Monday, April 21, 2008

Die Lewens Worstelinge


Een dag vind ‘n man die kokon van ‘n vlinders. Daar het sopas ‘n klein openinkie verskyn. Hy het hom gerieflik gaan tuismaak om te kyk hoe die vlinders se stryd verloop om verlos te word van die kokon. Die vlinder se stryd het ‘n paar ure geduur soos die probeer het om sy lyf deur die klein opening te kry. Toe hou dit op om enige vordering te maak en vir die man het dit gelyk of die vlinder nie verder sou kom nie.

Hy het toe besluit om die vlinder te help en kry ‘n skêr en sny die kokon verder oop. Die vlinder het toe baie maklik uitgekom. Maar die vlinder het ‘n vreeslike geswelde lyf gehad en klein op gefrommelde vlerke. Die man het aangehou om die vlinder dop te hou want hy het verwag dat die vlerke enige oomblik sou uitswel tot hul volle prag wanneer die lyf saamtrek en die vlinder dan kon wegvlieg – maar nie een van die twee het gebeur nie. Jammerlik het die vlinder na die grond geval en daar rondgekruip met ‘n geswelle lyf en op gefrommelde vlerke vir die res van sy kort bestaan. Dit was nooit in staat om te vlieg of om die pragtige vlinder te word waarvoor dit bestem was nie.

Wat die man in sy gebaar van goedhartigheid en haas nie verstaan het nie was dat die beperkte opening van die kokon en die worstelstryd wat die vlinder moes voer om deur die opening te kom God se manier was om te verseker dat vloeistof van die liggaam in die vlerke forseer word om sodoende te sorg dat hulle reg is vir vlieg sodra die vlinder behoorlik uit die kokon is.

Somtyds, soos die vlinder, is die worstelinge wat ons in ons lewens ervaar nodig, alhoewel ons baie keer nie verstaan hoekom nie. Indien God ons toelaat om deur die lewe te gaan sonder enige hindernisse kan dit ons groei belemmer. Dan kan ons nie so sterk wees soos ons behoort te wees nie – en dit kan ons inperk om die hoogtes te bereik wat Hy vir ons beplan jou en my beplan het.

Heb 12 : 11

Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

No comments: