Friday, February 29, 2008

Littekens


‘n Paar jaar gelede, op ‘n warm somers dag in Florida, het ‘n klein seuntjie besluit om te gaan swem in die rivier agter die huis. Die rivier het so swempoel daar gevorm. In sy haas om in die koel heerlike water te kom trek hy by die agterdeur uit en jy sien net klere, skoene en kouse trek soos hy uittrek oppad water toe.

Hy duik in die water in en swem na die middel van die swempoel en sonder dat hy dit besef het die kaaiman hom opgemerk en was besig om na hom toe te swem.

Sy ma was in die huis besig gewees en het vinnig deur die venster vir hom geloer. Met die merk sy die kaaiman wat oppad is na die seun toe. Wanhopig hardloop sy so vinnig na die water as wat sy kan en skree aan haar seun om uit die water te kom.

Met die wat hy sy ma se stem hoor besef hy daar is groot fout en hy draai om en swem so al wat hy kan na die wal toe waar sy ma is.Net toe hy sy ma bereik het die kaaiman hom ingehaal. Vanaf die boot landing gryp die ma haar klein seuntjie aan die arms net toe die kaaiman sy bene beetkry. Die was die begin van ‘n geweldige tou trekkery tussen die twee, ma aan die een kant en kaaiman aan die anderkant.

Die kaaiman was baie sterker as die ma, maar die ma was te lief vir haar kind om te los.

‘n Boer het per toeval verby gery toe hy die ma se geskree hoor. Hy het uit sy bakkie gestorm met sy geweer, aangelê en die kaaiman doodgeskiet..
Wonderbaarlik na weke en weke in die hospitaal het die klein seuntjie OORLEEF.
Sy bene het vreeslike litteken oorgehou van die aanval deur die kaaiman. Op sy arms was daar diep krapwonde waar sy moeder se naels in sy vlees ingegrou het in haar poging om vas te hou aan haar geliefde seun.

Die verslaggewer wat met die mannetjie ‘n onderhoud gevoer het, het na die onderhou gevra of hy hom sy litteken sal wys.

Die seuntjie het sy broekspype opgetrek. Maar toe, met grootse trots sê hy aan die verslaggewer, “Maar kyk na my arms. Ek het net sulke groot littekens op my arms ook. Hulle is daar omdat my ma geweier het om my te laat los.

Ek en jy kan identifiseer met die seuntjie.

Ons het ook littekens. Nee, nie van ‘n kaaiman nie, maar van ‘n pynlike verlede. Sommige van die littekens is baie onooglik en het aan ons diepe verdriet besorg. Maar, sommige van die wonde my vriend is omdat God geweier het om ons te los. Regdeur jou stryd was Hy daar en Hy het geweier om te los en jou vasgehou.

Die Skrif leer ons dat God ons liefhet.

Jy is ‘n kind van God. Hy wil jou beskerm en vir jou in alle opsigte voorsien. Maar soms, sal ons blindelings in ‘n gevaarlike situasie instorm sonder om te weet wat vir ons voorlê. Die swempoel van die lewe is vol gevare en ons vergeet dat die vyand wag om ons aan te val.
Dit is wanneer die tou trekkery begin.

As jy die littekens van Sy liefde op jou arms het wees dankbaar, baie, baie, dankbaar. Hy sal jou nooit laat los nie.

Moet nooit ‘n ander persoon se litteken veroordeel nie want jy weet nooit hoe hy dit opgedoen het nie.

No comments: