Wednesday, March 26, 2008

Die Kruis Vertrek


Die jong man was totaal moedeloos.

Sonder ‘n uitweg in sig val hy op sy knieë en begin te bid.

“Vader, ek kan nie verder aangaan nie,” verklaar hy.

“My kruis wat ek moet dra is hopeloos te swaar vir my.”

God antwoord hom,

“My kind , as die kruis vir jou te swaar is en jy dit nie verder kan dra,

sit jou kruis teen die meer neer in die vertrek.

Stap deur die hele groot vertrek en kies vir jou enige ander kruis wat jou hart begeer.

Die man oorstelp van blydskap en verlig dat hy ‘n ander kruis kon kies.

“Dankie, dierbare Vader,” het hy gesug en begin soek na ‘n ander kruis soos hy beveel is.

Terwyl hy so deur die groot vertrek wandel en al die magdom kruise besigtig, sommige

so hoog dat hy die bo punt daarvan nie eens kan sien nie en ander so kolossaal groot dat

slegs ‘n baie sterk persoon so kruis sal kan dra.

Toe sien hy ‘n klein kruisie daar oorkant teen die muur staan.

“Vader, ek sal graag daardie kruisie teen daardie muur wil dra,” fluister hy vir God.

God antwoord hom,

“My seun, dis die kruis waarmee jy hier aangekom het.”

~ ~ ~ ~ ~ ~

Wanneer lewens kwellinge dreig om ons te verswelg,
help dit om so bietjie om ons heen te kyk en te sien wat ander mense alles moet verduur.
Dan kan jy eers sien dat jy meer bevoorreg is as wat jy gedink het.

(Jes 40:29) Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

No comments: