Wednesday, September 22, 2010

Odes van Salomo


Die odes van Salomo is sekerlik van die mooiste lofprysinge. Die is ongelukkig nie deel van ons Bybels nie maar kan as los geskrifte bekom word. Die Odes was wel deur die vroeë gemeentes gelees. Hoofstuk 34 som vir my die hele wese van die gelowige kind van Vader op.

Hoofstuk 34

1. DAAR is geen sware weg waar daar ‘n eenvoudige hart is nie, ook nie ‘n belemmering in opregte gedagtes nie;

2. Ook nie ‘n storm in die diepte van ‘n ingeligte denke nie.

3. Waar die man wat deugsaam is, aan elke kant omring is, is daar in hom geen wanklank nie.

4. Die gelykenis wat benede is, is van HOM wat bo is.

5. Want alles is van bo en van benede is niks nie. Maar daar word veronderstel dat daar iets is, deur hulle wat geen Kennis besit nie.

6. Barmhartigheid is geopenbaar vir julle Verlossing: Glo, en leef, en wees verlos.

HalleluJaH / Prys jul JaH!

No comments: