Tuesday, April 17, 2012

Die Odes van Salomo (8)


Ode 20

1 EK is ‘n Priester van JaHWeH en tot HOM verrig Ek dienswerk as Priester,
2 Aan HOM slag Ek die slagdier van SY gedagte.
3 Want nie soos die wêreld nie, en ook nie soos die vlees is SY denke nie, ook nie soos diegene wat bedien op ‘n vleeslike wyse nie.
4 Die Slagdier van JaHWeH is Regverdigheid, en suiwerheid van hart en lippe. [Hebreërs 10:12]
5 Offer jou niere vlekkeloos, en moenie dat jou ingewande ‘n ander se ingewande kwel nie, en moet ook nie dat jou siel ‘n ander se siel kwel nie.
6 Jy mag nie ‘n baster verwek deur die bloed van jou siel nie, ook mag jy nie probeer om jou naaste te bedrieg nie, ook mag jy hom nie die bedekking van sy naaktheid ontneem nie.
7 Maar beklee jou met die Barmhartigheid van die gewillige Meester; en kom na die Paradys. En maak vir jouself ‘n Krans vir versiering van Sy Boom, [Spreuke 4:9]
8 plaas haar op jou hoof en verlustig jou in haar, en leun op haar kalmte.
9 Sy Glansrykheid sal jou vooruitgaan, en jy sal van Sy Minsaamheid en Suiwerheid ontvang, en vet word in die Glansrykheid van Sy Apartheid.
10 Glansrykheid en Eer aan Sy Naam.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 21
[Die Bruid prys die Seun]

1 EK het My arms opgehef na die Medelye van JaHWeH,
2 Want Hy het My bande weggewerp; en My helpers het My opgerig tot Sy Medelye en Verlossing. [Hooglied van Salomo 2:9]
3 Ek het die Duisternis afgelê en My met Lig beklee.
4 My Siel het lede verkry, waarin daar geen pyn was nie, ook nie ellende of lyding nie.
5 En net wat gerusstellend was, het My gedagtes aan JaHWeH laat bly, en aan Sy onverganklike gemeenskap.
6 Ek was in Sy Lig opgehef, en Ek het voor Sy Aangesig verbygegaan; [Hooglied van Salomo 5:6]
7 Ek het naby aan Hom gekom, terwyl Ek Hom geloof en gedank het.
8 Hy het My Hart laat oorloop en Hy is in My Mond gevind en Hy het verskyn op My Lippe,
9 die jubeling van JaHWeH en SY lofprysing het My Aangesig verlig.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 22

1 HY wat My van die hoogtes [Hemele] afgebring het, en My van die onderwêreld [Doderyk/Sheol] af opgehef het.
2 HY wat die dinge wat in die middel was, versamel het, en dit vir My laag gemaak het,
3 HY wat My vyande verstrooi het, asook My teëstanders;
4 HY wat My mag gegee het oor bande, sodat Ek hulle kan losmaak;
5 HY wat deur My Hande die Draak met sewe koppe oorwin het, en U wat My gestel het oor sy wortel, sodat Ek sy saad tot niet mag maak. [Openbaring 13; Openbaring 17; DaniEl 14:23-42]
6 Dit is U: U was daar en het My gehelp, en in elke plek is U Naam deur My geloof. [JeHôWganan 17:6]
7 U Regterhand het sy besoedelde gif vernietig; en U Hand het die Weg gelyk gemaak vir die wat in U glo,
8 en het hulle uit die grafte uitverkies, en hulle apartgestel van die dooies:
9 Sy het dooie beendere geneem en hul met liggame bedek;
10 Hulle was bewegingloos, en Sy het hulle lewenskrag verleen om te lewe. [JeségiEl 37:10]
11 U Weg en U Persoon was onverderflik, U het U wêreld tot verdorwenheid gebring, sodat alles kon vergaan en vernuwe word.
12 En sodat U Rots die fondament van alles kon wees; en op Hom het U U Koninkryk gebou; En U het die Woonplek van die Apartes geword.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 23
Ode oor 'n Boek, die Plaat van Herinnering.

1 BLYDSKAP behoort aan die apartes, en wie sal met Haar beklee word, behalwe hulle?
2 Barmhartigheid behoort aan die uitverkorenes, en wie sal Hom ontvang, behalwe hulle wat van die begin af op Hom vertrou het?
3 Liefde behoort aan die uitverkorenes, en wie sal met Haar beklee word, behalwe hulle wat Haar van die begin af besit het?
4 Wandel in die Kennis van die Hoogste El, en jy sal die Guns van JaHWeH, sonder teësinnigheid, ken: SY jubeling en die Suiwerheid van SY Kennis.
5 SY gedagtes was soos ‘n Boekrol, SY Wil het neergekom van omhoog; [JeshaJaH 5:28]
6 En hy is gestuur soos ‘n pyl uit ‘n boog, wat afgevuur word met krag; [Openbaring 6:2; Psalm 127:4]
7 En vele hande het afgepyl op die Boekrol om hom te gryp en hom te neem en hom te lees;
8 En hy het uit hulle vingers ontsnap; en hulle was vol vrees vir hom en vir die Seël wat op hom was. [JeshaJaH 29:10-12]
9 Want hulle was nie toegelaat om sy Seël te verbreek nie, want die Krag wat op die Seël was, was groter as hulle.
10 Maar hulle wat hom gesien het, het agter die Boekrol aangegaan, sodat hulle kon weet waar sy bestemming was, en wie hom sou lees, en wie hom sou hoor. [JeshaJaH 29:18-21; Maleagi 3:16]
11 Maar ‘n wiel het hom ontvang, en sy het op hom neergedaal;
12 Tesame met hom was ‘n Teken van Koningskap en van Heerskappy.
13 Alles wat voor die wiel beweeg het, het hy gemaai en afgesny; [JeshaJaH 41:15; Miga 4:13]
14 Hy het ‘n menigte van teëstanders versamel; en Hy het riviere bedek; [Odes van Salomo 39:1Openbaring 12:15]
15 Hy het oorgegaan en baie volke ontwortel en ‘n breë Pad gemaak.
16 Die Hoof het neergedaal na die Voete, want sover as die Voete gaan het die wiel gerol saam met hom wat op haar was. [JeségiEl 1:19; JeshaJaH 60:14-17]
17 Hy was ‘n Boekrol en ‘n Bevel, want alle plekke is byeengebring.
18 Op sy hoof het die Hoof verskyn wat geopenbaar is, en die Seun van die Waarheid van die Hoogste El VADER. [JeségiEl 1:26; 2 Ezra 7:26]
19 Hy het van alles besit geneem en hom ontvang; en die denke van vele het tot niks gekom nie. [MattithJaHûW 5:17-18]
20 En almal wat op ‘n dwaalspoor gelei is, het ontsnap en gevlug en hulle wat vervolg het, is vernietig en uitgewis.
21 Maar die Boekrol het ‘n groot Plaat van Herinnering geword, wat geheel en al geskryf is deur die Vinger van Elohim; en die Naam van die VADER was op hom, en van die Seun, en van die Gees van Apartheid, om te regeer vir Ewig tot in Ewigheid. [Maleagi 3:16; Openbaring 14:1; Exodus 28:36-37]
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 24
Ode oor die Waarheid.

1 DIE Duif het afgevlieg op die hoof van ons Meester, ons Gesalfde, want Hy was Haar hoof.
2 Sy het oor Hom gesing, en Haar Stem is gehoor. [MattithJaHûW 3:16-17]
3 Die bewoners het gevrees, en die verbasterdes het gesidder.
4 Die vlieënde wesens het opgevlieg en al die reptiele is dood in hulle gate.
5 En die Afgrond is geopen en weer toegemaak, en hulle het die Gesalfde gesoek soos diegene in barensnood;
6 Maar Hy is nie aan hulle gegee as voedsel nie, want Hy was nie hulle s’n nie.
7 Maar die dieptes is gedompel in die indompeling van JaHWeH, en diegene wat van ouds bestaan het, het omgekom in daardie gedagte;
8 Want hulle het van die begin af verdorwe geraak, en die voltooiing van hulle barensnood was lewe.
9 Elkeen van hulle, by wie ontbreek het, het omgekom, omdat hulle geen woord gehad het om te sê nie, om daardeur agter te bly nie.
10 Elohim het die gedagtes vernietig van hulle met wie die Waarheid nie was nie;
11 Want hulle het Wysheid kortgekom, hulle wat trots van hart was.
12 En hulle is verwerp, want die Waarheid was nie met hulle nie,
13 Omdat Elohim SY Weg bekend gemaak het, en SY Barmhartigheid uitgebrei het.
14 En hulle wat Hom bemerk het, ken SY Apartheid.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 25
Ode uit die gevangenis

1 EK het ontsnap uit My boeie, en na U het Ek gevlug, o My Elohim,
2 Want U Regterhand was ‘n Verlossing, en My Helper.
3 U het hulle wat teen My opgestaan het, teëgehou, en Ek sal hulle nie weer aanskou nie,
4 Want U Seun was met My, wat My gered het deur U Barmhartigheid.
5 Maar Ek is verag en verwerp in die oë van baie, en Ek was in hulle oë soos lood. [Hooglied 1:6]
6 En Krag van U is aan My gegee, en Hulp.
7 U het ‘n Lamp vir My opgestel, aan My regterhand en aan My linkerhand, sodat daar niks binne My sonder Lig sou wees nie.
8 En Ek is bedek met die bedekking van U Gees, en U het My klere van vel verwyder,
9 want U Regterhand het My opgehef, en het gewil dat siekte van My verwyder word.
10 Ek het magtig in die Waarheid geword en apart in U Geregtigheid.
11 Almal wat teen My was, het My gevrees, en Ek het JaHWeH s’n geword, in die Naam van JaHWeH.
12 Ek is geregverdig deur Sy Suiwerheid; en Sy rus vir ewig.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 26
Lofprysing vir JaHweH

1 EK het lof tot JaHWeH uitgestort, omdat Ek Syne is.
2 Ek sal Sy psalm van Apartheid voordra, omdat My Hart met Hom is;
3 Want Sy harp is in My Hande, en die psalms van Sy rus sal nie swyg nie.
4 Ek sal tot Hom roep met My hele Hart: Ek sal Hom prys en verhoog met al My Ledemate;
5 Want van die ooste tot die weste is die lofprysinge Syne.
6 En van die noorde tot die suide is die danksegging Syne.
7 En van die kruin van die hoogtes, tot by hulle verste punt is Suiwerheid Syne.
8 Wie kan die psalms van JaHWeH skryf, of wie kan hulle voordra?
9 Of wie kan Sy siel lewenslank onderrig, sodat Sy siel verlos mag word?
10 Of wie kan op die Hoogste El rus, sodat hy deur SY Mond kan spreek?
11 Wie is in staat om die wonders van JaHWeH te vertolk? want hy wat vertolk, sal vernietig word, en wat vertolk moet word, sal oorbly.
12 Want dit is voldoende om te weet en te rus; want die psalmiste bly in rus;
13 Soos ‘n rivier wat ‘n oorvloedige bron het, en vloei tot hulp van hulle wat dit soek.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

No comments: