Monday, March 19, 2012

Die Odes van Salomo (6)


Ode 12

Die Gees van Waarheid

1 HY het my gevul met die woorde van Waarheid, sodat ek van Hom mag spreek;
2 Waarheid het uit my mond gevloei soos ‘n stroom water, en my lippe het Haar vrugte bekend gemaak.
3 Sy het my laat oorloop met Haar Kennis, want die Mond van JaHWeH is die ware Woord, en die Poort van Sy Lig.
4 Die Hoogste El het Haar aan Sy wêrelde gegee, die vertolkers van Sy Prag, en die vertellers van Sy Glansrykheid, en die belyers van Sy denke, en die verkondigers van Sy gedagte, en die Apartheid van Sy werke.
5 Want van die vlugheid van Haar woord kan nie vertel word nie, en soos Haar vertelling, so ook is Haar snelheid en Haar spoed, en Haar rigting is onbeperk:
6 Sy val nooit, maar staan vas, en Sy ken nie Haar afkoms, nog Haar weg nie.
7 Want soos Haar werk is, so is Haar verwagting; want Sy is die Lig en sonsopkoms van gedagtes.
8 En deur Haar het die wêrelde met mekaar gepraat, en hulle wat stom was, het spraak bekom;
9 En deur Haar het vriendskap en samehorigheid ontstaan, en hulle het die een met die ander gespreek, dit wat hulle te sê gehad het;
10 En hulle is aangespoor deur die Woord; en hulle het Hom wat hulle gemaak het, geken, want hulle het saamgestem;
11 Want die Mond van die Hoogste El het met hulle gespreek, en deur Haar het Sy openbaring vrye teuels gehad.
12 Want die Woning van die Woord is die Seun van Adam. En die Waarheid is Sy Liefde.
13 Geseënd is hulle wat alles deur Haar verstaan het, en JaHWeH in Sy Waarheid geken het.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 13

’n Ode vir die Apartheid

1 KYK, JaHWeH is ons spieël: Open jou oë en sien hulle in HOM;
2 En leer hoe jou aangesig is en uiter lofprysinge aan SY Gees;
3 Vee die vuilheid van jou gesig af, en wees lief vir SY Apartheid en trek Haar aan;
4 En jy sal rassuiwer wees, al die tyd saam met hom. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!


Ode 14

‘n Ode deur die Seun

1 SOOS die oë van ‘n Seun gerig is op Sy VADER, so is My oë, o JaHWeH, voortdurend op U gerig;
2 Want saam met U is My Borste en My Vreugde.
3 Wend nie U Medelye van My af nie, o JaHWeH, en neem nie U Suiwerheid van My weg nie.
4 Strek U Regterhand voortdurend uit na My, o My Elohey en wees vir My ‘n Leidsman tot die einde, omdat Sy U Vreugde is.
5 Ek sal welgevallig voor U wees omrede van U Glansrykheid, en omrede van U Naam, sal Ek verlos word van die Besoedelde een;
6 U Teerheid, o JaHWeH, sal by My bly as die vrugte van U Liefde.
7 Leer My die psalms van U Waarheid, dat Ek in U vrug mag dra;
8 En open die Harp van U Gees van Apartheid vir My, sodat Ek U mag loof, o JaHWeH, met elke melodie.
9 En volgens die oorvloed van U Medelye; mag U My Haar so gun en haas U om Ons versoeke toe te staan.
10 En U voorsien voldoende aan al Ons behoeftes.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

No comments: