Thursday, June 7, 2012

DIE GROEN GEDOENTE


Die jong kassiere agter die kasregister stel aan die ouer dame voordat sy haar eie inkopie sakke moet saambring want die plastiek sakke is nie goed vir die omgewing nie.
Die dame vra verskoning en verduidelik, “Ons het nie hierdie groen gedoente gehad in my jonger dae nie.”
Die jong kassiere antwoord, “Dit is ons generasie se probleem vandag. U generasie het nie genoegsaam omgegee vir die bewaring van die omgewing vir toekomstige generasies nie.”

Sy was reg – ons generasie het nie die groen gedoente gehad in ons jonger dae nie.

In daardie dae, het ons die melk bottels, koeldrank bottels en bier bottels teruggeneem na die handelaar. Die handelaar het dit terug gestuur aan die fabriek om gewas, gesteriliseer en weer hervul te word sodat ons dieselfde bottel weer en weer kon gebruik.
Hul was werklik herwin en hergebruik.
Maar ons het nie die groen gedoente gehad in ons dae nie.

Die kruidenier winkel het ons kruideniersware in bruin papier sakke verpak wat ons vir verskeie take hergebruik het. Behalwe die gebruik as vullissak was die belangrikste gebruik die as boekoortreksel vir ons skoolboeke. Dit was om te verseker dat publieke eiendom (die boeke was voorsien deur die skool vir ons gebruik) beskerm is deur ons onnodige gekrap. Dit het ons in staat gestel om ons boeke te versier deur allerhande prentjies en sierskrif sonder om die boek te beskadig.
Maar dit is jammer ons het nie daardie tyd die groen gedoente gedoen nie.

Ons het trappe geklim omdat ons nie hysbakke gehad het in elke winkel en kantoor nie. Ons het na die kruidenierswinkel gestap en het nie in ’n 300 perdekrag masjien gespring elke keer wat ons twee straatblokke vêr moes gaan nie.
Maar sy was reg. Ons het nie die groen gedoente gehad in ons dae nie.

In daardie dae het ons die babadoeke gewas want daar was nie iets soos weggooi doeke nie. Ons het ons klere op die wasgoeddraad gedroog en nie in ’n energie honger 220 volt monster nie. Son en windkrag het die enigste rol gespeel om ons klere droog te kry in daardie dae. Kinders het “aangee” klere van hul broers, susters, nefies en niggies gedra, nie altyd splinter nuwe klere nie.
Maar die jong kassiere was reg. Ons het nie die groen gedoente gehad in ons jonger dae nie.

In daardie dae het ons net een TV of radio in die huis gehad – nie een in elke vertrek van die huis nie en die TV het ’n klein skermpie gehad, skaars groeter as ’n mans sakdoek, nie ’n skerm so groot soos Gauteng nie.
In die kombuis het ons geklits en gemeng met die hand want daar was nie elektriese masjiene wat die werk vir ons kon doen nie.
Wanneer ons breekbare items verpak het om dit per pos te versend het ons gefrommelde ou koerant papier gebruik om dit te beskerm nie polystyrene of bubble plastiek rolle nie.
In daardie dae het ons nie ’n masjien gestart en petrol gemors net om gras te sny nie. Ons het ’n stoot grassnyer gebruik wat net aangewese was op mens-krag. Ons het geoefen deur te werk, dus het ons nie nodig gehad om na gymnasiums te gaan en op ’n draf masjien te hardloop wat steeds elektrisiteit verbruik nie.

Ons het uit ’n waterfontein gedrink wanneer ons dors was in plaas van ’n  plastiek glasie of plastiek waterbottel elke keer wat ons water drink nie. Ons het ons penne hervul met ink in plaas van om elke keer ’n nuwe pen te koop en ons het die lemmetjies in ons skeermesse vervang in plaas daarvan om die hele skeermes weg te gooi net omdat die lemmetjie stomp is.

In daardie dae het mense met die bus en kinders het met hul fietse skool toe gery of geloop in plaas daarvan om hul ma’s te verander in 24-uur taxi dienste.
Ons het een elektriese sok per vertrek gehad, nie ’n elektries bank van sokke om dosyne toebehore aan te dryf nie. Ons het nie ’n gerekenariseerde speelding nodig gehad wat ’n sein van ’n satelliet, 30 000km in die buitenste ruimte, opvang om vir ons te vertel waar is die naaste hamburger plek is nie.

Maar is dit nie jammerlik hoe die huidige generasie ons so verwyt oor die vermorsing van ons ouer generasie net omdat ons nie die groen gedoente gehad het in ons dae nie?

No comments: