Wednesday, February 20, 2008

Die Boom


Ek het ‘n loodgieter gehuur om my te help met die herstel van my ou plaashuis. Dit was sy eerste werksdag op die plaas en alles wat verkeer kon gaan het behoorlik verkeerd gegaan; ‘n pap wiel het gemaak dat hy ‘n uur se werk verloor, sy elektriese boor het gebreek en sy antieke een ton trok het eenvoudig geweier om aan die gang te kom. Ek het hom maar huistoe geneem. Terwyl ons ry het hy in ‘n doodse stille verkeer.

By sy huis aangekom het hy my ingenooi om sy gesin te ontmoet. Terwyl ons aanstap na die voordeur het hy vir ‘n oomblik eers stil gestaan by ‘n klein boompie en die punte van die blare aangeraak. Toe hy die voordeur oopmaak was dit asof hy ‘n wonderbaarlike transformasie ondergaan. Sy gesig het gegloei van blydskap en hy het sy twee klein kinders vasgedruk en sy vrou ‘n soen gegee.
Agterna het hy saam met my na my motor gestap. Ons het verby die boompie geloop en ek kon my nuuskierigheid nie meer bedwing nie.
Ek vra hom toe oor dit wat ek gesien het hy vroeër gedoen het.

“Ah, dit is my bekommernis boom,” het hy geantwoord. “Ek weet ek kan nie help om moeilikheid by die werk te ondervind nie, maar een ding is verseker en dit is dat die moeilikhede nie in die huis hoort saam met my vrou en kinders nie.
So, dus hang ek hulle elke aand maar aan die boompie op wanneer ek by die huis kom en vra God om na die probleme om te sien. Dan in die oggend tel ek hulle weer op. Snaakse ding is,” glimlag hy, “is dat wanneer ek in die oggend uitkom om hulle op te tel is daar nie naastenby meer soveel soos wat ek gisteraand opgehang het nie.”

(Luk 8:14) En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.

No comments: