Tuesday, February 14, 2012

U, my Elohim…


O' my Abba Vader U is my sit en staan en ook my kom en gaan- en soos wat
ek dit daar in my eenvoud tog goed kan verstaan- is U die Ewige Lewe in my
ewige voortbestaan, ja, vir ewig altyd met U, my Maker saam.

My Elohim U is die hartklop van geheel my bestaan, ook is U die lewegewende suurstof wat daar deur my gaan. U is my lag- U is my vreugde maar in my
weemoed- ook my eensaam traan. U is my bitter pyn wanneer U as my Vader
my soms seer tugtig en vermaan- sodat ek die essensie van my bestaan goed
tot my voordeel kan verstaan. O’ ek sien in U ʼn enkel goue koringkorrel maar
U ook in al die gesonde graan, ja, U voed die kleinste organisme en geheel
ʼn wêreld tot hulle voortbestaan.

U is Liefde op Liefde so oneindig groot dat niemand dit werklik ooit mooi sal kan verstaan. U is my Redder- met U kosbaar bloed vir ons gestort- het U vir ons deur
die doderyk gegaan daarom sal ek in die oomblik wanneer my liggaam sterwend
moet vergaan, U sien daar waar U my tegemoet kom op U goue hemellaan en
terwyl U- U arm van Goddelike Liefde ook om my sal slaan- daar gaan ek van
suiwer saligheid skoon daarvan wil vergaan.

O’ my Elohim U is die lewende bloed wat daar deur my are gaan- U is genade
sonder grens of weerga wat uit U onuitputlike Bron oor alle lewe gaan. U is
my ewige troue Vriend wat deur dik en dun altyd by my staan en U is my
Leidsman wat U nooit vir hierdie kleine sondaar skaam. O’ my Elohim in
hierdie gruweltyd sonder toekoms waar almal vra; waar kom ons hulp
vandaan, Is U my Redder, ja, my Redder- wat my vyande kom verslaan.

Judith de Beer
http://www.openbaringe.co.za/

No comments: