Monday, February 8, 2010

Gehoor Probleme


’n Man was bekommerd dat sy vrou nie meer so goed kon hoor soos voorheen nie en hy het gedink dat sy dalk miskien ’n gehoor apparaat mag benodig. Nie seker hoe om sy vrou te benader oor die netelige kwessie nie, skakel hy die huisdokter om die probleem te bespreek.

Die dokter deel hom mee dat daar ’n maklike informele toets is wat die man kan doen sodat die dokter ’n beter idee kan kry van die omvang van die gehoor probleem van sy vrou.

“Hier is wat jy doen,” sê die dokter, “staan so 15 meter weg van haar en in ’n normale gesels stem praat met haar en kyk of sy jou kan hoor. Indien nie, gaan nader tot jy so 10 meter van haar af is, daarna 5 meter en so aan totdat jy ’n reaksie van haar af kry.

Die aand is sy vrou in die kombuis besig om aandete voor te berei en hy het in die sitkamer gesit. Hy sê toe vir homself, “Ek is nou omtrent 15 meter weg van haar, laat ek kyk wat gebeur.” Toe in ’n normale gesprek toon vra hy, “Liefie, wat is vir aandete?”

Geen reaksie nie.

Dus beweeg hy maar bietjie nader aan die kombuis, omtrent 10 meter van sy vrou en herhaal die vraag, “Liefie, wat is vir aandete?”

Steeds geen reaksie nie.

Volgende beweeg hy na die eetkamer waar hy so 5 meter van sy vrou af is en vra, “Liefie, wat is vir aandete?”

Weereens geen reaksie nie.

Hy stap nader en gaan staan in die kombuis deur, omtrent 3 meter weg. “Liefie, wat is vir aandete?”

Weereens is daar geen reaksie van sy vrou nie.

Hy stap tot reg agter sy vrou en vra, “Liefie, wat is vir aandete?”

“Jakobus, vir die VYFDE keer, ek het gesê, HOENDER!”

Die probleem is dalk nie by die ander persoon soos ons soms geneig is om te dink nie. Dit kan baie kere binne onsself wees waar die probleem is.

No comments: