Monday, February 13, 2012

Die Odes van Salomo (3)


Ode 7

Ode deur die Bruid oor die Seun en die VADER.

1 SOOS die verloop van toorn oor besoedeling, so is die verloop van Vreugde oor die Geliefde Een; en Hy bring van die vrugte in sonder teëstand.
2 My Vreugde is in JaHWeH, en My rigting is na Hom: Hierdie Weg van My is mooi;
3 Want Ek het ‘n Helper in JaHWeH. Hy maak Homself sonder teësinnigheid aan My bekend in Sy edelmoedigheid; want in Sy Suiwerheid sit Hy Sy Majesteit eenkant.
4 Hy het soos Ek geword, sodat Ek Hom sou aanvaar: In voorkoms het Hy soos Ek gelyk, sodat Ek My in Hom sou klee.
5 En Ek het nie gebewe toe Ek Hom aanskou nie, want Hy het deernis met My gehad.
6 Hy het geword soos My natuur, sodat Ek Hom kon leer ken, en soos My gestalte, sodat Ek nie van Hom sou wegdraai nie.
7 Die VADER van Kennis gee die Woord van Kennis:
8 HY wat Wysheid geskep het, is wyser as Haar werke;
9 en HY wat My geskape het voordat Ek ontstaan het, het geweet wat Ek sou doen wanneer Ek daar was.
10 Daarom het HY My jammer gekry deur SY groot Medelye, en het My toegelaat om van HOM te vra, en om van SY Slagdier te ontvang;
11 Want Hy is onverderfbaar, die voleinding van die eeue en hulle VADER.
12 HY het Hom toestemming verleen om te verskyn aan hulle wat Syne is, dat hulle Hom kon herken wat hulle gemaak het en sodat hulle nie dalk mag dink dat hulle deur hulself ontstaan het nie.
13 Want HY rig Sy Weg na Kennis: HY het haar lank en breed gemaak en haar raseg gemaak;
14 En HY het op haar die Voetsole van SY Lig geplaas, en Hy het van die begin tot die einde gegaan;
15 Want HY is deur Hom bedien, en HY het ‘n welbehae in die Seun.
16 En omrede van Sy Verlossing sal Hy besit neem van alles; Die Hoogste El sal geken word deur SY apartes,
17 om hulle wat psalms oor die koms van die Meester het, bekend te maak, sodat hul Hom tegemoet kan gaan en vir Hom mag sing, met vreugde en met die harp van vele klanke.
18 Die sieners sal voor Hom uitgaan, en voor Hom gesien word;
19 En hulle sal JaHWeH in Sy Liefde prys, want Hy is naby en Hy sien.
20 En haat sal van die Aarde verwyder word, en sal verdrink saam met afguns;
21 Want Dwaasheid is vernietig, omdat die Kennis van JaHWeH gekom het.
22 Diegene wat sing, sal sing van die Barmhartigheid van JaHWeH, die Hoogste El, en hulle sal hul psalms aanbied;
23 Hul hart sal soos die dag wees en die klank van hul stemme soos die wye skoonheid van JaHWeH. Niks wat lewe sal onkundig of stom wees nie;
24 Want Hy het aan Sy skepping ‘n Mond gegee, om die Stem van die Mond oop te maak en Hom te loof.
25 Loof Sy Krag en maak bekend Sy Barmhartigheid.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

No comments: