Monday, March 17, 2008

Geskenk van Lewe


Baie jare gelede het ek gewerk as ‘n vrywilliger by die Stanford Hospitaal waar ek ‘n klein dogtertjie met die naam van Liza leer ken het. Sy het aan ‘n seldsame siekte gely en het dringend ‘n bloedoortapping benodig van haar vyfjarige boetie. Hy het wonderbaarlik dieselfde siekte oorleef as sy sussie en het teenliggame ontwikkel wat nodig is om die siekte te beveg.

Die dokter het die situasie aan haar jong boetie verduidelik en die seun gevra of hy bereid is om sy bloed vir sy sussie te gee sodat sy gesond kan word. Ek het gesien dat hy vir ‘n oomblik huiwer voordat hy diep asemhaal en sê, “Ja, ek sal dit doen as dit vir Liza sal red.”

Soos wat die oortapping vorder is daar glimlagte op almal se gesigte soos wat die kleur weer terugkeer in Liza se wange, ook op die gesig van haar boetie wat langs haar op die bed lê. Toe word sy gesig bleek en sy glimlag begin verdwyn.

Hy kyk op na die dokter en vra met ‘n bewerige stemmetjie, “Dokter, sal ek dadelik begin doodgaan?” Omdat hy so jonk was het hy die dokter heeltemal verkeerd verstaan en het gedink dat hy al sy bloed vir sy sussie moes gee.

(Joh. 15:13) Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

No comments: