Monday, February 15, 2010

Wie is U ?


Terwyl 'n vrou eendag bid, vra sy:

"Wie is U, Vader?"

Hy antwoord haar toe:

"EK IS."

"Maar wie is EK IS?", vra sy moedeloos.

Sy sagte antwoord het haar gemoed laat vol skiet, want sy hoor:

"EK IS Liefde; EK IS Vrede;

EK IS Genade; EK IS Vreugde;

EK IS die Weg, die Waarheid en die Lewe;

EK IS die Lig; EK IS jou Vertrooster;

EK IS Krag; EK IS die Skepper;

EK IS die Alfa en die Omega -

Die Begin en die Einde."

Met trane in haar oë vra die vrou sag:

"Maar, Vader, wie is ek Dan?"

Terwyl God saggies haar trane afvee, fluister Hy in haar oor:

"JY IS..... MYNE....."

No comments: