Friday, March 28, 2008

God se Liefdes Verhaal


So ruk gelede het ek een oggend vroeg opgestaan om te kyk hoe die son opkom. Ah, die prag van God se skepping, wie kan dit in woorde omskryf. Terwyl ek so kyk terwyl die son opkom loof ek God vir Sy pragtige werke wat Hy geskep het. Terwyl ek daar sit, voel ek God se teenwoordigheid by my..

Hy vra my, “Het jy My lief?”

Ek antwoord, “Natuurlik God! U is my Skepper en Redder!”

Toe vra hy, “As jy liggaamlik gebreklik was, sou jy my nog steeds lief gehad het?”

Ek was verleë. Terwyl ek afkyk na my arms, bene, die res van my liggaam en wonder hoeveel goed sal ek nie in staat wees om te doen sonder die liggaamsdele nie – goed wat ek sommer as vanselfsprekend aanvaar.

Ek antwoord, “Dit sal moeilik wees Vader, maar ek sal U steeds liefhê.”

Toe vra God my, “As jy blind was, sou jy steeds so lief wees vir My skepping?” Hoe kan ek vir iets lief wees sonder dat ek dit kan sien? Toe dink ek onmiddellik aan die klomp mense in die wêreld wat blind is en hoeveel van hulle steeds lief is vir God en Sy skepping.

Ek antwoord toe, “Dis moeilik om dit myself voor te stel, maar ek sal U steeds liefhê.”

Toe vra God my, “As jy doof was, sou jy nog steeds na My Woord luister?” Hoe kan ek na enigiets luister terwyl ek doof is?

Toe verstaan ek. Om na God se Woord te luister is nie slegs om met die ore te luister nie, maar met ons hart.

Ek antwoord toe, “Vader dit sal moeilik wees, maar ek sal steeds na U Woord luister.”

God vra my. “As jy stom was, sou jy steeds my Naam verheerlik?”

Hoe kan ek Hom loof en prys sonder ‘n stem? Maar toe onthou ek weer: God wil hê dat ons Sy heerlikheid sal besing vanuit ons hart en siel. Dit maak nie saak hoe ons stem klink nie. Om God te prys is nie altyd met ‘n lied nie maar ook deur die woorde wat ons in ons hart spreek tot verheerliking en dankbetuiging van Hom.

Ek antwoord, “Alhoewel ek nie fisies sal kan sing nie, sal ek steeds U verheerlik.”

En God my toe weer, “Het jy my werklik lief?”

Met moed en sterk oortuiging antwoord ek baie braaf, “Ja, God, Ek het U lief omdat U die enige en ware God is!”

Ek het gedink dat ek goed geantwoord het, maar God vra toe , “NOU WAAROM SONDIG JY?”

Ek antwoord, “Omdat ek net menslik is. Ek is nie perfek nie.”

“NOU WAAROM IN TYE VAN VOORSPOED EN VREDE DWAAL JY DIE VERSTE AF? HOEKOM NET IN TYE VAN NOOD BID JY ONVERPOOS?”

(Ek kon nie antwoord nie …….. slegs die trane wat ‘n stukkende hart verraai)

God het voortgegaan: “Hoekom sing jy vir my net ‘n loflied by byeenkomste en in die erediens? Hoekom soek jy my net in tye van formele aanbidding? Waarom vra jy dinge wat so selfsugtig is en net gerig is op jouself? Hoekom vra jy van My met so swak geloof dat Ek miskien nie sal kan voorsien nie?

Die trane het net aanhou vloei oor my wange.

“Hoekom is jy skaam vir My? Hoekom versprei jy nie aan ander die blye boodskap en verlossing wat Ek jou gebied het nie? Hoekom in tye van hartseer soek jy vertroosting by ander terwyl Ek my skouer vir jou aanbied om op te huil? Hoekom bly jy verskonings maak die oomblik as Ek jou die geleentheid bied om in My naam te dien?

Ek het probeer antwoord maar daar was geen antwoord aan te bied nie.

“Jy is geseën met lewe. Ek het jou nie geskape om dit weg te gooi nie. Ek het jou geseën met talente om My te dien, maar jy hou steeds aan om my die rug te keer. Ek het My Woord aan jou openbaar, maar jy groei nie in kennis nie. Ek het met jou gespreek maar jou ore was geslote. Ek het jou My seëninge gewys maar jou oë was weggekeer van MY. Ek het aan jou dienaars gestuur om jou te help en te leer, maar jy het net gesit en niks gedoen terwyl hulle weggedrywe word. Ek het jou gebede verhoor en hul almal beantwoord.”

“HET JY MY WERLIK LIEF?”

Ek kon nie antwoord nie. Hoe kon ek? Ek was verskriklik beskaamd. Ek het geen verskoning gehad nie. Wat kon ek antwoord op die aantuigings? My hart het verskeurd uitgeroep terwyl die trane vloei, “Asseblief God, vergewe my, ek is nie waardig om U kind te wees nie.”

God het geantwoord, “Dit is My Genade, My kind.”

Ek vra, “Waarom hou U aan om my te vergewe? Hoekom het U my so lief?”

God het geantwoord, “Want jy is My skepping. Jy is My kind. Ek sal jou nooit verlaat nie. Wanneer jy huil, sal Ek medelye met hê en saam met jou huil. Wanneer jy jubel van blydskap, sal Ek saam met jou lag. Wanneer jy terneergedruk is, sal Ek jou opbeur. Wanneer jy val, sal Ek jou optel. Wanneer jy moeg is, sal Ek jou dra. Ek sal met jou wees tot aan die einde van dae en ek sal jou liefhê tot in ewigheid.”

Nog nooit van tevore was my hart so stukkend. Hoe kon ek so koud hartig wees? Hoe kon ek God so seergemaak het?

Ek het God gevra, “Hoe lief het U my?”

God strek Sy arms na my uit, ek aanskou die hande wat met spykers deurboor is. Ek buig neer aan die voete van Christus, my Verlosser. Vir die eerste keer leer ek om te bid en Hom te loof en prys met my hele wese want Hy het Homself gegee vir my.

(Heb 13:5) Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

2 comments:

Anonymous said...

YHWH se genade is so wyd soos die oseaan...DANKIE daarvoor in die NAAM van YaHSHua. Amen

Anonymous said...

YHWH se genade is so wyd soos die oseaan...DANKIE daarvoor in die NAAM van YaHSHua. Amen