Friday, February 19, 2010

Antwoorde gegee deur Graad 2 outjies.


Hoekom het God Mammas gemaak?
1. Sy is die enigste een wat weet waar is die sello-tape en prestick!
2. Sy moet eintlik net die huis skoon hou.
3. Sy moet ons uithelp as ons gebore word.

Hoe het God Mammas gemaak?
1. Hy het grond gebruik net soos met almal van ons.
2. Hy het bonatuurlike kragte en baie tou gebruik.
3. God het my ma gemaak net soos vir my.
Hy het net groter goed soos kop, arms en bene en goeters gebruik.

Van watter bestandele is Mammas gemaak?
1. God het Mammas gemaak uit wolke, engeltjie vlerkies en hare en baie ander lekker goed in die wêreld. Maar ook 'n klein bietjie lelik en gemeen want sy is partykeers kwaai.
2. Hulle het begin om mammas te maak van mans se bene, maar ek dink hulle het meestal 'n klomp tou en lyn gebruik.

Hoekom het jy JOU Mamma gekry en nie sommer enige ander mamma nie?
1. Ons is familie.
2. God het geweet sy hou meer van my as ander kinders se ma's.

Toe jou Mamma klein was, watter soort dogtertjie was sy?
1. My Mamma was altyd net my mamma en niks van daardie ander soort goed nie
2. Ek weet nie want ek was nie daar nie. Maar ek dink sy was nogal baie baasspelerig.
3. Hulle sê sy was baie gaaf en lief.

Voordat sy met jou pa kon trou, wat moes sy van hom weet?
1. Sy van.
2. Sy moes weet van sy aftergrond. Lyk hy soos 'n skelm? Word hy dronk as hy bier drink?
3. Maak hy ten minste R56,000.00 per jaar? Sy moet weet of hy JA of NEE gesê het vir drugs. Ook of hy JA of NEE sê vir los werkies soos huis werk?

Hoekom het jou Mamma met JOU Pappa getrou? Die beste ene ooit!!!!!
1 . My Ouma sê sy kan dit ook nie verstaan nie, my Ma het seker nie mooi reguit gedink nie.

Wie is die baas in julle huis?
1. Mamma wil nie die baas wees nie, maar sy moet want sy sê my pa is dom- onnosel.
2. Ma is. Jy kan dit sien as sy na my kamer kom kyk. Sy sien al die goed onder die bed raak.
3. Ek dink my ma is die baas. Maar net omdat sy soveel meer goed het om te doen as my pa.

Wat is die verskil tussen ma's en pa's?
1. Mammas werk by die werk en hulle werk by die huis. Pa gaan werk net by die werk.
2. Mammas weet hoe om met my juffrou te praat sonder om haar bang te maak.
3. Pappa's is groter en sterker maar Mammas het invloed en gesag, want jy moet haar vra as jy by 'n maatjie wil gaan oorslaap.
4. Mammas het 'n tower stokkie. Hulle kan jou beter laat voel sonder medesyne.

Wat doen jou Mamma in haar vrye tyd?
1. Niks. Want Mammas het nie vrye tyd nie.
2. Jy moet haar hoor! Sy betaal rekeninge die hele dag lank.

Hoe kan mens jou Mamma perfek maak?
1. Aan die binnekant is sy reeds perfek.. Buitekant ... ek dink een of ander soort plastiese operasie.
2. Die kleur van haar hare. Ek dink miskien blou.

As jy iets kon verander aan jou Ma, wat sal dit wees?
1. Sy het hierdie nare ding in haar kop dat ek my kamer moet aan die kant hou. Ek sou daarvan ontslae raak!
2. Ek sou haar slimmer maak, dan sal sy weet dit was my sussie wat dit gedoen het en nie ek nie.
3. Ek sou graag wou hê daardie onsigbare oë agter in haar kop moet uitval.

No comments: