Wednesday, February 3, 2010

HY HOU DIE SLEUTEL


Dit sê die Heilige ....... wat die sleutel van Dawid het........
Openbaring 3:7

Eenmaal kom daar 'n sterk, warm wind op wat alles verwaai en laat verwelk.
In my ongeduld sê ek: "Ek wens die wind..." maar om een of ander rede bedink ek my.
Hierdie insident het vir my 'n lewensles geword.

Ek het baie hieroor nagedink. Dit was of 'n engel sê: "My Meester het gevra dat ek vir jou hierdie sleutel van die winde moet gee."

Nou kon ek gelukkig wees. Ek het uitgeroep: "Die warm, verskroeiende oostewind mag nie meer waai nie."

Maar wat sal ek in sy plek kies? Miskien die suidewind, maar toe ek begin dink aan die jong lammertjies en die knoppe aan die lenteplante, voel dit of die sleutel in my hand brand.
"Wat is ek besig om te doen? Ek kan soveel skade aanrig."

In skaamte bid ek dat die engel die sleutel sal kom haal.
Toe ek opkyk staan Vader voor my. Toe Hy sy hand uitsteek om die sleutel te neem,
sien ek die merke aan sy hande.

"Hou U die sleutels van die winde?" vra ek.

"Ja my kind" sê Hy, en hang die sleutel van die winde aan die gordel om sy middel.

Tot my verbasing sien ek al die sleutels van al die deure van my hele lewe ook om
sy middel hang en kyk verleë weg.
Sy stem was teer en vervul met deernis toe Hy weer praat.

"Het jy nie geweet dat Ek Meester oor alles is nie? Jou sekuriteit lê daarin dat jy my sal liefhê en vertrou met jou hele lewe."

Laaste gedagte:

Die wildste somerstorm is vol indrukwekkende skoonheid as vrede in jou hart is.

No comments: