Thursday, February 2, 2012

Die Odes van Salomo (2)


Ode 6
Die Gees van Apartheid.
1 SOOS die wind oor die harp beweeg en die snare spreek,
2 so spreek die Gees van JaHWeH in my liggaamsdele, en ek spreek deur Haar Liefde.
3 Want Sy vernietig alles wat vreemd is en alles is van JaHWeH.
4 Want so was Sy van die begin af, en so sal Sy wees tot aan die einde;
5 Sodat niks Hom sal teëstaan nie, en niks teen Hom sal opstaan nie.
6 JaHWeH het die Kennis omtrent Homself vermeerder, en ywer dat die dinge bekend sal wees wat deur Sy Barmhartigheid aan ons gegee is.
7 Hy het vir ons Sy lofprysinge tot Sy Naam gegee: Ons gees prys Sy Gees van Apartheid.
8 Want ‘n stroom gaan uit en word ‘n groot en breë rivier, want hy verpletter en breek alles op en voer dit weg van die Tempel;
9 En die mense kan dit nie bedwing nie, ook nie die bedrewenheid van hulle wat water beheer nie;
10 Want hy kom oor die hele Aarde en vul alles op;
11 Almal wat dors op die Aarde het, drink en hulle dors hou op en is gelês;
12 Want dié drank kom van die Hoogste El.
13 Daarom, geseënd is die Bedieners van daardie drank, diegene wat toevertrou is met Sy water:
14 Hulle verkwik die droë lippe en dié wat nie meer wilskrag het nie, tel Hy op;
15 Die Siele van dié wat naby aan die dood is, hou hulle terug van die dood;
16 En ledemate wat neergeval het, trek Hy self weer reguit en rig hulle op:
17 Hy verleen krag aan hulle verskyning en Lig aan hul oë;
18 Want elkeen ken hulle in JaHWeH, en deur die waters lewe hulle vir ewig.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

No comments: