is die lankmoedigheid om te aanvaar dat ons na ‘n raaisel in die spieël kyk maar eendag sal ons van aangesig tot aangesig sien en dan sal God ons Sy volle waarheid leer.
Hoeveel mense het ons weggedryf van die liefde van God deur ons onverbiddelike siening en optrede.
As ons verskil oor ‘n saak soos die Sabbat laat elkeen dit vier op die dag soos hy gelei word sonder om daaroor te verskil – laat ons mekaar se verskille aanvaar want die volle waarheid sal ons later leer ken.
Laat ons vir ‘n slag werklike Dissipels van God wees.

No comments: