Friday, March 23, 2012

Die Odes van Salomo (7)


Ode 15

‘n Ode uit die gevangenis

1 SOOS die son ‘n vreugde is vir diegene wat sy daglig soek, so is My vreugde JaHWeH.
2 Want Hy is My son, en Sy strale het My opgewek, en Sy Lig het al die donkerte van My gesig verdryf.
3 Ek het deur Hom Oë verkry, en het Sy dag van Apartheid gesien.
4 Ore het Myne geword, en Ek het Sy Waarheid gehoor.
5 Die gedagte van Kennis het Myne geword, en Ek het My verheug deur Hom.
6 Ek het die dwaalweg verlaat, en Ek het na Hom gegaan, en het van Hom Verlossing sonder voorbehoud ontvang;
7 Volgens Sy gawe het Hy vir My gegee, en volgens Sy wonderskoonheid het Hy My gemaak.
8 Deur Sy Naam het Ek onverdorwenheid aangetrek, en deur Sy Barmhartigheid het Ek verganklikheid afgewerp.
9 Dood is voor My aangesig vernietig, en die Doderyk/Sheol is tot niks gebring deur SY Woord.
10 Ewige Lewe het verrys in die Adamah [die adamiet se Aarde] van JaHWeH, en Sy het aan Sy getroues bekend geword, en is mildelik gegee aan almal wat op Hom vertrou.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 16

[Die Gees prys die VADER, die Seun en Sy skepping.]

1 SOOS die werktuig van die ploeër die ploegskaar is, en die werk van die stuurman om te stuur, so ook is My werk die psalm van JaHWeH in SY lofprysinge.
2 My ambag en beroep is in SY lofprysinge. Omdat SY Liefde My hart gevoed het en SY Vrug na My lippe gebring het.
3 Want My liefde is JaHWeH, daarom sal Ek tot HOM sing;
4 Want Ek word sterk gemaak deur SY lofprysinge en Ek het vertroue in HOM.
5 Ek sal My mond open, en SY Gees sal in My verklaar die Glansrykheid van Elohim en SY skoonheid,
6 die werke van SY Hande, en wat SY Vingers gemaak het,
7 vir SY menigvuldige Medelye en vir die Krag van SY Woord.
8 Want die Woord van JaHWeH speur na dit wat onsigbaar is en neem SY gedagtes waar;
9 Want die Oog sien SY werke en die Oor hoor SY gedagtes.
10 HY het die Aarde uitgespan, en die waters in die see daar gestel:
11 HY het die Hemele uitgesprei en die Sterre in hul ordes gestel;
12 En die skepping georden en dit gevestig; en HY het gerus van SY werke.
13 En die dinge wat geskep is, loop in hul bane en verrig hul take. En weet nie hoe om stil te staan en ledig te wees nie;
14 En die Leërskare is onderhorig aan SY Woord.
15 Die skatkamer van die Lig is die son, en die skatkamer van die Duisternis is die nag;
16 En Hy het die son vir die dag gemaak, sodat hy helder kan wees. En nag bring Duisternis oor die hele Aarde.
17 Hulle neem oor, die een van die ander; hulle verkondig die skoonheid van Elohim.
18 En daar is niks wat afsonderlik van JaHWeH is nie, want HY was daar voordat enigiets ontstaan het.
19 En die Wêrelde het ontstaan deur SY Woord, en deur die gedagte van SY Hart.
20 Glansrykheid en ere aan SY Naam.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 17

[‘n Ode deur die Kneg van JaHWeH]

1 EK is gekroon deur My Elohim en My Kroon is die Lewende Een;
2 Ek is geregverdig deur My Meester, en My Verlossing is onverganklik:
3 Ek is bevry van nuttelose dinge, en Ek is nie ‘n veroordeelde man nie.
4 My bande is verbreek deur SY Hande: Ek het die gesig en gedaante van ‘n nuwe adamiet ontvang; en Ek het in HOM gewandel en is verlos.
5 Die gedagte aan Waarheid het My gelei; en Ek het Haar nagestreef en nie afgedwaal nie.
6 Almal wat My gesien het, was verstom, en Ek was vir hulle soos ‘n vreemdeling.
7 HY wat My geken het en My grootgemaak het, is die Hoogste El in al SY rasegtheid; En HY het My hoog geag in SY Suiwerheid, en HY het My Verstand uitgelig tot die hoogste van Waarheid.
8 En daarvandaan het HY My die Weg van SY voetstappe gewys, en Ek het die Poorte wat toe was, geopen. [Génesis 3:24]
9 Ek het die tralies van yster in stukke gebreek; maar My kettings het warm geword en voor My gesmelt.
10 Dit was vir My asof niks gesluit was nie, want Ek was die Ingang van alles;
11 Ek het na al My gevangenes gegaan om hulle te bevry, sodat Ek geeneen gebonde moes laat nie. [2 Nikodémus 5; Psalm 30:3]
12 Ek het My Kennis sonder teësinnigheid gegee, en My gebed was met liefde.
13 Ek het My vrugte in harte gesaai, en Ek het hulle in Myself herskep.
14 Hulle het My Seën ontvang en gelewe, en is by My versamel en verlos,
15 want hulle het My lede geword, en Ek is hulle Hoof.
Glansrykheid aan U, Ons Hoof, o Ons Meester, ons Gesalfde, Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 18

[‘n Ode deur die Kneg van JaHWeH]

1 My Hart is opgetel deur die Liefde van die Hoogste El, en is verruim, sodat ek HOM kan prys deur My Naam.
2 My Ledemate is versterk, sodat Hulle nie sal wegkeer van SY Krag nie: [Markus 9:9]
3 Siektes het gewyk van My liggaam, en dit het opgestaan vir JaHWeH, omdat HY dit gewil het, want SY koninkryk is standvastig.
4 0 JaHWeH, sal U U Woord van My wegneem, as gevolg van hulle wat Kennis van U kortkom?
5 Ook nie as gevolg van hul werke, sal U U volmaaktheid van My weerhou nie.
6 Die Lig sal nie deur Duisternis oorwin word nie, ook sal Waarheid nie wegvlug van die Leuen nie.
7 U Regterhand sal Ons Verlossing laat seëvier, en U sal van elke plek ontvang, en sal behoed elkeen wat vasgehou word deur besoedeling.
8 U is My Elohim; die Leuen en Dood is nie in My mond nie. Maar U wil is volmaaktheid;
9 U ken nie Ydelheid nie, want dit ook, ken Ek nie,
10 U ken nie oortredinge nie, want dit ook, ken Ek nie.
11 Dwaasheid het verskyn soos fyn stof en soos die skuim van die see.
12 Verwaande mense het oor haar gedink dat sy uitmuntend was: hulle het ook begin om ‘n ooreenkoms met haar te toon, en het nutteloos geword.
13 Diegene wat Kennis het, het verstaan en gedink, en was nie besoedel in hul gedagtes nie.
14 Want hulle was in die gedagtes van die Hoogste El, en hulle het gelag vir dié wat in die leuen gewandel het:
15 Maar hulle het die Waarheid gespreek deur die inspirasie wat die Hoogste El in hulle geblaas het.
16 Glorie en groot eerbetoon aan SY Naam.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

No comments: