Wednesday, March 19, 2008

Ons Lewe is ‘n Reis, nie vir Onsself, maar vir Ander.


‘n Passasiers skip het vergaan tydens ‘n hewige storm op see en slegs twee mans het die tragedie oorleef. Hulle het uitgespoel op ‘n klein eensame en verlate eiland.
Die twee oorlewendes was heeltemal raadop en het besluit dat die enigste uitweg was om tot God te bid.
Maar om te bepaal wie se gebed oor die meeste krag beskik is besluit om die eiland in twee te verdeel en elkeen bly slegs op sy helfte van die eiland.

Die eerste ding wat die eerste man voor gebid het was kos. Die volgende oggend sien die eerste man dat daar ‘n boom op sy gedeelte van die eiland staan wat heerlike vrugte dra en hy kon sy honger daarmee stil.

Die ander man se gedeelte van die eiland was steeds kaal, sonder ‘n enkele boom wat vrugte dra.

Na ‘n week het die eerste man begin eensaam raak en hy besluit om te bid vir ‘n vrou wat hom geselskap kan hou en bystaan. Die volgende dag het nog ‘n skip vergaan en die enigste oorlewende was ‘n vrou. Sy het na sy gedeelte van die eiland geswem.

Op die ander gedeelte van die eiland was daar net mooi niks.

Baie gou het die eerste man gebid vir ‘n huis, klere en nog meer kos.
Die volgende dag het daar aan sy kant van die eiland genoeg planke uitgespoel om ‘n huis te bou tesame met hout kiste vol klere en kosvoorrade.

Maar,
Die ander man het steeds niks gehad nie.

Laastens het die eerste man gebid vir ‘n boot wat hom en sy vrou sou kon red van die eiland af. Die volgende oggend vind hy dat ‘n boot aan sy kant van die eiland voor anker lê.

Die man en sy vrou het na die boot geswem en hy het besluit dat hy die ander man op die eiland gaan los.
Hy het die ander man nie waardig genoeg geag om te deel in die seëninge wat God hom geskenk het nie aangesien nie een van sy gebede verhoor is nie.

Terwyl die boot op die punt staan om te vertrek hoor die eerste man die stem van God.

“Waarom los jy jou metgesel wat saam met jou die ramp oorleef het agter op die eiland?”
“My seëninge wat ek ontvang het is myne alleen, aangesien ek die een is wat vir hulle gebid het,” antwoord die man. “Sy gebede was almal onbeantwoord en daarom verdien hy nie enige iets nie.”

“Jy maak ‘n groot fout!” vermaan die Stem hom. “Hy het slegs een gebed gehad, wat Ek beantwoord het. As dit nie daarvoor was nie het jy geeneen van My seëninge ontvang nie.”

“Vertel my asseblief,” vra die eerste man aan God, waarvoor het hy gebid dat ek hom enigiets verskuldig sou wees?”

“Hy het gebid dat al jou gebede beantwoord mag word.”

Vir al wat ons weet is ons seëninge nie die vrug van slegs ons eie gebede alleen nie, maar ook van die gebede van ander wat vir ons bid.

Toe Yahshua vir ons gesterf het aan die kruis het Hy aan jou gedink!

(Rom 8:27) En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
(Rom 8:28) En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

No comments: