Saturday, June 16, 2012

Gereedskap vir die Lewe


Jou deursettings vermoë en geloof in jouself sal gedurende jou leeftyd male sonder tal getoets word. Hoe jy hierop gaan reageer is vir jou om te besluit. Glo jy in jouself ? Was jy al voorheen in staat om die aanslae die hoof te bied ? Het jy die regte gereedskap om jou deur hierdie moeilike tyd te help ?

Indien jou antwoord ja is, dan het jy dit in jouself om dit keer op keer te doen – wanneer jy platgeslaan word. Die meeste van ons was al platgeslaan, meer as een keer, meer as twee keer. Met die regte gereedskap, het ons nie toegelaat dat dit ons lewens ruïneer of ons selfbeeld nie. Ons het by onsself gedink, “OK, daar is nog ’n paar lesse wat ek nodig het om te leer in die lewe.” en ons gaan aan met ons lewens.

Ons was die gelukkiges gewees. Ons het daardie geloof in onsself dat ons tot enigiets in staat is; ons kan enigiets doen; ons kan enigiets wees; ons kan enige plek gaan waar ons wil wees en ons het die gereedskap beskikbaar wanneer ons dit nodig het. Ons was nie bevrees vir die onbekende nie – ons weet dat ons soms sal struikel maar weet dat dit is hoe ons geleer het.

Vir die wat nie in staat is of was om hulself weer op te tel nie – daar is hoop. Jy kan dit ook doen – dit sal tyd verg, toegewydheid, deursettings vermoë en daadwerklike optrede. Jy sal jouself moet toerus met gereedskap wat jou in staat sal stel om deur die grense te breek. Net soos ’n werktuigkundige, het ons gereedskap nodig om ons te help om ons vermoëns te verfyn om teleurstellings, seer, woede en hartseer te hanteer.

Gereedskap kom in verskeie vorme – geskrewe materiaal, video’s, ’n gesprek met ’n vriend of vriendin, gebed en ander mense wat reeds beskik oor die gereedskap. Jy sal gewoonlik verskeie gereedskap stukke moet probeer voordat jy die regte kombinasie vind. Maar wanneer jy doen, BOOOOF! dis soos ’n lig wat aangaan en jy dink, “Ek het dit, ek verstaan nou wat ek moet doen om vorentoe te beweeg.”

Die geheim lê daarin om te besef dat YaHWeH inspirasie, krag en die nodige gereedskap op verskeie maniere oor mens se pad stuur om ons te help.

Doen vandag iets lekkers vir jouself – neem ’n tydjie en dink waarheen jy op pad is en waarheen wil jy regtig gaan en begin dan te soek vir die regte gereedskap wat jou kan help om hierdie plan te verwesentlik.

No comments: