Wednesday, February 10, 2010

Beginsels van die Lewe


Om te wen is nie alles nie maar wel die wil om te wen.

Jy sal baie meer bereik as jy nie omgee wie kry die krediet daarvoor nie.

Wanneer alles verlore is, is die toekoms steeds daar.

Moet nie te veel baklei nie anders sal die vyand bekend wees met jou kuns van oorlogvoering.

Die enigste werk waar jy bo begin is om ’n graf te grawe.

Indien jy nie vir iets staan nie sal jy vir alles val.

Indien jy klein goedjies goed doen, sal jy groot goed beter doen.

Die enigste ding wat na jou aankom sonder moeite is ouderdom.

Jy kry nie ’n tweede kans om ’n eerste indruk te maak nie.

Slegs hulle wat niks doen maak geen foute nie.

Moet nooit ’n probleem na jou hoof neem tensy jy nie ’n oplossing het nie.

Indien jy nie faal nie dan neem jy nie genoeg risiko’s nie.

Moet nie probeer om van jou swak humeur ontslae te raak deur dit te verloor nie.

Indien jy gewoonlik met die eerste poging onsuksesvol is dan is valskerm spring nie vir jou nie.

Die wat nie foute maak nie is gewoonlik die wat niks doen nie.

Daar is twee tipes mislukkings: Die wat dink en nooit doen nie en die wat doen en nooit dink nie..

Kies gevegte groot genoeg om saak te maak maar klein genoeg om te wen.

Alle vooruitgang was die gevolg van onpopulêre besluite.

Verander jou denke en jy verander jou wêreld.

Om te verstaan bewys intelligensie en nie die spoed waarmee jy leer nie.

Daar is twee soorte dwase in die lewe: Die wat raad gee en die wat dit nie aanneem nie.

Die beste manier om ’n idee dood te maak is om dit na ’n vergadering te neem.

Bestuur is om dinge reg te doen. Leierskap is om die regte ding te doen.

Vriendskap gebaseer op besigheid is altyd beter as besigheid gebaseer op vriendskap.

No comments: