Monday, September 20, 2010

GEBED


Genadige Vader, verkwik ons deur 'n soete rus,
dat ons mag werk met nuwe lus;
laat ook ons luisterende oor
die nag se diepe wysheid hoor.

Leer ons om deur die lewensdag,
verlangend op U koms te wag;
daar ons in stil vertroue leef
dat U ons al ons skuld vergeef.

Beskerm ons in die bange tyd
van sielsversoeking en van stryd.
Help as die Bose ons bestry,
dat hy oor ons geen voordeel kry.

Bewaar die Gemeente wat nou nog stry,
en wil haar onder stryd verbly;
vertroos die neergeboë hart,
genees die krankes in hul smart.

O Vader,
laat U liefde ons blyk;
o Allerhoogste Elohim,
stuur U vertroosting neer.
Almagtige Vader,
U sy al die eer!

AMEIN.

No comments: