Wednesday, February 24, 2010

O' Sion My bruid.


O hoe Goddelik die stilte aan die heiliges toegewy.
In saluut staan engele vir `n Goddelike paar opsy.
Terwyl die Bruidegom openlik flankeer en Hy Sy liefling vly.
Kom na My hart My beminde om van My liefde te kry.
Vir jou is die tyd van swaarkry ook binnekort verby.

Verbly jou o Sion ja jy moet jou nou verbly.
Kyk die dag van ongeregtigheid gaan ook vir jou verby.
Eens het `n hele wêreld jou soos die pes vermy.
In alles het hul jou, O’ uitverkorene, mos bestry.
Maar die tyd het gekom waar jy jou liefde openlik kan bely.
Terwyl `n bose wêreld stadig maar seker die afgrond in gly.

O Bruid van My hart hoe moeg is jy al gestry.
Teen `n hele wêreld moes jy al so oneindig baie ly.
Maar die tyd het gekom vir die Bruidegom om Hom te verbly.
O Sion My bruid, die huweliksfees word nou vir ons reg gekry.
Vir ewig gaan jy, My beminde, aan My sy kom bly.
Oor jou is dit wat engeleskares hul saam met My verbly.

So klink die lied nou aan ’n Goddelike paar toegewy.
Kyk die tyd van hierdie tydvak is binnekort verby.
Sion word as Bruid vir Elohim van ’n bose wêreld bevry.

Judith de Beer

(Wanneer ons soms voel asof ons oorweldig word deur die stryd wat ons voer, dan gee die beloftes van Vader vir ons hernude krag en wanneer ons dink aan die huweliks bevestiging wat daar vir ons wag as bruid van die Almagtige, het ons rede om te juig en verduur vir die klein tydjie wat ons hier op aard is. Vir my as onwaardige bruid sal ek alles opoffer aan my Bruidegom want Hy het Sy lewe vir my gegee. Laat ons jubel want ons Bruidegom is oppad om met ons in die eg te tree. Laat ons wandel suiwer wees en die lampe altyd vol.)

No comments: