Monday, December 3, 2007

Muisvalletjie

‘n Muis loer deur die kraak in die muur terwyl die boer en sy vrou ‘n pakkie oopmaak. “Ek wonder watse lekker kos kan daarin wees” wonder die muis.

Hy was totaal platgeslaan toe hy ontdek dit is ‘n muisvalletjie.

Terwyl hy na die plaaswerf vlug kondig hy voortdurend die waarskuwing aan. “Daar is ‘n muisvalletjie in die huis! Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!”

Die hoender skrop en krap in die grond rond, lig haar kop en sê, “Meneer Muis, ek kan agterkom dat hierdie ‘n geweldige bekommernis is vir jou maar dit hou geen gevaar in vir my nie. So moet my nie daarmee pla nie.”

Die muis draai na die vark en vertel hom, “Daar is ‘n muisvalletjie in die huis.” Die vark simpatiseer met die muis, maar sê, “Ek is so jammer Meneer Muis, maar daar is niks wat ek daaraan kan doen nie. Wees verseker ek sal aan jou dink.”

Die muis gaan na die koei en vertel dieselfde storie. Sy sê “Sjoe, Meneer Muis ek is baie jammer vir jou maar dit kan niks aan my doen nie.”
Die muis draai om en gaan terug huistoe, kop omlaag en ‘n gevoel van verwerping om maar alleen die boer se muisvalletjie aan te durf.

Daardie selfde nag is daar ‘n klapgeluid in die huis – soos die klank van ‘n muisvalletjie wat sy prooi vasvang.

Die boer se vrou storm in die huis af om te gaan kyk wat het hulle gevang in die muisvalletjie. In die donkerte het sy nie gesien dit was ‘n baie giftige slang wat se stert vasgevang is in die muisvalletjie nie. Die slang het die boer se vrou gepik. Hy het met haar dadelik na die hospitaal gejaag en later het st weer terug gekom maar met ‘n baie hoë koors.

Almal weet dat die beste raad vir om ‘n koors mee te behandel is vars hoendersop, dus het die boer sy byl geneem na die plaaswerf vir die hoendersop se hoof bestandeel.
Maar sy vrou se siekte het net aangehou en vriende en familie het gekom om te help om haar 24 uur op te pas.

Om aan hulle kos te gee moes die boer die vark slag. Die boer se vrou het nie gesond geword nie en later wel gesterf.

Baie mense het na haar begrafnis gekom en die boer moes die koei slag vir genoeg vleis vir al die mense om te eet.

So, volgende keer wanneer jy hoor iemand het ‘n probleem en dink dit raak jou nie – onthou – wanneer een van ons bedreig word is almal in gevaar.

Elkeen van ons is ‘n belangrike draad in ‘n ander persoon se tapeserie: Ons lewens is saamgeweef vir ‘n rede.

No comments: