Wednesday, April 4, 2012

Watter Feeste het Yahshua en die Nuwe Testament Gelowiges Onderhou ?


Yahshua en Feesdag Onderhouding

Die Woord openbaar dat Yahshua die Bybelse feesdae soos die Sabbat, Pasga en Takskuilings op ‘n gereelde basis onderhou het. Dit is in teenstelling met die nie-Bybelse feeste wat in hedendaagse Christendom gevier word.

1. Yahshua en die Pasga Fees (ingesluit die dae van Ongesuurde Brood)

Op die ouderdom van twaalf het Yahshua se ouers Hom Jerusalem toe geneem, ooreenkomstig die gebruik, om die Pasga te vier. Hulle het in Jerusalem nie net gebly vir die Pasga nie maar ook vir die week of “dae” van Ongesuurde Brode;
(Lukas 2:41-43) “EN Sy ouers was gewoond om elke jaar met die fees van die Pasga1 na Jerusalem te gaan.
En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die Fees, na Jerusalem opgegaan.
En nadat die Feesdae(die sewe dae van Ongesuurde Brode) vir hulle voltooi was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind JaHWèshua in Jerusalem agtergebly; en JôWsef en Sy moeder het dit nie geweet nie.


Jare later het Yahshua voortgegaan met die praktyk om die Pasga en Ongesuurde Brode te vier;
(Johannes 2:13,23) “EN die Pasga van die manne van JeHûWdah was naby, en JaHWèshua het opgegaan na Jerusalem...... En toe Hy in Jerusalem was op die Pasga gedurende die Fees, het baie in Sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.”

Net voor Sy kruisiging het Yahshua die Pasga en Ongesuurde Brode gevier saam met sy apostels;
(Matt 26: 17-19) “EN voor die Fees van die Ongesuurde Brode kom die studente na JaHWèshua en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die Pasga te eet?
En Hy antwoord: Gaan na die Stad na ‘n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die Pasga hou met My studente.
Daarop het die studente gedoen soos JaHWèshua hulle beveel het, en hulle het die Pasga berei.”


1 Onthou dat die Pasga en die Dae van Ongesuurde Brode beskou kan word as een fees (Lev 23: 4-8).
Pasga met betrekking tot die kruisiging, beteken om verlos en gered te word vanuit slawerny (soos die verlossing vanuit die Egiptiese slawerny), terwyl die Ongesuurde Brode die verwydering van sondes verteenwoordig – dit wat jou in slawerny vashou (soos die instruksie vir die verwydering van die suurdeeg in 1 Kor 5: 7-8). Pasga en Ongesuurde Brode kan nie van mekaar geskei word nie – aangesien beide die Pasga Fees verteenwoordig en onontbeerlik is vir die betekenis van die fees. Yahshua en die Nuwe Testament Gelowiges sou nie die een hou en nie die ander nie.


Die Pasga vind hierdie jaar plaas op Vrydag 6 April 2012 maar onthou dat die dag eintlik met sononder die vorige dag begin - dus word die Pasga gevier net na sononder op 5 April 2012.

Onthou tog asb dat Pasga niks te doen het met Paasfees nie - paasfees is 'n afgods fees wat glad nie deur gelowiges onderhou moet word nie.

Pasga en Ongesuurde Brode: YaHWeH se Redding

Die Bybelse fees van Pasga en Ongesuurde Brode is ‘n weeklange fees. Pasga val op die veertiende dag van die eerste Hebreeuse maand en word gevolg deur die week van Ongesuurde Brode;
(Lev 23:5) : In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die Pasga van JaHWeH;
6 : en op die vyftiende dag van hierdie maand is die Fees van die Ongesuurde Brode van JaHWeH; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.


Die Pasga het plaasgevind meer as 3500 jaar gelede in Egipte. Dit was toe dat die Pasga lam geslag is – met die bloed geverf op die twee deurposte en die bodrumpel van elke huis. Dit sou meebring dat die tiende plaag die huis nie tref nie en en dat YaHWeH hul huise sou “verby gaan” en die lewe spaar van die eersgeborene (die Engelse beskrywing verduidelik dit baie mooi dat dit “passover” is) Ongesuurde brood word geëet gedurende die sewe dae wat volg op die Pasga. Die Pasga en Ongesuurde Brode fees herdenk hierdie groot gebeurtenis en verwys ons ook na die geestelike belangrikheid daarvan soos aangetref in Yahshua.

Gedurende die week van Ongesuurde Brode moet alle suurdeeg verwyder word uit mens se huis en geen suurdeeg mag ingeneem word vir die duur van die fees nie;
(Exo 12:18 – 20)
18 : In die eerste, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand.
19 : Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel sal haar afsny uit die vergadering van JisraEl, of hy 'n besoeker is of gebore in die Aarde.
20 : Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.

Die eerste en die laaste dag van die Fees van Ongesuurde Brode is ‘n Feestelike Sabbat of Heilige Byeenkoms;
(Lev 23:7 – 8)
7 : Op die eerste dag moet daar vir julle 'n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
8 : Maar julle moet nader kom om sewe dae lank aan JaHWeH 'n bereiding deur vuur te bring. Op die sewende dag moet daar 'n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.


Die Woord beveel dat die fees ‘n ewige insetting moet wees;
(Exo 12:14)
14 : En hierdie dag moet vir julle 'n herinnering wees, en julle moet dit as 'n Fees tot eer van JaHWeH vier. Julle moet dit in julle geslagte as 'n ewige Instelling vier.
(Exo12:24)
24 : Onderhou dan hierdie woord as 'n Insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid.

(Exo 12:17)
17 : Onderhou dan die Ongesuurde Brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit die Aarde van Egipte uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige Insetting hou.
(Exo 13:10)10 : En jy moet hierdie Insetting onderhou op haar bepaalde tyd, van jaar tot jaar.


Die veertiende van die eerste Hebreeuse maand merk die Pasga. By die 15de Abib moet alle suurdeeg en aansuurings bestandele uit die huis verwyder wees. Die eerste en laaste dae van Ongesuurde Brode word behandel as Sabbatte. Pasga dag self is nie ‘n Heilige dag (Sabbat) nie maar ‘n dag van voorbereiding (om die huis suurdeeg vry te maak en om die kinders te leer). Die Pasga vind plaas op die aand van die 14de Abib. NB – die aand van die 14de is eintlik die vorige aand want die nuwe dag begin teen sononder die vorige dag.

Temas van die Pasga en Ongesuurde Brode

Pasga en Ongesuurde Brode dui eerstens op die fisiese redding en verlossing uit slawerny in Egipte en tweedens fokus dit op die Redding en Verlossing uit die sonde slawerny deur Yahshua. Die twee hoof temas van die Pasga en Ongesuurde Brode word in meer besonderhede bespreek as volg:

A) Pasga en Ongesuurde Brode fokus op redding en verlossing uit Egipte:
(die uittog uit Egipte) (Exo 12:21 – 24)
21 : Moshè het toe al die oudstes van JisraEl laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en bloei die pasga.
22 : En neem 'n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bodrumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.
23 : Want JaHWeH sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bodrumpel en aan die twee deurposte, sal JaHWeH by die deur verbygaan en die Verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie.
24 : Onderhou dan hierdie woord as 'n Insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid.
(Exo 13:6 – 10)
6 : Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar Fees tot eer van JaHWeH.
7 : Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag [iets] gesuurd nie gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.
8 : En jy sal jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat JaHWeH aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.
9 : En sy moet vir jou as 'n Teken wees op jou hand en 'n herinnering tussen jou oë, want die Wet van JaHWeH, sal in jou mond wees; want deur 'n Sterke Hand het JaHWeH jou uit Egipte uitgelei.
10 : En jy moet hierdie Insetting onderhou op haar bepaalde tyd, van jaar tot jaar.


Die Pasga en Ongesuurde Brode dien as ‘n herinnering van ons voorvaders se verlossing vanuit die Egiptiese slawerny.

B) Die fees fokus op Yahshua en die Pasga Lam:
Met die week van Ongesuurde Brode dien dit as ‘n les vir die familie en volk om sonde te verwyder uit hul lewe omdat ons lewe as nuwe wesens in die redding van Yahshua;
(1Kor 5:7)3 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons pasgalam is vir ons geslag, naamlik Yahshua Messiah.
(1Kor 5:8) Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.


Verwydering van die suurdeeg dien as ‘n fisiese simbool vir die nodigheid om sondes uit ons lewens te verwyder. Pasga en Ongesuurde Brode dien as ‘n tyd van selfondersoek en sonde verwydering, met die fokus op Yahshua as die Pasga Lam wat aan ons die Verlossing bied.

Nagmaal en Pasga: Yahshua die Pasga Offer

In vandag se terme word gepraat van die nagmaal maar die Pasga is die korrekte term. Die woord nagmaal kom net eenmaal in die skrif voor en dan ook in 'n baie negatiewe opsig.
1 Kor 11:20 As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie.
1 Kor 11:21 Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.


Die aand van Pasga (14de Abib) voor die week van Ongesuurde Brode is die tyd vir die Pasga maal. (onthou dat die aand is eintlik die vorige aand in terme van die Gregoriese kalender) Gelowige Israeliete word opgeroep om die Pasga te vier ten einde Yahshua as die perfekte Pasga Offer te ontvang/aanvaar.
3 Suurdeeg verteenwoordig sonde ingevolge die Woord (Luk 12:1) en die verwydering uit die huis sal ‘n boodskap aan die kinders oordra hoe mens sonde uit ons lewe moet verwyder. Dit dien ook as ‘n tyd om die huisgesin te leer en te fokus om uit sonde slawerny te bly.

Die skakel tussen die Ou Testament Pasga waar YaHWeH verlossing bied aan die Israeliete in Egipte en Yahshua wat verlossing bied van die sonde word duidelik aangedui;
“There are two important aspects of Christ’s role as a lamb. The first involves the concept of a perfect sacrifice. Bible students will recall that the defining moment for Israel in the Old Testament was the terrifying tenth plague in the land of Egypt. It was only by smearing the blood of a lamb upon the lintel and doorposts of their homes that were they able to escape the death angel’s lethal presence (Exodus 12:3-14). The death of the innocent lamb was the price of life, personal liberty, and nationhood. Harmless and mild, the lamb had to die in order to purchase freedom for Israelites from the bondage of slavery. Similarly. death was absolutely necessary is found imbedded in the sacrificial rituals of the Old testament. In Leviticus we discover the essential requirement for a sacrificial lamb...” (Reed Benson, Jesus Christ as the Lamb, The Vision, Church of Israel, April 1999).

Ons slag nie meer die lam, soos in die Ou Testament nie, want Yahshua dien as ons Lam Offer (1 Kor 5:7). Die Pasga word genuttig voor die Ongesuurde Brode net soos in die Ou Testament se Pasga lam wat geslag en geëet is op die 14de Abib (of nag van verlossing in Egipte). Deur die Pasga aanvaar ons en maak ons Yahshua ons sonde offer. Die slag van die lam by Pasga het nie weggeval nie maar word voortgesit deur die Pasga soos ons dit nog vandag behoort te vier. – dien as bewys elke jaar van ons aanvaarding van Yahshua as ons Pasga Offer.

Ons gevolgtrekking is dat die Pasga verteenwoordig ons verlossing van sondes terwyl Ongesuurde Brode dien as die verwydering van sondes, wat ons in slawerny vashou.

Die Gerf Wuif Offer: Dui op die Opstanding van Yahshua

Die dag van die Gerf Wuif Offer val op die Sondag direk na die weeklikse Sabbat gedurende die week van Ongesuurde Brode. Die dag is nie ‘n feestelike Sabbat (Hoog Heilige dag) nie maar dit het ‘n belangrike betekenis wat regverdig dat mens dit vier. Die Gerf Wuif fees sal altyd val op die Sondag aangesien dit volg op die weeklikse Sabbat.

Gedurende die Ou Testamentiese tye het die Gerf Wuif offer plaasgevind sodra die eerste vrugte (gars) ryp is dan het die priester ‘n gerf van die gars voor die aangesig van Yahweh gewuif (beweeg). (Die gars is die eerste ryp van die graansoorte en die oes daarvan lui die algemene oes seisoen in);
(lev 23:10 – 11)
10 : Spreek met die kinders van JisraEl en sê aan hulle: As julle in die Aarde kom wat Ek julle gee en haar oes afoes, moet julle die Eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.
11 : En hy moet die Gerf voor die Aangesig van JaHWeH wuif, sodat Hy vir julle 'n Vreugde kan wees; die dag ná die Sabbat moet die priester Hom wuif.


Die mees belangrike boodskap van die dag is dat dit dui op die opstanding van Yahshua en Sy aanbieding as die “eerste vrugte” van die dood. Yahshua was gekruisig as die Pasga Lam op die dag voor die week van Ongesuurde Brode. Op die Woensdag is Yahshua se liggaam verwyder van die kruis deur Sy volgelinge. Nadat hulle Sy liggaam in die graf, uit rots gekap, neergelê het, het hulle hul gehaas na hul huise vir die voorbereiding van die Sabbat.4
4 Die Woensdag was die “voorbereidings dag” ter voorbereiding van die “Feestelike Sabbat” – die 1ste dag van die Week van Ongesuurde Brode.

Hulle het by hul huise gebly vir die Sabbat vieringe (twee Sabbatte nl die Feestelike een en die weeklikse Sabbat) en het vroeg Sondag oggend teruggekeer na Yahshua se graf; (sien die Nota soos op bladsy 12, 13 en 15 ter verduideliking)
(Luk 23:53 – 56)
(Luk 23:52) Hy (Joseph van Arimathéa) het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra
(Luk 23:53) en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in ‘n graf wat uit ‘n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.
(Luk 23:54) En dit was die dag van voorbereiding,(Woensdag) en die sabbat (Donderdag, feestelike sabbat)) wou aanbreek.
(Luk 23:55) En die vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.
(Luk 23:56) Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.

(Luk24:1 – 3)
LUK 24:1 : EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle berei was.
LUK 24:2 : En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.
LUK 24:3 : En toe hulle ingaan, het hulle nie die Liggaam van die Meester JaHWèshua gekry nie.
(Matt 28:1)
(Mat 28:1) En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.


Die Sondag wat volg op die weeklikse Sabbat gedurende Pasga en Ongesuurde Brode was die Dag van die Gerf Beweeg Offer. Dit was die Sondag wat gevolg het na Yahshua se opstanding uit die dood.

Die opstanding van Yahshua op die vooraand van die Gerf Wuif Offer vind sy vervulling in die liggaamlike opstanding van Yahshua wat dui op die eerste vrugte van die toekomstige opstanding – en die aanvaarding van die opstanding deur Yahweh;

(1Kor 15:20)
Maar nou, Yahshua is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.


Ons lees;
“The annual offering of the wave sheaf by the priest at Passover and Unleavened Bread was a prototype, a prefiguring, or shadow of the coming resurrection of Jesus Christ from the dead and represented the pledge of all who would be resurrected at His coming (Pastor Dan Gayman, The Wave Sheaf Offering, The Vision, October 1996).

Die opstanding van Yahshua dien as die belofte vir almal wat op sal staan by die tweede wederkoms, net soos die Gerf Wuif Offer van die Ou Testament die groter oes verteenwoordig. Yahshua, as die “eerste vrugte” van die opstanding, staan as die meduim waardeer die groter opstandings oes aanvaar word deur Yahweh – op dieselfde manier as wat die Gerf Wuif Offer wat aangebied word op die Sondag oggend (eintlik die Saterdagaand – wat die begin van Sondag is) gedurende Ongesuurde Brode goedkeuring bring van die toekomstige oes.

Laat ons begin om die voorgeskrewe Feesdae te vier en so YaHWeH te behaag.

Indien enige een meer inligting verlang oor die feesdae van YaHWeH, stuur 'n boodskappie aan my en ek kan 'n kopie van die boekie Bybelse Feesdae vir u aanstuur.

1 comment:

Unknown said...

Stuur asb vir my n kopie van boekie van Bybelse Feesdae wat gevier moet word.