Thursday, April 26, 2012

Die Odes van Salomo (9)

Ode 27 
[Die Teken van die Seun]
1 EK het My hande uitgebrei, en My Elohey apart gestel;
2 Want die uitstrek van My hande is SY Teken, [Odes van Salomo 29:7]
3 En My uitstrekking is die regop hout [folterpaal]. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!  

Ode 28 
[‘n Ode deur die Seun]
1 SOOS die vlerke van ‘n duif oor haar kleintjies en die bekke van die kleintjies gerig is na hulle [moeders se] bekke, so ook is die Vleuels van die Gees oor My Siel. [Hooglied van Salomo 3:11, 6:9]
2 My Siel is verheug en spring op van vreugde, soos die kindjie wat in Sy Moeder se baarmoeder opspring.
3 Ek het geglo: daarom was Ek rustig, want HOM in wie Ek geglo het, is getrou.
4 HY het My ryklik geseën en My hoof is tot HOM gerig; en geen swaard sal My van HOM skei nie, ook geen lem nie;
5 Want Ek is gereedgemaak voordat vernietiging gekom het, en Ek is neergesit op SY onverderfbare Vleuels,
6 Ewige Lewe het My omhels en My gekus.
7 Deur Haar is die Gees binne My en Sy kan nie sterf nie, want Sy lewe.
8 Die wat My aanskou het, het gewonder, want Ek is vervolg;
9 Hulle het gedink dat Ek verswelg is, want Ek het vir hulle voorgekom as een van diegene wat tot niet gaan,
10 maar My verdrukking het My Verlossing geword.
11 En Ek het vir hulle ‘n gruwel geword, omdat daar geen afguns in My was nie;
12 Omdat Ek goed gedoen het aan elke adamiet, is Ek gehaat;
13 Hulle het My omsingel soos dol honde wat onwetend hulle meesters aanval, [Psalm 69]
14 Omdat hulle verstand verdorwe is en hulle intellek verdraaid.
15 Maar Ek het waters in My regterhand gehou, en Ek het hulle bitterheid verduur deur My soetheid;
16 En Ek het nie vergaan nie, want Ek was nie hul broer nie, nog was My geboorte soos hulle s’n. [Odes van Salomo 10]
17 En hulle het My dood gesoek, maar was nie suksesvol nie, want Ek was ouer as hulle geheue en vergeefs het hulle My aangeval.
18 Diegene wat agter My aan was, het tevergeefs probeer om die herinnering aan Hom wat voor My was, te vernietig;
19 Want die denke van die Hoogste El word nie gefnuik nie, en SY Hart is beter as alle Wysheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 29
[Ode vir die Vader]
1 JaHWeH is My hoop: Ek sal nie in HOM beskaamd wees nie.
2 Want volgens SY Glansrykheid het HY My gemaak; en volgens SY Suiwerheid het HY aan My gegee,
3 En volgens SY deernis het HY My opgerig; en volgens SY uitmuntende skoonheid het HY My verhef;
4 HY het My opgebring vanuit die dieptes van die Doderyk/Sheol; en uit die kake van die Dood het HY My getrek. [2 Nikodémus 5]
5 HY het My vyande verneder en HY het My in Sy Barmhartigheid geregverdig;
6 Want Ek het in JaHWeH se Gesalfde geglo en dit was vir My duidelik dat Hy die Gesalfde was.
7 en Hy het My Sy Teken gewys en My in Sy Lig gelei; [Odes van Salomo 27]
8 En Hy het die Staf van Sy sterkte aan My gegee, sodat Ek die gedagtes van Sy volk mag onderdruk en die krag van magtige manne kan platdruk;
9 Om oorlog te voer deur Sy Woord en om die oorwinning te behaal deur Sy Krag.
10 JaHWeH het My vyand neergevel deur SY Woord en hulle het geword soos kaf wat deur die wind weggevoer word. [Hebreërs 4:12]
11 Ek het die Hoogste El geloof, want HY het SY Kneg en die Seun van SY Diensmaagd groot gemaak. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 30
[Die Fontein van JaHWeH]
1 SKEP vir julself water van die Lewende Fontein van JaHWeH, want Sy is vir julle geopen. [Openbaring 21:6]
2 En kom, almal julle wat dors het en neem ‘n teug, en rus by die Fontein van JaHWeH,
3 Want Sy is voortreflik en suiwer en verskaf rus aan die siel. [Hebreërs 4:9]
4 Want Haar waters is meer genotvoller as heuning, en die heuningkoek van bye is nie met Haar te vergelyk nie; [Hooglied 4:11]
5 Want Sy kom van die Lippe van JaHWeH en van die Hart van JaHWeH is Haar Naam. [Wysheid van Sirah 24:3; Wysheid van Salomo 7:25]
6 Sy het ongehinderd en ongesiens gekom, en totdat Sy in hulle midde geplaas is, het die mense nie van Haar geweet nie. [2 Ezra 7:26]
7 Geseënd is dié wat van Haar gedrink het, en deur Haar verfris is. [Wysheid van Sirah 6:32; 15:5] Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 31
1 DIE Afgrond het voor JaHWèshua gesmelt en Duisternis is met Sy verskyning vernietig.
2 Oortreding het gedwaal en voor Hom tot niet gegaan, en Dwaasheid het onaktief geword, en sy het gesink vanweë die Waarheid van JaHWeH.
3 Hy het Sy Mond geopen en Barmhartigheid en Vreugde gespreek, en ‘n nuwe lied van lof tot SY NAAM geuiter;
4 Hy het Sy stem opgehef tot die Hoogste El, en HY het daardie seuns wat ontstaan het deur HOM aan Hom aangegee;
5 En Sy persoon is geregverdig, omdat Sy VADER van Apartheid dit aan Hom gegee het dat dit so sou wees.
6 Kom nader, julle wat verdruk was en ontvang Vreugde;
7 En neem deur Barmhartigheid van julle siele besit, en neem vir julself Ewige Lewe.
8 En hulle het My verdoem toe Ek opgestaan het, Ek wat nie te veroordeel was;
9 En hulle het My buit verdeel, alhoewel niks hulle toegekom het nie.
10 Maar Ek het dit verdra en was stil en rustig, sodat Ek nie deur hulle beweeg sou word nie;
11 Maar Ek het onbeweeglik gestaan soos ‘n vaste Rots wat deur die golwe geslaan word, en tog bly voortbestaan;
12 En Ek het hulle bitterheid as gevolg van vernedering verdra, ten einde My volk te kon verlos en van haar besit te neem,
13 Sodat Ek nie die beloftes aan die aartsvaders leeg sou bewys nie, wie se saad Ek beloof het om te verlos. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 32
[Ode oor die Lig]
1 DIE geseëndes het blydskap vanuit hulle hart, en Lig van Hom wat in hulle woon,
2 en die Woord van die Waarheid wat van Homself was;
3 Omdat Hy sterk geword het in die Krag van Apartheid van die Hoogste El, en onwrikbaar sal bly vir Ewig tot in Ewigheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 33
[Die Seun:]
1 MAAR weer eens het Barmhartigheid padgegee en Verdorwenheid agtergelaat, en op Hom neergedaal om Hom tot niet te maak.
2 Hy het voor HOM totale vernietiging aangerig, en al Sy werke bederf.

[Die Besoedelde:]
3 HY het op ‘n hoë piek gestaan en sy stem laat hoor, van een uiteinde van die Aarde tot die ander;
4 En hy het na hóm aangetrek, almal wat hom gehoorsaam het en hy het nie voorgekom as die Besoedelde een nie.

[Die Waarheid:]
5 MAAR ‘n Volmaakte Maagd het gestaan, en aangekondig en uitgeroep en gesê,
6 Draai om, julle seuns van adam, en julle, hulle dogters, kom,
7 En verlaat die weë van verdor-wenheid en kom na My;
8 En Ek sal julle binnedring en julle uit vernietiging haal en julle wys maak in die Weë van Waarheid.
9 Moenie verdorwe raak nie, en moenie tot niet gaan nie.
10 Luister na My en word verlos. Want Ek verkondig aan julle die Barmhartigheid van Elohim.
11 Deur My sal julle verlos word en geseënd word: Ek is jul Regter.
12 En diegene wat hulle met My beklee, sal nie verwerp word nie, maar sal Onverdorwenheid in die nuwe wêreld verkry.
13 0 My uitverkorenes, wandel in My! En Ek sal My Weë bekend maak aan hulle wat My soek, en maak dat hulle in My Naam sal vertrou. [Wysheid van Sirah 15:1-10] Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 34
1 DAAR is geen sware weg waar daar ‘n eenvoudige hart is nie, ook nie ‘n belemmering in opregte gedagtes nie;
2 Ook nie ‘n storm in die diepte van ‘n ingeligte denke nie.
3 Waar die man wat deugsaam is, aan elke kant omring is, is daar in hom geen wanklank nie.
4 Die gelykenis wat benede is, is van HOM wat bo is.
5 Want alles is van bo en van benede is niks nie. Maar daar word veronderstel dat daar iets is, deur hulle wat geen Kennis besit nie.
6 Barmhartigheid is geopenbaar vir julle Verlossing: Glo, en leef, en wees verlos. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 35
[‘n Ode deur die Seun oor Sy Moeder]
1 DIE Dou van JaHWeH het My oorskadu in rus, en HY het die Wolkkolom van Vrede bo My Hoof gestel
2 wat My voortdurend behoed het, en My Verlossing geword het.
3 Alle dinge is geskud en in beroering gebring, en rook en oordeel het van Hulle uitgegaan.
4 Ek was rustig in die Krygsmag van JaHWeH, en HY was vir My meer as Dou en meer as ‘n fondament.
5 Ek is soos ‘n Kind deur Sy Moeder gedra, en Sy het vir My die Dou van JaHWeH as melk gegee;
6 Ek het grootgeword volgens Haar gawe, en Ek het gerus in HAAR Suiwerheid;
7 Ek het My hande uitgebrei in die opvaart van My Siel, en het opreg gestaan teenoor die Hoogste El, en is deur HOM verlos. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 36
[Die Seun prys die Wysheid]
1 DIE Gees van JaHWeH rus op My en Sy hef My op;
2 En Sy laat My op My Voete op JaHWeH se hoogtes staan, voor SY Suiwerheid en SY Glansrykheid, terwyl Ek besig is om HOM te loof in die toonsetting van psalms.
3 Sy dra My voor die Aangesig van JaHWeH; en alhoewel Ek ‘n Seun van die Adam is, word Ek genoem die Glansende Een, die Seun van Elohim,
4 terwyl Ek geprys is tussen hulle wat geprys word en groot is tussen die grotes;
5 Want volgens die grootheid van die Hoogste El, maak Sy My. Ooreenkomstig SY hernuwing, vernuwe Sy My.
6 En HY salf My uit SY Suiwerheid, en Ek word een van hulle wat naby HOM is.
7 En My Mond is geopen soos ‘n wolk met Dou, en My Hart borrel oor, soos ‘n Fontein van Geregtigheid;
8 My toegang tot HOM is in Vrede, en Ek is gevestig in die Gees van Voorsienigheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 37
[‘n Lofgedig vir die VADER en die Seun]
1 EK het My hande uitgebrei tot My Meester en tot die Hoogste El het Ek My Stem verhef;
2 Ek het gespreek met die Lippe van My hart, en HY het My gehoor toe My Stem HOM bereik.
3 SY Woord het tot My gekom, wat My die vrugte van My arbeid gegee het,
4 En My rus gegee het deur die Barmhartigheid van Elohim. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 38
[Die wêreld sal die nabootsing volg]
1 EK gaan op in die Lig van Waarheid soos in ‘n strydwa, en Waarheid lei my en bring my,
2 en Sy neem my oor die afgronde en skeure, en Sy red my van kranse en valleie;
3 Sy word vir my ‘n hawe van Verlossing, en plaas my neer op die arms van die Ewige Lewe:
4 En Sy gaan saam met my en gee my rus, en laat my nie oortree nie, want Sy is Waarheid.
5 Ek is in geen gevaar nie, want ek wandel met Haar, en ek oortree in niks nie, want ek gehoorsaam Haar;
6 Want dwaling wyk van Haar, en ontmoet Haar nie.
7 Maar Waarheid gaan op ‘n reguit Weg en alles wat ek nie weet nie, wys Sy my,
8 Selfs al die bedwelminge van oortreding, en al die kastydings van die dood, wat gereken word as soetheid.
9 Die Verderwer van verdorwenheid het ek gesien, terwyl ’n bruid wat verdorwe is, besig was om haarself te tooi; selfs ’n bruidegom wat verlei en bedorwe is;
10 En ek het Waarheid gevra: Wie is hierdie? En Sy het vir my gesê, hy is die Bedrieër en sy is die Dwaling;
11 Hulle boots die Geliefde Een en Sy Bruid na, en veroorsaak dat die wêreld dwaal, en verderwe haar; [Openbaring Hfs. 13, 17 & 18]
12 En hulle nooi baie uit na ‘n feesmaal en gee aan hulle die wyn van hul dronkenskap om te drink,
13 Hulle maak dat hulle hul wysheid en insig braak en hulle bewys hulself as dwaas;
14 Dan verlaat Sy hulle; maar hulle gaan rond, rasende en bedorwende, want hulle is sonder Insig, omdat hulle Haar ook nie soek nie. [JeshaJaH 14:14]
15 Ek het verstandig opgetree, sodoende het ek nie in die hande van die Bedrieër geval nie. En ek het myself voorspoed toegewens, omdat Waarheid my vergesel het.
16 Ek het sterk geword, en geleef, en is verlos. My fondamente is gelê naby JaHWeH; want Hy het my geplant.
17 Want Hy het die Wortel vasgestel en Sy vrugte sal vir altyd wees.
18 Hulle gaan diep af en groei hoog op en sprei uit, en word vol en oorvloedig.
19 En JaHWeH alleen is Geloof vir Sy Aanplanting en Sy Verbouing, [JeHôWganan 15:1]
20 Vir Sy sorg en vir die seëning van Sy Lippe, vir die pragtige Plantling van Sy Regterhand,
21 En vir die ontdekking van Sy Aanplanting, en vir die skranderheid van Sy Verstand. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 39
[Die NAAM van JaHWeH is ‘n uitkenningsteken]
1 MAGTIGE riviere is hulle wat die Krag van JaHWeH verag, hulle wat blindelings beweeg, [Openbaring 12:15]
2 En hulle treë verdraai, en hulle driwwe verwoes,
3 En hulle liggame gryp, en hulle siele vernietig;
4 Want hulle is sneller as weerlig en vinniger.
5 Maar hulle wat hul in die Geloof kruis, sal nie geskud word nie.
6 En diegene wat in rassuiwerheid oor hulle loop, sal nie verontrus word nie;
7 Omdat JaHWeH ‘n Teken in hulle is, en die Teken word die Weg van hulle wat [die rivier] oorsteek in die NAAM van JaHWeH.
8 Beklee jou dus met die NAAM van die Hoogste El, en ken HOM, en jy sal oor kruis sonder gevaar, want die riviere sal aan jou onderdanig wees.
9 JaHWeH het hulle deur SY Woord oorbrug, en Hy het geloop en hulle te voet oorgesteek;
10 En Sy Voetspore bly op die waters agter en is nie uitgewis nie, maar is soos ‘n stuk hout wat stewig vasgemaak is: [JeshaJaH 60:14]
11 Aan hierdie en daardie kant staan die golwe omhoog, maar die voetspore van ons Meester, die Gesalfde bly,
12 En is nie uitgewis nie, of tot niet gemaak nie;
13 En ‘n Weg is vasgestel vir hulle wat agter Hom kon oorgaan, en vir hulle wat volg in die voetspore van Sy Geloof, en ere aan SY NAAM bring. [Psalm 5:8; 18:30] Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

No comments: