Tuesday, March 13, 2012

Die Odes van Salomo (5)


Vir die wat gewonder het wat van my geword het. Ek was eers so klein bietjie weg gewees en vir my ouers gaan kuier. Dit bly 'n voorreg om nog ouers te hê met wie jy nog kan kuier want wie van ons weet hoeveel tyd is daar vir ons elkeen bedeeld. Vir die wat nog ouers het, bel hulle vandag en vertel hulle dat jy lief is vir hulle want wie weet of daar nog 'n môre is om hulle dit te vertel.

Ode 10
‘n Ode deur die Kneg van JaHWeH
1 JaHWeH het My Mond deur SY Woord gerig, en My Hart deur SY Lig geopen,
2 en het teweeg gebring dat SY Ewige Lewe in My bly; en het My vergun om van SY vrugte van Vrede te vertel,
3 Om die siele van diegene wat na Hom wil kom, terug te bring, en om ‘n aansienlike groep gevangenes(siele) terug te lei na vryheid.
4 Ek het sterk en magtig geword, en het die Aarde se gevangenes gelei en hulle het vir My die Glansrykheid van die Hoogste El geword, ja, van JaHWeH, My VADER.
5 En die nasies wat verstrooi was, is versamel, en Ek is nie besoedel deur My skuld nie, omdat hulle My lof toegebring het op die hoë plekke. [Hebreërs 9:28]
6 En die voetspore van Lig is op hul harte geplaas, en hulle het gewandel in My lewe en is verlos, en het My volk geword, vir Ewig tot in Ewigheid.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 11
Die Paradys.
11 My hart is besny en haar blomme het verskyn, Barmhartigheid het in haar uitgespruit; en sy het vrugte gedra vir JaHWeH.
2 Want die Hoogste El het my besny met Sy Gees van Apartheid en my niere voor Hom blootgelê; en my gevul met Sy Liefde.
3 En Sy besnydenis het my Verlossing geword; en ek het op die Weg in Sy Vrede gehardloop en op die Weg van Waarheid:
4 Vanaf die begin tot die einde het ek Sy Kennis ontvang.
5 En ek is stewig gevestig op die Klip van Waarheid, waar Hy my geplaas het;
6 En waters wat spreek, het my lippe aangeraak van JaHWeH se Fontein, sonder terughouding;
7 En ek het gedrink en was bedwelm deur die lewende, onsterflike waters;
8 En my bedwelming was nie sonder Kennis nie, maar ek het Ydelheid verlaat.
9 En my gewend tot die Hoogste El, my Elohey, en het deur Sy Gawe verryk geword;
10 Ek het Dwaasheid laat staan, sy wat oor die Aarde uitgewerp is en ek het haar afgestroop en van my af weggewerp;
11 JaHWeH het my vernuwe met Sy kleed, en van my besit geneem met Sy Lig,
12 en my onverderfbare verkwikking van bo gegee, en ek het geword soos die Aarde wat laat uitspruit en haar verheug in haar vrugte,
13 En JaHWeH is soos die son op die aangesig van die Aarde:
14 Hy het my oë verlig en my gesig het die Dou ontvang;
15 My asemteue het behae gevind in die aangename geur van JaHWeH;
16 Hy het my gebring na Sy Paradys waar die rykdom van die genot van JaHWeH is. [Griekse invoeging] Ek het bome gesien, pragtig en wat vrugte dra, En hul kroon was natuurlike loof; Hul takke het gespruit, hul vrugte het gelag; Hul wortels was geplant in die onverganklike Adamah [adamiet se Aarde]. En die rivier van Vreugde het hul benat, en het om hul onverganklike Adamah [adamiet se Aarde] gevloei.
17 En ek het JaHWeH aanbid vanweë Sy Glansrykheid.
18 En ek het gesê, geseënd, o JaHWeH, is diegene wat in U Adamah [adamiet se Aarde] geplant is en diegene wat ‘n plek in U Paradys het,
19 en wat opgroei in die wasdom van U bome en wat van Donkerte na Lig beweeg het.
20 Kyk, al U diensknegte is voortreflik. Hulle wat suiwer werke doen,
21 van besoedeling draai na U Vreugde en die bitterheid van die bome is verander toe hulle in U Adamah[adamiet se Aarde] geplant is.
22 Alles het geword soos ‘n aandenking aan U en ‘n ewige herinnering aan U getroue diensknegte.
23 Want daar is baie plek in U Paradys, en daar is niks wat sonder voordeel is nie; maar alles dra vrug.
24 Eer aan U, o Elohim, die Vreugde wat in die ewige Paradys is.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

No comments: