Wednesday, February 27, 2008

Die Hout Bordjie


‘n Sieklike en verswakte ou man het gaan woon saam met sy seun, skoondogter en vier jaar oue kleinkind in hul huis.
Die ou man se hande het baie gebewe, sy visie was dof en sy tree baie onvas.
Die familie het gewoonlik by die eetkamer tafel geëet wat pragtig gedek was met ‘n mooi tafeldoek en eetgerei. Maar die bejaarde oupa se bewende hande en swak sig het eet baie moeilik gemaak. Die ertjies rol van sy lepel af op die vloer, die rys beland die helfte op die tafel en die ander op die vloer. Wanneer hy die glas melk neem om te drink stort hy gewoonlik ‘n klompie op die tafeldoek soos hy bewe.

Die seun en skoondogter het baie geïrriteerd geraak deur die gemors wat veroorsaak word wanneer oupa eet, die seun sê toe, “Ons sal moet ‘n plan maak met Oupa. Ek het nou genoeg gehad van die gemorste melk op die tafeldoek, raserige etery en die alewige kos op die vloer.”

Die seun en die dogter het toe vir oupa ‘n tafeltjie in die hoek gedek met net die nodigste op wat nie kon vuil smeer of beskadig nie. Daar het oupa maar alleen gesit en eet terwyl die ander hul maaltyd aan die groot tafel geniet. Omdat oupa al so ‘n bord of twee gebreek het is sy kos vir hom opgeskep in ‘n hout bordjie.

Wanneer die familie vir oupa loer onderdeur die ete het hy so nou en dan trane in die oë daar waar hy so alleen sit en eet. Maar steeds was die enigste woorde net woorde van velle kritiek wanneer hy per ongeluk sy vurk laat val of daar kos op die vloer mors.

Die vier jaar oue seuntjie het dit alles in stilte aanskou sonder om ‘n woord te sê.

Een aand voor aand ete merk die pa op dat die seuntjie op die vloer speel met twee ronde hout plankie en skuurpapier.
Liefdevol vra hy sy seun, “Wat is jy besig om te maak seun?” Net so liefdevol antwoord die seuntjie, “Ah, ek maak twee hout bordjies vir Pappa en Mamma om uit te eet vir wanneer ek groot is.” Die seuntjie glimlag en gaan ongesteurde voort met sy werkie.

Die woorde het die twee ouers stomgeslaan en hulle was sprakeloos terwyl die trane oor hul wange vloei. Alhoewel geen woord gespreek is nie het die twee presies geweet wat gedoen moet word.

Die aand neem die man oupa se hand sagkens en lei hom na die groot familie tafel
Vir die res van sy lewe het hy elke ete saam met die gesin geëet aan tafel en nie man of vrou het regtig omgegee as die vurk val of die ertjies uit die lepel rol of die melk op die tafeldoek mors nie. Dit was nie meer belangrik nie.

Ek het geleer dat afgesien van jou verhouding met jou ouers jy hul altyd sal mis wanneer hulle nie meer daar is nie.

Ek het geleer dat al het ek pyn, hoef ek nie een te wees nie

No comments: