Friday, February 5, 2010

Klei Balle


’n Man was besig om grotte langs die see te verken. In een van die grotte vind hy ’n seil sak met ’n klompie verharde klei balle. Dit het gelyk of iemand die klei balle met hul hande gerol het en hulle in die son gelaat het om kliphard te bak.

Hulle was nie indrukwekkend nie maar het die man tog gefassineer en hy het die seil sak saam met hom uit die grot gedra. Terwyl hy langs die strand stap het van die klei balle geneem en hulle een vir een in die see gegooi sovêr as wat hy kan.

Hy het nie veel daarvan gedink nie, want dit dis hoe hulle as kinders gemaak het met klippe as hulle langs die strand wandel, totdat hy een van die klei balle laat val op ’n rots en oop kraak. Binne was ’n pragtige kosbare edelgesteente gewees!

Baie opgewonde begin die man die oorblywende klei balle oopbreek. Elke een van die klei balle bevat ’n soortgelyke skat. Hy het ’n paar duisend rand se waarde aan edelgesteentes in die 20 of so oorblywende klei balle gevind.

Toe tref dit hom. Hy was al ’n hele wyle op die strand wat hy so klei balle in die see gooi. Hy het maklik tussen 50 en 60 klei balle in die see gegooi met hul verskuilde skat in. In plaas van ’n paar duisend rand aan edelgesteentes kon hy nou honderd duisend rand se edelgesteentes huis geneem het, maar hy het dit weggegooi!

Dit is ook so met mense. Ons kyk na iemand en ons sien net die buitenste klei houer. Dit lyk nie na veel van buite nie. Dit is nie altyd pragtig en sprankelend nie, dus verwerp ons dit.

Ons sien die persoon as minder belangrik in vergeleke met iemand wat beeldskoon, of stylvol, of beroemd of ryk is. Maar ons het nie tyd gemaak om die versteekte skat wat binne die persoon begrawe is te vind nie.

Daar is ’n skat in elke een van ons. Indien ons tyd sou maak om die persoon te leer ken en God te vra om ons te help om die persoon te sien soos Hy hom sien dat begin die klei af te dop en die mooiste skat begin te skitter.

Mag ons nie aan die einde van ons lewe kom en uitvind dat ons ’n fortuin aan vriende weggegooi het net omdat die skat verborge was in ’n dun lagie klei nie.
Mag ons die mense met wie ons in aanraking kom sien soos God hulle sien.

No comments: