Thursday, February 23, 2012

Die Odes van Salomo (4)


Ode 8

Die Wysheid besing die Vader, die Seun en haar kinders.
1MAAK oop, maak oop julle harte met jubeling tot JaHWeH, en laat julle liefde oorvloei van die hart na die lippe,
2 om vrugte voort te bring vir JaHWeH, ‘n lewe van Apartheid, en om met waaksaamheid te spreek in SY Lig.
3 Rig julle op en staan orent, julle wat eens weggesink het:
4 Julle wat stil was, spreek, want julle Mond is geopen:
5 Julle wat verag was, rig julself van nou af aan op, want julle Geregtigheid is opgerig;
6 Want die Regterhand van JaHWeH is met julle en Hy is julle Helper:
7 En Vrede is vir julle voorberei, nog voor julle oorlog begin het.
8 Luister na die woord van Waarheid, en ontvang die Kennis van die Hoogste El.
9 Julle vlees sal nie weet wat Ek vir julle sê nie, ook nie julle kleding wat Ek aan julle bekend maak nie.
10 Bewaar My Verborgene, julle wat deur Haar onderhou word:
11 Bewaar My Geloof, julle wat deur Haar onderhou word;
12 En begryp My Kennis, julle wat My deur die Waarheid ken.
13 Wees lief vir My met toege-neentheid, julle wat bemin.
14 Want Ek wend nie My Aangesig af van hulle wat Myne is nie, omdat Ek hulle ken;
15 En voordat hulle ontstaan het, het Ek hulle waargeneem; en My Seël op hul aangesigte geplaas.
16 Ek het hul liggaamsdele gefor-meer; en My borste het Ek vir hulle voorberei, sodat hulle My melk van Apartheid mag drink en daardeur mag lewe.
17 Hulle was vir My welbehaaglik en Ek skaam My nie vir hulle nie;
18 Want hulle is My eie werke, en die Krag van My denke.
19 Wie, derhalwe sal teen My werke opstaan? Of wie is hy wat nie onderdanig aan hulle is nie?
20 Ek het hulle verstand en hart geformeer. En hulle is Myne; en Ek het My uitverkorenes aan My regterhand geplaas.
21 En My Geregtigheid gaan voor hulle uit; hulle sal nie geskei word van My Naam nie, want Sy is met hulle.
22 Bid en gaan in alle erns voort in die Liefde van JaHWeH, julle wat geliefdes is, in die Geliefde Een; julle wat bewaar word, in Hom wat weer gelewe het; julle wat verlos is, in Hom wat verlos is;
23 En julle sal onverderfbaar bevind word deur al die eeue, vanweë die Naam van jul Vader.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 9

‘n Ode deur die Wysheid van die Seun
1 OPEN julle ore en Ek sal tot julle spreek:
2 Gee julle siele aan My, sodat Ek ook Myself aan julle kan gee,
3 die Woord van JaHWeH en SY wil, die apartheidsdoel wat HY beplan het aangaande SY Gesalfde.
4 Want in die Wil van JaHWeH is julle lewe, en julle rasegtheid is onverderfbaar.
5 Word verryk in JaHWeH die Vader en ontvang die bewussyn van die Hoogste El: Wees sterk en wees verlos deur SY Barmhartigheid.
6 Want Ek verkondig Vrede aan julle, Sy rasegtes, sodat nie een van dié wat hoor in die oorlog sal val nie,
7 en dat hulle wat Hom geken het, nie mag vergaan nie, en dat hulle wat Hom ontvang het, nie beskaamd sal staan nie.
8 Waarheid is ‘n ewige Kroon; geseënd is diegene wat Haar op hul hoofde plaas,
9 ‘n Steen van groot waarde; want die oorloë is as gevolg van die Kroon;
10 En Geregtigheid het Haar geneem, en Haar aan julle gegee.
11 Sit die Kroon op in die ware Verbond van JaHWeH; en almal wat oorwin het, sal in Sy Boek opgeskryf word;
12 Want Sy Boek is die oorwinning wat julle s’n is; en Hy sien julle daarvoor en Hy begeer dat julle verlos word.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

No comments: