Tuesday, September 7, 2010

Kan Jy LIEFDE Installeer?


Klantediens Verteenwoordiger: Kan jy LIEFDE installeer?

Kliënt: Ek kan dit doen. Ek is nie baie tegnies aangelê nie, maar ek dink ek is reg om te installeer.
Wat doen ek eerste?


Kd Verteenwoordiger: Die eerste stap is om jou HART oop te maak. Het jy die ligging van jou HART gevind juffrou?

Kliënt: Ja, ek het, maar daar is ‘n paar programme wat besig is om te hardloop. Is dit in die haak om te installeer terwyl hulle hardloop?

Kd Verteenwoordiger: Watse programme is besig om te hardloop juffrou?

Kliënt: Laat ek gou kyk .... ek het VORIGE-PYN.EXE, LAE-SELFBEELD.EXE, AFGUNS.EXE en WROK.COM wat nou hardloop.

Kd Verteenwoordiger: Gee probleem. LIEFDE sal outomaties VORIGE-PYN.EXE verwyder van die huidige bedryfs stelsel. Dit mag dalk in jou permanete geheue bly, maar dit sal nie langer ander programme omverwerp nie. LIEFDE sal uiteindelik LAE-SELFBEELD.EXE herskryf met sy eie modules genaamd SELFVERTROUE.EXE. Maar jy sal beslis AFGUNS.EXE en WROK.COM moet afskakel. Die programme voorkom dat LIEFDE behoortlik geinstalleer word.
Kan jy die twee programme afskakel, juffrou?

Kliënt: Ek weet nie hoe om hul af te skakel nie. Kan jy my vertel hoe?

Kd Verteenwoordiger: Met groot graagte juffrou. Gaan na die Start menu en roep op VERGIFNIS.EXE. Doen dit soveel kere as nodig totdat AFGUNS.EXE en WROK.COM totaal uitgewis is.

Kliënt: Okay, ek is klaar. LIEFDE het begin om outomaties te installeer. Is dit normaal?

Kd Verteenwoordiger: Ja, dit is. Jy sal ‘n boodskap kry wat lees dat dit geinstalleer word vir die leeftyd van jou HART. Sien jy die boodskap?

Kliënt: Ja, ek doen. Is dit nou heeltemal geinstalleer?

Kd Verteenwoordiger: Ja, maar onthou dat jy slegs die basis program het. Jy moet begin konneksies maak met ander HARTE om jou in staat te stel om gereeld opgraderings te kry.

Kliënt: Oops... ek het alreeds ‘n ‘fout’ boodskap. Wat moet ek doen?

Kd Verteenwoordiger: Wat sê die boodskap.

Kliënt: Dit sê “FOUT 412 – PROGRAM NIE AANPASBAAR MET INTERNE KOMPONENTE NIE.” Wat beteken dit?

Kd Verteenwoordiger: Moenie jou bekommer nie juffie, dis ‘n algemene probleem. Dit beteken dat die LIEFDE program is so opgestel dat dit hardloop op eksterne HARTE maar het nog nie in jou eie HART gehardloop nie. Dit is een van daardie ingewikkelde programmerings dinge, maar in nie-tegniese terme beteken dit dat jy jou eie masjien moet “LIEF” hê voordat dit ander kan “LIEF” hê.

Kliënt: So, wat moet ek doen?

Kd Verteenwoordiger: Kan jy die SELF-AANVAARDINGS gids opspoor?

Kliënt: Ja, ek het dit.

Kd Verteenwoordiger: Pragtig, jy raak nou goed met hierdie ding.

Kliënt: Dankie.

Kd Verteenwoordiger: Dis ‘n plesier. Kliek op die volgende leêrs en kopieer hul na jou “MY HART” gids: VERGEWE-SELF.DOC, SELF-RESPEK.TXT,
BESEF-EIEWAARDE.TXT en MINSAAMHEID.DOC. Die stelsel sal enige teenstrydige leêrs herskryf en begin om enige foutiewe programmering te herstel deur die installering van ‘n ‘patch’ vir die leêr. Jy sal ook die leêr SELF-KRITIEK.EXE moet uitvee uit alle gidse en dan die herwinning blik daarna moet leegmaak om seker te maak dis weg uit die stelsel en dat dit nie weer sal terugkeer nie.

Kliënt: Ek het dit so. Hi! My HART is klaar besig om gevul te word met ‘nice’ leêrs. GLIMLAG.MPG speel tans op my monitor en dit wys dat WARMTE.COM, VREDE.EXE en TEVREDENHEID.COM besig is om oral oor my HART te kopieer!

Kd Verteenwoordiger: Dan is LIEFDE geinstalleer en hardloop. Jy sal nou self in staat wees om dit verder te vat. Net nog een ding voordat ek gaan .....

Kliënt: Ja?

Kd Verteenwoordiger: LIEFDE is gratis-ware. Maak seker dat jy dit met al die ander modules aan almal uitdeel wat jy ontmoet. Hulle sal dit op hulle beurt met ander deel en sodoende sal daar wonderlike modules na jou kant toe kom.

Kliënt: Ek sal. Baie dankie vir jou hulp.

No comments: