Friday, March 23, 2012

Die Odes van Salomo (7)


Ode 15

‘n Ode uit die gevangenis

1 SOOS die son ‘n vreugde is vir diegene wat sy daglig soek, so is My vreugde JaHWeH.
2 Want Hy is My son, en Sy strale het My opgewek, en Sy Lig het al die donkerte van My gesig verdryf.
3 Ek het deur Hom Oë verkry, en het Sy dag van Apartheid gesien.
4 Ore het Myne geword, en Ek het Sy Waarheid gehoor.
5 Die gedagte van Kennis het Myne geword, en Ek het My verheug deur Hom.
6 Ek het die dwaalweg verlaat, en Ek het na Hom gegaan, en het van Hom Verlossing sonder voorbehoud ontvang;
7 Volgens Sy gawe het Hy vir My gegee, en volgens Sy wonderskoonheid het Hy My gemaak.
8 Deur Sy Naam het Ek onverdorwenheid aangetrek, en deur Sy Barmhartigheid het Ek verganklikheid afgewerp.
9 Dood is voor My aangesig vernietig, en die Doderyk/Sheol is tot niks gebring deur SY Woord.
10 Ewige Lewe het verrys in die Adamah [die adamiet se Aarde] van JaHWeH, en Sy het aan Sy getroues bekend geword, en is mildelik gegee aan almal wat op Hom vertrou.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 16

[Die Gees prys die VADER, die Seun en Sy skepping.]

1 SOOS die werktuig van die ploeër die ploegskaar is, en die werk van die stuurman om te stuur, so ook is My werk die psalm van JaHWeH in SY lofprysinge.
2 My ambag en beroep is in SY lofprysinge. Omdat SY Liefde My hart gevoed het en SY Vrug na My lippe gebring het.
3 Want My liefde is JaHWeH, daarom sal Ek tot HOM sing;
4 Want Ek word sterk gemaak deur SY lofprysinge en Ek het vertroue in HOM.
5 Ek sal My mond open, en SY Gees sal in My verklaar die Glansrykheid van Elohim en SY skoonheid,
6 die werke van SY Hande, en wat SY Vingers gemaak het,
7 vir SY menigvuldige Medelye en vir die Krag van SY Woord.
8 Want die Woord van JaHWeH speur na dit wat onsigbaar is en neem SY gedagtes waar;
9 Want die Oog sien SY werke en die Oor hoor SY gedagtes.
10 HY het die Aarde uitgespan, en die waters in die see daar gestel:
11 HY het die Hemele uitgesprei en die Sterre in hul ordes gestel;
12 En die skepping georden en dit gevestig; en HY het gerus van SY werke.
13 En die dinge wat geskep is, loop in hul bane en verrig hul take. En weet nie hoe om stil te staan en ledig te wees nie;
14 En die Leërskare is onderhorig aan SY Woord.
15 Die skatkamer van die Lig is die son, en die skatkamer van die Duisternis is die nag;
16 En Hy het die son vir die dag gemaak, sodat hy helder kan wees. En nag bring Duisternis oor die hele Aarde.
17 Hulle neem oor, die een van die ander; hulle verkondig die skoonheid van Elohim.
18 En daar is niks wat afsonderlik van JaHWeH is nie, want HY was daar voordat enigiets ontstaan het.
19 En die Wêrelde het ontstaan deur SY Woord, en deur die gedagte van SY Hart.
20 Glansrykheid en ere aan SY Naam.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 17

[‘n Ode deur die Kneg van JaHWeH]

1 EK is gekroon deur My Elohim en My Kroon is die Lewende Een;
2 Ek is geregverdig deur My Meester, en My Verlossing is onverganklik:
3 Ek is bevry van nuttelose dinge, en Ek is nie ‘n veroordeelde man nie.
4 My bande is verbreek deur SY Hande: Ek het die gesig en gedaante van ‘n nuwe adamiet ontvang; en Ek het in HOM gewandel en is verlos.
5 Die gedagte aan Waarheid het My gelei; en Ek het Haar nagestreef en nie afgedwaal nie.
6 Almal wat My gesien het, was verstom, en Ek was vir hulle soos ‘n vreemdeling.
7 HY wat My geken het en My grootgemaak het, is die Hoogste El in al SY rasegtheid; En HY het My hoog geag in SY Suiwerheid, en HY het My Verstand uitgelig tot die hoogste van Waarheid.
8 En daarvandaan het HY My die Weg van SY voetstappe gewys, en Ek het die Poorte wat toe was, geopen. [Génesis 3:24]
9 Ek het die tralies van yster in stukke gebreek; maar My kettings het warm geword en voor My gesmelt.
10 Dit was vir My asof niks gesluit was nie, want Ek was die Ingang van alles;
11 Ek het na al My gevangenes gegaan om hulle te bevry, sodat Ek geeneen gebonde moes laat nie. [2 Nikodémus 5; Psalm 30:3]
12 Ek het My Kennis sonder teësinnigheid gegee, en My gebed was met liefde.
13 Ek het My vrugte in harte gesaai, en Ek het hulle in Myself herskep.
14 Hulle het My Seën ontvang en gelewe, en is by My versamel en verlos,
15 want hulle het My lede geword, en Ek is hulle Hoof.
Glansrykheid aan U, Ons Hoof, o Ons Meester, ons Gesalfde, Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 18

[‘n Ode deur die Kneg van JaHWeH]

1 My Hart is opgetel deur die Liefde van die Hoogste El, en is verruim, sodat ek HOM kan prys deur My Naam.
2 My Ledemate is versterk, sodat Hulle nie sal wegkeer van SY Krag nie: [Markus 9:9]
3 Siektes het gewyk van My liggaam, en dit het opgestaan vir JaHWeH, omdat HY dit gewil het, want SY koninkryk is standvastig.
4 0 JaHWeH, sal U U Woord van My wegneem, as gevolg van hulle wat Kennis van U kortkom?
5 Ook nie as gevolg van hul werke, sal U U volmaaktheid van My weerhou nie.
6 Die Lig sal nie deur Duisternis oorwin word nie, ook sal Waarheid nie wegvlug van die Leuen nie.
7 U Regterhand sal Ons Verlossing laat seëvier, en U sal van elke plek ontvang, en sal behoed elkeen wat vasgehou word deur besoedeling.
8 U is My Elohim; die Leuen en Dood is nie in My mond nie. Maar U wil is volmaaktheid;
9 U ken nie Ydelheid nie, want dit ook, ken Ek nie,
10 U ken nie oortredinge nie, want dit ook, ken Ek nie.
11 Dwaasheid het verskyn soos fyn stof en soos die skuim van die see.
12 Verwaande mense het oor haar gedink dat sy uitmuntend was: hulle het ook begin om ‘n ooreenkoms met haar te toon, en het nutteloos geword.
13 Diegene wat Kennis het, het verstaan en gedink, en was nie besoedel in hul gedagtes nie.
14 Want hulle was in die gedagtes van die Hoogste El, en hulle het gelag vir dié wat in die leuen gewandel het:
15 Maar hulle het die Waarheid gespreek deur die inspirasie wat die Hoogste El in hulle geblaas het.
16 Glorie en groot eerbetoon aan SY Naam.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Monday, March 19, 2012

Die Odes van Salomo (6)


Ode 12

Die Gees van Waarheid

1 HY het my gevul met die woorde van Waarheid, sodat ek van Hom mag spreek;
2 Waarheid het uit my mond gevloei soos ‘n stroom water, en my lippe het Haar vrugte bekend gemaak.
3 Sy het my laat oorloop met Haar Kennis, want die Mond van JaHWeH is die ware Woord, en die Poort van Sy Lig.
4 Die Hoogste El het Haar aan Sy wêrelde gegee, die vertolkers van Sy Prag, en die vertellers van Sy Glansrykheid, en die belyers van Sy denke, en die verkondigers van Sy gedagte, en die Apartheid van Sy werke.
5 Want van die vlugheid van Haar woord kan nie vertel word nie, en soos Haar vertelling, so ook is Haar snelheid en Haar spoed, en Haar rigting is onbeperk:
6 Sy val nooit, maar staan vas, en Sy ken nie Haar afkoms, nog Haar weg nie.
7 Want soos Haar werk is, so is Haar verwagting; want Sy is die Lig en sonsopkoms van gedagtes.
8 En deur Haar het die wêrelde met mekaar gepraat, en hulle wat stom was, het spraak bekom;
9 En deur Haar het vriendskap en samehorigheid ontstaan, en hulle het die een met die ander gespreek, dit wat hulle te sê gehad het;
10 En hulle is aangespoor deur die Woord; en hulle het Hom wat hulle gemaak het, geken, want hulle het saamgestem;
11 Want die Mond van die Hoogste El het met hulle gespreek, en deur Haar het Sy openbaring vrye teuels gehad.
12 Want die Woning van die Woord is die Seun van Adam. En die Waarheid is Sy Liefde.
13 Geseënd is hulle wat alles deur Haar verstaan het, en JaHWeH in Sy Waarheid geken het.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 13

’n Ode vir die Apartheid

1 KYK, JaHWeH is ons spieël: Open jou oë en sien hulle in HOM;
2 En leer hoe jou aangesig is en uiter lofprysinge aan SY Gees;
3 Vee die vuilheid van jou gesig af, en wees lief vir SY Apartheid en trek Haar aan;
4 En jy sal rassuiwer wees, al die tyd saam met hom. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!


Ode 14

‘n Ode deur die Seun

1 SOOS die oë van ‘n Seun gerig is op Sy VADER, so is My oë, o JaHWeH, voortdurend op U gerig;
2 Want saam met U is My Borste en My Vreugde.
3 Wend nie U Medelye van My af nie, o JaHWeH, en neem nie U Suiwerheid van My weg nie.
4 Strek U Regterhand voortdurend uit na My, o My Elohey en wees vir My ‘n Leidsman tot die einde, omdat Sy U Vreugde is.
5 Ek sal welgevallig voor U wees omrede van U Glansrykheid, en omrede van U Naam, sal Ek verlos word van die Besoedelde een;
6 U Teerheid, o JaHWeH, sal by My bly as die vrugte van U Liefde.
7 Leer My die psalms van U Waarheid, dat Ek in U vrug mag dra;
8 En open die Harp van U Gees van Apartheid vir My, sodat Ek U mag loof, o JaHWeH, met elke melodie.
9 En volgens die oorvloed van U Medelye; mag U My Haar so gun en haas U om Ons versoeke toe te staan.
10 En U voorsien voldoende aan al Ons behoeftes.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Tuesday, March 13, 2012

Die Odes van Salomo (5)


Vir die wat gewonder het wat van my geword het. Ek was eers so klein bietjie weg gewees en vir my ouers gaan kuier. Dit bly 'n voorreg om nog ouers te hê met wie jy nog kan kuier want wie van ons weet hoeveel tyd is daar vir ons elkeen bedeeld. Vir die wat nog ouers het, bel hulle vandag en vertel hulle dat jy lief is vir hulle want wie weet of daar nog 'n môre is om hulle dit te vertel.

Ode 10
‘n Ode deur die Kneg van JaHWeH
1 JaHWeH het My Mond deur SY Woord gerig, en My Hart deur SY Lig geopen,
2 en het teweeg gebring dat SY Ewige Lewe in My bly; en het My vergun om van SY vrugte van Vrede te vertel,
3 Om die siele van diegene wat na Hom wil kom, terug te bring, en om ‘n aansienlike groep gevangenes(siele) terug te lei na vryheid.
4 Ek het sterk en magtig geword, en het die Aarde se gevangenes gelei en hulle het vir My die Glansrykheid van die Hoogste El geword, ja, van JaHWeH, My VADER.
5 En die nasies wat verstrooi was, is versamel, en Ek is nie besoedel deur My skuld nie, omdat hulle My lof toegebring het op die hoë plekke. [Hebreërs 9:28]
6 En die voetspore van Lig is op hul harte geplaas, en hulle het gewandel in My lewe en is verlos, en het My volk geword, vir Ewig tot in Ewigheid.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 11
Die Paradys.
11 My hart is besny en haar blomme het verskyn, Barmhartigheid het in haar uitgespruit; en sy het vrugte gedra vir JaHWeH.
2 Want die Hoogste El het my besny met Sy Gees van Apartheid en my niere voor Hom blootgelê; en my gevul met Sy Liefde.
3 En Sy besnydenis het my Verlossing geword; en ek het op die Weg in Sy Vrede gehardloop en op die Weg van Waarheid:
4 Vanaf die begin tot die einde het ek Sy Kennis ontvang.
5 En ek is stewig gevestig op die Klip van Waarheid, waar Hy my geplaas het;
6 En waters wat spreek, het my lippe aangeraak van JaHWeH se Fontein, sonder terughouding;
7 En ek het gedrink en was bedwelm deur die lewende, onsterflike waters;
8 En my bedwelming was nie sonder Kennis nie, maar ek het Ydelheid verlaat.
9 En my gewend tot die Hoogste El, my Elohey, en het deur Sy Gawe verryk geword;
10 Ek het Dwaasheid laat staan, sy wat oor die Aarde uitgewerp is en ek het haar afgestroop en van my af weggewerp;
11 JaHWeH het my vernuwe met Sy kleed, en van my besit geneem met Sy Lig,
12 en my onverderfbare verkwikking van bo gegee, en ek het geword soos die Aarde wat laat uitspruit en haar verheug in haar vrugte,
13 En JaHWeH is soos die son op die aangesig van die Aarde:
14 Hy het my oë verlig en my gesig het die Dou ontvang;
15 My asemteue het behae gevind in die aangename geur van JaHWeH;
16 Hy het my gebring na Sy Paradys waar die rykdom van die genot van JaHWeH is. [Griekse invoeging] Ek het bome gesien, pragtig en wat vrugte dra, En hul kroon was natuurlike loof; Hul takke het gespruit, hul vrugte het gelag; Hul wortels was geplant in die onverganklike Adamah [adamiet se Aarde]. En die rivier van Vreugde het hul benat, en het om hul onverganklike Adamah [adamiet se Aarde] gevloei.
17 En ek het JaHWeH aanbid vanweë Sy Glansrykheid.
18 En ek het gesê, geseënd, o JaHWeH, is diegene wat in U Adamah [adamiet se Aarde] geplant is en diegene wat ‘n plek in U Paradys het,
19 en wat opgroei in die wasdom van U bome en wat van Donkerte na Lig beweeg het.
20 Kyk, al U diensknegte is voortreflik. Hulle wat suiwer werke doen,
21 van besoedeling draai na U Vreugde en die bitterheid van die bome is verander toe hulle in U Adamah[adamiet se Aarde] geplant is.
22 Alles het geword soos ‘n aandenking aan U en ‘n ewige herinnering aan U getroue diensknegte.
23 Want daar is baie plek in U Paradys, en daar is niks wat sonder voordeel is nie; maar alles dra vrug.
24 Eer aan U, o Elohim, die Vreugde wat in die ewige Paradys is.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Thursday, February 23, 2012

Die Odes van Salomo (4)


Ode 8

Die Wysheid besing die Vader, die Seun en haar kinders.
1MAAK oop, maak oop julle harte met jubeling tot JaHWeH, en laat julle liefde oorvloei van die hart na die lippe,
2 om vrugte voort te bring vir JaHWeH, ‘n lewe van Apartheid, en om met waaksaamheid te spreek in SY Lig.
3 Rig julle op en staan orent, julle wat eens weggesink het:
4 Julle wat stil was, spreek, want julle Mond is geopen:
5 Julle wat verag was, rig julself van nou af aan op, want julle Geregtigheid is opgerig;
6 Want die Regterhand van JaHWeH is met julle en Hy is julle Helper:
7 En Vrede is vir julle voorberei, nog voor julle oorlog begin het.
8 Luister na die woord van Waarheid, en ontvang die Kennis van die Hoogste El.
9 Julle vlees sal nie weet wat Ek vir julle sê nie, ook nie julle kleding wat Ek aan julle bekend maak nie.
10 Bewaar My Verborgene, julle wat deur Haar onderhou word:
11 Bewaar My Geloof, julle wat deur Haar onderhou word;
12 En begryp My Kennis, julle wat My deur die Waarheid ken.
13 Wees lief vir My met toege-neentheid, julle wat bemin.
14 Want Ek wend nie My Aangesig af van hulle wat Myne is nie, omdat Ek hulle ken;
15 En voordat hulle ontstaan het, het Ek hulle waargeneem; en My Seël op hul aangesigte geplaas.
16 Ek het hul liggaamsdele gefor-meer; en My borste het Ek vir hulle voorberei, sodat hulle My melk van Apartheid mag drink en daardeur mag lewe.
17 Hulle was vir My welbehaaglik en Ek skaam My nie vir hulle nie;
18 Want hulle is My eie werke, en die Krag van My denke.
19 Wie, derhalwe sal teen My werke opstaan? Of wie is hy wat nie onderdanig aan hulle is nie?
20 Ek het hulle verstand en hart geformeer. En hulle is Myne; en Ek het My uitverkorenes aan My regterhand geplaas.
21 En My Geregtigheid gaan voor hulle uit; hulle sal nie geskei word van My Naam nie, want Sy is met hulle.
22 Bid en gaan in alle erns voort in die Liefde van JaHWeH, julle wat geliefdes is, in die Geliefde Een; julle wat bewaar word, in Hom wat weer gelewe het; julle wat verlos is, in Hom wat verlos is;
23 En julle sal onverderfbaar bevind word deur al die eeue, vanweë die Naam van jul Vader.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 9

‘n Ode deur die Wysheid van die Seun
1 OPEN julle ore en Ek sal tot julle spreek:
2 Gee julle siele aan My, sodat Ek ook Myself aan julle kan gee,
3 die Woord van JaHWeH en SY wil, die apartheidsdoel wat HY beplan het aangaande SY Gesalfde.
4 Want in die Wil van JaHWeH is julle lewe, en julle rasegtheid is onverderfbaar.
5 Word verryk in JaHWeH die Vader en ontvang die bewussyn van die Hoogste El: Wees sterk en wees verlos deur SY Barmhartigheid.
6 Want Ek verkondig Vrede aan julle, Sy rasegtes, sodat nie een van dié wat hoor in die oorlog sal val nie,
7 en dat hulle wat Hom geken het, nie mag vergaan nie, en dat hulle wat Hom ontvang het, nie beskaamd sal staan nie.
8 Waarheid is ‘n ewige Kroon; geseënd is diegene wat Haar op hul hoofde plaas,
9 ‘n Steen van groot waarde; want die oorloë is as gevolg van die Kroon;
10 En Geregtigheid het Haar geneem, en Haar aan julle gegee.
11 Sit die Kroon op in die ware Verbond van JaHWeH; en almal wat oorwin het, sal in Sy Boek opgeskryf word;
12 Want Sy Boek is die oorwinning wat julle s’n is; en Hy sien julle daarvoor en Hy begeer dat julle verlos word.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Tuesday, February 14, 2012

U, my Elohim…


O' my Abba Vader U is my sit en staan en ook my kom en gaan- en soos wat
ek dit daar in my eenvoud tog goed kan verstaan- is U die Ewige Lewe in my
ewige voortbestaan, ja, vir ewig altyd met U, my Maker saam.

My Elohim U is die hartklop van geheel my bestaan, ook is U die lewegewende suurstof wat daar deur my gaan. U is my lag- U is my vreugde maar in my
weemoed- ook my eensaam traan. U is my bitter pyn wanneer U as my Vader
my soms seer tugtig en vermaan- sodat ek die essensie van my bestaan goed
tot my voordeel kan verstaan. O’ ek sien in U ʼn enkel goue koringkorrel maar
U ook in al die gesonde graan, ja, U voed die kleinste organisme en geheel
ʼn wêreld tot hulle voortbestaan.

U is Liefde op Liefde so oneindig groot dat niemand dit werklik ooit mooi sal kan verstaan. U is my Redder- met U kosbaar bloed vir ons gestort- het U vir ons deur
die doderyk gegaan daarom sal ek in die oomblik wanneer my liggaam sterwend
moet vergaan, U sien daar waar U my tegemoet kom op U goue hemellaan en
terwyl U- U arm van Goddelike Liefde ook om my sal slaan- daar gaan ek van
suiwer saligheid skoon daarvan wil vergaan.

O’ my Elohim U is die lewende bloed wat daar deur my are gaan- U is genade
sonder grens of weerga wat uit U onuitputlike Bron oor alle lewe gaan. U is
my ewige troue Vriend wat deur dik en dun altyd by my staan en U is my
Leidsman wat U nooit vir hierdie kleine sondaar skaam. O’ my Elohim in
hierdie gruweltyd sonder toekoms waar almal vra; waar kom ons hulp
vandaan, Is U my Redder, ja, my Redder- wat my vyande kom verslaan.

Judith de Beer
http://www.openbaringe.co.za/

Monday, February 13, 2012

Die Odes van Salomo (3)


Ode 7

Ode deur die Bruid oor die Seun en die VADER.

1 SOOS die verloop van toorn oor besoedeling, so is die verloop van Vreugde oor die Geliefde Een; en Hy bring van die vrugte in sonder teëstand.
2 My Vreugde is in JaHWeH, en My rigting is na Hom: Hierdie Weg van My is mooi;
3 Want Ek het ‘n Helper in JaHWeH. Hy maak Homself sonder teësinnigheid aan My bekend in Sy edelmoedigheid; want in Sy Suiwerheid sit Hy Sy Majesteit eenkant.
4 Hy het soos Ek geword, sodat Ek Hom sou aanvaar: In voorkoms het Hy soos Ek gelyk, sodat Ek My in Hom sou klee.
5 En Ek het nie gebewe toe Ek Hom aanskou nie, want Hy het deernis met My gehad.
6 Hy het geword soos My natuur, sodat Ek Hom kon leer ken, en soos My gestalte, sodat Ek nie van Hom sou wegdraai nie.
7 Die VADER van Kennis gee die Woord van Kennis:
8 HY wat Wysheid geskep het, is wyser as Haar werke;
9 en HY wat My geskape het voordat Ek ontstaan het, het geweet wat Ek sou doen wanneer Ek daar was.
10 Daarom het HY My jammer gekry deur SY groot Medelye, en het My toegelaat om van HOM te vra, en om van SY Slagdier te ontvang;
11 Want Hy is onverderfbaar, die voleinding van die eeue en hulle VADER.
12 HY het Hom toestemming verleen om te verskyn aan hulle wat Syne is, dat hulle Hom kon herken wat hulle gemaak het en sodat hulle nie dalk mag dink dat hulle deur hulself ontstaan het nie.
13 Want HY rig Sy Weg na Kennis: HY het haar lank en breed gemaak en haar raseg gemaak;
14 En HY het op haar die Voetsole van SY Lig geplaas, en Hy het van die begin tot die einde gegaan;
15 Want HY is deur Hom bedien, en HY het ‘n welbehae in die Seun.
16 En omrede van Sy Verlossing sal Hy besit neem van alles; Die Hoogste El sal geken word deur SY apartes,
17 om hulle wat psalms oor die koms van die Meester het, bekend te maak, sodat hul Hom tegemoet kan gaan en vir Hom mag sing, met vreugde en met die harp van vele klanke.
18 Die sieners sal voor Hom uitgaan, en voor Hom gesien word;
19 En hulle sal JaHWeH in Sy Liefde prys, want Hy is naby en Hy sien.
20 En haat sal van die Aarde verwyder word, en sal verdrink saam met afguns;
21 Want Dwaasheid is vernietig, omdat die Kennis van JaHWeH gekom het.
22 Diegene wat sing, sal sing van die Barmhartigheid van JaHWeH, die Hoogste El, en hulle sal hul psalms aanbied;
23 Hul hart sal soos die dag wees en die klank van hul stemme soos die wye skoonheid van JaHWeH. Niks wat lewe sal onkundig of stom wees nie;
24 Want Hy het aan Sy skepping ‘n Mond gegee, om die Stem van die Mond oop te maak en Hom te loof.
25 Loof Sy Krag en maak bekend Sy Barmhartigheid.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Thursday, February 2, 2012

Die Odes van Salomo (2)


Ode 6
Die Gees van Apartheid.
1 SOOS die wind oor die harp beweeg en die snare spreek,
2 so spreek die Gees van JaHWeH in my liggaamsdele, en ek spreek deur Haar Liefde.
3 Want Sy vernietig alles wat vreemd is en alles is van JaHWeH.
4 Want so was Sy van die begin af, en so sal Sy wees tot aan die einde;
5 Sodat niks Hom sal teëstaan nie, en niks teen Hom sal opstaan nie.
6 JaHWeH het die Kennis omtrent Homself vermeerder, en ywer dat die dinge bekend sal wees wat deur Sy Barmhartigheid aan ons gegee is.
7 Hy het vir ons Sy lofprysinge tot Sy Naam gegee: Ons gees prys Sy Gees van Apartheid.
8 Want ‘n stroom gaan uit en word ‘n groot en breë rivier, want hy verpletter en breek alles op en voer dit weg van die Tempel;
9 En die mense kan dit nie bedwing nie, ook nie die bedrewenheid van hulle wat water beheer nie;
10 Want hy kom oor die hele Aarde en vul alles op;
11 Almal wat dors op die Aarde het, drink en hulle dors hou op en is gelês;
12 Want dié drank kom van die Hoogste El.
13 Daarom, geseënd is die Bedieners van daardie drank, diegene wat toevertrou is met Sy water:
14 Hulle verkwik die droë lippe en dié wat nie meer wilskrag het nie, tel Hy op;
15 Die Siele van dié wat naby aan die dood is, hou hulle terug van die dood;
16 En ledemate wat neergeval het, trek Hy self weer reguit en rig hulle op:
17 Hy verleen krag aan hulle verskyning en Lig aan hul oë;
18 Want elkeen ken hulle in JaHWeH, en deur die waters lewe hulle vir ewig.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!