Tuesday, February 5, 2008

Die verhaal van die man op die skip

DAAR is die verhaal van die suinige man wat elke moontlik rand gespaar het vir 'n bootreis na Amerika. Hy het uiteindelik net genoeg geld gehad om sy kaartjie te betaal.

Gedurende die reis het hy verlangend gekyk hoe die ander passasiers by die groot kostafels aansit. Hy moes maar met brood en beskuitjies tevrede wees want hy het net genoeg geld gehad om sy kaartjie te betaal nie.

Na twee weke kom die groot passasierskip uiteindelik by sy bestemming aan. Een van die skeepsoffisiere vra toe aan die man of hulle hom dalk aanstoot gegee het omdat hy nie sy maaltye geëet het nie.

"O nee," het die man geantwoord, "ek het net genoeg geld gehad vir my kaartjie. Ek het nie geld gehad om vir die maaltye in die eetkamers te betaal nie."

Die skeepsoffisier het die man verbaas aangekyk en gesê:

"Meneer, ek is so jammer. Jou maaltye was by jou kaartjie ingesluit!"

So lewe baie Christene op brood en beskuitjies wanneer God se beste al die tyd vir hulle beskikbaar is. Hulle ken nie die terme van die kontrak, hulle Verbond met Vader nie.
Hulle besef nie wat hulle alles ge-erf het nie, hulle weet nie van al die beloftes nie en ook nie dat God self belowe dat Hy sy verborgenhede aan ons sal openbaar nie.

So gaan die volk ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis en lei hulle onnodig honger terwyl Vader gereedstaan om hulle te voed in die volheid van Sy oorvloed.

No comments: