Thursday, October 25, 2012

Hou my ‘n bietjie vas.




O’ Vader, hou my troostend net so ‘n bietjie vas,
terwyl die ongekende vrees vanuit die wêreld duisternis my bewende
hart betas,
en sal U my siel in U bloed rein kom was,
want  kyk, so versmorend hou soveel swakhede my nog vas.

O’ Vader, hou in U Goddelike Genade, my styf teen U boesem vas,
en verlos ons van ons sware wêreldlas,
sodat ook ons in U grote legkaart net soos die verlore seun in ons tuiskoms in sal pas,
daar waar ons in ‘n ewige rus ons sal neervly op U groene hemelgras.

O’ Vader, hou my asseblief in U reine Waarheid stewig vas,
ja, tydens my verblyf in hierdie wêreld wat rondomtalie draai
op ‘n illusieleuen-as,
daar waar soveel geloofstrukture voed op elke leuen wat satan ontlas terwyl oneindig baie siele hulle weg na saligheid so na die ewige lewe verpas.

O’ Vader, ek is net ‘n kind wat in onsekerheid om my rondtas,
so, hou my asseblief teen U kosbare Vaderhart altyd styf vas,
terwyl U my teen alles wat so bang maak op sal pas,
en verlos my van my juk,  ja van my sware wêreldlas,
sodat ek as U kind reeds op hierdie aarde as ‘n weergeborene in my veilige hemelplekkie in sal pas.

Woensdag 24 Oktober 2012 07:05  
Judith de Beer

No comments: