Monday, March 3, 2008

Rede, Seisoen of Leeftyd

Mense kom in jou lewe vir ‘n rede, ‘n seisoen of ‘n leeftyd.
Wanneer jy weet vir watter rede sal jy ook weet wat om te doen vir die persoon.

Wanneer iemand in jou lewe kom vir ‘n REDE, is dit gewoonlik om ‘n behoefte te vervul wat jy uitgespreek het.
Hulle het gekom om jou deur ‘n moeilike tyd te dra, om jou van raad en advies te bedien en jou te ondersteun op die fisiese, geestelike of emosionele vlak.
Hulle word baie keer beskou as ‘n antwoord op jou gebed.
Hulle is daar vir die rede wat jy hulle nodig het.
Dan, sonder dat jy enigsins die persoon te na gekom het of op ‘n ongeleë tyd sal die persoon iets sê of doen wat die vriendskap tot ‘n einde bring.
Soms het hulle afgesterf. Soms het hulle net weggestap van die vriendskap.
Soms doen hulle iets wat aanstoot gee en verplig jou om standpunt in te neem.
Ons moet besef dat ons behoefte vervul is, hulle werk is klaar in ons lewe.
Die gebed wat jy opgestuur het is beantwoord en dit is nou tyd om aan te beweeg.

Party mense kom in ons lewe vir ‘n SEISOEN, want jou beurt het aangebreek om te deel, te groei en om te leer.
Hulle bring aan jou ‘n ondervinding van vrede of laat jou lag.
Hulle kan jou moontlik iets leer wat jy nog nooit gedoen het nie.
Hulle verskaf gewoonlik aan jou ‘n ongelooflike ervaring van blydskap.
Glo dit, dit is waar. Maar slegs vir ‘n seisoen.

LEEFTYD verhoudings leer jou leeftyd lange lesse, dinge waarop jy moet bou ten einde ‘n soliede emosionele fondament daar te plaas.
Jou werk is om te leer uit die lesse, om die persoon lief te hê en om dit wat jy geleer het te gebruik in ander verhoudinge en areas in jou lewe.
Dit word gesê dat die liefde blind is maar vriendskap heldersiende.

Dankie dat jy deel is van my lewe, hetsy dit was vir ‘n rede, ‘n seisoen of ‘n leeftyd.

No comments: