Sunday, February 10, 2008

Die Beursie

Terwyl ek een koue winters middag huistoe stap, tel ek ‘n beursie op wat iemand verloor het. Ek het die beursie oopgemaak om te kyk of daar enige identifikasie dokumente binne is wat die eienaar sou identifiseer. Maar in die beursie was daar slegs drie dollar en ‘n vervrommelde brief wat lyk asof dit al donkie jare in die beursie is.

Die koevert was al erg verslete en al wat leesbaar was is die versender se adres. Ek het begin om die briefie oop te maak in die hoop dat daar dalk ‘n leidraad sal wees oor die eienaar. Toe merk ek die datum van die brief op – 1924. Die brief is ongeveer sestig jaar gelede geskryf.

Dit was geskryf in die pragtige handskrif van ‘n vrou op poeier blou papier met ‘n klein blommetjie in die linkerkantste hoek. Dit was ‘n “Jammer Jannie” brief wat die ontvanger, wie se naam Michael is, vertel dat sy hom nie meer kan sien nie omdat haar ma haar belet het Maar ondank dit sal sy altyd vir hom lief bly.

Die brief is geteken deur, Hannah.

Dit was ‘n pragtige brief maar daar was geen ander besonderhede behalwe die naam, Michael, waarmee die eienaar identifiseer kon word nie. Miskien as ek navrae skakel kan die operateur vir my ‘n telefoon nommer gee van die versender se adres.

“Mevrou,” het ek begin, “ek weet dit is ‘n baie snaakse versoek. Ek is eintlik opsoek na die eienaar van ‘n beursie wat ek opgetel het. Kan jy dalk vir my sê of daar ‘n telefoon nommer is vir die adres wat agterop die koevert is?”

Sy het voorgestel dat ek met die toesighouer moet praat, wat vir ‘n oomblik gehuiwer het en my toe meedeel, “Wel, daar is ‘n telefoon nommer gelys vir die adres wat jy het, maar ek mag dit ongelukkig nie vir jou gee nie.” As ‘n welwillendheid sal sy die mense kontak en aan hulle my hele storie verduidelik en aan hulle vra of hulle met my wil praat. Ek het ‘n paar minute aangehou en toe is sy terug op die lyn.”Die mense is bereid om met jou te praat.”

Ek vra die vrou wat die telefoon geantwoord het of sy iemand ken met die naam Hannah. Sy antwoord, “Genade! Ons het die huis gekoop by mense wat ‘n dogter gehad het wie se naam Hannah was, maar dit was al dertig jaar gelede!”

“Het jy enige idee waarheen die mense kon getrek het of waar hulle hul nou bevind?” vra ek.

“Ek onthou dat Hannah so paar jaar gelede haar ma in ‘n ouetehuis geplaas het,” antwoord die vrou. “Miskien as jy hulle kontak kan hulle dalk die dogter vir jou opspoor.”

Sy het my die nommer van die ouetehuis gegee en ek het hulle geskakel. Hulle het my meegedeel dat die ou dame reeds ‘n aantal jare gelede oorlede is maar dat hulle wel ‘n telefoon nommer het van waar die dogter haar mag bevind.

Ek het hulle bedank en die nommer geskakel. Die dame wat geantwoord het verduidelik dat Hannah nou self in ‘n ouetehuis bly.

Die hele affêre is dom het ek by myself gedink. Hoekom doen ek soveel moeite vir ‘n beursie wat maar net drie dollar in het en ‘n brief wat amper sestig jaar oud is?

Nietemin, ek het die ouetehuis gebel waar Hannah veronderstel is om in te bly en die wat wat geantwoord het, het bevestig dat Hannah wel in die ouetehuis is.
Alhoewel dit alreeds 10nm was, het ek gevra of ek daar kan omkom om haar te sien. “Wel,” sê hy aarselend, “as jy die kans wil waag, sy kan dalk steeds in die sitkamer televisie kyk.”

Ek bedank hom en is dadelik in my motor na die ouetehuis. Die nag suster en ‘n wag ontmoet my by die deur. Ons is op met die hysbak na die derde vloer toe van die groot gebou. In die sitkamer stel die suster my voor aan Hannah.

Sy was ‘n pragtige ou dame met silwer grys hare, ‘n warm glimlag en steeds ‘n vonkel in die oog.

Ek vertel haar toe van die beursie wat ek opgetel het en toon aan haar die brief wat binne die beursie was. Die oomblik toe sy die poeierblou koevertjie sien haal sy diep asem en sê, “Jong man, die brief is die laaste kontak wat ek ooit met Michael gehad het.”

Vir ‘n oomblik kyk sy weg, diep in gedagte en sê toe saggies, “Ek het hom baie lief gehad. Maar ek was toe net sestien jaar oud en my ma het gevoel ek was te jonk. Ah, hy was so aantreklik. Hy het baie gelyk soos die akteur Sean Connery.”

“Ja,” gaan sy voort. “Michael Goldstein was ‘n wonderlike persoon. As jy hom in die hande kry, sê aan hom dat ek nog gereeld aan hom dink. En,” sy aarsel vir ‘n oomblik en byt haar lip, “vertel hom dat ek steeds lief is vir hom,” sê sy glimlaggend terwyl die trane opwel in haar oë, “ek het nooit getrou nie. Ek skat niemand kon kers vashou by Michael nie.”

Ek het Hannah bedank en totsien gesê. Ek het die huisbak geneem na die grondvloer en terwyl ek by die deur staan vra die wag vir my, “Kon die ou dame jou toe help?”

Ek vertel hom dat ek darem nou weer ‘n leidraad het. “Ten minste het ek nou ‘n van ook. Maar ek dink ek sal die sakie nou maar eers daar laat. Ek het vandag omtrent die hele dag spandeer om die eienaar van die beursie op te spoor.”

Ek het die beursie uitgehaal, dit was ‘n eenvoudige bruin leer beursie met rooi omranding. Toe die wag die beursie sien, sê hy, “Haai, wag ‘n oomblik! Dit is Mnr Goldstein se beursie. Ek sal dit enige plek herken met daardie helder rooi omranding. Hy verloor gereeld sy beursie. Ek het dat al ten minste seker drie keer in die gang opgetel.”

“Wie is Mnr Goldstein?” vra ek terwyl ek voel hoe my hande bewe.

“Hy is een van die oudstryders op die agste vloer. Dit is verseker sy beursie daardie. Hy moes dit seker verloor het op een van sy uitstappies.”

Ek bedank die wag en haas my terug na die suster se kantoor. Ek vertel aan haar wat die wag my meegedeel het. Ons is terug na die hysbak en op na die agste vloer. Ek het gebid dat Mnr Goldstein nog op sal wees.

Op die agste vloer het die suster gesê, “Ek dink hy is seker nog in die sitkamer. Hy hou daarvan om in die aand te lees. Hy is ‘n dierbare ou man.”

Ons is na die enigste vertrek waar daar nog ‘n lig brand en daar was ‘n man besig om boek te lees. Die suster stap oor na hom toe en vta aan hom of hy dalk sy beursie verloor het. Mnr Goldstein het verras opgekyk, sy hand in sy agtersak gedruk en gesê, “Ai, ja dis alweer weg!”

“Hierdie gawe man het ‘n beursie opgetel en ons het gewonder of dit dalk jou beursie is?”

Ek oorhandig die beursie aan Mnr Goldstein en die oomblik toe hy dit sien glimlag hy van verligting en sê, “Ja, dit is hy! Dit moes seker vanmiddag uit my sak geval het terwyl ek gaan stap het. Ek wil jou graag ‘n beloning gee.”

“Nee, dankie,” sê ek. “Maar daar is iets wat ek jou moet vertel. Ek het die briefie in jou beursie gelees in die hoop om uit te vind wie is die eienaar van die beursie.”

Die glimlag op sy gesig is eensklaps weg. “Jy het die brief gelees?”

“Nie alleen het ek die brief gelees nie, maar ek dink ek weet ook waar is Hannah.”

Hy word skielik bleek. “Hannah? Jy weet waar sy is? Hoe gaan dit met haar? Is sy steeds so mooi soos sy was? Asseblief, asseblief, vertel my,” het hy gepleit.

“Dit gaan goed met haar …. en steeds nog net so mooi.” Fluister ek saggies.

Die ou man het het geblom in afwagting en gevra, “Kan jy my vertel waar sy is? Ek sal haar graag môre wil bel.” Hy gryp my aan die hand en sê, “Weet jy jong man, ek was so verlief op haar gewees, dat toe ek die brief kry het my lewe letterlik op gehou. Ek het nooit getrou nie. Ek skat dat ek haar nog al die tyd lief gehad het.”

“Mnr Goldstein,” sê ek, “Kom saam met my.”

Ons het die hysbak geneem af na die derde vloer. Die gang was redelik donker behalwe vir die paar nag diensliggies wat gebrand het wat gelei het na die sitkamer waar Hannah nog televisie gekyk het. Die suster het na Hannah gestap.

“Hannah,” het sy saggies gevra en gewys na Michael, wat langs my in die deur gestaan het. “Ken jy die man?”

Sy het haar bril so bietjie verskuif, vir ‘n oomblik gekyk, maar nie ‘n woord gesê nie.
Mishael het saggies gesê, amper gefluister, “Hannah, dis ek Michael. Onthou jy my nog?”

Sy snak na haar asem, “Michael! Ek glo dit nie! Michael! Dit is jy! My Michael!” Hy het stadig oorgestap na haar en haar omhels in sy arms. Die suster en ek het die vertrek verlaat terwyl die trane vrylik oor ons wange stroom.

“Sien,” sê ek. “Sien hoe Vader werk! As dit bedoel is om so te wees dan sal dit so wees.”

Sowat drie weke later kry ek by my kantoor ‘n oproep van die ouetehuis af. “Sal jy Sondag kan wegkom om ‘n troue by te woon? Michael en Hannah gaan trou!”

Dit was ‘n pragtige troue met al die bejaardes opgetooi vir die feesvieringe. Hannah het ‘n ligte beige rok aangehad en het pragtig gelyk. Michael het ‘n donker blou pak aangehad en het baie statig gelyk.
Hulle het my hul strooijonker gemaak.

Die ouetehuis het aan hulle hul eie kamer gegee en as jy nog nie ‘n 76 jarige bruid en 79 jarige bruidegom gesien het wat hulle soos tieners gedra het nie moes jy die paartjie gesien het.

‘n Perfekte einde vir ‘n liefdes verhouding wat amper 60 jaar geduur het

1 comment:

Anonymous said...

God is great