Thursday, September 16, 2010

In ʼn Geesteswoestyn


So sit in ʼn geesteswoestyn menig siele en ly.
Hul sug en kla: ons wêreld is ʼn leë woesteny.
Niks is meer oor waaroor ons, ons kan verbly.
Ja, so is alles besig, om ons nou onder te kry.

Hul kerm en kla, ja hul roep- O’ God, kyk na my.
Ja, kyk ek is besig om in ʼn donker put af te gly.
Voordat ek my kan kry het Hades my beetgekry.

Ja, so sit in ʼn geesteswoesteny menig siel en ly.
Wat so wanhopig roep: God, bly in my nood by my.
Luister daarom wanneer Hy troos: kyk, Ek is naby.
Luister na Sy raad, wat jou wilde vrese wil bestry.

Vasberade moet jy nou Wysheid en Insig bykry.
Die bose so moedig met al jou teenstand bestry.
Manmoedig moet jy verklaar – met God aan my sy.
Gaan ek die listige lokstem van die wêreld vermy.
Dat dit nooit weer ʼn sonde-houvas op my kan kry.

In my nuutgevonde vryheid sal ek my in Hom verbly.
Ek sal soos ʼn kind, my voorbarig aan Sy voete vly.
Terwyl ek my liefde so oor en oor aan Hom sal bely.
Weet daarom- niemand hoef in ʼn geestewoestyn te ly.
Luister altyd na Sy stem wat sê: kyk, Ek is so naby.

Judith de Beer

No comments: